Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.
’n toorbos
’n Karoliena loop weg terug bos(veld) toe
’n Karoliena verbeel haarself hoe dit sal voel om te kan boom
binne ’n sonnestelsel van rypwordende akasias
eers hurkende as ’n sydissel of soos ’n sterretjie-noors
om dan te verander
haar arms wiegende blare en wind
is ’n toorfluit is haar vingers is vlammende peule is haar voete is
die uitspansel van grond ook die gomlastiek van wortels ̶
ligpunte nes Hubble-sterre wat mekaar in-groei-snel
verlaat
in deurlugte humus en water staan sy wonder
hoe dit voel wanneer ’n dwergsterrestelsel
saamsmelt met die Melkweg
Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.