Quantcast
Channel: Gedigte – Roekeloos.co.za
Viewing all 448 articles
Browse latest View live

Fotostaatmasjien oorgeklank

$
0
0

Die woorde in Bibi Slippers se bekroonde digbundel word nou ook oorgeklank.

Kunstenaars Willemien & Jude Harpstar het saamgespan om ’n klompie alternatiewe Afrikaanse toonsettings van die gedigte te skep wat die teks naboots, oormaak en herinterpreteer. Gaan luister na ’n program wat Bibi se woordkuns (vasgevang op video) met Jude & Willemien se toonsettings en musikale avonture op harp, klavier en fotostaatmasjien kombineer.

* Debuut *

Met: Willemien Rust, Jude van der Wat

Teks: Bibi Slippers

Fotostaatmasjien oorgeklank
Genre: Musiekteater
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking:
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R120
Plek: Downstage, Bloemfontein
Datum: 10 Julie 13:30, 11 Julie 16:30, 12 Julie 13:00

Vrystaat Kunstefees 2018


Fotostaatmasjien oorgeklank


Fotostaatmasjien oorgeklank


2


Gedigte van Francois de Jager

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Ouerskap

My trane vlak
My hart vermorsel
My kop is ys
My kind die prys?

My humeur beteuel
‘n Leun vir maande
So deur die skaamte
Hoe bly ons staande?

Die onreg werklik
Trots opmerklik
Liefde geskei
Lewe verby?

My lewens-anker
Waarsonder ek wankel
Haar ongeneeslike seer
My volle verweer?

Woede gejaag
My masker verlaag
Passie ten spyt
Nou net verwyt?

Erkenning moontlik
Maar so aanstootlik
Emosies beheerd
Reg of verkeerd?

‘n Minuut se hardloop
Blykbaar die antwoord
In my vallei
My God by my?

(3 Junie 2018)

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Gedigte van Sheridan Walter

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Ou-Pa

Hiep knak ou grof-gat,
voetklop,
doer-in tot Jozi.
Hy sê, “foofoo fighters”.
Skud een, hokey-pokey.
Hy vál neer, Howl soos Gingsy.
Toe pluk hy uit sy voëlkop,
teen die wind en pee.

Hier smeer ons sunscreen,
behep,
met OJ Simpson.
Doen die Funky Chicken.
Hy snuif, Coca-Cuba.
En sê,
“donner you? donner me!”.
Dis toedat ek’ol va’pa watek kannie deal.

Hys am-per-altz-heim,
rock ’n,
didjerido.
Vra vir Yoko Ono.
Ly aan prós-taat kanker.
Hy het dood,
net onder die knie.
Bind my aan die boombas,
ek voel die tyd is hier.

Hy ry-rol-ry-stoel,
in die
bir-dy mornings.
Hy het ghoeroe gumdrops,
en ’n So-Co vuller.
‘êja, daar en daar en daar is hier.

Toe’s hy dood met ’n smile
en ’n
ereksie.

Selfportret van die siel - Sheridan Walter

Selfportret van die siel – Sheridan Walter

Hakskoene

Die klik-klak van
Haar hakskoene
Wat huis toe kom
Is die mooiste
Geluid onder
Die son

Die eg  g    o    weergalm galm galm
Weer en weer
Die klop van die klik-klak    klak is
Die nie-staan-stil slagwerk van haar skoen

Met n trippel in haar trap
Stamp sy die sypaadjie
Soos die slae van ’n skrikkende hart
Bum bum bah bah bum bum bum
Badada bum

Met ’n klinkende klopdans
Tik-tik sy trappe op
Met ’n whoop-pa in haar stap

Nou tel ek
10, 9, 8 …
Elke tje-tjo
Van hak op hout
Voor die klop-klop

“Ek kom!”

Koeël

  (laai jou geweer) (gee   hom   weg)
  (plaas hom in my hand) (sodat ek hom …
   kan aflaai) (van jou
               heup)
      (teen my
               slaap)

Krummels

Maak die hande oop
Met die soet krummels
Asof die wind
Asof ’n engel
Asof nooit hier

Offer dan vir my die soet krummels
As jy hier is
As ek iemand is
As dit nie ’n illusie is nie

Gee vir my die soet krummels
Om te eet
Asof die teenwind
Asof god
Asof die hand
Wat die lot lei
Ons eendag weer bymekaar sal bring

Hekellied

Spiritisme
’n lyfie met ’n kleevermoë na die siel
’n toevlug van als aardagtig
’n teenstof teen menslikheid
Omring deur soewereiniteit
Die godeleer aangaande die godedam
Godvrugtig
Heerlike heidendom
Hekellied
Van die godinnie

Wicked game

Geboortig uit verkragting.
Mamma sing thula-thula teen die wraak van my woede en vir ’n oomblik is ek geborge in haar stem.
Voor elke sneller getrek word proe ek die soetigheid van haar borsmelk, hoor ek die roep van haar stem, voel ek die sagte wol van die kombersie teen my ken.

Maar ek is gebore met ’n geweer in my mond en sal vrek met een in my hand.

Zafrilla

The glenduckie¹ was foping².
He had a sort of smyrna³ on his face. Although the conversation about the fremantled⁴ zafrilla⁵ became a sort of a wigan⁶ .
The zafrilla became a fine example of a botswana⁷.
Luckily not an example of a nottage⁸.

The zafrilla resemebled the broats⁹ like that of his late father and he thought of the zafrilla as a comeback garment (even though it had nowhere to come back from)

It was a a sort of frating¹⁰ green that made one oundle¹¹.

The glenduckie was more than just a man that swiped zafrillas
He also had slobozia¹². He was a samalaman¹³ who was known for satterthwaite¹⁴

He was an actor with a scethrog¹⁵ who wore his zofrilla and his hat at night who loved todding¹⁶ in jazz bars.

All definitions from The Deeper Meaning of Life:

¹glenduckie: any Scottish actor who wears a cravat.

²foping: refusing to say what it is you’re looking so bloody wistful about.

³smyrma: the expression on the face of one whose joke has gone down rather well

⁴fremantled: to steal things not worth the bother stealing.

⁵zafrilla: a garment that even Lady Rothermere would not deign to wear.

⁶wigan: if, when you are talking to someone you know has only one leg, you’re trying to treat them perfectly casual and normally, but you find to your horror studded with references to (a) Long John Silver. (b) Hopalong cassidy.

⁷botswana: something that is more fruitfully used for for a purpose other than that it was designed for.

⁸nottage: a collective name for things which you find a use for immediately after you have thrown them away. For instance, your greenhouse has been cluttered you clear out a huge piece of cardboard and fronds of gardening string. Within twenty-four hours you urgently need to wrap a large parcel and suddenly remember that luckily in your greenhouse there is some cardb …

⁹broats: a pair of trousers with a career behind them.

¹⁰frating green: the shade of green that is supposed to make you feel comfortable in hospitals, industrious in schools and uneasy in police stations.

¹¹oundle: to walk along leaning sideways, with one arm hanging limp and dragging one leg behind the other.

¹²slobazia: a chronic inability to pick up underparts.

¹³samalaman: one who fills in the gaps in conversations by beaming genially at people and saying “Well, well, well, here we all are then”, a lot.

¹⁴satterthwaite: to spray the person who you are talking to with half chewed breadcrumbs or small pieces of whitebait.

¹⁵scethrog: one of those peculiar beards-without-moustaches.

¹⁶todding: the business of talking amicably and aimlessly to the barman at the local.

Nuwejaarsblom

’n vywer meteoriese metaalskuim
Tussen toegegroeide blombeddings
Word ’n lêplek vir ligsinniges
Wat ’n liederlike lewe lei

Die maanlig van lentenagewening
Merk die herehuis van die lentekoning
In die vorm van ’n mandala simbool teen ’n bergklip as voorstelling vir goddelike plesier

Ek loop die nou paadjie
Na die lyf
Na die mond
Na die matrooskop wat my liefies lok na sy Wildebos

Waar ek sy melkwit meeldraad dou gaan proe.

dis in die shape of a brain

        Dementia (wie kan my
     dan ernstig opneem wanneer
    ek so vêr is van wie ek eens was)
(met my vroetelsinne) (verlies van
spraak) (afasie) (en geheue verlies)
(amnesie) (onvanpas aanpassings)
    (verwarde gedagtes) (asjas) (ek is ’n       goëlaar van vreemde gedrag, angs
       oordeelsfoute, abnormale
        denke, demotivering,        abnormale onbewuste
                   bewerking)
                    (al hierdie
                     simptome
                      verander
                       ander se
                        persepsie
                         van my)
                          (ek is)
                onbekwaam
                          belaglik
                          komies

Kusdorp

Geklikklak op net nog ’n kusdorpie
Ontspan ons elkeen met ’n bierblikkie
Op die stoep van die local vis en chips winkel
Die moerse stilte word gebreek deur dônerse branders reg voor die laelaatsonsak

In ons oo ougatgeit besluit ons om
Net met tekkies
Kaalgat
Die sand-tapyt voor ons plat te trap en
Bliksem gatoorkopoorgat die golwe in.

Wit

In die ou dae het wit lewe ingesluit sonder geluk of geboortekans.
Maar die straf is die afwit van wit. Die frustrasie van die aansienlike kontras van wit op wit wat ’n hol vrees in die maag laat.

Wat beteken dit om ’n kleur te dra en die omhelsing van sy aanraking te voel? Wit kan nie weet wat wit voel nie.

Wit het verhard. Sy eienskappe verhard oë wat al die lig hou.
Hande wat versamel en verpak en gebou het verhard in ’n woede wat nie kan uitroep nie.

Wie het gesê daar is geen hiërargie binne wit mure nie? Wie het wit eie betekenis geag selfs as dit niks besit nie?

Maar wit kan nie sy eie stelsel uitstoot nie. Wit kan nie kan nie sy eie struktuur slaan nie.

Dus het die reg op regverdige woede die soewereine gesag van wit verdubbel.

Perdmens

sentour met ’n s’ie
roepsek geja
slinger-slinger sierlik
soutloos

na sy

gevange in ’n veelvlakshoek

’n panchromatiese traan in die hoek van sy tieroog tifeus         t
                   e
                   e
                   l
                   s
                   a
                   k
         goed gestu

’n Equus-man
Sonder merrie
Sonder vrou
Net vir show

Woordballonne

Die sinkdak van jou stoep het kloumerke
van gekneusde indigo.
Die soort wat op jou bobeen was daai vreeslike aand toe niemand naby aan jou kon kom nie.

Jou kar het krapmerke van beige-pienk. Soos jou keloïed bedekte arms van ’n skaafmes wat die messlyper te goed ken soos daai aand toe jy hiërogliewe in jou arms kerf.

Ek onthou jou swart woeste krulhare in die wind met die vensters oop in die middel van somer. En die blink sweet druppels wat by die agterkant van jou nek afgly wat ’n mosterd kol op jou geel hemp gelaat het.

Pedal to the ground with the radio loud.
Jy glimlag breed op pad strand toe, die lug blou (soos jou oë) met pers-pienk strepe geverf op die wolke, soos die van ’n skulp.
Jy het altyd daardie ding so goed raakgesien.

Jy praat;

Skarlakenrooi woordballonne
Stralende geheimspraak

Wat niemand kan herken nie.

Magsugtig

’n larwe
Amper papie
Bespuit met karbolsuur

’n klakkelose daad
Vanuit ’n kak sisteem

Viroulaas
Word die vlamkas van
                   Seksualiteit
                   Transseksualiteit
                   Transvestisme
                   Transformasie
Dood geblaas

Teen die geboorte van ’n bloeiende skoenlapper
Om identiteit soos blomme te bestuif
Wat opnuut geboorte gee aan
Reënboogpatrone
Met die idee van metamorfose van die self.

Voed

Ons kruip weg in besemkaste en badkamers.
Bang vir wat met ons sal gebeur as ons in die openbaar voed.

Elkeen van ons leef slegs deur die speen van die ander een.

Wie ek is

(Vir Ma)

Ek is nié ’n gebroke hart nie.
Ek is nié die gewig wat ek verloor het nie.
Ek is nié die persoon wat jy sien slaap het
op die voorstoep met die reuk van trane en whisky op die aandwind nie …

omdat sy woonstel leeg is.

En as dit dan so leeg is sal ek
eerder iewers meer standvastig slaap.
Soos beton.

Ek is nié die gevolge van laas jaar nie.

Ek is spier,
wat vandag sóós gister
opnuut weefsel regenereer
en bult teen die weer.

Ek glimlag vir die busdrywer
en koop groceries elke week.

Ek staar nie meer die vêrte in nie.

Ek is die voorbeeld van hoe n lewe bloeiend ontvou vanuit die koudste winter.

Ek is nie jou skuld nie.

Wanneer jy vir niemand val

en jy jouself toesê
dat jy nooit ooit weer die grond sal tref nie
totdat
jy iemand in die oë kyk
wat omval laat voel soos vlieg

wanneer jy eers gevlieg het sal jy
vir ewig die wêreld wandel
met oë
weggedraai na bo

na die plek waar jy eenmaal was
om vir altyd te smag om
die lug te swerwe en dan die
trappe te klim
na jou sierlike lewe.

Nag van God

In die wind
In die nag
Nag van lag
Nag van messe
Messe te koop
Messe sny oop
Oop gewond
Oop en bloot
Bloot ’n raaiskoot
Bloot ’n mens
Mens van vlees
Mens van bloed
Bloed vir heuning
Bloed vir melk
Melk ’n koei
Melk van ma’se tiet
Tiet vir vat
Tiet vir voer
Voer die kinders
Voer die honger
Honger hulle uit
Honger families
Families wat lag
Families wat huil
Huil hulle saam
Huil jy alleen
Alleen in doodloopstraat
Alleen dood
Dood moeg
Dood skoot
Skoot van my ma
Skoot van my pa
Pa is dronk
Pa sit in die tronk
Tronk van my hart
Tronk van my siel
Siel sonder huis
Siel sonder liggaam
Liggaam van spiere
Liggaam van pyn
Pyn in my hart
Pyn in my sy
Sy van been
Sy van Jesus
Jesus drink wyn
Jesus is God
God wat verwoes
God is liefde
Liefde
Verwoes

Children of the sun

Ons is nie bang vir andersom wees nie
om man-en-man
nieumodiese skakerings van
beige burnt orange en wit grond
’n nuwe landras van minnekultuur
te teel
op die proefplaas van
ons verbode liefde
ons erfsonde.

Saam is ons Bebop Cape Jazz
en soos ons brûe verbrand
en berge versit
hoor hoe die Cape Doctor die eggo
van ons liefde sing

Ba-dum ba-dum-badaba-dum!

Crystal

Meth

sito-sito, suier

bevryding, verbranding, ontploffing

euforie, ekstase       skielik, snellend

uitwerking, vertraging, marteling

goedkoop, bruin

Tik

Ek wil

Ek wil saam met jou ’n
malva-lekker geveg hê
en jou The Doors hemp dra
wat te klein is vir jou
en elke oggend kyk hoe
jy skeer en tandeborsel
en vir eens voor jou opstaan
en vir jou ontbyt bring in bed
alhoewel ek nie seker is hoe
jy jou koffie drink nie
en ek wil jou hand vas hou in
publiek en nie omgee oor
die mense wat staar nie
en dan in die kar omgee
en stry of dit omdat ons
gay is of ek wit en jy bruin is
en of dit moontlik albei kan wees
en ek wil ook bestuur
as ons saam ry ten spyte van
die feit dat jy dink dat ek
glad nie vertrou mag word
agter die wiel nie en ek wil
vir jou
cheesy nineties musiek speel
op my guitar en jou voorstel
aan indie-rock en weet jy gaan
nie daarvan hou nie
maar tog probeer en ek wil
jou ma ontmoet as meer
as net jou roommate
en met jou praat oor Buddhism
en meer leer oor
die dae van toeka toe jy nog klein
was en ek dat ek jou al van toe af wou
ken en ek wil praat oor jou
struggles as ’n coloured man
en jou oor en oor vertel hoe
jy my inspireer ek wil
jou fancy stetoskoop werk
toe vat en ontslae raak van jou
hospitaal crocs en jou voorstel
aan my gemaklike hospitaal Nike’s
ek wil my bekommer as jy laat is en ekstaties wees as jy vroeg is
en onthou om jou blomme in
ons pot op die tafel te sit
en ek wil jou omhels wanneer
jy angstig is en huil as jy kwaad is
en jammer wees wanneer ek verkeerd is
en bly wees as jy my vergewe
en jou soen as ek jou ruik
en jou vererg as ek aan jou vat in publiek
ek wil leer hoe om die kombers te deel
en jou wegstoot as ek te warm kry en jou vashou as ek koud kry en smelt wanneer jy glimlag en oplos wanneer jy lag en nie verstaan hoekom jy sal dink ek jou wegstoot nie wanneer ek nie jou wegstoot nie en wonder wie jy is en jou aanvaar nes jy is en jou vertel van die wit seun wat eers die Groot trek moes aanpak om terug te vlieg kaap toe om jou te ontmoet en vir jou gedigte skryf en voorlees en herskryf as jy nie beïndruk is nie
en die stad hopeloos leeg vind sonder jou in haar en ek wil veilig voel saam jou en jou vrae beantwoord wanneer ek nie werklik wil nie en probeer eerlik weeks want ek weet jy verkies dit so en wanneer ek dink jy is klaar met my net nog uithou vir tien minute voordat jy my uitskop en van my vergeet en weet wie jy is want dis n pragtige
ervaring om jou goed te
ken en dat dit die moeite werd
is om my taal en kultuur op
sy te sit om plek te maak
vir joune en liefde maak
drie uur die oggend
en op ’n manier
probeer probeer probeer
kommunikeer die oorweldigende onheilspellende oorvloedige onvoorwaardelike onophoudelike allesomvattende hartverrykende
liefde wat ek vir jou het.

Mama Wata

“I believe in a personal god who cares about me and worries and oversees everything I do. I believe in an impersonal god who set the universe in motion and went off to hang with her girlfriends and doesn’t even know that I’m alive. I believe in an empty and godless universe of causal chaos, background noise, and sheer blind luck.”
-Neil Gaiman, American Gods

Ons ontmoet by ’n local dive bar. Sy is veelvormig.
Vanaand onthul sy haarself
aan my
as ’n man.

Uit eerbieding dra ek die
Igbo stamkleure van
wit en rooi.
In Igbo ikonografie simboliseer
rooi, manlikheid en verwoesting.
Wit simboliseer vroulikheid en vrugbaarheid.

Dis juis díé dualisme tussen
God en mens,
man en vrou
wat eie is aan haar as ’n god.

Sy verkies nie groot skare mense wat haar aanbid nie en hou meer van ’n persoonlike benadering.

’n man tree die kroeg binne.
Hy dra ’n bruin leerbaadjie en spog met ’n slang-tattoo om sy nek. Beeldskoon. Hy sit.

Ek bestel die tradisionele (wel onlangs) coke vir hom en
vir my, water.
Ons drink in stilte.
My oë dwaal na die slang,
die kop seil tussen sy borste af.

Ék het haar naam geroep, ek is in haar tempel. Nou volg die erediens van dans en musiek as aanbidding voordat ons kan kontak maak.

Ek stap na die jukebox en dink
African guitar ’n harmonica met n streng tribal influence, maar probeer om nie spesifiek te wees nie.

Nie ’n enkele snit vir my godediens dans nie. Ek kies iets wat ek dink van toepassing is en druk play.

“She’s got a smile that it seems to me
Reminds me of childhood memories

Where everything
Was as fresh as the bright blue skei”

Ek kyk om hy smile. Ek begin dans op die ritme en kort voor lank verloor ek alle inhibisie. Die wêreld val weg en dis net ek en die musiek.

“Now and then when I see her face
She takes me away to that special place

And if I stared too long
I’d probably break down and cry”

Die musiek neem my sintuie oor en beheer my emosies. Ek sien oranje-rooi vlamme wat golwe van blou water lek. Ek was nog nooit so vry, kwesbaar en wanstaltig nie.

“Sweet child o’ mine.
Sweet child o’ mine”

Ek betree die hoogste vorm van bewussyn. Sy het my kom vervul. ’n Vloei van onderbewuste kommunikasie vind plaas. Die kroeg verdof. Net ek en sy – in my.

“She’s got eyes of the bluest skies
As if they thought of rain”

Reën
Reën

Reën

Reën!

“I’d hate to look into those eyes
And see an ounce of pain”

Dis toe ek opkyk en haar oë was my oë,
gevul met hartseer en pyn.

Elke aand verlaat sy haar hemelbeeld en word vlees en bloed. En wag.
Wag vir die dans.
Die lewensessens van Mama Wata is geplaas in die hande van haar kwynende gelowiges.

Die gedagte van haar is besig om op te droog.

“Where do we go now?”
Die liedjie eindig en sy keur terug na haar manlike vlees en bloed.

Ek loop stadig terug na die jukebox. Kies . Play. Ek omhels hom en ons dans

Saam.

Hy huil en sekondes later begin die druppels val.

Uitknipsels

ek kyk na jou
in jou volmaaktheid

rooiwyndronk
in die nag

weg van die bloed
op lakens wat wag

jou geheim binne my
                   soos die wind vanaand
                                            die klip

                  hoër en hoër laat sweef
              minder as ’n shooting star

                             bring die hadeda
                                     ’n baksteen

                   om luggolwe te versteur

                   vanaand
                   rooiwyndronk

                   die klip
                   in die nag

                   weg van die bloed
                   die hadida

                   ’n baksteen
                   op lakens wat wag

kyk ek na jou hoër en hoër minder as ’n shooting star.

Click Bait Narsis

“Dokter is dan so bedagsaam”,
sê die skoolmeisie vir my ná
haar miskraam/borsie? (Is sy
regtig besig om te flirt?)

Ek glimlag. “Dis my werk” (is dit?),
sê ek met haar/die? doodgebore?
kind/fetus? in my/God? (se) hande.

Die kind/fetus? weeg net onder 500 gram.
Hy/sy? is medical waste/rooi-tape-om-’n-boks-gemors.

Ek bied aan dat ons vir haar trauma counselling reel. Sy sê iets van haar
vriendin en dat ek nie hoef … ( ek luister nie)

Ek knik/buig my kop in stilte.
Sy neem ’n hospitaal-selfie.
(fokken click bait narsis)

Ek loop na die dokter se on call kamer.
Sluit die deur.
En bid/spyt-myself-met-ketamine-in.

Afrikaanse Poësie: Waxy Flexibility

Axis 1: Vorm

        HOOF
          O
        nek
       SKOUER
          r      A
          U      R      vingers
          g        M       hand
          g        elm        M
          r         boog   R
          r                 A
          a
          a
          t
          HEUP
           logiese orde rangskik
           deur ’n raam met
           ’n BepaaldE
           fatsoeN
          stilleweE
             enkel
                 voet tone

Axis 2: Ritme

I

Kom kom dan
Tyd stap aan

Kom kom kom dan
Tyd tyd stap aan

II

Kom in
Tyd wag vir niemand nie

Kom in
Kom man

Axis 3 : Rymskema

Limeriek

1. Daar was ’n man van Calcutta ∆ rym a
2. Met ’n afgryslike stutter ∆ rym a
3. Hy het vir my gesê ¶ rym b
4. Ek wil brood h-hê ¶ rym b
5. En ’n bietjie b-b-butter ∆ rym a

Axis 4 : Klank

 Ping-Pong!

Bat!
Tip
                 Tap
Zip                       zap
Ahh

Bat
 Ping    pong
Smash      Nee cut
Ah          Crack
Neeee

Punt.

Axis 5 – Kreatiwiteit

Fok Axis1 tot 4. Ja ’n Haiku gedig is
mooi maar dit raak boring na ’n ruk.

Blackout gedig: GAGA

Oorspronklinke gedig: Marcel Spaumer, Nuwe Stemme

Vandag is alles wat mooi is lelik

I
Couplet vir Kinders

Aangetrek met net-net genoeg klere.
Reg om die splits te doen vir ’n groep ooms.

II
Om die alfabet te leer.

Kinders, ongevalle wat oorhoofse styg
Lê, opgeblaasste magie, vlieg in die oog
Maer armpies ontmoet maer beentjies
Net statistiek, sonder naam – ma of pa
Terwyl Jimmy se mamma hom skool toe vat.

III
Found
(Rearranged vir die kinders vanuit Ronelda Kamfer se Noudat slapende honde)

Ek was net ’n kind
Ek was nege jaar oud
Gebore as gevolg van fok
En gemaak om op te fok

                                           Mag die nag jou goed
                                           behandel
                                           Mag die donker vir
                                           jou mooi wees

Vandag is anders as gister
Vandag is alles wat mooi is
Lelik
Ek sal net meer suip en kwater
Raak

                                           Ek knik en groet
                                           bedagsaam maar
                                           diep binne my weet
                                           ek waar ek staan.

Elke hond wat my
Sy pispaal gemaak het
Raai wat
Ek staan nog steeds

                     Êrens diep binne my
                     Weet ek
                     Waar ek
Staan

Protes

Groen dae sal kom
My gunsteling bly dié
Wat vandag was, skakerings van
Distel

Latente fase

“You tell me hold your head up, hold your head up and be strong
Cause when you fall you gotta get up, you gotta get up and move on
Tell me how the hell could you talk, how could you talk?
Cause until you walk where I walk, this is no joke”
‘Till it happens to you.
– Lady Gaga

Gruweldade weier altyd om begrawe te word.

  Hey faggot! Draai om en buk. (dis streng vir skriftelik doeleindes)

Folklore wysheid vertel van geestes wat weier om hul ewige rus in te gaan voordat hulle stories vertel word.

  Hy vat my van agter af, druk dieper en dwing meer van hom in my. Die pyn skiet deur my buik na my linkerskouer.

Nagedagtenis en die waarheid van wreedaardigheid is noodsaaklik vir die herstel van sosiale orde en vir genesing van die indiwidu.

  Ek will kots en flou word, maar ek doen
  nie. Regop gehou deur ’n gevoel
  van duiselige suspensie. Soos in die van
  drome waar ek kan vlieg wanneer ek
  vreemde posisies inneem.

Mense wat gruweldade oorleef het, vertel dikwels hul geskiedenis in ’n baie emosionele, teenstrydige en gefragmenteerde manier wat hul geloofwaardigheid ondermyn.

  warm lug my rug
  sweet. Piel. Suig
  vul my liggaam totdat daar niks van
  m-y binne is nie
  Behalwe

  Pilel

Baie min mans onthul traumatiese ervarings en die trauma beleef manifesteer as ’n simptoom. Die dialektiek van trauma gee aanleiding tot ingewikkelde, soms onbewustelike bewussynsveranderinge.

  Wanneer hy kom val ek grond toe.
  Verkrummel soos sand. My wêreld
  kom tot ’n stilstand en ek voel hoe
  my verstand my verlaat. (The bluebird in my heart – verkwyn) Hy kom terug
  van die badkamer en tel sy klere op.
  Ek beweeg nie.
  Ek lê net waar ek geval het.
  Blind.

Dissosiasie. Dit lei tot dramatiese en dikwels bizarre simptome van histerie wat Freud uitgewys het is a.g.v. verminkte kommunikasie oor die seksuele misbruik van kinders.

  Wanneer mense na my kyk
  kan hulle die seuntjie sien
  wat mishandel was in daardie
  pornografiese snitte wat agter
  my groen oë projekteer.

The Loser

Te sigbaar, met ’n indolente gesigsuitdrukking
Te lewendig, met ’n golwende keel
My naam “ék-ou!” teveel in tekste
Onbekend, onbereikbaar

’n onsuksesvolle literêre man in ’n pionier-poësie bar met hoenderkop woorde
Ek raak dronk op digters soos Ryan Pedro
en span kalwers in

Op Kakamas

Grondvrugtig

Jy is ’n visioenêre variétéarties
Onder latoenkoper ligte en drum and bass
Word die dansvloer jou skilderdoek

’n koue konnektiewe hitte ontstaan tussen tinambol oerdans en freestyle hip hop
Welluidend verwek jy ’n kleurspel van vertier-blou en eteriese-uzer op jou verfvloer

Diwali vuurwerke van rooi-violet skiet en
Skep ’n beeldediens aan Iendiese godinne wat jou dansdoek borduur met ’n oktaaf paar henna hande

Jou ritmiese Chucks en hittehakke skop stofwolke van metaal Parys-groen, atoom-nartjie oranje en bruin-neus kimono Kobicha

Kobicha
’n flikflooi skadu van bruin
Die kleur van jou vel

Ek is wit-neus Dutch-white
En ek love jou my reënboog Coloured
Ghantang

Voel

Ek staar die spieël in
Haal diep asem
Die lou water
Drip
Drip
Drip
My bors af
In die kots wasbak
Spoel spoel spoel
Ek my mond
Spoeg die laaste kom in die bak
Glip ’n R50-noot in my gatsak

Ek wag

Vroeë veertigs, Afrikaans, getroud.
Kinders? Kerkganger
Hy behou oogkontak en beduie na die heel linker stal
Hy neem my hand
“Oom”, sê ek. Die pry …
Desperaat gryp hy my tempels
druk sy lippe teen myne
Hy omhels my asof ek aan hom behoort
En soen my soos ’n ongemaklike tiener
Desperaat
Ek proe sout-trane
Hy begin snik
Snot
Hy huil en soen en huil en soen
Huil- hy sak af op sy knieë
beskaam

Haastig, bewende hande druk ’n R200 noot in my nat palm
Ek kan nie sy geld aanvaar nie
“nee dankie oom”

Ek het klaar sy seer, angs, vrees en eensaamheid ervaar.
“Jammer oom”

Die samelewing is fucked up

Obsessie

“I wish I knew how to quit you”
-Brokeback Mountain

Iewers lê jy langs kaal tiete
Met pienk tepels
Iewers tussen vere kussings
Lek jy haar binnebeen

Hier lê ek en dink aan
Jou ken en adamsappel
Hier onbekend
Voel ek die puntstoot van jou hartkamer

Iewers pluk sy aan jou dick
Sonder lube
Iewers tussen gevlekte linne
Veruil jy roem vir privaatheid

Hier skaterlag jy soos kind
Pluk die snare van jou guitar
Hier, bekend
Sing ons die classics

En praat oor jou rol in Vaselinetjie

Angs terapie

MINDFULNESS
Vir my

Is soos om deur tyd te reis
Gejaagd

Van
Gister oggend se seks.

Het ek te vinnig gekom?

Na
Vandag se verslinte selfbeeld.
Is my penis te klein?
Tot
Môreaand se blind date.
Waar ek oor en oor gaan dink aan premature ejakulasie en my klein piel

Freud het geweet.

Ruminerende gedagtes is bottomless springmielies.

My hande en voete tap soutwater
My lithium-vingers kan skaars n pen vashou
My been het al sy eie ritme gevind
My bliksemse gum guard is alweer stukkend

Stop die branderklanke
Fok die visualisering
en die asemhalingstegnieke

Gee my Valium terug.

Jjimjilbang (찜질방)

– Badhuis

Seoul, Korea.
Uitge(s)trek op ’n
Plastiek masseertafel
Woon ek my eerste
Koreaanse lyfskrop by.

’n middeljarige Koreaanse man
Geklee in ’n geweekte onderbroek
Begin skrop – soos ’n wasvrou
Die wrywing steek pynlik, warm.

Bolyf:
Nek
Skouers
Arms
Oksel ( ek giggel)
Bors
Buik

Hy plaas my in ’n
Litotomie-posisie
Neem sy skuurlap
En druk dit die in my
Linker lies

Ek stik ( in asem en woorde)
En rittel van 에로틱 한 plesier.

As jy weer vir my bid

Bid dat ek jóú Jesus
Kan ontmoet
Sodat ek vir hom kan wys
SY dood
Nie genade bring aan die gebroke nie,
Maar vergifnis vir díé wat breek
Dat dit ’n kak plan was om reg te maak
Eers ná al die skade berokken is
Dat mense steeds in die hol genaai word
Deur die partriargale kerk

#bidvirmy

Kaapstad. Mans akute psigiatriese eenheid.

“or purgatoried their torsos night after night
with dreams, with drugs with waking nightmares, alcohol and cock and endless balls”
-Howl
Alan Ginsberg

Nixon (30 – Psigose)
Naak
Slinger hy sy blinkswart voël
Oor my sponsmatrass
En merk sy gebied
Met ’n goue stroom van pis

Peter (64 – Psigose)
Hamsteraar
Steur my klokslag 2-uur soggens
Ek offer my kouse aan hom
Soos hy my snags offer aan sy God*

Kerwin (27 – Skisofreen)
Tanned coloured
Vryf sy tone snags in die
Holte van my voetsole
Teach my van die Culture
En nooi my dan vir ’n tronk-stortjie

*Peter is krom en klein, ’n pa-figuur tydens my opname en geweldig gelowig. Juis die interteks van die gedig “Ma” deur Antjie Krog.

foto: Waldo van Wyngaard

Puberaal

laaities jump ’n skokdraad
met flenter-onderbroeke

tussen skrefies
’n gebelgdheid van blouballe

eiehandig stort hulle ’n
verbeelstroom van manlikheid

tóg

in elke laaitie se palm
stof

ontploffings van fokôl

Willem

’n Stoner
met ’n baby face
en gras oë

Voortdurend
weggebêre in sy
eksklusiewe erotika-sketse vir die
moderne Afrikaner couple

Akrobatiese seksposisies
noukeurig geïllustreer met
die naïwiteit van ’n 20-jarige
virgin;
nie bekend met die
“Sit hom in en kom na twee minute”
tendens nie

’n Schizo met amper baba-boude
sagte hande
groter as my voete
wat spog met ’n alopecia ariata
baard
’n amper-man

Willem was ’n gentleman

Hy het my wakker gemaak
met drukkies
somtyds bacon
en daar was nie ’n oomblik sonder
sy arm om my skouer nie

Ek was lief vir Willem

Willem het homself met ’n tou gehang

Hulle wou hê ek moes ’n speech maak by sy funeral

Ons was lyftaal
Elmboë en knieë
Voete en hande

Ongemaklik tóg
gelukkig in die klein spasies waar ons mekaar moes akkommodeer
vir my liefde

en sy confusion.

jammer mamma

my vervaldatum gegrif op my
pilboks, drankbottel en gebruikte spuitnaald

my sterfbed ‘n tuimeltreingrafiek:
x2/a2 + y2/b2 = 1 …

sal jy my onthou in díe vervalle hospitaalklere
of
as die groenoog thula-thula wikkelwurm?

potlood in die reënboog van my identiteit

sien my
bêre my in jou sak,
kronkelklippie

jammer mamma.

Mama Africa

on the corner of Bloed and Lilian Ngoyi
she sells breast milk to hungry, blue men
for a currency
stamped with a smiling Mandela
a pipe dream of honey and milk
in a country that said
“I do” in 1994
leaving her to fight poverty
in cheap stilettos
her hips swinging to African Blues
under a jaundiced street light
beside the shebeen
where she reigns queen

her royal baby asleep in a shack
starved and cold

51 Queen Street Mosque

die lug is vol testosteroon
haar liggaam wond
van testosteroon
haar perineum geskeur

van voor na agter
het hy haar gewieg
pompende bevestiging:
ek
is
mag
terwyl rivieroë van grasgroen
dorsloop na seegroen

soos Moses se stok
gekap in die rots
tap
bloed
vanuit haar vagina
vanuit haar anus
op droë grond en vorm:

bloedmodderkoekies

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Schreiner-Karoo-skrywersfees 2018

Reis na Hier

$
0
0

Francois le Roux, oftewel ‘die HA!Man’ kuier op Vrydag 20 Julie saam met sy lewensgesellin en verhoog-‘vennoot’, die Belgiese digter Joke Debaere, in Die Bôrdienghuis in Wellington.

Francois se hoofinstrument is die tjello, maar hy span ook klavier, kein fluite en liggaamsbeweging in om die ‘HA!’ of innerlike gevoel – in die oomblik uit te druk.

Joke neem by tye plaas agter die mikrofoon en sy begin óf voorlees óf spontaan poësie te skep saam met die musiek.

Die vertoning begin om 20:00 in Die Bôrdienghuis by die Breytenbach-sentrum. Kaartjies is R80 per persoon en kan bespreek word by teater@breytenbachsentrum.co.za of 021 873 2786.

#BuitedieBoek Tuin van Digters 2018

$
0
0

Die sewende Tuin van Digters, die jaarlikse hoogtepunt op die kalender van Afrikaanse digkuns in die land, vind vanjaar op Vrydag en Saterdag 14 en 15 September by die Breytenbach-sentrum plaas.

Vanjaar se tema is #BuitedieBoek – daar word onder meer gefokus op hoe verskillende mense uit verskillende gemeenskappe op verskillende maniere (in ’n gedig, deur musiek, met kunswerke, in openbare ruimtes, deur animasie, ensovoorts) uiting gee aan woorde, frases of gedigte om in ’n boodskap oor te dra.

Die program sal later in Julie bekendgemaak word. Kaartjies vir ’n tweedagpakket kos weer R250 per persoon en sluit alle aanbiedings in.

Net vir Vrydag is die prys R100 per persoon en net vir die Saterdag R200 per persoon. Studente betaal R60 per dag.

Bespreek nou al by 021 873 2786 of besprekings@breytenbachsentrum.co.za.

Gedigte van Mariet Steinmann

Gedigtefees in McGregor 24 to 26 Augustus 2018

$
0
0

Die sesde Gedigtefees in McGregor vind vanjaar vanaf 24 tot 26 Augustus plaas.

Gedigteliefhebbers wat die naweek gaan bywoon kan uitsien na voorlesings deur `n keur van meer as 160 Suid-Afrikaanse digters. Van die meer bekendes op vanjaar se program sluit Kobus Moolman, Galeo Saintz, Douglas Reid Skinner, Patricia Schonstein, Athol Williams, Toast Coetzer, Erns Grundling, Joan Hambidge, Phillippa Yaa, Willem Fransman, Fourie Botha, en Lara Kirsten in. Daar is ook verskeie oop- mikrofoon sessies wat gereel word deur twee Kaapse groepe Off the Wall en Grounding Sessions en soos elke jaar, is daar op die Vrydagoggend `n spesiale program wat vir leerders van omliggende skole aangebied word.

Die tema vir vanjaar se fees is “Die Klank van Water / The Sound of Water.” Digters van regoor die land het met entosiasme gereageer om hulle aanbiedinge by die tema te laat inpas. Kyk onder andere uit vir “Desert Rain” met David Tyfield, “Haunted by Water” met Wendy Woodward en Christine Coates, “Homage to the Waters” met Marguerite de Villiers, “Songs of Water” deur die Worst End Theatre Company en “Waterways” met Joseph Koetsier.

Daar is ook vanjaar opwindende aanbiedinge deur groepe. Kyk uit vir The Mothertongue Youth Theatre Company, `n voltydse teatergroep wat in McGregor gebaseer is. “Memories of Water” kombineer digkuns, teater en musiek en die selfgeskrewe teks word in Engels, Afrikaans en Xhosa aangebied. Tien digters van die Life Righting Collective kom ook saam om die produksie “Finding Water: This is how it is” na die fees te bring.

`n Baie spesiale inisiatief wat vanjaar vir die eerste keer aangepak word is die “Helenvale Poets “back a buddy” projek. Daar word daarna gemik om borgskappe/donasies in te samel om vanjaar 20 jong digters uit Hellevale Port Elizabeth na die fees te bring. Helenvale is `n area wat geken is vir armoede en geweld. Die Helenvale Gedigteprojek fokus daarop om jongmense in die area te help om kreatiewe uitdrukking te gee aan hulle gedagtes en sodoende hulself en hul medemens deur digkuns beter te leer ken. Vir meer inligting en om donasies te maak gaan na:
https://www.backabuddy.co.za/champion/project/helenvale-poets-attendance-at-the-mcgregor

Billy Kennedy, stigter van die Gedigtefees in McGregor se dat dit ongelooflik is om te sien hoe die fees deur die afgelope paar jaar gegroei het. “Ons kry elke jaar meer en meer belangstelling van digters van regoor Suid Afrika wat graag wil meemaak aan hierdie spesiale geleentheid. Dit maak my baie bly om te sien dat daar soveel belangstelling is. Ek glo dat Digkuns van onskatbare waarde vir ons samelewing is.”

McGregor is die perfekte dorpie vir die viering van digkuns. Die lokale is loopafstand van mekaar en die plattelandse sjarme van die dorp dra by tot `n unieke ervaring.

Kaartjies beskikbaar van Computicket: https://online.computicket.com/web/festival/poetry_in_mcgregor_2018/33964238

fourie botha foto deur ruben rossouw

Fourie Botha (foto: Ruben Rossouw)


Gedigte van Evanthe Schurink

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

wie is nou ‘n kokkelol

jy dink jy’s cool en ek’s ‘n fool
maar jy’s ‘n fake en ‘n nool
ek is ‘n boomstam en is kif
jy is ‘n nerd maar dink jy’s spiff
ek bly in ‘n possie en jy in ‘n paleis
jy is getroud en ek net gekys
jyt met al jou grade dink jy is een van die manne
maar ek is die man met die kanne in die hanne
jy pretend jy is iemand maar is niemand
ek is niemand maar voel soos iemand
jy het ‘n hond met ‘n langer stamboom as jy
ek het vir my‘n pavement special brak gekry
Jy het ‘n heavy groter mortgage as ek
ek move lekker van plek tot plek
ek eet my slap chips uit ‘n koerant
jy kokkenodge die koerant vir die aandelestand
jy rook jou cigarillo vir inspirasie
ek rol ‘n zol met inspirasiespinasie
jy sit en droom oor jou volgende miljoen
terwyl ek mielies gooi en gooses soen
ek vat my blok-en-tackle, goffel en maak skapies
jy graft vir peanuts soos die apies
jy drink jou intelligensie-mengsel maar bly ‘n kokkelol
my inspirasie is ‘n dagga zol
jy teug aan jou glas rooiwyn
ek vat my zef blou-trein
ry hom ver verby al my pyn
jy lees die Huisgenooit en die Keur
ek geniet my tosbollie agter die deur
ek kook ‘n tekkie met my rooi mazda
met sy twin kazozz en lekker drukvlerk
jy met jou Mercedes gee ‘n bietjie gas da
dice ek jou as ek met my mags verbytrek
ek lag virrie dag met my blou-tril stickers
my kief tune en double loud speakers
jy is ‘n skroefgesig stilsiel skim
wat in jou Blik-Met-Wiele (BMW) klim
jy het jouself lankal in ‘n skynwerêld verloor
want jy speel toneel en gee voor
wie is nou ‘n fake en wie is real,
jy wat pretend of ek wat met die real life issues deel?

© Evanthe 2015

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Gedigte van Stef

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

ongetiteld

ek
stel
jou
vir altyd
vry

geen bande nie;
maar …
jy is vry –

vlieg na verre horisonne

ontdek
jouself

vlindervry

sien jy die kind?

sien jy die kind
verwese
in die watte wolk …
roep
sy naam
en die wind
antwoord …

in ‘n fluisterroep

dis net

wou-wou woorde,
my kind

ongetiteld

winteronugtering –
kleur
oorheers
die koue –
volkomendheid

rooshart

ek hou jou
hart
altyd
liggies
in my hande en
bid jőű
somerreën toe –

ek weet
die lente
is hier as jou polsslag
ritmies
klop;
ek weet őők dis somer
as jou hart
weer
wit
rose
blom

ongetiteld

woorde traan
siele breek
boeke versteek
rooi hartswaan

kaktus

volmaak?

ek
steek
my kaktushand
uit
om te blom

en al wat gebeur
is
d o r i n g s – – –

ek
gryp
en dis
s e e r

ek
droom
en dis
w a s i g

ek
klap
met my
kaktushand

en
besef –
daar is
net
dorings – – –

skepnet

skepnet

versteekte
diergesigte
hanswors?

– word verfhale
– word ‘n eenheid

swaai die kwas
strek die geheue . . .
verlig
die storm

sluk
die blou en pienk
skep ‘n hart

proses

komposisie –

stormvrye

lewe

veerloos

vereloos

ek het jou
hart
op die teer agtergelaat . . .
jou verejas
bebloed –
jou been gebreek?

– mossie in my –

daar is bloed
op my hart
’n traan
stroom
oor my lyf

jy

en
nou
net

ek

sterrereen

sterrereën

jou lig
verblind
my – –

jou

spieël
sterre

reën
meer lig;
meer sterre;
meer jy!

daar
skitter
sterpatrone
teen
’n muur
met
jou
naam
op

doilie lappie huisies

stof

(periferie)

ek
lig die lappie op
en
ek is verbaas
om stof
tot nadenke
te vind:

gekleurde huisies
vol geluk;
gehekelde geel grasperke;
hasies wat stories hoor
en

jou
salige
siel

 
 
 

koppie

koppie

ruik deur die
krulletjies;
draaitjies en
patroontjies

breek
die roomkleur –

s t u k k i e s

– porselein –

klop
aan die
hart . . .

moenie
teëstribbel
nie

ruik
die blom se
se geur;
streel
die
hart

 
 

gehoorsaam

 dan is jou oor teen myne?
 en dan jou hartklop
 teen my lyf . . .

 luister vir my!

 sien
 my hart –
 voel die klop

 hoor
 die ritme
 van my wees

 voel
 die kyk
 in my oë

 luister vir my!

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

trap-trap sag

geel grynslag
en al . . .
sleep
ek
die pad
agtertoe;
draai-oog
verwondering:
watter?
kleur
dan
volgende;

wees getrou
aan jou
kleur –
wees
s e l f
trap-trap
sag

 
 

Frida Kahlo

Frida Kahlo

frida

 op vrydag
 wys
 jou plootjies
 seer –
 jou
 blokkiesrok
 gekompliseerd –
 gryp
 met jou
 blik
 die kryt
 en
 kleurvol
 obsoleet:
 die lewe
 verbeeld

’n nota aan jou . . .

mosaïekkatjies
met
gleufogies –

en

mosaïekhasies
met
papieroortjies –

gee
jy
aan
my

:dis
nou
notas
aan
jou:

dis
lyntjiies
vol
van
liefde;

’n mosaïekmondjie
geteken
met
papierhartjies

jou

kaleideskoop
van
bloublink
vissies

op
‘n vrydagaand –

vou
my
toe

in
‘n gety
van
koel
omhelsings . . .

seisoen

(in augustus)

ek
wag
geduldig
op die
lente:

die
weerkaatsing
van
madeliefies
en
magrietjies
in
jou
oë;

die
liefdesgeur
van
jou
hart;

die
klanke
van
jou
septemberstem

– en –

die
omhelsing
jou
lentelyf

jy

ek vlug
uit my
pyn –

– vas
in jou
glimlag

jy
toor
my
leed –

tot

innigheid

v r i e s

dié oomblik
naelstring

g-e-k-n-i-p

y
s

asem
in
die
dood

liefde

a l l e e n
nou

sielloos

die laataand
vang my in
sy
wip …

hy
grou
in
my
en
gryp –

– ek
pyn
en
verloor

– ek
pyn
en
verloor

– sielloos –

‘n einde

donker net

jou
bestaan
net
welkome
skadus
rondom
my –

– jou
afkeur
pyn
skadus
diep
in
my
hart

verlei – verlore

ek
laat
jou
altyd
toe
in
elke
uithoek
van
my
hart

jy
misbruik
elke
geleentheid
om
my
hart
finaal
te
verwoes

treur

verwyder
my
hart
voor
ek
begrawe
word –

vergeet
van
my
lyf

en

huil
rondom
my
hart

bloei

dié wonde
is
dieper
as my hart
se verstaan

die rooi trane
klad
geen
verdriet
verstaan

sny

seer

tyd

my hart is in ‘n

swart

gewaad;

dit

f    l    i    kk  e       r

pyn
blinknat

Lot

ek glip deur jou vingers …
‘n laaste omdraai
‘n laaste seer kyk

Lot se groet is my oë
soutpilaar –
‘n ewige wond
seer glimlag –
verwytende blik

somerseer

(wag vir my daar)

soen my
liggies
op my voorkop
voor
ek
gaan

ek
(wie ken ooit die ek?)
hoop dis
pynloos –
sag

weg –
van die
seer
hier

mag die
brandende vuur
verkoel en
verlig –
vry

dans

my hartkamers vou
eensaam
oop

jy
het altyd my hartkamers
beskerm –

die blomkelke is nou
afgeskil;
ek
het jou laat gaan …

hy was méér vir jou

(ek leer weer om my
eie hart te stut)

vergete is die lentereuk –
blommedans

laaste kyk

(met ‘n goue staf in gedagte)

die weensee het gister
finaal
opgedroog.
die pad lê nou oop na die beloofde
– b e v r y d i n g –
dit was alles in jou vorentoe kyk –
‘n doellose verbykyk;

vir my is dit
nou
vorentoe
vier

n o o i t

my hart is
‘n spelonk:
koud
en
nat
van die
trane
dis die –
ontnugtering –
dat
jy
verby
my
kies
verby
my
droom

sang

die vorm van jou lyf
sing liedjies –

as jy gaan …
as jy gaan …

onthou net my hande
as
laaste melodie –

ek … verdwaal

waar in die wêreld is jy?
my oë soek na jou –
sal ek jou ooit? met my oë kan
tas?

– wolk van verbeelding –

groen gly uit my oë
wanneer ek stip na jou staar –
my wêreld verkleur
en jy word reënboog

jou aanraking is
méér
as enige
volkleurdroom

– groen gewaarwording –

jou gestalte word ‘n reus –
tafelberg is in jou hart –

al wil my oë jou aanhou volg,
skei my hartkamers

jou –

die seebries word hartseer herhaal:

in die seelug is ons saam
in die seelug is ons saam

;jou beeld verflou,

ek

verdwaal …

siembamba

ek sus
jou
in my arms
todat jy slaap;

ek skrik
my
daagliks
spookwit!

:jy gaan
stadig
dood
in my
skoot

nagvuur

my
hart
brand
–        –
binne

ek trek ‘n kring om die pyn!
of
trek die pyn ‘n kring om
my?

ek rig op
jou

of?

= sneller
sekuur

spatsels seer;

hartbloed

– bly –

‘n eensame
nagwaak

venster

(spieël in my hand)

deur die waas van
hartseer
vou my hande
ligweg
liefdesgebare
na
jou
uit

my gedagtes
hou
jou
styf
vas

innig?

jou
beeld
bly
in
‘n
leë
raam

alleenheid

jou wurggreep
bring
pyn
ontydig
na
my
binnehart

– ek bly
soekend na
jou
vlees
en
warmte –

ontnuger!

altyd
alleen
agtergelaat
met
‘n
koue
hart

droom

ek mis jou …
al sê ek vir ander –
anders
die hartseer herinner
my
daagliks aan
jou

al steek ek jou
weg,
vind
jy
my
altyd
weer

die oseaan
in my oë
biggel
golfies
seer

aanraak

mag ek nooit wéér so lief word vir jou
nie
en ek wéér by ‘n kruispad staan
alleen
nie
ek het al hierdie pad gestap vir
jou
my gevoelens raak jou heeltyd nader
deur jou kon ek weer liefkry
jy is hier naby my;

tog kan ek jou nie
raak
nie

ek kon nie meer praat nie –
nie toe nie
nie nou nie

praat nou
met my
in my afwesigheid

sê alles in silwer
sê alles of swyg –

stilte

ek kan nie meer praat nie –
nie nou nie
nie toe nie

vlug

wens ek kon vlug …

wolke, vou om my neer
gryp my hart en maak my lig …
laat ek sweef

wind,
laat ek vlieg
laat ek sweef:

verplaas my
hart
laat ek weer
sien

laat die druppels
was

maak my hart
skoon

– laat ek vry wees

gloei

raak my tog liggies aan
elektries
laat jou lig my nou
verblind

sing tog in my oor en
streel
my nou met jou stem
somerson

hou tog my sagte siel
gevange
nou in jou wysheid
lewenslig

skulphand

jy was ‘n blink pêrel in my
hand
ek kon jou eens vashou –
bewonder
selfs koester

nou het jy gegroei –

duisende vlinders vlieg
blink
uit die oog

ek het jou laat gaan: seepbel

skulphart
skulptraan
skulphand

niks

geskryf

jou woorde is ‘n poskaart –

ek

jou hande was tóé vlindervlerke
jou oë het tóé doudruppels geskyn
jou hart het tóé gloeiwarm geklop

ek sou glo die pad wees
waarlangs
jy loop

woorde was tóé varkblomme
woorde is nou dorings

roete: regdeur my hart

posduif
duifloos
hartloos

liefde,
jy

hartstilte

vanaand loop trane
stil
teen my borskas
af

pyn is swart

nou net die leegheid –
niks om te sê nie

onsigbare hande weef ‘n vangnet:
engelraak

sonder naam

ek wou jou naam sê,
maar jou naam is vergete
net in ‘n vae beswyming
kon ek jou beeld nog onthou –
nou
uitgekerf uit my geheue.

ongetiteld

diep en koud is die see
tussen
ons
tyd het die hart verdroog:
duiwe is vlerkloos
arms waai sonder hande
winde geluidloos
spieëls is dof –
die water het opgedroog

vry

410 dae gelede
411 dae gelede
412 da …
!Windows alarm!
“program te oud”

verhouding verby

sisteem crash …

wens ek kon alle data
delete
Ctrl Alt Del

vergeet

skerm skitterblink
kleur sein
venster
vry
2014

nagreis

‘n einde?

my ore lê vasgepen,
Gulliver

ek wil jou
naam
nóóit
weer   uitroep nié
nóóit
weer   hoor    nié
nóóit
weer             nié

my bed is ‘n kluisenaar
‘n klipplaat

my hart gestrand
my trane droë golwe

geen r e d d i n g s w e r k
nie

net die dun gebreekte glas
gespan
oor my bed se vier
mure
bly
oor

‘n begin?

hart

vertoef jy by my versplinterde deur …
sal jou klop die krete hoor
van my opgeskeurde hart

jou binnekoms sal bely:

géén helder spektrum van lig
géén handklop-voetklap
géén liggloei kopgebaar
géén lyfdraai nie

slegs ‘n afwys vandaar –

‘n vingerwys kaart:
‘n swaard wat harte verdeel
tot ‘n laaste versplintering

alleenhart

ontmoeting?

(‘n see van letters)

ek:
ontmoet deur virtuele lyne:
‘n skugter lag?
‘n sku gebaar?
nou net ‘n ewige getik –
sou dit ‘n hartklop warm
afweer?

hy:
onsigbare bande word gesmee deur die lug;
nou die lugleegte
verdryf deur die
koue seelug …

… s E e Va n lE t T er S

ongetiteld

jy wink my nader
jy hou my vas in jou arms wat golf
ek hoor jou breek
jy lok my voetjie vir voetjie
jou koue geheimenis binne
jy neurie my nog nader

sal ek jou ooit diep in Neptunes se skatkis vind?

dis ‘n koue omhelsing –
‘n kring van ewige verbintenis …

donker trane

sagte vingers
hartseer hale
traankontoere
jy wat lê …
ek wat lê …
versugting
sal ons vingers ooit weer
kruis?
druppels:
swart
druppels:
droog

duisterdans

eers net ‘n sirkeldans
toe ‘n donkerdans
draaidans
draaidans
en
nou net ‘n jakkalsdans

myne

my hande is duiwe
waarmee ek
jou lendene
balsem
my oë is sagte vlerke
wat kruise span van ware
liefde
dit is dan wanneer
ek
besef
jy
is nou myne

ongetiteld

ek
hy
jy
rondomtaliedraai
rondomtaliedraai
drieankerbaai
trippeldraai
jy
hy
ek

ongetiteld

ek voel die
dood
klop
in my lyf
net ‘n ligte
vaagweg
geklop …
ek loop ‘n sirkel rondom jou …
bewonder jou oë
jou mooiheid
‘n ewige sirkel van onthou
jou oë bly blou
soos koel mere

ongetiteld

alles is skoongewas deur die reën
maar ‘n treurdag vir my …
ons liefdesirkel is nie beskore nie –
al is dit gespan in goue draadjies
nou is dit net ‘n helder herinnering van uitreik en ontvang
‘n geslote mond
‘n dooie lyfgevoel
ek staan verwese in ‘n kring van verlange …
my oë bly soek na jou gestalte –
die fors figuur

ongetiteld

ek staan verwese en
wag
‘n definitiewe antwoord verwag
jou gestalte fors
moet nou vervaag in ‘n beswyming van
‘n gistergeluk

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Gedigte van Megan Samuels

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Ek skree

Sy skree
skreeu van die pyn
skree dat alles verdwyn
die sneller getrek vir die tweede maal
een in die fibula en toe die humerus
hy staar terwyl sy hinkepink na die deur
sy moes na Ma Kittie geluister het
haar stem sal haar red
haar pyn sal verlig
die handvatsel reik uit na haar
sy is naby
maar toe —
vernou haar visie
gevolg deur swartheid.
in haar eie plas bloed

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Krog

$
0
0

Antjie Krog het geen bekendstelling nodig nie. Haar digkuns spreek sedert 1970 op verskeie vlakke tot vele lesers. Liefde, familieskap, rassekwessies en vrouwees
is maar enkele temas wat uitstaan in haar oeuvre.

Hierdie kragtoer bevat toonsettings van haar gedigte, toegelig met stem, klavier, trekklavier en ’n kas vol kitare.

* Debuut *

Met: Babette Viljoen, Hilandi du Toit, Olga Leonard

Krog
Genre: Woordkuns
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/13 jaar
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R120
Plek: Roots Intieme Teater, Potchefstroom
Datum: 2 Okt 17:00 3 Okt 11:00 4 Okt 14:00

Aardklop 2018


Krog


Krog


2.5

Die goeie vrou en ander mites

$
0
0

Corlia Fourie se debuutbundel Die goeie vrou en ander mites is ’n versameling toeganklike, pretensielose verse met ’n sterk anekdotiese inslag.

Die meeste daarvan is satiriese verse wat getuig van ’n fyn intelligente, deurdagte en genuanseerde beleweniswêreld.

Die gedigte word in vyf afdelings verdeel. In die eerste afdeling “Die goeie vrou” vind die leser portretstudies van bepaalde vroue, die tweede afdeling “Tuis en uit” handel meestal oor huislike ruimtes, die derde afdeling “Die wye wêreld in” bevat meestal reisverse, die voorlaaste afdeling “Bloeityd” handel oor die digter se kinderjare en latere siekte (kanker) en die slotafdeling “Kierang en ander hebbelikhede” bevat verse wat sosiale kommentaar lewer op die breër gemeenskap.

Die goeie vrou en ander mites / Corlia Fourie — Protea Boekhuis, 1 Augustus 2018; sagteband. — ISBN 9781485309567

Die goeie vrou en ander mites,
Bettie Blom,
26 September 2018.

3

Gedigte van Bennie Bezuidenhout

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

259 Long Road (Bedelia, Welkom)

Ek dink terug aan Long Road
Aan die sestigs in Bedelia
Ons Vrystaat tyd van grootword
Aan die Welkom van ons kindsdae

My pa werk myn by President Brand
My ma by Sales-house/Edgars
Hul inkomste nie juis flamboyant
Alhoewel daar genoeg van als was

Twee ses agt ses een, hallo
So antwoord ek beleef
Ons maak tee as mense kom
So’t my Mamma ons geleer

Bedelia was ons laerskool
Juf Spamer gee Sub b
McDonald rig operette af
Terwyl Erasmus wiskunde gee

De Klerk, hy was die skoolhoof
Hy kon lekker slaan
Juffrou Nel gee Ingels
Vir haar was ek so bang

Een Kersfees dag kry ek ’n fiets
Japie kry rolskaatse
As hy my vang, moet ek hom sleep
Hy hou vas aan ’n draad

Die Jerlings is ons bure
Vir rugby speel so lief
Ons speel Super-fast vir ure
Of poeliesman en dief

Een middag speel ons rugby
Op die voor gras waar ons bly
Jury Jerling gaan vir steke
Toe die kraan sy bobeen sny

Hul pa bou eenkeer foefie slide
Gemaak van pyp en draad
Die draad breek toe ek afgly
Ek val op rug se naat

Somtyds was ons parkie toe
By Bedelia se kerk
Vir dryfings speel, ek sê jou hoe
Van rugby maak ons werk

Ons ander maats was Mike en Shawn
Ek dink Wilson was hul van
Hul ma, die tannie, het kwaai gedrink
Hul pa n kwaaie man

Ek en Japie kry weer stry
Outa Andries probeer keer
Japie stamp hom bo-oor my
Op sy boude neer

Snyman was my graad een maat
Ons terg Japie sonder vrees
As hy ons vang, had hy geen raad
Te jammer vir ons gewees

Op hoërskool, had Japie maats
Muller, Tone en Thronne
Op hul fietse is hul baas
Maak meisies opgewonne

Op standerd vyf trek bure in
Hul had twee meisie-kinds
Elizabeth was na my sin
Beatrice haar klein sus

Ons kys, Elizabeth en ek
Sy wys toe sy weet veel
Sy dog toe seker ek is gek
Want ek wou net speel

Een aand laat, kom Japie tuis
Op sy fiets aangeslinger
Tolla was die oorsaak juis
Maar beskuldig toe vir Muller

Soms het mamma toegelaat
As pa die middag werk
Dat ons skelm fliek toe gaan
Tot tien-uur was die perk

Japie het in sy slaap geloop
Een aand lol dit weer
“Hy’t ’n mes” het hy beangs laat hoor
Pa keer hom by die deur

Toe ek standerd ses begin
Was Japie standerd tien
Toe die ouens ons ontgroen
Het hy my veel ontsien

Goudveld Hoër was ons skool
Die hoof Meneer Joubert
Hoër op in Long Road
So drie kilo’s ver

Die juffrouens was Groenewalt
Seekoei, en Van Rooyen
Die juffrou, vrou van meneer Neuwhout
Sy was vir my so mooi

Die menere was McDonald
Bertram, Ogies en Div
Die ander kan ek nie onthou
My geheue is nou al suf

By Goudveld Hoër koshuis
Het ek Vrydag middae vas gestaan
Soek ’n Datsun twaalfhondert GS
Daar kom ouboet aan

Die jongens van die dorp het saans
Die Perdeskoen besoek
Vir romanse was daar altyd kans
Vir elke kar ’n hoek

Hul ry dan om en om die park
Kyk uit vir ’n maat
As hul sien wie ’n kans wil vat
Begin die engines praat

Die meisies jaag, draai hier, dan daar
Die mans volg vir ’n vaal
Dan skielik stop, parkeer hul waar
Die mans hul in kan haal

Nyala House was my huis
Toe ek myn gaan werk
Met my bike koop ek ’n plot
Toe ’n trapfiets my betrek

Daar’s nog baie stories
Van Welkom te vertel
Maar dit sal aanhou tot laatnag
Die slaap sal jou oorval

Pretoriusstraat 2 (Wesselsbron)

Pretoriusstraat 2
’n liefdevolle huis
Miskien ’n bietjie bouvallig
Maar daar was ek tuis

By Pretoriusstraat 2
Was ’n vrou van formaat
’n moeder vol liefde
Wat haar dogters verstaan

By Pretoriusstraat 2
Het ek jou eerste gesien
Ek’t gedink jy’s nog klein
Jy het koeldrank bedien

By Pretoriusstraat 2
Hoor ek jou lag
Nooit het ons geweet
Dat ons saamwees nog wag

By Pretoriusstraat 2
Het ek liefde gekry
Van die ma van my meisie
Na wie ek sou vry

By Pretoriusstraat 2
Het ek jou leer ken
Word ek lief vir jou hare
Word ek lief vir jou stem

By Pretoriusstraat 2
Leer ken ek jou krale
mooi katoenrokkies
En jou mooi sandale

By Pretoriusstraat 2
Het jy op die stoep gewag
Jou bruin hare in die son
Elke Vrydag middag

By Pretoriusstraat 2
Het ons TV ervaar
“Little house on the Prairie”
En “Thorn birds” was daar

By Pretoriusstraat 2
Vry ons op die bank
Mammie haal water
Bevrees vir ons drang

By Pretoriusstraat 2
Het my geluk begin
Ek kyk Moto GP
Met die girl wat ek min

By Pretoriusstraat 2
Het Mammie kos uit gehou
Woensdae en Vrydae
Want ek kom kuier vir jou

By Pretoriusstraat 2
Vier ons jou sweet sixteen
Mammie koop jou Pioneer
Uit die bietjie wat sy verdien

Na Pretoriusstraat 2
Het my hart verlang
Ver in die weermag
Ver van my ghantang

Na Pretoriusstraat 2
Het ek lyn geslaan
By dubbel een nege
Was haar stem, was haar naam

By Pretoriusstraat 2
Het ons in my kar gekuier
Met Dire Straits en Neil Diamond
Het ons smiddae geluier

Pretoriusstraat 2
Was ware mense
Die adres van ons jeug
Verskuif my geluk grense

Wat ‘n moeder

(Baba Bekker-Delport)

Wat ‘n moeder is sy nie
Wat met so min, so veel vermag
Bang vir gee was sy nie
Haar sagte hart, haar grootste prag

“Mammie” noem haar dogters haar
Dit kom natuurlik, daardie naam
Ek was gou as seun aanvaar
“Mammie” is sy, ek’t gou verstaan

Kookkos op die stoof se rak
Wag vir my, ingeval ek kom
Elke Woensdag, en Saterdag
En haar kookkuns, laat my stom

Sy’t my nooit veroordeel nie
Al ry ek bike, my hare lank
Steur haar nie aan praatjies nie
In haar hart, gee sy my kans

Al haar dogters was gelyk
En haar skoonseuns, trek nie een voor
Rusies was gou uitgestryk
Gelyk getel, kleinkinders ook

Sy’t ons ook ‘n pa gebring
Pa Frans was ook ‘n goeie vriend
Gou was ons een groot gesin
Sy was gou by hul geliefd

Mammie’t ook groot seer geken
Twee lewensmaats, moes sy afstaan
Haar dogter ook, na soveel pyn
En skoonseuns ook, moes sy laat gaan

Mammie kon mooi tuinwerk doen
Altyd gaande oor ‘n blom
Haar hande sterk, haar vingers groen
Sou heeltyd tuinmaak, as sy kon

Dan was daar ook, haar boerbeskuit
Met regte aartappel-suurdeeg in
En jam-tertjies, ek het besluit
Geen-een sal met haar kan meeding

Wat ‘n voorreg het ons nie
Om so ‘n mammie te kan hê
Sy’t ‘n grote legacy
Dis diep en ver, waar haar spore lê

Vrou in my bed

(Aan Elma, 2017.11.15)

vvvvv
Daar’s ‘n vrou in my bed, al een wat ek het
Sy dra my ring aan haar vinger
Soms slaap ons net, soms het ons pret
Wat aan twee jonges herinner

Dan is dit so, goed om te leef
Dan wil ek my, in haar begeef
Dan gee sy haar, self aan my oor
Dan is daar niks, om te verloor

Vvvvv
Daar’s ‘n vrou in my huis, sy’s in die kombuis
Haar kos is van hoogste gehalte
Ek voel so tuis, haar waardes is juis
My welsyn altyd in gedagte

Sy gee haarself, sy gee haar tyd
Sy maan my sag, kan my nie verwyt
Haar voete staan vas, haar hande is sterk
Sy’s fyn en sy’s mooi, sy’s nie bang vir werk

Vvvvv
Daar’s ‘n vrou aan my sy, sy’s kosbaar vir my
‘n Edel geskenk van Die Vader
Ek het met tyd, haar liewer gekry
Ons harte omwentel al nader

Soms wil ek haar, net sit ek bekyk
Soms wil ek haar, styf teen my vas druk
Sy is sowaar, my beste vriendin
Sy maak dit maklik, om haar te bemin

Vvvvv
Daar’s ‘n vrou wat ek ken, sy’t my hart gewen
Maar eintlik ken sy my beter
Ek’s verlief op haar stem, sy het my getem
Haar toewyding, dit is verseker

Ek kan vir haar, vertel van my vrees
Ek hoef by haar, nie macho te wees
Sy is my vriend, sy’s nie bang daarvoor
Sy is ‘n vrou, sy’s nie skaam daaroor

Vvvvv
Daar’s ‘n vrou in my bed, al een wat ek het
Sy dra my ring aan haar vinger
Soms slaap ons net, soms het ons pret
Wat aan twee jonges herinner

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Foxwoodfees 2018


Wat die water bring, ’n gedig deur Sheridan Walter

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Wat die water bring

Die rivier rits deur riete
Raps
En weg gaan dit voort, die stroom klingel soos sagtekerkklokke.
Deur gras en weivelde
In die son en in die skaduwee rippel die saffier-water in ’n sterrestelselpad.

Onder die klippe in sy vlaag klap klap en kla en klap en krul en kronkel die rivier kranke oor valleie vol kortbeenboesmangras en
klinker die klowe in.
Die water volg die Suiderkruis
Na ’n moeras
jong man wat kaal is
hier met vuil hande ignoreer ek die waarskynlike sonde van sy jeug en luister na die sjartna van vlakvisse
Hy sien my hande vol bloed
Neem my die diepte in
spoel my vars uit my dowe ellende. En bring ’n rooi vis …
dié begeerte, vir wat voel soos n honderdduisend ligjaar
       van wag
vir sy voël en dye verdink ek my bo die sfere van die sterre en
op die bedding word rasende plesier miskyk
Vry-oor van die monotoon van geraas
Verlos deur die glorie van vloeiende klank
Tydelike euforie
Dis wat die water bring

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Prince Albert Leesfees

Gedigte van Fransi Nieuwoudt

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

’n toorbos

’n Karoliena loop weg terug bos(veld) toe
’n Karoliena verbeel haarself hoe dit sal voel om te kan boom
binne ’n sonnestelsel van rypwordende akasias
eers hurkende as ’n sydissel of soos ’n sterretjie-noors
om dan te verander
haar arms wiegende blare en wind
is ’n toorfluit is haar vingers is vlammende peule is haar voete is
die uitspansel van grond ook die gomlastiek van wortels ̶
ligpunte nes Hubble-sterre wat mekaar in-groei-snel
verlaat
in deurlugte humus en water staan sy wonder
hoe dit voel wanneer ’n dwergsterrestelsel
saamsmelt met die Melkweg

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

vir die voëls

Gedigte van Jaco Marais

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

SMS na nêrens

Delivered, lui die boodskap op my foon,
en êrens in die lug sweef my uitreik weer na jou
Hangend wag ek in stilte asseblief tog, net die SMS-toon,
Stadig stap sekondes … tik tik tik die tyd verby …
Dan ewe skielik lui my sel , bokspring my hart woes, ek wou jou nog vertel …
verpletter val my moed my wese in mekaar … maar net verkeerde nommer wat my bel!
Tik tik tik wonder ek, het jy ooit my roep gekry
Tik tak kraak … breek die hart in my …
So raak die minute, ure … die ure, dan ‘n dag
En hier sit ek steeds … net vir jou, SMS en wag

Kaap toe

Donker môre opgestaan in ’n poging om die afstand te verkort,
na ’n opgewonde rondrol nag, ag darem netso bietjie lek vir hierdie wond.
As ek al dou voor dag deur Laingsburg trek, met die mooiste sonbreek agter my,
my hart klop nog vinnig vars, terwyl ek wonder, wanneer hierdie bloed weer gaan verklont.

Soos ’n pappa by geboorte, wag ek vir die skool klok om te lui, die deur wat oopgaan, kom kinders juigend uitgestorm, bondelend verby.
Dan tussen skree en lag , soos sonlig deur ’n wolk, kom daai twee lyfies, glinster ogies, met ope arms na my toe aan gehol!
Pappa pappa kyk net hier ’n prentjie net vir jou!
Nog nooit was vetkryt strepe bo oor lyne, presies so in die kol.

So begin die hopeloos te kort 65 ure, van , opvang, bal skop, krieket op die strand. Wegneem burgers, roomys eet …
vir enigiets minder is ons al drie net te bang?
In stories en vertellings deur, 269 ure net verloor,
Movies, stoei, kielie, lag, PlayStation challenges tot laat, doen ons lekker pappa goed, in die laaste ure oor.

Hoekom dan bang, sal jy dalk nou vra
Dis mos ’n voorreg hierdie manne tyd? Darem ’n hele naweek saam!

Maandag-oggend met opstaan tyd somber die gevoel , moet ek die diep diep trane wegsteek wat onder in my woel.
Pappa, pappa hoeveel slapies nou, gaan jy ons weer kom oplaai? Gaan ons plaas toe dan? Om bike te ry, eiers uit te haal , te swem, op die dam te roei, jou dalk help weer sorghum saai?
As rooi gehuilde ogies die trappe weer bestyg , wegraak onder ’n juffrou arm, jou beste hoop moet swyg …

Dan is my bang lankal nie meer vir die monsters in die nag, ja dan is ons bang maar net vir die 269 ure wat nou weer wag.

So kry Kaap toe gaan ’n nuwe kleur, ’n diepe mooi samet ’n lelik, lelike seer
’n moederstad so ’n slegte smaak , wat ’n verraaide hart “eenvoudig”, maar net gewoond moet raak.
Kyk almal dink dat hul verstaan, sê goed soos “Jesus weet, laat dit maar net gaan” …
EK? Ek wonder?
Ry jy ook Maandae verlangend weg, tot in ’n prentjie mooi sononder?

Victims van ’n fokop

So wie het die eerste fout gemaak …
wie het die eerste keer ook vir my aan lis se pand geraak?
Wie het die appel van die boom gesteel …
die bitter smaak wat onverdiend in my kinders se hart aan teel?
Wie het dan die eerste keer die vrou se bors waardeer …
om net vir man se kind te los met berge berge seer?
Wie was Adam of Eva dan om vir my die dood te kies …
in marteling , skuldgevoel of verwyte oor haar lies?
Wie se liefde of gedagtes het die eerste keer geflop …
en my jou alleen gelos, victims van ’n groot fokop.

Nuwe mens

Om te “glo” het te maklik geraak, om jou “lewe te gee” te eenvoudig.
“Alles” , het n nuwe waarde gekry gemeet aan aanvaarbare menslikheid.
“Wil” het vinnig wreed gesneuwel in eie ek plesier.
“Goedheid” het geword wat oorbly as ek wil luister na my dier.

“Hoop” het ver verdwaal in dit wat geld kan koop.
“Rykdom” onbekostigbaar gekoppel aan ’n martelingssieldood.
“Nederig” en “diensbaar” is net ’n woord, deur die HAT omskryf …
as iets wat iemand anders doen om liefde te bewys.

“Liefde” het net ’n daad geword, passie gedryf deur vrees, vir eie ek, eensaam en alleenheid , of die drang van mens te wees.
Onherkenbaar het “mooi” geraak, toegeplak met goed, of dit nou is met karre, makeup, travel stories of kuiers wat impress.
“Vrede” is hoe ons graag die buurt wil hê, geen konfrontasie wat iets van my sal eis …
Lank verlore is daai rus wat net deur jou oë kan wys.

Modern het ons wel geraak, in teelhokke van beton.
IT, media, internet, slimfone, kits vermaak en kos, besig met die oorleef, wees stryd, vul ’n bodemlose emmer sonder maat.
Maak ons “dit” , al hierdie “lekker” goed … die “nuwe mens” wat Jesus dan van praat.

Die branders …

… is my twyfelagtige sekerheid, my opwindende bang verlange, my drome binne nagmerrie se kloue, my skans teen dwalende soekende seer gedagtes …
My ou pilletjie , my sigaret, my bottel brandewyn, my naald en doepa, my passievolle maar wille sex, my omgee en my vashou.
Die branders is my wegkruipertjie speel met onhanteerbare emosies …
My wrede waghond oor verlange, maar ook die engel wat my liggaam streel.
Branders is drome en realiteit, gemanifesteer in water, waar alles perfek in imperfekte chaos weer en weer gebeur…
asof niks , nie die wind, die gety, die reën en storms, of alles ooit sy gang versteur.
Dalk is die vrede binne in die onsekerheid juis wat ek moet vind. Die rus en die oorlog net soos golwe, ongehinderd onversteurd, verewig, aan die see verbind.

As ek dit haat

Haat jy ook soms as jy wakker raak
Haat jy ook
… as die son weer deur jou venster loer,
So asof hy tergend jou diepe rus wil kom versteur …
Net om te kom sê, hier’s eers nog ’n dag wat moet gebeur …

Haat jy ook alleen … alleen wees in die oggend
Alleen wees deur die dag , alleen tot laat laat laat vanaand.
Alleen wanneer jy opstaan alleen as jy gaan slaap.
So alleen dat jy jou moet verbeel jy hoor iemand met jou praat.

Haat jy ook as almal sê, môre is dit beter, as alles nou om jou vergaan.
Haat jy ook dan daai môre wat nog ver eensaam wag
Terwyl jy steeds alleen, alleen bly staan.

Ek haat verseker mense wat dink dat hulle weet
Hoe diep my seer my eensaam my stukkend vir hul lyk.
Ek haat ook selfs my self as ek so alleen moet voel
Oor goed uit my verlede wat sy toue om my woel.

Ek haat vandag, ek haat ook môre ek haat om op te staan
Ek haat my hoop ek haat my wense, ek haat my weer en weer en weer probeer
Ek haat as ander om my seer kry al wil ek so graag al daai seerkry keer.

Haat jy ook leuens, haat jy verraad, en haat jy ook as ander, ander seer wil maak.
Haat jy ook valsheid en halwe waarheid, ongeregtigheid en haat,
haat jy ook haat, wat bitterheid laat ontwaak.

Ek haat dat haat my oggend vul en saans langs my kom lê … Ek haat dat troos vir môre in vandag se haat bly lê.
Ja ek weet ek haat baie, ek haat alles wat verniel … Maar ek weet, ek weet ek haat hopeloos te min , die steler van my siel.

Ek wil ook hê …

Ek wil ook hê,
ore wat uit my duisend woorde die goue stukkies vang, wat aandagtig hoor en luister, wat aan my stories hang.
Ek wil ook hê,
oë wat diep in myne in, my wêreld wil verdwaal, deursoekend en in liefde my wese wil vertaal.
Ek wil ook hê,
lippe wat my alleen wil proe, my aura opneem, oor my vel verken, maar dieper as net voel se lekker ook my hart wil wen.
Ek wil ook hê,
arms wat om my nek wil vou, my nagte deur net hou, wat deur donker swaar, stukkend tye dieper aan my klou.
Ek wil ook hê,
hande wat oor my liggaam streel , oor my wang wil gly, wat saggies teer en aanhoudend net my aandag steel.
Ek wil ook hê
’n lyf wat naby net aan my wil wees, wat warm teen my voel, bene wat net om my wil vou as liefde wil verkoel
Ek wil ook hê
dat iemand se gedagtes, drome ook om my sal draai, wat Cupid en Valentyn se pyltjies in my land wil saai.
Ek wil ook hê,
een hart uit 2 verweef wat saam die lewe leef, soek na n liefde saam , wat een alleen nooit kan beleef.
Ek wil ook hê,
om gehê te word, my, net soos ek was, is of ooit sal wees. Om liefgehê te word ten spyte van my vrees.

Ek wil ook hê
darem ook net wat ek graag wil hê,
ek wil ook hê …
liewer as net sê.

Desperaat

As woorde dan uiteindelik weer in my ore in weerklink, oë ook na myne kyk.
Iemand ook van haar asem gee om my eensaam plat te stryk.
As een verleë mens sonder maat net als wil gee, in ’n enkel oomblik eens ’n maand, net ’n lag waardeer, die uur vergeet …

Is hy dan desperaat?

As omgee, luister saam wil deel, oudword, lewe, lag en huil, onverantwoordelik op die voorstoep speel.
As alles gee in net ’n uur mag saad, hoop en verraad mekaar verveel …

Is sy dan desperaat?

Desperaat is wanneer dood ons dreig, die byl al reeds daar lê!
Desperaat is as die son moet swyg en die nag kry die laaste sê!
Desperaat kan ook goed en gaaf ’n eie ekke wees, wat ongeag hoe mooi dit lyk besluite neem uit vrees!
Desperaat kan wegkruip agter mooi gebare, intensies sonder wet,
Desperaat, is as jy in ongenade, net jouself bly red …

As hy en sy net af en toe mekaar se wees waardeer, een die ander hul kokonne net gou verlaat.
Verdrink die oomblik, kort maar groot, ’n sewe jaar se seer.
As twee mense dan, gevange van die een een staat,
mekaar geniet, mekaar waardeer, in nou alleen se gange …

Wat is dan desperaat?

Desperaat is wanneer onheil dreig
Die son finaal gaan lê …
Desperaat is as die waarheid swyg
As die leun jou hart wil hê,
Desperaat is as omgee verkoop word vir ’n rand,
met bloed bevlek, van liefde stroop, met ’n eens liefdevolle hand.

As twee mense dan , die slawe van alleen alleen wees staat.
Mekaar geniet, mekaar waardeer, aan liefde ook wil raak,
wie is dan desperaat?

Onskuldiges

Onskuldige sorgvrye kinderdae verlore in ’n stryd,
van moeë verliefde man en vrou wat hul sonde bly ontwyk.
Onskuldig in die kruisvuur van verwyte en ontken, is steeds net die twee ogies wat nooit niks hieruit sal wen.

Verward en verdwaal soek ons weg van ons trou, skeur ons uit mekaar juis dit wat ons bymekaar moet hou.
In ’n soeke na kwansuise liefde, verraai ons juis wat liefde doen, vas hou, aanhou, ope arms wat soek om te versoen

So maak ons liefde vir onsself, belangriker as hoop , selfgeregtigdheid toegesmeer met bitter soete stroop.
So maak ons liefde ’n bloedbad van eie ek oorleef, my liefde vind! ’n slagveld wat eerder sleg met goed verweef.

Word hierdie mensie dan verwek uit net n eie liefdes lus? Ons skeppings mag so misbruik dat dit hoop op liefde blus?
Is moord ’n groter sonde as wanneer ons hierdie hartjie moor, die lewende hoop op liefde, met ons eie wil versmoor.

Onskuldig sorgvry kinder dae, verlore en verby,
als wat ek kon wen het toe net gegaan oor my.
Onskuldig bly ons skuldig om ons eie kinders te verraai
skuldig sal hy in sy onskuld, eendag saai wat hy nou maai.

Mixit

’n biki mixit v di hrtseer
’n biki mixit v di pyn
Net nog ’n biki mixit v my liefde wt weg kwyn

En al bring dit dalk nou vrede diep binne ve my smart
Verslind di mixit monster woes myn man se hart
Elke letter ruk ’n pond skeur ‘n stukkie vleis dan weg
Verwoestend sonder einde maak stukkend stukkend reg

Ek weet hy lê en wonder ve wie ek nou wee tik
Maa aners as daai dwelm raak my siel hierin verstrik.
Want imand anders gee di antwoord wat in my man se arms lê
Arms wat hart uitroep, skree : “luister asb tog wat ek sê”

Maa sonder dat ek weet, hoor my oor ’n halwe woord
Sonder dat ek weet pleeg ek …. ’n liefdes moord!

Ek wens hy kon verstaan, wa-oor di mixit gogga gaan,
Ek praat tog net ’n biki met mense wat verstaan.

Tevinnigteveel

Daar’s te veel wat ek wil sê … te lang sinne … te veel woorde, te diep .
Vers te veel stilte, in hart wat vers te veel lawaai,
te veel hoekoms en waaroms, wat ons moet raai.
Te veel wonder hoe jou lippe sal maak, as jy moet beskryf hoe ek dalk jou wêreld raak.
Daar’s te veel verlang na hopeloos te min, te veel onduidelikheid van waar als dan begin.
Te veel onseker en wonder van jou, te veel verwagting dat jy my dalk ook eendag sal wil hou.
Daar’s verseker te veel te vroeg en te gou, te veel van my wese wat alreeds om jou vou,
te veel van vêr wees, te veel wat ek wil vra
vêr te veel behoefte om jou seer saam met jou te dra.

Daar’s te min letters in die alfabet om te tik wat ek wil sê.
Te min minute se gesprek om te weet wat ek wil hê.
Daar’s te min van jou oë in die chats saam met jou,
te min van jou woorde wat beskryf waarvan jy hou

Daar’s te min drome deel te min saam lag en gesels,
daar’s vêr te min beskrywings in diepte, van wat Jy als behels.
Daar’s te min van jou gesiggie jou nek en jou lyf, te min wat ek sien om jou siel te beskryf.

Vêr te veel van hopeloos te min, ag man dit maak my crazy hoe maak ek hiervan sin. van vers te min kom hopeloos te veel, van vers te veel se min wat ons twee deel.
Vir te min en vers te baie is ek ook bietjie bang
weet net dat ek te min weet om so hopeloos te veel te wil verlang.

Hoop …

As Iemand my dan weggooi en niks van my wil dink.
Kan ek wil bly wegkruip in gedagtes wat my lewe wil vermink.
Of as iemand my bly slegsê, donker oor my spreek,
kan ek elke woordjie deel maak, my hart op hom wil wreek.

So maak ek plek vir duister om in my hart te wil kom woon
’n plek waar donker monsters my vyand in my kloon.
En voor ek my weer kan kry, staan daai monster in my deur,
met kloue diep gewortel in die stukkend van my seer.

Maar uit trane en van verwerping herinnering van seer,
kan ook blomme groei uit modder, sonskyn, na donderweer.
Ook kan woorde van vernietiging, wat op jou hart wil wreek,
raak ’n liefdeslied van lewe wat kettings om my breek.

Sien herinnering van gister, is alwaar dit kan bly
En woorde van vernietiging groei uit die skuld wat in een bly.
Vashou net aan gister steel die vreugde van vandag,
en ore leen aan bitter spraak, ontneem jou van jou krag.

As ek wil bly leef in gister, iemand anders se bitter hart.
Raak die lig in my meer donker oorweldig deur my smart.
Kyk hoop is daar nog altyd vir die hart wat daarna smag,
wat God wil gee vir môre, begin by wat ek kies vandag.

So kies dan , om eerder, uit gister op te staan,
om woorde wat my vreugde steel, met lewe plat te slaan!
So kies ons dan om na God te kyk, plaas na dit wat ander dink.
Uit Sy hart in myne, sal daar weer ’n lied van vreugde, uit hierdie hart weerklink.

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Viewing all 448 articles
Browse latest View live