Quantcast
Channel: Gedigte – Roekeloos.co.za
Viewing all 448 articles
Browse latest View live

#Woordfees Wêrelde weg, wêrelde naby

$
0
0

Ons mag dalk wêrelde weg van mekaar woon, maar ons taal is na aan mekaar.

Kom hou piekniek saam met ‘n verskeidenheid Nederlandse, Belgiese en Afrikaanse digters en skrywers, musikante en taalliefhebbers. Met voorlesings, musiek en kos uit die Lae Lande en Suid-Afrika.

Hierdie beloof om ‘n makietie vir jonk en oud te wees wat jy nie wil misloop nie!

Genre: Skrywers
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 3 uur
Kaartjies: R100 | R120 by die deur
Plek: Weltevreden, Stellenbosch
Datum: 6 Maart 2016, 15:00

Woordfees 2016

Wêrelde weg, wêrelde naby,
Roekeloos,
24 Januarie 2016.

2


Gedigte van Annami Simon

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Memoir

Ek het jou liewer

Ek het jou liewer
as woorde
of musiek,
die helder klank van die nag.

Ek het jou liewer
as stories
of drome,
of selfs die jare van my jeug

Ek het jou liewer
as wat ek kan verdra.

Stilte

Noudat alle wit woorde
tussen ons weggewaai het
en die tyd weer aanhink sonder jou
kan ek jou nie meer hoor nie

juis nou,
dat ek die taal anderkant jou stilte
so bitter nodig het.

Jou naam

spikkelwit braille in die blou, blou lug
strepies huil teen my venster af
‘n punt, ‘n uitroep net links van die maan
vlymskerp beiteltjie
oor en oor

afskeid

vanaand sal ek op jou kussing slaap,
my lief,
sodat ek jou kan saamneem
na waar geen afskeid of afstand
ons twee kan skei nie

vanaand,
as die huil na jou
nie wil ophou nie

Mymering

Dis drieuur in die môre,
ek sal die maan weer sien
net soos die eerste keer.

Jou skadu lê vannag so naby
en jy so ver,
so ver.
Die bitter
smyt ek uit
en skink my glas
vol vergetelheid

ongetiteld

Ek moes kon raai
of aanvoel in die draai van die nag
dat jy nou deel
van ‘n ander wêreld is.

Jou lêplek langes my
het koudgeword, my lief.

Ek trek vir eers die hortjies dig
sodat jy nie die vaal reën sien
wat in my oë uitgesak het nie.

ongetiteld

As die Suiderkruis
aan my daknok raak
en die maan sy rug op my draai
verskiet jy teen die donker verlang
ligjare ver van my

sonderjou

ek sleep die dae
hinkend agter my aan
verlang is ‘n meulsteen
wat my hart laat verdrink
in die diepkant
van die grys onthou
en die swart sonderjou

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

‘n Digter in Antwerpen

$
0
0

Sedert sy debuut in 1969 met die bundel Orpheushanden het Leonard Nolens hom gevestig as een van die beduidendste Vlaamse digters van ons tyd.

Drie versamelbundels het reeds van sy omvangryke oeuvre verskyn en sy poësie het talle Vlaamse en Nederlandse pryse ontvang, onder meer die Jan Campert- en Constantijn Huygens-pryse, die VSB-prys en die Prijs der Nederlandse letteren.

Vir hierdie versameling Afrikaanse vertalings het Daniel Hugo veral gekies uit gedigte oor Antwerpen, die stad waar Nolens woon en werk; die agtergrond van talle gedigte wat soms ook as stilswyende gespreksgenoot vir die digter optree. Die ander durende gespreksgenoot is sy geliefde. Leonard Nolens is ’n liefdesdigter sonder gelyke in die moderne Nederlandse letterkunde. Nolens skryf ook oor onderwerpe soos musiek, ander Europese lande en oor die mens se stryd om met homself tot ’n vergelyk te kom

‘n Digter in Antwerpen / Leonard Nolens, vertaal deur Daniel Hugo — Protea Boekhuis, Februarie 2015; 108 p. ; sagteband. — ISBN 9781485301769

‘n Digter in Antwerpen,
Bettie Blom,
31 Januarie 2016.

n Digter in Antwerpen

n Digter in Antwerpen

2.5

#Woordfees Die hartseerkind

$
0
0

Die aktrise en voordragkunstenaar Sabine Goethals, bring hulde aan Ingrid Jonker; die akteur en verteller Jonas Vanthielen, vertel haar verhaal; en die sanger-liedjieskrywer Divan Hermitage, laat toonsettings van Jonker-verse opklink.

’n Unieke blik van buite op een van die geliefste digters in Afrikaans, deur ’n drieluik van topgehalte Vlaamse kunstenaars.

Met: Sabine Goethals, Jonas Vanthielen en Divan Hermitage

Genre: Woordkuns
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R120, R80 (studente) | R140, R90 (studente) by die deur
Plek: kykNET Fismer, Stellenbosch
Datum: 4 Maart 20:30, 5 Maart 20:00, 6 Maart 11:00

Woordfees 2016

Die hartseerkind,
Roekeloos,
5 Februarie 2016.

2

#Woordfees In die omtes van die hart

$
0
0

’n Samestelling uit die verhale, vertellings en poësie van Petra Müller – ’n skrywer wat met soveel oorgawe haar herkoms en geborgenheid in eie bodem met ons deel.

Met haar poëtiese inslag het sy die vermoë om aan die eenvoudigste verhaal onverwagse nuanses te verleen.

Madeleine van Biljon noem haar “’n pêrel in onse skrywerskroon”.

* Debuut *

Met: Jana Cilliers

Regie, samestelling en verwerking: Juanita Swanepoel

Genre: Woordkuns
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R120 | R140 by die deur
Plek: Oude Libertas-ouditorium, Stellenbosch
Datum: 5 Maart 18:00, 7 Maart 11:00, 9 Maart 11:00

Woordfees 2016

In die omtes van die hart,
Roekeloos,
5 Februarie 2016.

2

#Woordfees InZync Poetry Celebration feat. BCUC

$
0
0

Moenie hierdie kragtoer deur die diverse landskap van ons voorste kontemporêre woordkunstenaars misloop nie.

Met: Ronelda Kamfer, Shirmoney Rhode, Pieter Odendaal, Lingua Franca en die witwarm Soweto-gebaseerde groep, BCUC (Bantu Continua Uhuru Consciousness)

Samestellers: Pieter Odendaal en Adrian van Wyk

Genre: Woordkuns
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 2 uur
Kaartjies: R50, R30 (studente) | R60, R40 (studente) by die deur | Gratis vervoer vanaf die Lettere A-gebou om 18:00 (in Ryneveldstraat)
Plek: Stellies Live, Stellenbosch
Datum: 11 Maart 19:30

Woordfees 2016

InZync Poetry Celebration feat. BCUC,
Roekeloos,
5 Februarie 2016.

2

#Woordfees InZyncPoësie / MusiekMashup

$
0
0

Hierdie digters span kragte saam met die befaamde jazz-pianis, Kyle Shepherd en groep, om hierdie woord- en-musiek mashup moontlik te maak.

Musici improviseer klankbane vir die digters se werke.

Met: Toni Stuart, Koleka Putuma, Danie Marais, Adrian van Wyk en Kyle Shepherd

Samestellers: Pieter Odendaal en Adrian van Wyk

Genre: Woordkuns
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur 30 minute
Kaartjies: R40, R20 (studente) | R50, R30 (studente) by die deur | Gratis vervoer vanaf die Lettere A-gebou om 16:00 (in Ryneveldstraat)
Plek: Stellies Live, Stellenbosch
Datum: 6 Maart 17:00

Woordfees 2016

InZyncPoësie / MusiekMashup,
Roekeloos,
6 Februarie 2016.

2

#Woordfees InZync Poetry Slam

$
0
0

Kom kyk in watter rigting die digkuns beweeg by die immergewilde, veeltalige InZync Poetry Slam.

Digters kompeteer teen mekaar en word deur beoordelaars en gehoorlede geëvalueer.

Aanbieder: Adrian “Diff” Van Wyk

Genre: Woordkuns
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur 40 minute
Kaartjies: R50, R20 (studente) | R60, R30 (studente) by die deur
Plek: ATKV-Boektent, Stellenbosch
Datum: 12 Maart 18:30

Woordfees 2016

InZync Poetry Slam,
Roekeloos,
6 Februarie 2016.

2


#Woordfees Rasende ryme

$
0
0

Hierdie twee uitsonderlike kunstenaars lewer ’n unieke musiek-en-verstoer deur die bekendste Afrikaanse gedigte, beide oud en nuut.

Klanke word op die verhoog opgedis, opgeneem, verwerk en dan vermeng met voordrag om gedigte tot op die been te ontgin. Hier ontmoet musiek tegnologie.

Woordkuns soos selde beleef word.

* Debuut *

Met: Elsabé Daneel (voorleser) en Wilken Calitz (kitaar, viool en elektronika)

Genre: Woordkuns
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R100 | R120 by die deur
Plek: kykNET Fismer, Stellenbosch
Datum: 7 Maart 18:00

Woordfees 2016

Rasende ryme,
Roekeloos,
7 Februarie 2016.

2

#Woordfees Skynskadu

$
0
0

Christine Barkhuizen le Roux stel in 2015 haar derde digbundel, Skynskadu, bekend.

In dié produksie kry die digbundel lewe deur voorlesings en ’n gesprek met die digter, asook met die voortreflike toonsettings deur dieselfde span wat ’n Eeu van Eybers en God die digter se musiek behartig het.

* Debuut *

Met: Olga Leonard, Babette Viljoen en Trudie Leonard Prinsloo

Vervaardiger: BO Produksies

Genre: Woordkuns
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R100 | R120 by die deur
Plek: Laer as laag, Stellenbosch
Datum: 5 Maart 14:30

Woordfees 2016

Skynskadu,
Roekeloos,
7 Februarie 2016.

2

Bly Vrydag

$
0
0

Vrydag 12 Februarie is die kans van ’n leeftyd wanneer die Woordfees meer as 1 000 kaartjies vir verskillende vertonings by vanjaar se fees teen afslag van 20-80% aanbied. ALLE kaartjies wat op die Bly Vrydag-verkoping beskikbaar is, kos slegs R30!


“Dit is ons manier om aan die mense van Stellenbosch dankie te sê vir al die jare se lojale ondersteuning. Ons glo dat hierdie inisiatief nuwe feesgangers na die fees sal lok omdat die pryse uiters bekostigbaar is. Kaartjieverkope is beter as dieselfde tyd verlede jaar, en Stellenbossers verdien só ’n bederf – hopelik maak dit hulle bly!” sê Saartjie Botha, US Woordfeesdirekteur.

Kaartjieverkope is in dié stadium 7.51% hoër as die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Ses-en-twingtig van die vertonings wat by die Woordfees te sien gaan wees, word by hierdie aanbod ingesluit. Sien uit na spesiale aanbiedings op ondermeer Johnny Clegg, die Karnaval en Liewe Heksie: Flower Power.

Die volgende bepalings en voorwaardes geld:

* Slegs kontant. Dit is die laaste keer wat jy kontant by die Woordfees kan gebruik. Voortaan word net kontantkaarte of krediet- of debietkaarte aanvaar.

Slegs vir almal

Slegs vir almal


* Hierdie kaartjies is slegs te koop by die drie punte hieronder genoem en slegs tydens die genoemde tye.

* Die aanbod is net geldig op vooraf-uitgesoekte vertonings.

* Die aantal kaartjies per vertoning is beperk.

* ’n Vaste aantal kaartjies word per verkoopspunt beskikbaar gestel.

* Slegs ses (6) kaartjies per persoon.

* Die spesiale aanbod is by drie plekke:

7:00-9:00 – Hoërskool Luckhoff, Bloekomlaan, Idasvallei
10:00-12:00 – Woordfeeskantoor, Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch midde-dorp
13:00-14:00 – Loopvlak van die Neelsie-studentesentrum, Rooiplein, Universiteit Stellenbosch

Gedigte van Marius Coetzee

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Depressie

As die moegword van moedeloos
jou lewe oorval
En die lig van die aandag
by jou nie meer tel
Jou skaduwee geeste jou drome vervaag
sal die lus vir die lewe jou nimmer behaag

Die uitkoms is daar
die uitkoms is goed
Maar jy sal betaal met jou lewe se bloed

Met traan in die oog en traan in jou hart
Verlos jy jouself van die lewe se smart

Sag soos die wind in oggend se stond
so lê die dood vlak in jou mond

Die druis van verwar is al at jy hoor
want lankal is jy deur jouself vermoor

Bid vir jou skepper totdat hy jou hoor
of wil jy liewers jou lewe verloor

Genesing is daar
genesing is goed
Al wat dit kos
is ‘n bietjie moed.

Die Laaste Gebed

Ek sing van ‘n pad by die lewe verby
Van ‘n man wat dwalend teen armoede stry
Van ou flenter kos, uit iemand se bord
Wonder wat het van my lewe geword.

Die daglig is goed, dan strompel ek voort
Van aalmoes tot gawe, net God ken my nood
Mens tot mens, hoe wreed kan hul wees
Woorde wat kap en steek in my vlees

Waar is my werk, wat soek ek op straat
Waarom sou ek die lewe so haat
Ek kan nog onthou, soos gister se dag
Iewers en erêns het ek ook gelag

So sal ek boet, dag in vir dag
Bo op my skouer sit Bachuss en lag
Vernietig het hy, my drome in vlug
So ook gevat my enigste vrug

Die beeld van geheue, kom om te deel
Walms van drank, ek onthou nie meer veel
Een donnerslag, ek kon dit nie keer
My enigste kind, hy lewe nie meer

My kop op sy bors, my traan in sy bloed
Het hy nog saggies, sy pappa kon groet
Bid nog net eens, soos net pappa kan
Dan sal ek saam met liewe Jesus kan gaan

Rou snik na snik, ruk deur my lyf
Slap word sy arms, al hou ek hoe styf
Bid nou gou pappa,ek voel tog so bang
Blaas hy sy laaste, dig teen my wang

Ek is ‘n kindjie klein,
Jesus maak my hartjie rein
Dat daar niks in sal woon nie,
Net ek en Jesus alleen
AMEN

Droefheid

As jou siel die wroeging van droogte ingaan.
Jou drome in spervuur van lewe vergaan.
Jou toekoms homself van hede vervreem.
Dan sal jy weet wat die woord droefheid meen.

As die son homself by die donkerte skaar
en die sug van die wind val saam met die blaar.
Die krag van die leed onophoudelik reën.
Dan sal jy weet wat die woord droefheid meen.

As jou pêrel se glans in aanstond vervaag.
Die blou van die hemel jou denke vertraag.
Die oog van die maan stilswyend ween.
Dan sal jy weet wat die woord droefheid meen.

As jou herfs se kleur kartelend waai.
Die seemeeu se vlug in dwarrelwind draai.
Die einde van môre vandag al geleen.
Dan sal jy weet wat die woord droefheid meen.

As die gees van tyd jou liggaam verlaat.
Die pols van jou lewe jou nie meer baat.
Jou aandster vertroebel in sagte misreën.
Dan sal jy weet wat die woord droefheid meen.

As die poort van die hemel jou winkend vertrou.
Die arms van Jesus jou saggies omvou.
Die raaisel van gister gaan oop om jou heen.
Dan mag jy maar weet wat die woord droefheid meen.

Marius Coetzee

Marius Coetzee

Indeks van digters

(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za) Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

President Jakob

$
0
0

Daar was ’n president genaamd Jakob,
Oor getalle en somme moes hy lank tob.
En die stomme javel,
Bou ’n reuse-rondawel.
Laat die mense toe sing: “Hy moet aftjop!”

Skadu oor die sonwyser

$
0
0

Kobus Lombard se vierde digbundel word gekenmerk deur ’n sterk gevoel vir plek.

Soos te verwagte is daar verwysings na bekende plekke in Namibië, soos Gobabis, Rundu, Swakopmund, die stad Windhoek, die Kavango- en Nossobrivier, die woestyn en die seekus van die dood. Selfs in gedigte waar daar geen duidelike verwysings na die Namibiese landskap is nie, bly die leser bewus van die wye en dikwels ongenaakbare landskap wat die agtergrond vir die meeste gedigte vorm, soos in “Ylblou berg”: “… word hy bruin en ruig begroei/met swart voëls wat sirkel/teen die grynslag van sy kranse”.

Hierteenoor is daar in baie gedigte ook sprake van kleiner, intiemer en mensliker ruimtes: ’n strandhuis, die binneruimte van ’n kerk, museums, restaurante, selfs grafte en ’n klerekas.

Met sowel die groter as die intiemer ruimtes tree die digter in gesprek. Dit is opmerklik hoe dikwels die aanspreek van plekke, mense en dinge die inslag van die gedigte vorm, asof die digter homself gedurig in verhouding met die ander stel en in die gedig hierdie verhouding wil verken en peil.

Verweef met die menslike verhoudings is ook die verhouding met die verlede, met sy eie kinderjare en ’n verbygegane plattelandse lewe, wat nooit geromantiseer word nie, maar met ’n effens ironiese toon opgeroep word, soos in die gedig “Gobabis”, waar die verval van die dorpie so geteken word: “die stof hang ’n kring om die sweet van jou tiervelhoed/die vensters van jou oë is gebreek/jou mure skilfer soos oumensvel”. Die digter kyk ook ewe ironies na menslike gedrag in verskillende kontekste: kerkgangers, besoekers aan restaurante, die beheptheid met fiksheid, die verandering van straatname en selfs sy eie skryfpogings.

Skadu oor die sonwyser

Skadu oor die sonwyser

Oor al hierdie dinge en verskynsels val die skaduwee van die sonwyser, en word die leser vroeg reeds bewus van die verbygaan van tyd sodat sekere dinge onafgehandel moet bly (“Ongevra”) en die onvermoë om te behou of te bestendig: “vergeefs soek ons taal/wat ruik na vars hopies grond/om ons verliese te begrawe”.

Skadu oor die sonwyser / Kobus Lombard — Protea Boekhuis, 2015; 88 p. ; sagteband. — ISBN 9781485303022

Skadu oor die sonwyser,
Bettie Blom,
21 Februarie 2016.

2

Gedigte van Stef

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

somerseer

(wag vir my daar)

soen my
liggies
op my voorkop
voor
ek
gaan

ek
(wie ken ooit die ek?)
hoop dis
pynloos –
sag

weg –
van die
seer
hier

mag die
brandende vuur
verkoel en
verlig –
vry

dans

my hartkamers vou
eensaam
oop

jy
het altyd my hartkamers
beskerm –

die blomkelke is nou
afgeskil;
ek
het jou laat gaan …

hy was méér vir jou

(ek leer weer om my
eie hart te stut)

vergete is die lentereuk –
blommedans

laaste kyk

(met ‘n goue staf in gedagte)

die weensee het gister
finaal
opgedroog.
die pad lê nou oop na die beloofde
– b e v r y d i n g –
dit was alles in jou vorentoe kyk –
‘n doellose verbykyk;

vir my is dit
nou
vorentoe
vier

n o o i t

my hart is
‘n spelonk:
koud
en
nat
van die
trane
dis die –
ontnugtering –
dat
                                        jy
verby
my
kies
verby
my
droom

sang

die vorm van jou lyf
sing liedjies –

as jy gaan …
as jy gaan …

onthou net my hande
as
laaste melodie –

ek … verdwaal

waar in die wêreld is jy?
my oë soek na jou –
sal ek jou ooit? met my oë kan
tas?

                    – wolk van verbeelding –

groen gly uit my oë
wanneer ek stip na jou staar –
my wêreld verkleur
en jy word reënboog

jou aanraking is
méér
as enige
volkleurdroom

– groen gewaarwording –

jou gestalte word ‘n reus –
tafelberg is in jou hart –

al wil my oë jou aanhou volg,
skei my hartkamers

jou –

die seebries word hartseer herhaal:

in die seelug is ons saam
in die seelug is ons saam

;jou beeld verflou,

ek

verdwaal …

siembamba

ek sus
jou
in my arms
todat jy slaap;

ek skrik
my
daagliks
spookwit!

:jy gaan
stadig
dood
in my
skoot

nagvuur

my
hart
brand
–        –
binne

ek trek ‘n kring om die pyn!
of
trek die pyn ‘n kring om
my?

ek rig op
jou

of?

= sneller
            sekuur

spatsels seer;

hartbloed

– bly –

‘n eensame
nagwaak

venster

(spieël in my hand)

deur die waas van
hartseer
vou my hande
ligweg
liefdesgebare
na
jou
uit

my gedagtes
hou
jou
styf
vas

innig?

jou
beeld
bly
in
‘n
leë
raam

alleenheid

jou wurggreep
bring
pyn
ontydig
na
my
binnehart

– ek bly
soekend na
jou
vlees
en
warmte –

ontnuger!

altyd
             alleen
        agtergelaat
      met
            ‘n
        koue
hart

droom

ek mis jou …
al sê ek vir ander –
anders
die hartseer herinner
my
daagliks aan
jou

al steek ek jou
weg,
vind
jy
my
altyd
weer

die oseaan
in my oë
biggel
golfies
seer

aanraak

mag ek nooit wéér so lief word vir jou
nie
en ek wéér by ‘n kruispad staan
alleen
nie
ek het al hierdie pad gestap vir
jou
my gevoelens raak jou heeltyd nader
deur jou kon ek weer liefkry
jy is hier naby my;

tog kan ek jou nie
raak
nie

ek kon nie meer praat nie –
nie toe nie
nie nou nie

praat nou
met my
in my afwesigheid

sê alles in silwer
sê alles of swyg –

stilte

ek kan nie meer praat nie –
nie nou nie
nie toe nie

vlug

wens ek kon vlug …

wolke, vou om my neer
gryp my hart en maak my lig …
laat ek sweef

wind,
laat ek vlieg
laat ek sweef:

verplaas my
hart
laat ek weer
sien

laat die druppels
was

maak my hart
skoon

– laat ek vry wees

gloei

raak my tog liggies aan
elektries
laat jou lig my nou
verblind

sing tog in my oor en
streel
my nou met jou stem
somerson

hou tog my sagte siel
gevange
nou in jou wysheid
lewenslig

skulphand

jy was ‘n blink pêrel in my
hand
ek kon jou eens vashou –
bewonder
selfs koester

nou het jy gegroei –

duisende vlinders vlieg
blink
uit die oog

ek het jou laat gaan: seepbel

skulphart
skulptraan
skulphand

niks

geskryf

jou woorde is ‘n poskaart –

ek

jou hande was tóé vlindervlerke
jou oë het tóé doudruppels geskyn
jou hart het tóé gloeiwarm geklop

ek sou glo die pad wees
waarlangs
jy loop

woorde was tóé varkblomme
woorde is nou dorings

roete: regdeur my hart

posduif
duifloos
hartloos

liefde,
jy

hartstilte

vanaand loop trane
stil
teen my borskas
af

pyn is swart

nou net die leegheid –
niks om te sê nie

onsigbare hande weef ‘n vangnet:
engelraak

sonder naam

ek wou jou naam sê,
maar jou naam is vergete
net in ‘n vae beswyming
kon ek jou beeld nog onthou –
nou
uitgekerf uit my geheue.

ongetiteld

diep en koud is die see
tussen
ons
tyd het die hart verdroog:
duiwe is vlerkloos
arms waai sonder hande
winde geluidloos
spieëls is dof –
die water het opgedroog

vry

410 dae gelede
411 dae gelede
412 da …
!Windows alarm!
“program te oud”

verhouding verby

sisteem crash …

wens ek kon alle data
delete
Ctrl Alt Del

vergeet

skerm skitterblink
kleur sein
venster
vry
2014

nagreis

‘n einde?

my ore lê vasgepen,
Gulliver

        ek wil jou
           naam
           nóóit
weer   uitroep nié
           nóóit
weer   hoor    nié
             nóóit
weer             nié

my bed is ‘n kluisenaar
                      ‘n klipplaat

my hart gestrand
my trane droë golwe

geen r e d d i n g s w e r k
nie

net die dun gebreekte glas
gespan
oor my bed se vier
mure
bly
oor

‘n begin?

hart

vertoef jy by my versplinterde deur …
sal jou klop die krete hoor
van my opgeskeurde hart

jou binnekoms sal bely:

géén helder spektrum van lig
         géén handklop-voetklap
                     géén liggloei kopgebaar
                                géén lyfdraai nie

slegs ‘n afwys vandaar –

‘n vingerwys kaart:
‘n swaard wat harte verdeel
tot ‘n laaste versplintering

alleenhart

ontmoeting?

(‘n see van letters)

ek:
ontmoet deur virtuele lyne:
‘n skugter lag?
‘n sku gebaar?
nou net ‘n ewige getik –
sou dit ‘n hartklop warm
afweer?

hy:
onsigbare bande word gesmee deur die lug;
nou die lugleegte
verdryf deur die
koue seelug …

… s E e Va n lE t T er S

ongetiteld

jy wink my nader
jy hou my vas in jou arms wat golf
ek hoor jou breek
jy lok my voetjie vir voetjie
jou koue geheimenis binne
jy neurie my nog nader

sal ek jou ooit diep in Neptunes se skatkis vind?

dis ‘n koue omhelsing –
‘n kring van ewige verbintenis …

donker trane

sagte vingers
hartseer hale
traankontoere
jy wat lê …
ek wat lê …
versugting
sal ons vingers ooit weer
kruis?
druppels:
swart
druppels:
droog

duisterdans

eers net ‘n sirkeldans
toe ‘n donkerdans
draaidans
draaidans
en
nou net ‘n jakkalsdans

myne

my hande is duiwe
waarmee ek
jou lendene
balsem
my oë is sagte vlerke
wat kruise span van ware
liefde
dit is dan wanneer
ek
besef
jy
is nou myne

ongetiteld

ek
hy
jy
rondomtaliedraai
rondomtaliedraai
drieankerbaai
trippeldraai
jy
hy
ek

ongetiteld

ek voel die
dood
klop
in my lyf
net ‘n ligte
vaagweg
geklop …
ek loop ‘n sirkel rondom jou …
bewonder jou oë
jou mooiheid
‘n ewige sirkel van onthou
jou oë bly blou
soos koel mere

ongetiteld

alles is skoongewas deur die reën
maar ‘n treurdag vir my …
ons liefdesirkel is nie beskore nie –
al is dit gespan in goue draadjies
nou is dit net ‘n helder herinnering van uitreik en ontvang
‘n geslote mond
‘n dooie lyfgevoel
ek staan verwese in ‘n kring van verlange …
my oë bly soek na jou gestalte –
die fors figuur

ongetiteld

ek staan verwese en
wag
‘n definitiewe antwoord verwag
jou gestalte fors
moet nou vervaag in ‘n beswyming van
‘n gistergeluk

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.


Gedigte van Babs van der Merwe

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Opsomming

Hy was ook maar net ‘n bedelaar –
vir ‘n bietjie liefde,
‘n bietjie aandag.
Hy het so baie gegee en so min gekry –
was almal dan so blind?

So ondankbaar soos ‘n kind –
en is dit goed of sleg?
Dankbaarheid kan ‘n ewige las word,
lei tot ontkenning van eie-ek en vermoë.
Drome lê aan skerwe –
die kinders wat hom nie ag,
sit vir sy dood en wag –
gaan alles erwe.

Al die drome en visioene
verdwene in miljoene
mislukkings en laste
kom soos donder uit die bloute
om te kwets, te pynig.

Alleen die liefde bly nog,
regverdig steeds al die bedrog,
van suggesties, van verwyt –
groei ten spyte van tyd,
afstand, haatspraak en nyd.
Om geen drome meer te hê,
is om te sê
al my planne is vergestalt –
of om te weet
ander sal jou meet
aan al die half/ongedane take
wat soos vroeggebore sate
vir altyd op voleinding wag –
die onbeantwoorde vraag
van elke dag en nag:
Wil jy nog,
En indien wel, wat nog?

Nou beskik diegene vir wie jy niks wou gee –
Weet hulle ooit waarom die noodlot dit so bepaal? – weet enigiemand?
Sien jy dit? Weet jy dit?
Wat sou jy anders doen? – wens ek weet!

So lankal het jy reeds gekyk, gesê,
So het menige groot boom
reeds al sy drome uitgedroom,
wat doen ons as die drome uitgedroom is?

Waar jy eens die heerser was,
klim geraamtes uit die kas,
en baie wat nie naby was,
was nou skielik só in pas
met wat jy wou en wie jy was –
hulle was nooit in jou klas!
Jy het jou kodes self geskryf
vir hierdie kort verblyf.

Die huis is nie my huis nie –
Ek is nie langer tuis nie,
Net maar ‘n laslapvrou
wat gehoop het wat sy wou.

Nuwe Jaar, ou begin?

Deel 1

In Januarie kom ons tuis, kom ons tot rus
is die vure van van die feesseisoen geblus.
Kom ons stadig maar seker tot oortuiging
alles wat oënskynlik ongeewenaard sonderling
voorgekom het was glad nie ongewoon nie
het nie eers belofte vir die toekoms getoon nie.

Begin Februarie met reklame vir die volgende seisoen,
reklame vir liefde uit te leef met hier en daar ‘n soen,
‘n skelm drukkie of twee – dit is immers die seisoen –
vergeet gerieflik dat eenmaal gedoen
sal sorg vir baie stille berou,
vir wroeging oor verraad en ontrou.

Oudword

Woorde vloei of storm deur my kop.
Ek neig na links na regs, is skoon raadop
met hierdie lelike uitgediende dop.
Van wat eens gesog, gevier en begeerlik was
is slegs spookbeelde oor.

Rykdom is herinnering aan al die sorgelose dae
voluit aangegryp, geleef en deurgebring.
Vergete is die seer, die onbeholpe hunkering
na reënboogbeelde illusies van skoonheid, prag en praal.

Maar as onthou sou ophou
is die hede net ‘n leë kou,
klinies skoon,
met die minimum gesondheidsvoeding
gesonde sit, staan, gaan en bly,
met gereelde introspeksie,
om elke element wat dalk
die egaal gang versteur
voor te keer.

Dekadensie

Skink nog wyn
Vergeet die pyn
Drink nog ‘n paar pille
Word doof vir die gille

Môre is nog so ver
As die slaglam se blêr
Wie sal volgende jaar nog weet
as ons kies om te vergeet.

Helder vure
donker ure
draai en spoed
terwyl die vlamme woed.

Yl gesigte draai en swaai
terwyl hekse lag en kraai
oor deurmekaar gedagtes
van vrees en klagtes.

Die nag is een lang marteling
waarin duiwels dans en sing,
die sinne tot waansin aanblaas
met hartstog en geraas.

Jesus Christus

Geweld en donker nag
Bring vir ‘n wêreld wat wag
‘n Kind so teer, so sag,
teen wie se krag die satansmag
geen teenstand het.

Soos gister is vandag,
so is môre en elke dag
van toe af tot nou
mits jy Hom vertrou
met jou lewe, jou al.

In ‘n sterbesaaide gewelf
het ‘n heerlikheid verskyn, ‘n teken –
so baie het gesien
en het nie geglo nie.

Politiek het toe al vir party
die werklikheid verbloem.
Onskuldig soos ‘n kind
waardig soos ‘n koning
het Hy Sy lot gedra.

Kyk na jouself.
Hou jy van jou?
Was dit als verniet?
Sê jy vir Hom
“Ek volg” of is jy stom?

Vryheid

Jy is vry,
vry van tyd se tol,
vry van ‘n verpligte rol,
vry van soek
vry van wag
vry van bedel vir ‘n lag.

As jy nie weet jy is arm nie,
is jy nie noodwendig ryk nie.
En soms
is jy ryk en weet dit nie.
En later weet jy
dat jy ryk was.
Weet jy jy het dit nie waardeer,
dit het jou niks geleer.

Ek is nie vry nie.
Nie vry van tyd se spore,
In ‘n vaste rol verlore,
Immer aan’t soek:
wagtend,
bedelend,
vir goedkeuring en
vir koestering,
vir ‘n bietjie liefde.

Toe ek nie geweet het nie
het ek nie gesien nie.
My rede
het my in die steek gelaat;
tot ek deur die sluier
kyk en weet,
jy het klaar geweeg,
klaar gemeet.

En eindelik word alles stil,
is die sirkel heel.

Ek wil hier uit

Tyd het my ingesluk,
verlede weggeruk
toekoms teruggepluk –
daar is net nou
in die newels wat om my vou.

Ek wil hier uit.
Kyk nie net na buite deur die ruit,
maar na die horisonne ver vooruit.
Waar vergestalting wag
met die aanbreek van elke nuwe dag.

En as ek wil, dan kan ek,
kan ek soos die boeremense trek na elke plek,
kan ek verower verder as waar my visie strek,
want met my God spring ek oor ‘n muur
loop ek deur die vuur.

Gedagtespronge

9 tot 5
Niks gebeur voor nege
selfs nie nederlaag of sege.
Na nege is alles peperduur
sy dit per kilo of per uur.
Hoewel die kliënt No. 1 is
het hy geen beheer en is
hy slegs No.1 as dit geleë is
so bly ek en jy ons vergis.
Ons laat die kasregister sing
maar kan niemand dwing
om na ons pype te dans.
Ons bly die voog van die goue-eier gans.

Sin Van Die Lewe
Waar bly die reën
wanneer kom die seen?
Om te kyk hoe plant en dier krepeer
maak almal seer.
Droogte, geweld, aftakeling oral in die land.
Wat is die verband
tussen goed en sleg,
verkeerd en reg?
Dit reën oor almal.
Niemand is te rats om te val.

Prente teen die muur

My mense is nou prente teen die muur –
Die meubels, honde, blomme
praat soos die stoof, nie terug nie.
Net die wind gee die fotos lewe,
as die vensters en deure oop is.
Maar nou is dit winter.
Ek hou die deure en vensters toe
want ‘global warming’ het my oorgeslaan.
My mense is net prente teen die muur.

Van dag tot dag

In elke oggendstond
bruis die lewe in my mond.
Soos vonkelwyn
die nuwe lig en sonneskyn.
Jou hare ragfyn
soos satyn
op my kussing,
teen my wang.

Stadig word die werk die dag
se elikser en krag.
Elke nuwe eis
word nog ‘n nommer op my lys.
Deur die middag knoop
ek toutjies vas en loop
die uur vooruit wanneer
ek tuis die pas makeer.

Die aanduur skemer sag:
‘n voorspel tot die nag.
Swaarder word in lyf en lit
die loomheid en voldoening
van welgedane take.
Betyds bring brood, kaas en rooiwyn
verligting van die pyn,
lê die rooiwyn op my tong,

roomryk, vol:
simfonie van goeie lewe.

I Know I am still here

How do I know I am still here –
Come wind, come sun, come rain
I am never without pain.
Pain betrays the truth – you still have shoulders
you still have knees and elbows
and yes ankles and feet.
And do not forget when you eat
you know that even that gut is still there.

Thanks to God for reminding me that all of it is by His Grace.

Skeppingspiraal

Wanneer is genoeg, genoeg –
of kom genoeg gerieflik na moeg.
Wie sal aanhou en uithou en aanhou
selfs wanneer die slot toneel ontvou,
en môre sonder waarborg is,
of sonder ligpunt is.

Die lewe spiraal wanneer ons berus.
Natuurlik, wetenskaplik, onbewus
van die bepalende patroon –
het Archimedes, Fermat of Theodorus – ofskoon
deurdag, gemotiveer en gepubliseer
steeds van mekaar verskil, en het nie ‘n finale reel neergelê.

Elke lewe wat ontstaan is ‘n middelpunt wat ‘n spiraal begin.
Goddelike skepping, spiraal na buite, boontoe, die ewigheid in.

Doodloopstraat

Elke dorp het ‘n doodloopstraat
waarvan al die mense praat,
met ‘n vreemde huis
waarom die bome ontoeganklik suis;
tog kyk iemand uit
en weet
almal het vergeet
van mense in ‘n doodloopstraat,
van wie almal praat.

Elkeen draai soms in ‘n doodloopstraat
waarvan al die mense praat,
willens en wetens, sonder visie op die toekoms,
sonder hoop op uitkoms,
om net te dwaal.
Terwyl die ure draal,
diep te teug van bittersoet genot
wat in die mond kom vrot –
genot van ‘n doodloopstraat
waarvan almal praat.

Die doodloopstraat,
waarvan almal praat,
is nie net praat nie,
nie net nog ‘n straat nie.
want niemand weet verseker
hoe hierdie beker
in hierdie hand,
by hierdie mond beland,
weet maar dis ‘n doodloopstraat
waaroor jy liewer nie wil praat.

Die doodloopstraat,
waarvan almal praat:
vergetelheid in agterstraat gekoop
gewete toe en oë oop,
oop vir sinsgenot
uit die Farao’s pot.
Die ligte lankal uit,
Satan soek sy buit
in die doodloopstraat
waarvan almal praat.

Balans

Is dit wat balans is –
party van ons wat salig onbewus is
en die ander wat bewustelik probeer
slaggate vol emosie te negeer.
Jan is gou met ‘n hou
en voel verplig om te snou
terwyl Koos gedwee die ander wang keer
al was die hou nog so seer.

Is balans dan nie noodwendig in die enkeling
maar eerder noodsaaklik in die versameling.
Die bewustes hou die versameling in stand
terwyl die onbewustes selfs hul siel verpand
om altyd die beste, slimste te wees
sonder enige nabetragting van die gees
waarin hul immer kompeteer,
of hoeveel hul op ander teer.

Madiba drome word werklikheid?

Drome word werklikheid
en word in ‘n deeltjie van die tyd
‘n vae herinnering,
deur ‘n nuwe werklikheid verdring.

Wat sal ek wens?
– dun is die grens
tussen vreugde en pyn,
tussen eg en skyn.
Hoe onverstaanbaar
en moeilik te aanvaar
alles wat die lewe gee:
vir ‘n dag of twee
net voorspoed en geluk,
dan weer eindelose druk
van aanhou en uithou,
van opstaan en weer begin bou.

As jy ophou en stil sit
dan is dit
vir altyd verby
sal jy nooit weer terugkry,
jou siel, jou wil,
word dit vir altyd stil.
En die wind waai,
en jy, jy saai,
en sal nooit weer maai.

Maar as jy opstaan,
sal dit aangaan
en jy sal saai
en jy en ander sal maai.

Mei – Junie

Die koper en goud van die herfs het verbruin en vergeel.
Eersdaags staan die boomgeraamtes swart afge-ets
teen môre-mis en vroeg-aand skemering.
Bedags soek ons son, loop op die krakende lane van koper en goud,
en snags soek ons die warmte van ‘n ander lyf.

Die opbrengs van die somer-oes is meestal verteer.
Slegs droë vrugte en neute is nog getuies
van die arbeidsloon.
En bedags soek ons die son, maak die mandjies bymekaar,
terwyl ons saans die warmte van ‘n glasie sjerrie soek

Spoedig vul die lug met vlokkies waterdamp
wat met koue en wind die kuns van vlug bemeester het
en in ‘n wonder-oomblik skitter in die son.
Bedags soek ons die son, stap verwonderd in die sneeu,
en saans kruip ons vroeg-vroeg in.

Vroeg-oggend praat ons met wasem-aksente voor die mond.
Die wat kan, berei hul vlug;
in Europa het die lente aangekom.
Maar hier soek ek en jy bedags die son
tot ons saans tevrede op ons eie werf onsself bederf.

Snelwegverkeer

Die wiele sing oor die teer;
binne in my is dit skrynend seer.
My gedagtes is ‘n warboel
en ek is een groot denkelose “voel”

Dan gaan my oë oor die stad
En skielik kom die muse, vat
Die silwer linte van teer,
en vleg beelde soos so baie keer:

Ek sien van silwer linte ‘n reuse spinnerak
gevleg oor bome, pale, elke dak,
(wie hou die punte vas?)
Duisende klein kassies wat op die linte pas

spoed daarop voort –
voort tot ‘n ander oord,
iewers waar daar rykdom is,
waar drome werkliheid is.

En ek spoed willoos voort
hoop daar is ‘n poort
na kalmte, rus en vrede
met geneentheid en liefde sonder rede.

Winterwit

Mevrou, kan ek maar die baadjie kry,
lyk vir my u sal nie so koud kry
in u gestopte Alpe-jas,
daar is seker ook nog ander in u kas.

Met die baadjie kan ek donker opstaan en gaan werk.
En Sondag stof ek hom af vir die kerk.
Saans gooi ek hom oor die kleingoed
hoop hulle slaap warm en soet.

Asseblief Mevrou kyk weer,
jou stewels van leer
het nog geen klip of modder gesien
as ek maar net genoeg kon verdien …

Vir my kinders vir pap en sous
en nou en dan ‘n lekkertjie vir die Kersfeeskous
– o, die botteltjie in my agtersak –
medisyne vir die spoke op die dak.

my vriend die wind

Dis dor en uitgedroog, net ‘n dop
waar lewe moes pols en klop,
maar ek ruik die wind;
ruik die druppels van ver af my kind,
bring verkwikking saam
van plekke nou nog sonder naam.

En my oë soek in die blou:
ek wíl nie meer rou!
Maar ek hoor die wind
in die blare, oor die gras my kind,
en ek wil liewer van voor af begin
al is dit met min.

Ek groet die nuwe dag
maar hoor niemand lag;.
ek voel die wind
oor my wange streel my kind
en ek sien die wind se wuiwende hand
oor die vlaktes van my land.

Nuwe lente bring nuwe lewe,
stoot die sap in litte en lede;
en ek voel die warm wind
tintel van lentelewe my kind,
en ék is die kind en weer ‘n nooi,
jonk, vol vreugde en mooi.

dis nou dit

en voor jy nog begin
word die ure in die dag al min
omdat vooruit beplan, besin
die take tot groter beelde spin
as wat jy kan ontgin

my klerekas is vaal
terwyl die awend daal:
geen opwindende skeppings
wat herinner aan afsprake en ontmoetings
wat jou noop
om los te knoop
en uit te spring
en ongeag, eenling,
die vreemde in te loop

moenie wag nie
daar is nie tyd nie
soek die wildste knoop
die rooiste sloop
skep met naald en speld
en net ‘n bietjie geld
elke middernag visioen,
met gepaste kraal en skoen;
beelde nou nog onvermeld

my keel word dik van wellende trane
my gemoed te vol om reg te sien
ek gryp na woorde
na skel akkoorde
om emosies uit te woed
– hoe swaar is my gemoed

breek die boeie wat knel
en laat ons laatnag vertel
van alles lief en goed,
van liefdesvrugte wondersoet
en met vertel sal dit stadig ontvou
die wonders wat jy eens in jou hand kon hou.

vee dan weg die trane
draai maar toe die krane
van Bitterfontein
skink liewer ‘n glasie wyn,
‘n heildronk op die einde van pyn,
lag vir die naderende nag
dit is immers die einde van wag

maar weereens staan ek in donker op.
stilte wat spreek van ander se rus
roep my na buite
waar die mensdom se donker ruite
geheime versluier
en niemand vertel wie kuier
waar hy nie hoort nie
want niemand sê ‘n woord nie

die mis rol aan uit die noorde
(maak dit saak uit watter oorde?)
oneindig sag die beelde gesluier in reën
stilte, vrede, belofte aaneen
van saad, van vrugte en groei wat wag
van nuwe groen, teer en sag

ek laat die stilte in my groei
bly afsydig, onbemoei
asof die hele fel geweld
van liefde, pyn, lewe, dood als wat jou ontsteld
laat gryp na waarheid, sin en troos,
my nie aangaan of raak nie,
so ….. dit maak nooit weer saak nie

slaan jou hardste slag –
ek sal uit my keel uit lag –
bring die digste duisternis
ek vrees nog lank nie uiterstes
lê ek uitgestrek, neergevel –
laer kan ek nie, behalwe die hel
van hoop en hoop vergeefs nog hoop
niks behalwe pyn sal in hierdie lewe tog nog rente loop

maak dus toe die boek
met een versoek
lees maar net
maak dit bietjie pret
om iemand anders se woorde
se sielsakkoorde
‘n oomblik duidelik te hoor
en so jouself te verloor

Herinneringe

Soos kosbare pêrels ryg ons herinneringe
in waardevolle stringe.
Pêrels wil gekoester wees,
wil die warmte voel van siel en gees.
In die stilte van die nag
na die gewoel en gewerskaf van die dag,
vat ons een vir een, vryf dit blink,
kyk diep, laat al die goeie insink.
Dié een is ma – ek sien al haar gesigte –
toe sy my vermaan het, toe sy my getroos het.
Ek sien haar met die skêr, “staan stil, dat ek die mousgate groter kan sny”.
Dié een is pa – ek sien al sy monderings –
sy kortbroek en geswete tuinhoed, sy fiets en werksklere.
Ek sien hom op die sokkerveld, op die hokkieveld.
Dié een is oupa Jan – ons sit voor die kaggel.
En die een is ouma Sarie – sy is altyd daar.
Dié een is my kleinsus Heubrie –
Ek sien die krullebol – van moederskoot
tot kind, tot vrou, tot ma.
Die een is Hennie, my kinders se Godgegewe pa.
Dié pêrel vra meer as net ‘n uur of so,
soos ook my kinders en my sus se kinders.
In al die stringe pêrels – aangetroude familie,
werksvriende, skoolvriende, sportvriende en kennisse
het elke pêrel ‘n besondere plek.
Soos die tyd verbysnel het die eerste pêrel
se spoed die ander pêrels aangetrek,
word die pêrelmassa meer en meer uitgerek
tot die somtotaal verder as die sterre strek.
Breek die eerste pêrel fyn,
bly net rafels in die wind.
Was daar ooit ‘n werklikheid of was alles skyn?

2015 einde Januarie …

2015, einde Januarie
en skaars het Februarie
gesig kom wys
of Maart se winde praat al reeds van ys.
Dit voel mens saans as die son gesak het,
laat jou wonder waar jy die wintersnoesighede weggepak het.

Die nabetragting oor die somer wat so te sê verby is
het baie gehad waarvoor ek dankbaar is:
My vyeboom, groot gegroei en diep in my hart
ondanks die die voëls wat wat dit lok om my te tart,
want díe jaar was die vye genoeg,
het ek nie verniet geswoeg,
het ek die regte lote gelos,
is daar vye by die tros.

Was die boom van die Kennis van Goed en Kwaad
In die tuin van Eden sonder saad?
En indien nie – waar het dit geval?
Op watter berg of in watter dal
sou dit vrugte baar
of is elke jaar sedertdien ‘n slegte jaar.

Want God roep en ons kruip weg
te skaam en sleg
te vasgevang in skuld,
kan ons nie Sy vlekkelose redding duld.
Ons drink liewer wyn
verdoof die wete en die pyn.

Geskiedenis

Van gebeure in woorde vasgevang
is niks nog van belang
nie gevoelens van verwyt of verlang,
nie skilderkuns, beeldhou, musiek of sang.

Die een geslag bly besig
met ontdek, uitvind, oprig;
laat reuse monumente na
waarna net die met geld op hul reise sal vra.
Terwyl die armes krepeer sonder brood,
daagliks stry teen hongerdood,

Seisoene kom en gaan –
niks bly vir altyd staan.
Die ‘wonders’ van die vroegste tyd
verweer en dra die tekens van ‘n stil verwyt:
dat ons met rook en roet en suur verslyt
versnel en prematuur die mens se spore wis.

In elk geval, as al die bouers weg is,
bly daar selde iemand oor wat nog wis
waarom die besondere ou snaar
so streng uitkyk vanaf sy pilaar.
As die snaar gelukkig is,
sal niemand hul vergewis van al sy donker dade;
hom afbring na die aarde,
waar sy kaal gebeente lank reeds verblyk.

Ad Infinitum

Die aarde en alles daarop, nee, die heelal en alles daarin,
sirkuleer, transformeer, verteer, hersirkuleer tot buite beheer en begin
dan maar net weer van voor af aan
te poog om die geheime te verstaan.

Wat was jy nou net, wat sê die wet
wat wag vir jou (of is dit nog te gou);
wil jy liewer nog ‘n bietjie bly of wil jy gly
af langs ongesiene strale, versier met krale
van klinkende zirkone soos spatsels trombone.

Die plant vat uit die aarde
en lê in die grond ‘n netwerk van are
om bo teen die blou ‘n trotse raamwerk te stel
wat wind en weer trotseer en van seisoene vertel.

Droogte, reën, hael, diere, mense, peste kom en gaan,
terwyl bome stil en sonder kommentaar daar staan.
Net die jaarringe sê sonder woorde wat is meer:
swaarkry of die vreugde van son, voëlsang en veer.

Jaloers kom die mens, ontsien jare se groei en oorlewing,
stroop die woud en los nie eens ‘n enkeling.
En jy, Boom, opeens is jy net nie meer hier nie,
voel jy nie die wind in jou blare nie,
of die warmte uit die blou op jou kroon nie;
toe jy trots gestaan het, het jy dit nie waardeer nie.

En jy, Mens, jy wat nie al die jare van die boom geken het nie,
kom stroop, want jou gierigheid en wellus vra nie vrae nie.
Jy vermeerder tot die aarde kreun van die las en uitroep van die pyn.
En tog bly jy dronk van jou eiewaan, verblind deur twyfelagtige sukses se skyn.

Onder die brug

son wat op die water spikkel-flonker,
skadu’s rondom, onder bome mikke-donker,
een middag, duisend maal herroep –
seker nog tot ek op die stoep
my laaste dae slyt
met herinneringe sonder spyt

jy sal nooit weet nie
en ek sal nooit vergeet nie
of dit waarde het
en of dit gehad het
maak gelukkig nou nie meer saak nie
en sal niemand meer traak nie

Lees in die Koerant

Mev. Betroubaar van der Standvastigheid
is onlangs op 98 jaar as gevolg van ‘n siekerigheid,
in haar slaap oorlede.
Sy was een van ons eerste inwoners –
van gedrag, talent en persoonlikheid besonders –

Toe ons op snelweë begin ry het, kan jy onthou,
Was ons gemaan om in ons baan te bly, nee toegesnou:
“Is jy ‘n rondspringbok?”
So bestuur ons die lewe ook.
party wyk uit, soek die pieke, terwyl die ander op een plek spook.

Jy wil seker weet wie is reg –
Is dit hy wat elke skuif met nadenke en oorleg beplan
Of is dit hy wat wag vir die kruin van die golf,
sy spiere span en spring
ongeag waarheen die stroom hom bring.

Waarheid is, in elke oomblik kan jy net besluit
volgens dié oomblik se wysheid.
Het ek maar, dalk moes ek
dien geen doel op die lang duur,
kom net die nou versuur.

Na die lig

Minute word ongemerk ure.
Die ure word dae
waarin gister en eergister vergly.

Wanneer het dit so stil geword,
die huis so leeg
en die kamer so donker.

Hoe het ek hier gekom,
by hierdie plek van net maar wees.
Waar is my hart heen en waarheen my gees.

Soos die sap in die wingerd
saam met die maan opstoot in die takke,
so sal my siel opspring in my binneste

as ek oor Sy grootheid en genade sing,
word my treë vlug
soos ek spoed na die Lig.

Nostalgia

I sit close to where we dreamed,
where the passing of time seemed just a colour of the day,
there was so much to say, to savour, to share
and maybe the truth when we dared.

But all the pictures in my mind
were just illusions of some kind.
Your illusions and mine
simple excuses for celebrations with food and wine.

When all were done
the benefits were none
but memories to recall
when the future is a windowless wall
with no door.

Winterbome

Die somergroen van digte loof
is deur die winter totaal geroof.
Die bome staan daar kaal, elke knoets ontbloot,
staan daar oud, moedeloos, asof verstoot.
Onthou hulle die somerdrif in die are
soos van al die vervloë jare,
die sap wat uit die aarde boontoe bruis,
die wind wat deur die blare suis.
Of staan hulle maar net,
verstrengel in hul eie gedagtenet
vasgevang, onlosmaaklik tot oordenking gebind
totdat die lentewind hul vind.

Vir nou is die musiek van die voëls in hul takke grafstil.
Die koue het ‘n traagheid gebring, sonder wil
tot uitreik na nuwe hoogtes of groei,
sonder verlange na nuwe lewe se bloei.
Die oues peins en tob, versink in die stilte
van nagte se ys en daaglikse kilte.
In stille versugting staan ook die jong boompies
en smag na die loomheid van die somer langs kabbelende stroompies.

Alzheimer’s

Waar stap die ure heen
alleen, alleen, so alleen
sonder mense, sonder stemme
of geluide van voëlsang en wind –
vol van soek en nie vind.

Sou die beelde van dink en doen
so intens met vacuum versoen
dat daar geen buitelyne meer is,
geen vreugde of hartseer.
En niks gebeur weér.

Alles is een groot wollerige, wasige newel
Waarin niemand oorwin of sneuwel.
En waarin geen getuie was of meer is.
Het almal hulle dan verges,
Was alles maar skimme in die mis?

Prentjies in my kop

Straatjies in Mauritius sonder sypaadjies,
woonstelblokke soos kaste met laaitjies
waar mense in holtes en gaatjies
‘n lewe leef, elk na sy smaak en geloof
waarvoor hulle offer, hulself afsloof.

Honde, alle rasse en soorte gemeng
dwaal in die strate, op soek na iets om lewe te verleng-
dis verplig – die Hindoes glo leef en laat leef
al is hierdie hars en dop hoe skeef,
kan mens nog gebedslintjies in die bries laat beef.

By die terminus busse en mense wat wag
vir die tyd, die uur van die dag
wanneer lywe uitgeput in busbankies sink
om deur die venster te tuur sonder dink
net uitsien na die aand se eet en drink.

Die mark het vreemde groente en vrugtesoorte,
mandjies van elke denkbare grootte,
rokke, serpe, sakke (alle soorte),
borduursels, armbande, krale, ivoor
al was hier nog nooit ‘n grootoor.

Kunstig gesnyde pynappels saam met die hitte laat jou watertand
gelukkig word dit sommer verkoop uit die hand,
kan jy kies – met of sonder kerriesous-
die ou is ‘n goeie smous,
kou jy gou en sluk die koel pynappelsous.

Meeste arm huisies het dakke van beton
om later vloer te word vir nog ‘n vlak as dit kon –
want Februarie is sikloontyd
en sinke sou jy moes soek ver en wyd
na so ‘n storm en stryd.

Besoekers sien net witsand strande
bly onbewus van arbeid van ge-eelte hande
wat vir almal van verre lande
moet sorg vir ‘n bietjie plesier
en moet toegee aan hul elke gier,

Vir laas kyk ek af en sien die see, groen-blou
soos ‘n spieël onder ons oopvou.
Die eiland dryf in die golwe soos ‘n reuse juweel
waarop mense baljaar en waarom dolfyne speel
met perfekte choreografie, altyd bereid om hul skoonheid te deel.

 


 

Nuwejaar op Geluksdam

Môre is weer Nuwejaar (en Oupa Jan
verjaar).
Almal sal hier vergaar:
familie, vriende nogeens almal bymekaar.
Ouma Sarie hou die leisels met geduld en
liefde vas –
die tannies – tannie Miem, Miempie en
Tiena – moet die disse netjies pas.

Boeboe bring die droë skaapbossies van die
veld,
stook die buite-oond met toewyding en
geweld-
die Ounooi wil ‘n warm oond vir die tertjies
hê.
So nie sal die volkies les opsê.

In die koeler agter die huis onder die
bloekom
kom die gemmerbier tot wasdom.
Kinders probeer kort-kort proe
van konfyttertjies en bier, maar Boeboe
sien alles en maak betyds alarm.

Dis somer en op die plaas is dit warm,
soos dit net in die Karoo kan wees.

‘n Loomheid hang oor die veld, skaap en
bees.
Van vroeg af kom die pêrekarre by die
voorhek in,
ry windmaker by die laning peperbome in
en gooi ‘n wye draai voor die opstal.

Hartlike gegroet en gelag vul die lug.
Kinders verlekker hulle met neefs en niggies
lanklaas gesien, hardloop en gil van pure
plesier.
Aanstons moet die oudste niggies gaan
help.
Dan staan die tafels gedek,
Jy kan maar solank jou lippe aflek –
maar vandag eet die kinders eerste
(anders as by meeste familie feeste).
Die tannies bedien hulle, aartappels, vleis,
groente, beetslaai, rys
en eindelik gestoomde poeding.
Daar was trippense in, eers gekook.
As jy nie één raakgebyt het nie, het dit lank
by jou gespook.

Die grootmense sit aan met wyn by die ete.
Die kinders het al weer gaan speel met die
wete,
vandag is die verpligte middagslapie

vergete.
Tussendeur eet hulle konfyttertjies,
drink hul gemmerbier en kry by oupa
winkellekkertjies.

Laat-laat middag word die pêre weer
ingespan, die kinders geroep om te kom
groet.
Selfs na die laaste pêrekar deur die voorhek
verdwyn,
bly die gees van welwillende samesyn
soos balsem oor die opstalle en lanings
hang.
Herinneringe sal deur die jare nog getuig
van Oupa Jan en Nuwejaar op Geluksdam.

 

Hennie

Kreukels van lag by die hoeke van jou oë
onder gevlerkte wenkbrouboë.

Jou songebruinde vel verhelder deur flitse
van kerslig se blitse.
Ek kyk peinsend, betower.
Jy kyk op en verower.

Jou stil, bedaarde glimlag,
soos lente na die winterwag,
laat dit warm word in my,
maak my menswees bly.

In die donker in jou arms gevou,
koester ek my en bly vertrou
dat dit altyd so sal wees –
JY my vesting teen vrees.

Jy word my skild teen leed
wat my met liefd’ oorreed
om elke nuwe dag
met blyheid te verwag.

Ek dank die Heer vir jou
en bid dat Hy jou veilig hou.

 

Kromdraai se boeresport

By Kromdraai se boeresport
is die broekies styf en die rokkies kort.
Die lywe rooi gebrand,
speel die kinders in die sand.

Die spiere bult en lywe sweet
tussen baie lag en lekker eet.
Perde maal in die stof
tot hul langmaanhaar in die eerste skof.

Wulpse meisielywe vlug en lok
so om die beurt die bok,
tot hy rasend hyg,
oor vrou en kind maar swyg.

Die vrouens lag so uit die keel,
is min gepla met soentjies-steel.
Genoeg om stil te sit en puf,
hul susters met ‘n pouz te bluf.

As die son die aand kom sak
word alles opgepak –
ook die wellus van die dag.
Vergete is die skril gelag.

Môre dra hulle weer
“mevrou-skoene” – egte leer –
trek die rokkie oor die knie
sê nie pruim nie.

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

#Woordfees Kô, lat ons sing!

$
0
0

In hierdie 80ste verjaardaghuldeblyk aan Adam Small word die digter en dramaturg se legendariese woorde gevier in sang en musiek, en in gesproke vorm.

Sangers en akteurs span saam om die gehoor te bekoor met bekende liedere en opwindende nuwe toonsettings onder leiding van Adriaan Brand. Beslis ’n aand om nie mis te loop nie.

* Debuut *

Met: Koos Kombuis, Natalia Da Rocha, June van Merch, Wessel Pretorius en die Solms Delta Musiekprojek

Musikale regie: Adriaan Brand

Produksiebestuurder: Grethe van der Merwe

Genre: Musiek & Woordkuns
Taal: Veeltalig
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur 10 minute
Kaartjies: R160, R120, R100 | R180, R140, R120 by die deur
Plek: Spier-amfiteater, Stellenbosch
Datum: 10 Maart 20:30

Woordfees 2016

Kô, lat ons sing!,
Roekeloos,
24 Februarie 2016.

2

Pen Afrikaans

$
0
0

Verlede Sondag was dit Internasionale Moedertaaldag. Die skrywersorganisasie PEN International het hierdie dag gevier deur die aandag te vestig op werk wat PEN-sentrums wêreldwyd doen ter bevordering van taalregte en moedertaalonderrig. Een van die projekte in die kollig is PEN Afrikaans se Trippel 7-projek onder leiding van Bettina Wyngaard.

Narokkong

$
0
0

In hierdie debuutbundel word die verhouding tussen vader en seun vanaf geboorte tot by volwassenheid verken.

Dit is egter ’n besonder komplekse verhouding omdat die seun outisties is.

Die tema van outisme, wat nog nie voorheen in die Afrikaanse poësie neerslag gevind het nie, word deurgaans vanuit die subjektiewe ervaring van die vader verwoord, wat voortdurend op soek is na maniere om deur te dring tot die bykans geslote wêreld van die kind.

Die narokkong van die bundeltitel verwys na ’n geheimsinnige voël van die nag wat ook in D.J. Opperman se gedig “Koggelbos” figureer, maar eintlik verder terugverwys na ’n kortverhaal, “Koors”, deur Sangiro.

Vir die siek kind in die verhaal is die narokkong ’n bringer van onheil, maar in die kind se koorsdrome word hy self ook ’n narokkong wat deur die giftige nabome gelok word.

In Franzsen se bundel is daar ook ’n vreemde band tussen die outistiese kind en die voël wat alles met sy afsydige swart oë dophou en is dit nie altyd duidelik of die voël bedreiging of beskerming inhou nie.

Narokkong

Narokkong

Die gedigte bring die leser te staan voor die wêreld van die ouers en hul radelose pogings om deur te dring tot die kind, om iets te verstaan van die manier waarop hy die werklikheid ervaar, en hul bekommrnis omdat hul besef dat hy nooit selfstandig sal kan leef nie (“Paasfees”).

Voor hierdie verskynsel is die mediese wetenskap magteloos (“Hippokrates het sy hande vol”).

Die leser sien ook iets van die kind se ontuisheid in ’n wêreld wat vir hom onbegryplik is – “Hoe dans mens in sirkels/in hierdie vierkantige plek?” word in “Outisme I”gevra, en sy afgeslotenheid en opgeslotenheid (“Kerker”).

Daar is egter ook momente van troos (“Engel in die bos”), van humor (“Beseringstyd”) en deernis (“Denmar”).

Die bundel eindig met ’n aangrypende gebed (“Slotgesang”).

Narokkong / Riël Franzsen — Protea Boekhuis, 2015; 64 p. ; sagteband. — ISBN 9781485304104

Narokkong,
Bettie Blom,
28 Februarie 2016.

2

Festival of Fame 2016

$
0
0

Festival of Fame 2016

Festival of Fame 2016

Vanjaar se Festival of Fame begin skop môre af by die Joburg-teater en die National School of the Arts (NSA) in JOhannesburg. Die fees duur tot 13 Maart 2016.

Daar is 20 produksies wat oor die volgende vyf dae sal speel. Bo aan die lys is die internasionaal bekende musiekblyspel Once On This Island. Die regie word behartig deur Timothy le Roux en Tracey Human. Die storie is losweg gebaseer op Hans Christian Andersen se Den lille havfrue (die klein meermin).

Daar is ook digkuns op die program met Phillippa Yaa de Villiers en Napho Masheane wat die groot stemme is in Weave Up Words.

Tara Notcutt is ook op die fees met After Dark in the Groot-Marico, ’n versameling stories van Herman Charles Bosman.

Nog ’n moet-sien is Jenine Colocutt en Nick Warren se Making Mandela, van hoe ’n jong seun ’n legende geword het.

Die fees bied ook ’n verskeidenheid musiekproduksies, van hip-hop en rock tot jazz en klassieke musiek.

Kaartjies wissel van R60 tot R120 en is beskikbaar by www.joburgtheatre.com of 0860 670 670.

Viewing all 448 articles
Browse latest View live