Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.
Straatkat se kans
Coin ge-flip
Met very high hopes
Heads or tails
Hoe gaan hy val vir my
Asem-inhou-afwagting
Hart-inmekaar-krimp-teleurstelling
Verloor … weer … weer … weer
Elke liewe flippen keer
Stert-tussen-die-bene-omdraai-en wegloop
My menswees op ‘n ander plek gaan verkoop
Want hierdie is nie my stukkie grond nie
Is nie my plekkie in die son nie
En ek is nie goed met tweede kom nie …
Ek sal jou lyf kan deel … maar nie jou hart nie
Daai ene is te moeilik vir my
En liewer niks as wat ek fake-liefde kry
(15/04/2016)
My Kind
Trek aan jou plakkies
En kom saam met my
Want hier gaan ek en jy
Kort voor lank met die wêreld stry
Gryp jou sonbril en jou hoed
Kom laat ons waai
Ek wil nie ‘n minuut langer hier draai
Waar mense beurte maak om onmin te saai
Bring jou swembroek
Ons gaan in die see baljaar
Tot die branders binne-in ons bedaar
En ons weer kans sien om die wêreld in die oë te kyk
Terugkom … ken lig … sterk staan …
Want gaan dit rêrig oor hoeveel keer jy val
Hoeveel keer jy in die lewe verdwaal
Ons gaan ok wees … ek en jy
Want as ons saamloop … sal ons bo bly!
(13/04/2016)
Mooi Drome
Al die stukkies lekker van gister
se nasmaak bly in my
laat my blinkoog lag
vir die wind
met al sy stof,
al waai my hare woes
my gesig en hande na die son gekeer
Dis genoeg vir my –
Vir eers sal dit doen
sodat ek nog net so rukkie weer
my lekker droom kan droom
Môre sal ek weer
met nuwe krag
die werklikheid vierkantig pak
(1996)
Detox
Vee jou foto’s van my selfoon af
Block jou
Unfriend jou
Delete jou
Jaag jou uit my hart
Verban jou beeld uit my gedagtes
Skeur elke stukkie van jou uit my lewe
En, al pyn dit hoe …
al hunker ek hoe …
Detox!
Onttrek!
Leë verslawende soet woorde
waarmee jy my senses verdof
genoeg … genoeg … genoeg
ek kan sonder jou leef
(24/04/2016)
Alleen
My God
Verdien ek hierdie lewe
Hier’s dan niks om na te strewe
Uitgespoeg
soos Jona deur ‘n koue vis
Vreemde mense
Vreemde land
Dorre spore in die warm sand
My Heer
My liefde dan net nooit genoeg
My menswees hier het dan geen waarde
Geen druppel moed op hierdie godverlate aarde
Verniet
My ideale vaal gewas
Met sout-trane wat net bly brand
Hul kyk verby die omgee en die vriendskap wat ek bied
(1989)
Mamma ek mis jou!
My voete is vreeslik koud Mamma
want jy is nie daar
om ‘n kombers oor my te gooi
met jou gebede te keer
dat aards-goed my meesleur
My oë voel vreeslik swaar Mamma
want jy is nie daar
om die vlinders en die blomme vir my te wys
met jou wysheid my te lei
dat die lewe se skadu’s agter my bly
My hart voel dom Mamma
want jy is nie daar
om vir my te vertel
hoe om ‘n mens-boom reg te snoei
en hoe om mosterd-saad te groei
My dag voel leeg Mamma
want jy is nie daar
om dit om dit kleurvol te maak
en interessant te hou
altyd oulike goetertjies om jou
(05/04/2016)
Second-best
Om altyd daar te wees as jy my soek
Die res van die tyd, in jou dag se hoek
Stil-bly eensaam as jy my vermy
En stert-swaai bly vir elke bietjie aandag
Dalk blaai jy vandag tot by my nommer in jou boek
Om te weet eks nie dié ene maak so seer
En jou hart is al wat ek begeer
Maar altyd net tevrede bly
Met afskeep-liefde en krummel-tyd
En hunkerend bly soek na meer
En dis die storie van my lewe
Sewentig maal sewe sal ek jou vergewe
Al breek dit flenters in my hart
al sukkel ek soms om my smile op te plak
Want ek lief jou
Sewehonderd en sewentig maal sewe
(1/4/2016)
My naam
Skryf my naam
binne in jou boek
en as die lewe jou maak soek
warmte en ‘n helder lig
dan lees jy dit en weet
vir altyd sal ek jou rigting wees
Skryf my naam
teen jou huis se muur
en in die nag se koue uur
as alleenheid in jou murg wil kruip
laat memories van my in jou brand soos vuur
om die donkerte te verdryf
Skryf my naam
oor jou lyf
en as gister se demons jou vreugde wil steel
jou loop te swaar laat voel
laat my liefde warm oor jou spoel
en my omgee soos die son se strale oor jou streel
Skryf my naam
Diep in jou hart
Want soms vat die lewe se vingers swart,
los sy merke oor jou siel
los jou langs die pad alleen
seer … vertrap … verniel
Roep dan my naam
en gooi hom in die wind se draai
en ek kom gou
om jou op te tel
en vas te hou
en styf teen my te druk
tot jou voete sterk raak
en jou oë weer blink
(28/03/2016)
Kokon
My siel pas netjies in jou hande
en jy spin woorde rondom my
Silver drade, blink en sag
Wens net ek kon weet
wat in jou hart gebeur
Wens dat ek kon sien waarin jou sê
se wortels water drink en lê
want dit sal bepaal wat ek gaan wees
daai dag as dit tyd raak vir my
om uit hierdie sagte blink kokon
die regte lewe in, uit te kom.
(15/03/2016)
Om te laat los
Ek sê ek cope
maar ek doen nie.
Ek bly net gee
terwyl ek eintlik niks besit nie
My hande vuil
my klere stukkend
soos ek soek en grou
na als wat blink
maar my net bly ontwyk.
Om te kan wees
ontbloot
gestroop
met niks om weg te steek
om dinge wat ek myne noem
net daar langs die pad te los
en verder kaalvoet in die son te loop
op my eie
warm onder my voete
en warm in my gesig
Ek dink, dan sal ek cope
dan sal ek okay wees.
Miskien ook vry wees
om ietsie nuut ‘n kans te gee
om binne my te groei
net eers wag vir die einas
om op te hou bloei.
(10/03/2016)
My breekhart
Van hierdie breekhart sal ek jou nie vertel nie,
en van die seer sal jy nooit weet nie.
Ek sal alleen my hart vashou,
my stukkende siel opdroog
en dan my hande was met sout.
En môre … groet ek jou met blink oë
en ‘n breë smile op my gevreet geplak.
Sal my ken lig
en my rug styf maak
Sal jou nooit wys hoe seer jou trap my maak nie,
want
of dit maak dood-
of dit maak groot!
(10/03/2016)
Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.