
die na-dood
Die titel verwys na die tyd digby die dood maar ook ná die dood – vir Breytenbach ook Dina Dood – en roep op vernuwende wyses kenmerkende leitmotiewe op uit sy werk.
Die digter is deurgaans bewus van die asimptotiese aard van skryf en tog word die verse ’n poging om die niesêbare op te roep
daar jou taak, leesskrywer, kyk:
om die niet se oopgaanwond
stekie vir stekie met woorde
toe te werk.
Tegelykertyd bied dié laatwerk ’n troos teen die dood wat wag, vir die digter én leser. Onthou word:
’n bevrugting van die verlede
en skryf uiteindelik
diep bevredigend
om die laaste duisternis in jou asem te mag mond in Afrikaans
die na-dood / Breyten Breytenbach — Human & Rousseau, 1 Mei 2016; 216 p. ; sagteband. — ISBN 9780798172462
die na-dood,
Bettie Blom,
14 Augustus 2016.