Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.
Die Skepper
Voor tyd en die genesis van die aarde
Hou U O God drie-enig ‘n vergadering van waarde
Want in U boesem leef ek as mens in u Gees
Waar U my ken, in U as ook gees, sonder enige vlees;
U koester my, nog onvoltooid, in volmaakte Liefde
Tog was dit nie genoeg – U hunker steeds gemeenskap
Op U eie God-gelyke vlak.
Maak my dan nou soos U, O Heer
Om in eie wese met U te kommunikeer!
U roep my op die gegewe tyd
Tot ‘n natuurlike geboorte in die kosmos, so wyd,
Maar sonder kennis van U almag en liefde ongetwyfeld
Leef ek ‘n lewe, totaal van U verwyderd
Tog gaan U skeppingsdoel vir my nie verlore
Ja, U Gees trek my in liefde, al is ek dit nie beskore
Oortuig my tog uiteindelik – in Jesus is ek uitverkore!
Lewensvreugde borrel en bruis nou in my hart
My Koning het my gered van ‘n lewe in ewige smart!
U het my só liefgehad – my éérste liefgehad.
Deurweek in U Liefde, gee ek vrywillig nou my lewe –
Om saam U te sterwe aan die kruis – so verhewe;
Saam begrawe, maar het ook Opgestaan –
so verruklik! ‘n Nuwe skepping!
Ek leef nie meer nie, U leef deur my!
Die grootste wonder – ons is een in Gees
Ek in U en U in my!
Om in ‘n Godgegewe eenheid te wees!
Om saam vanuit hemelse plekke te heers
En die aarde te vul met U Heerlikheid en Gees.
Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.