Philip de Vos se Afrikaanse vertaling van Julia Donaldson se Tyrannosaurus Drip.
Wie het al ooit gehoor van ’n vegetariese tirannosourus? Hierdie klein dinosourus land in die verkeerde nes … Hy mag dalk klein wees, nie mooi weet waar hy hoort nie en net plante eet, maar Tirannosourus Sot is slim!
In die oertyd in ’n oerwoud waar dit wemel van die gras
was daar platbek-dinosourusse wat swem in die moeras.
Hul roep: “Hoera vir water en vir riete en vir gras.
Hoera vir waterblommetjies, want dis lekker om te plas!”
Tyrannosaurus Sot / Julia Donaldson; illustrasies deur David Roberts; vertaal deur Philip de Vos — Protea Boekhuis, 29 Januarie 2018; hardeband. — ISBN 9781485308539
Tyrannosaurus Sot,
Bettie Blom,
18 Maart 2018.