Quantcast
Channel: Gedigte – Roekeloos.co.za
Viewing all articles
Browse latest Browse all 449

Gedigte van Sheridan Walter

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Tupperware

Jy was dronk.

Opgefok.

Ek het jou

In my ka-

mer ge dok-

ter. Jy was

handsome in

PT- Shorts.

Toe one vry

(die here

hoor my) het

alle waar-

genome

feite net

verdwyn. Jy

was bietjie

groot vir my

en met el-

ke asem-

teug gevra, “Is

jy okay?”

Jy was bo

op my. Met

my hande

op jou ass

het ons ge-

lyk gekom.

In my het

jy aan die

slaap geraak.

Die volgen-

de oggend

sien ek die

lelie ge-

boorte vlek

op jou been,

kromlynig

breed en bruin.

“Dankie.”, sê

jy en glim-

lag pop mooi.

Jy ry weg

met my tup-

perware. Oor

die radio

speel Paul Si-

mon se

50 Ways

To Leave Your

Lover. Ek

besef toe

dat ek nie

weer aan jou

gat gaan vat 

nie en kerf

toe die bruin

lelie vlek

in my bed

se kopstuk

wat jy so

laat ruk het.

En skryf ’n

gedig oor

tupperware

wat verdwyn.

Fotostaatmasjien opgeknip en geherrangskik deur Sheridan Walter

Bednede bowe

gatvol
vir

hulle
hande

klap
soen

groete
van

ouma
oupa

sit
staar

die
hospitaal

kussings
pof

lelies
verwelk

straaltjie
son

krokodil
trane

oog
kontak

skuldig
voel

voel
voel

fokôl
doen

brand
pyn

morfien
pomp

chemo
kots

sunflower
bandanas

patch
adams

rooineus
dag

hanswors
grap

here
amen

die
lewe

die
lyding

die
helelot

vriende
familie

wat
ongeduldig

wag
vir

die
swart

die
swart

Wat die water bring

ongetiteld

Laggend, bars
wangballonne deur
geperste lippe in
blou en pienk
chappietongliefde.

ongetiteld

Die doodsroggel van
Afrikaanse poësie
ge-Eggo
deur die kakkademie

Voëlmelk

Chauvinis potent,
voël astrant.
Lê hy uitgesprei,
slappols tussen
purper amorant.

Beina behaard,
gekafoefel en
gefok in die Karoo.
Kom hy kraaiend
soos ’n liggranaat
oor my wang.

Asof die Môrester
gaan ontkiem in ’n
geel affodilblom
langs die rivierbank.

Kolletjie Stilts

Ek skryf vir jou ’n gedig,
op tikpapier in
puber-kroeskrulletjie
tipografie.
Met leestekens van
erotiese asfiksie.
Oor nagte van tentjiesmakery,
dye vol donsies,
melkwit boudjies
en ek wat agter
jou sterspikkelrug wegkruip.

Ou-Pa

Hiep knak ou grof-gat,
voetklop,
doer-in tot Jozi.
Hy sê, “foofoo fighters”.
Skud een, hokey-pokey.
Hy vál neer, Howl soos Gingsy.
Toe pluk hy uit sy voëlkop,
teen die wind en pee.

Hier smeer ons sunscreen,
behep,
met OJ Simpson.
Doen die Funky Chicken.
Hy snuif, Coca-Cuba.
En sê,
“donner you? donner me!”.
Dis toedat ek’ol va’pa watek kannie deal.

Hys am-per-altz-heim,
rock ’n,
didjerido.
Vra vir Yoko Ono.
Ly aan prós-taat kanker.
Hy het dood,
net onder die knie.
Bind my aan die boombas,
ek voel die tyd is hier.

Hy ry-rol-ry-stoel,
in die
bir-dy mornings.
Hy het ghoeroe gumdrops,
en ’n So-Co vuller.
‘êja, daar en daar en daar is hier.

Toe’s hy dood met ’n smile
en ’n
ereksie.

Selfportret van die siel - Sheridan Walter

Selfportret van die siel – Sheridan Walter

Hakskoene

Die klik-klak van
Haar hakskoene
Wat huis toe kom
Is die mooiste
Geluid onder
Die son

Die eg  g    o    weergalm galm galm
Weer en weer
Die klop van die klik-klak    klak is
Die nie-staan-stil slagwerk van haar skoen

Met n trippel in haar trap
Stamp sy die sypaadjie
Soos die slae van ’n skrikkende hart
Bum bum bah bah bum bum bum
Badada bum

Met ’n klinkende klopdans
Tik-tik sy trappe op
Met ’n whoop-pa in haar stap

Nou tel ek
10, 9, 8 …
Elke tje-tjo
Van hak op hout
Voor die klop-klop

“Ek kom!”

Koeël

  (laai jou geweer) (gee   hom   weg)
  (plaas hom in my hand) (sodat ek hom …
   kan aflaai) (van jou
               heup)
      (teen my
               slaap)

Krummels

Maak die hande oop
Met die soet krummels
Asof die wind
Asof ’n engel
Asof nooit hier

Offer dan vir my die soet krummels
As jy hier is
As ek iemand is
As dit nie ’n illusie is nie

Gee vir my die soet krummels
Om te eet
Asof die teenwind
Asof god
Asof die hand
Wat die lot lei
Ons eendag weer bymekaar sal bring

Hekellied

Spiritisme
’n lyfie met ’n kleevermoë na die siel
’n toevlug van als aardagtig
’n teenstof teen menslikheid
Omring deur soewereiniteit
Die godeleer aangaande die godedam
Godvrugtig
Heerlike heidendom
Hekellied
Van die godinnie

Wicked game

Geboortig uit verkragting.
Mamma sing thula-thula teen die wraak van my woede en vir ’n oomblik is ek geborge in haar stem.
Voor elke sneller getrek word proe ek die soetigheid van haar borsmelk, hoor ek die roep van haar stem, voel ek die sagte wol van die kombersie teen my ken.

Maar ek is gebore met ’n geweer in my mond en sal vrek met een in my hand.

Zafrilla

The glenduckie¹ was foping².
He had a sort of smyrna³ on his face. Although the conversation about the fremantled⁴ zafrilla⁵ became a sort of a wigan⁶ .
The zafrilla became a fine example of a botswana⁷.
Luckily not an example of a nottage⁸.

The zafrilla resemebled the broats⁹ like that of his late father and he thought of the zafrilla as a comeback garment (even though it had nowhere to come back from)

It was a a sort of frating¹⁰ green that made one oundle¹¹.

The glenduckie was more than just a man that swiped zafrillas
He also had slobozia¹². He was a samalaman¹³ who was known for satterthwaite¹⁴

He was an actor with a scethrog¹⁵ who wore his zofrilla and his hat at night who loved todding¹⁶ in jazz bars.

All definitions from The Deeper Meaning of Life:

¹glenduckie: any Scottish actor who wears a cravat.

²foping: refusing to say what it is you’re looking so bloody wistful about.

³smyrma: the expression on the face of one whose joke has gone down rather well

⁴fremantled: to steal things not worth the bother stealing.

⁵zafrilla: a garment that even Lady Rothermere would not deign to wear.

⁶wigan: if, when you are talking to someone you know has only one leg, you’re trying to treat them perfectly casual and normally, but you find to your horror studded with references to (a) Long John Silver. (b) Hopalong cassidy.

⁷botswana: something that is more fruitfully used for for a purpose other than that it was designed for.

⁸nottage: a collective name for things which you find a use for immediately after you have thrown them away. For instance, your greenhouse has been cluttered you clear out a huge piece of cardboard and fronds of gardening string. Within twenty-four hours you urgently need to wrap a large parcel and suddenly remember that luckily in your greenhouse there is some cardb …

⁹broats: a pair of trousers with a career behind them.

¹⁰frating green: the shade of green that is supposed to make you feel comfortable in hospitals, industrious in schools and uneasy in police stations.

¹¹oundle: to walk along leaning sideways, with one arm hanging limp and dragging one leg behind the other.

¹²slobazia: a chronic inability to pick up underparts.

¹³samalaman: one who fills in the gaps in conversations by beaming genially at people and saying “Well, well, well, here we all are then”, a lot.

¹⁴satterthwaite: to spray the person who you are talking to with half chewed breadcrumbs or small pieces of whitebait.

¹⁵scethrog: one of those peculiar beards-without-moustaches.

¹⁶todding: the business of talking amicably and aimlessly to the barman at the local.

Nuwejaarsblom

’n vywer meteoriese metaalskuim
Tussen toegegroeide blombeddings
Word ’n lêplek vir ligsinniges
Wat ’n liederlike lewe lei

Die maanlig van lentenagewening
Merk die herehuis van die lentekoning
In die vorm van ’n mandala simbool teen ’n bergklip as voorstelling vir goddelike plesier

Ek loop die nou paadjie
Na die lyf
Na die mond
Na die matrooskop wat my liefies lok na sy Wildebos

Waar ek sy melkwit meeldraad dou gaan proe.

dis in die shape of a brain

        Dementia (wie kan my
     dan ernstig opneem wanneer
    ek so vêr is van wie ek eens was)
(met my vroetelsinne) (verlies van
spraak) (afasie) (en geheue verlies)
(amnesie) (onvanpas aanpassings)
    (verwarde gedagtes) (asjas) (ek is ’n       goëlaar van vreemde gedrag, angs
       oordeelsfoute, abnormale
        denke, demotivering,        abnormale onbewuste
                   bewerking)
                    (al hierdie
                     simptome
                      verander
                       ander se
                        persepsie
                         van my)
                          (ek is)
                onbekwaam
                          belaglik
                          komies

Kusdorp

Geklikklak op net nog ’n kusdorpie
Ontspan ons elkeen met ’n bierblikkie
Op die stoep van die local vis en chips winkel
Die moerse stilte word gebreek deur dônerse branders reg voor die laelaatsonsak

In ons oo ougatgeit besluit ons om
Net met tekkies
Kaalgat
Die sand-tapyt voor ons plat te trap en
Bliksem gatoorkopoorgat die golwe in.

Wit

In die ou dae het wit lewe ingesluit sonder geluk of geboortekans.
Maar die straf is die afwit van wit. Die frustrasie van die aansienlike kontras van wit op wit wat ’n hol vrees in die maag laat.

Wat beteken dit om ’n kleur te dra en die omhelsing van sy aanraking te voel? Wit kan nie weet wat wit voel nie.

Wit het verhard. Sy eienskappe verhard oë wat al die lig hou.
Hande wat versamel en verpak en gebou het verhard in ’n woede wat nie kan uitroep nie.

Wie het gesê daar is geen hiërargie binne wit mure nie? Wie het wit eie betekenis geag selfs as dit niks besit nie?

Maar wit kan nie sy eie stelsel uitstoot nie. Wit kan nie kan nie sy eie struktuur slaan nie.

Dus het die reg op regverdige woede die soewereine gesag van wit verdubbel.

Perdmens

sentour met ’n s’ie
roepsek geja
slinger-slinger sierlik
soutloos

na sy

gevange in ’n veelvlakshoek

’n panchromatiese traan in die hoek van sy tieroog tifeus         t
                   e
                   e
                   l
                   s
                   a
                   k
         goed gestu

’n Equus-man
Sonder merrie
Sonder vrou
Net vir show

Woordballonne

Die sinkdak van jou stoep het kloumerke
van gekneusde indigo.
Die soort wat op jou bobeen was daai vreeslike aand toe niemand naby aan jou kon kom nie.

Jou kar het krapmerke van beige-pienk. Soos jou keloïed bedekte arms van ’n skaafmes wat die messlyper te goed ken soos daai aand toe jy hiërogliewe in jou arms kerf.

Ek onthou jou swart woeste krulhare in die wind met die vensters oop in die middel van somer. En die blink sweet druppels wat by die agterkant van jou nek afgly wat ’n mosterd kol op jou geel hemp gelaat het.

Pedal to the ground with the radio loud.
Jy glimlag breed op pad strand toe, die lug blou (soos jou oë) met pers-pienk strepe geverf op die wolke, soos die van ’n skulp.
Jy het altyd daardie ding so goed raakgesien.

Jy praat;

Skarlakenrooi woordballonne
Stralende geheimspraak

Wat niemand kan herken nie.

Magsugtig

’n larwe
Amper papie
Bespuit met karbolsuur

’n klakkelose daad
Vanuit ’n kak sisteem

Viroulaas
Word die vlamkas van
                   Seksualiteit
                   Transseksualiteit
                   Transvestisme
                   Transformasie
Dood geblaas

Teen die geboorte van ’n bloeiende skoenlapper
Om identiteit soos blomme te bestuif
Wat opnuut geboorte gee aan
Reënboogpatrone
Met die idee van metamorfose van die self.

Voed

Ons kruip weg in besemkaste en badkamers.
Bang vir wat met ons sal gebeur as ons in die openbaar voed.

Elkeen van ons leef slegs deur die speen van die ander een.

Wie ek is

(Vir Ma)

Ek is nié ’n gebroke hart nie.
Ek is nié die gewig wat ek verloor het nie.
Ek is nié die persoon wat jy sien slaap het
op die voorstoep met die reuk van trane en whisky op die aandwind nie …

omdat sy woonstel leeg is.

En as dit dan so leeg is sal ek
eerder iewers meer standvastig slaap.
Soos beton.

Ek is nié die gevolge van laas jaar nie.

Ek is spier,
wat vandag sóós gister
opnuut weefsel regenereer
en bult teen die weer.

Ek glimlag vir die busdrywer
en koop groceries elke week.

Ek staar nie meer die vêrte in nie.

Ek is die voorbeeld van hoe n lewe bloeiend ontvou vanuit die koudste winter.

Ek is nie jou skuld nie.

Wanneer jy vir niemand val

en jy jouself toesê
dat jy nooit ooit weer die grond sal tref nie
totdat
jy iemand in die oë kyk
wat omval laat voel soos vlieg

wanneer jy eers gevlieg het sal jy
vir ewig die wêreld wandel
met oë
weggedraai na bo

na die plek waar jy eenmaal was
om vir altyd te smag om
die lug te swerwe en dan die
trappe te klim
na jou sierlike lewe.

Nag van God

In die wind
In die nag
Nag van lag
Nag van messe
Messe te koop
Messe sny oop
Oop gewond
Oop en bloot
Bloot ’n raaiskoot
Bloot ’n mens
Mens van vlees
Mens van bloed
Bloed vir heuning
Bloed vir melk
Melk ’n koei
Melk van ma’se tiet
Tiet vir vat
Tiet vir voer
Voer die kinders
Voer die honger
Honger hulle uit
Honger families
Families wat lag
Families wat huil
Huil hulle saam
Huil jy alleen
Alleen in doodloopstraat
Alleen dood
Dood moeg
Dood skoot
Skoot van my ma
Skoot van my pa
Pa is dronk
Pa sit in die tronk
Tronk van my hart
Tronk van my siel
Siel sonder huis
Siel sonder liggaam
Liggaam van spiere
Liggaam van pyn
Pyn in my hart
Pyn in my sy
Sy van been
Sy van Jesus
Jesus drink wyn
Jesus is God
God wat verwoes
God is liefde
Liefde
Verwoes

Children of the sun

Ons is nie bang vir andersom wees nie
om man-en-man
nieumodiese skakerings van
beige burnt orange en wit grond
’n nuwe landras van minnekultuur
te teel
op die proefplaas van
ons verbode liefde
ons erfsonde.

Saam is ons Bebop Cape Jazz
en soos ons brûe verbrand
en berge versit
hoor hoe die Cape Doctor die eggo
van ons liefde sing

Ba-dum ba-dum-badaba-dum!

Crystal

Meth

sito-sito, suier

bevryding, verbranding, ontploffing

euforie, ekstase       skielik, snellend

uitwerking, vertraging, marteling

goedkoop, bruin

Tik

Ek wil

Ek wil saam met jou ’n
malva-lekker geveg hê
en jou The Doors hemp dra
wat te klein is vir jou
en elke oggend kyk hoe
jy skeer en tandeborsel
en vir eens voor jou opstaan
en vir jou ontbyt bring in bed
alhoewel ek nie seker is hoe
jy jou koffie drink nie
en ek wil jou hand vas hou in
publiek en nie omgee oor
die mense wat staar nie
en dan in die kar omgee
en stry of dit omdat ons
gay is of ek wit en jy bruin is
en of dit moontlik albei kan wees
en ek wil ook bestuur
as ons saam ry ten spyte van
die feit dat jy dink dat ek
glad nie vertrou mag word
agter die wiel nie en ek wil
vir jou
cheesy nineties musiek speel
op my guitar en jou voorstel
aan indie-rock en weet jy gaan
nie daarvan hou nie
maar tog probeer en ek wil
jou ma ontmoet as meer
as net jou roommate
en met jou praat oor Buddhism
en meer leer oor
die dae van toeka toe jy nog klein
was en ek dat ek jou al van toe af wou
ken en ek wil praat oor jou
struggles as ’n coloured man
en jou oor en oor vertel hoe
jy my inspireer ek wil
jou fancy stetoskoop werk
toe vat en ontslae raak van jou
hospitaal crocs en jou voorstel
aan my gemaklike hospitaal Nike’s
ek wil my bekommer as jy laat is en ekstaties wees as jy vroeg is
en onthou om jou blomme in
ons pot op die tafel te sit
en ek wil jou omhels wanneer
jy angstig is en huil as jy kwaad is
en jammer wees wanneer ek verkeerd is
en bly wees as jy my vergewe
en jou soen as ek jou ruik
en jou vererg as ek aan jou vat in publiek
ek wil leer hoe om die kombers te deel
en jou wegstoot as ek te warm kry en jou vashou as ek koud kry en smelt wanneer jy glimlag en oplos wanneer jy lag en nie verstaan hoekom jy sal dink ek jou wegstoot nie wanneer ek nie jou wegstoot nie en wonder wie jy is en jou aanvaar nes jy is en jou vertel van die wit seun wat eers die Groot trek moes aanpak om terug te vlieg kaap toe om jou te ontmoet en vir jou gedigte skryf en voorlees en herskryf as jy nie beïndruk is nie
en die stad hopeloos leeg vind sonder jou in haar en ek wil veilig voel saam jou en jou vrae beantwoord wanneer ek nie werklik wil nie en probeer eerlik weeks want ek weet jy verkies dit so en wanneer ek dink jy is klaar met my net nog uithou vir tien minute voordat jy my uitskop en van my vergeet en weet wie jy is want dis n pragtige
ervaring om jou goed te
ken en dat dit die moeite werd
is om my taal en kultuur op
sy te sit om plek te maak
vir joune en liefde maak
drie uur die oggend
en op ’n manier
probeer probeer probeer
kommunikeer die oorweldigende onheilspellende oorvloedige onvoorwaardelike onophoudelike allesomvattende hartverrykende
liefde wat ek vir jou het.

Mama Wata

“I believe in a personal god who cares about me and worries and oversees everything I do. I believe in an impersonal god who set the universe in motion and went off to hang with her girlfriends and doesn’t even know that I’m alive. I believe in an empty and godless universe of causal chaos, background noise, and sheer blind luck.”
-Neil Gaiman, American Gods

Ons ontmoet by ’n local dive bar. Sy is veelvormig.
Vanaand onthul sy haarself
aan my
as ’n man.

Uit eerbieding dra ek die
Igbo stamkleure van
wit en rooi.
In Igbo ikonografie simboliseer
rooi, manlikheid en verwoesting.
Wit simboliseer vroulikheid en vrugbaarheid.

Dis juis díé dualisme tussen
God en mens,
man en vrou
wat eie is aan haar as ’n god.

Sy verkies nie groot skare mense wat haar aanbid nie en hou meer van ’n persoonlike benadering.

’n man tree die kroeg binne.
Hy dra ’n bruin leerbaadjie en spog met ’n slang-tattoo om sy nek. Beeldskoon. Hy sit.

Ek bestel die tradisionele (wel onlangs) coke vir hom en
vir my, water.
Ons drink in stilte.
My oë dwaal na die slang,
die kop seil tussen sy borste af.

Ék het haar naam geroep, ek is in haar tempel. Nou volg die erediens van dans en musiek as aanbidding voordat ons kan kontak maak.

Ek stap na die jukebox en dink
African guitar ’n harmonica met n streng tribal influence, maar probeer om nie spesifiek te wees nie.

Nie ’n enkele snit vir my godediens dans nie. Ek kies iets wat ek dink van toepassing is en druk play.

“She’s got a smile that it seems to me
Reminds me of childhood memories

Where everything
Was as fresh as the bright blue skei”

Ek kyk om hy smile. Ek begin dans op die ritme en kort voor lank verloor ek alle inhibisie. Die wêreld val weg en dis net ek en die musiek.

“Now and then when I see her face
She takes me away to that special place

And if I stared too long
I’d probably break down and cry”

Die musiek neem my sintuie oor en beheer my emosies. Ek sien oranje-rooi vlamme wat golwe van blou water lek. Ek was nog nooit so vry, kwesbaar en wanstaltig nie.

“Sweet child o’ mine.
Sweet child o’ mine”

Ek betree die hoogste vorm van bewussyn. Sy het my kom vervul. ’n Vloei van onderbewuste kommunikasie vind plaas. Die kroeg verdof. Net ek en sy – in my.

“She’s got eyes of the bluest skies
As if they thought of rain”

Reën
Reën

Reën

Reën!

“I’d hate to look into those eyes
And see an ounce of pain”

Dis toe ek opkyk en haar oë was my oë,
gevul met hartseer en pyn.

Elke aand verlaat sy haar hemelbeeld en word vlees en bloed. En wag.
Wag vir die dans.
Die lewensessens van Mama Wata is geplaas in die hande van haar kwynende gelowiges.

Die gedagte van haar is besig om op te droog.

“Where do we go now?”
Die liedjie eindig en sy keur terug na haar manlike vlees en bloed.

Ek loop stadig terug na die jukebox. Kies . Play. Ek omhels hom en ons dans

Saam.

Hy huil en sekondes later begin die druppels val.

Uitknipsels

ek kyk na jou
in jou volmaaktheid

rooiwyndronk
in die nag

weg van die bloed
op lakens wat wag

jou geheim binne my
                   soos die wind vanaand
                                            die klip

                  hoër en hoër laat sweef
              minder as ’n shooting star

                             bring die hadeda
                                     ’n baksteen

                   om luggolwe te versteur

                   vanaand
                   rooiwyndronk

                   die klip
                   in die nag

                   weg van die bloed
                   die hadida

                   ’n baksteen
                   op lakens wat wag

kyk ek na jou hoër en hoër minder as ’n shooting star.

Click Bait Narsis

“Dokter is dan so bedagsaam”,
sê die skoolmeisie vir my ná
haar miskraam/borsie? (Is sy
regtig besig om te flirt?)

Ek glimlag. “Dis my werk” (is dit?),
sê ek met haar/die? doodgebore?
kind/fetus? in my/God? (se) hande.

Die kind/fetus? weeg net onder 500 gram.
Hy/sy? is medical waste/rooi-tape-om-’n-boks-gemors.

Ek bied aan dat ons vir haar trauma counselling reel. Sy sê iets van haar
vriendin en dat ek nie hoef … ( ek luister nie)

Ek knik/buig my kop in stilte.
Sy neem ’n hospitaal-selfie.
(fokken click bait narsis)

Ek loop na die dokter se on call kamer.
Sluit die deur.
En bid/spyt-myself-met-ketamine-in.

Afrikaanse Poësie: Waxy Flexibility

Axis 1: Vorm

        HOOF
          O
        nek
       SKOUER
          r      A
          U      R      vingers
          g        M       hand
          g        elm        M
          r         boog   R
          r                 A
          a
          a
          t
          HEUP
           logiese orde rangskik
           deur ’n raam met
           ’n BepaaldE
           fatsoeN
          stilleweE
             enkel
                 voet tone

Axis 2: Ritme

I

Kom kom dan
Tyd stap aan

Kom kom kom dan
Tyd tyd stap aan

II

Kom in
Tyd wag vir niemand nie

Kom in
Kom man

Axis 3 : Rymskema

Limeriek

1. Daar was ’n man van Calcutta ∆ rym a
2. Met ’n afgryslike stutter ∆ rym a
3. Hy het vir my gesê ¶ rym b
4. Ek wil brood h-hê ¶ rym b
5. En ’n bietjie b-b-butter ∆ rym a

Axis 4 : Klank

 Ping-Pong!

Bat!
Tip
                 Tap
Zip                       zap
Ahh

Bat
 Ping    pong
Smash      Nee cut
Ah          Crack
Neeee

Punt.

Axis 5 – Kreatiwiteit

Fok Axis1 tot 4. Ja ’n Haiku gedig is
mooi maar dit raak boring na ’n ruk.

Blackout gedig: GAGA

Oorspronklinke gedig: Marcel Spaumer, Nuwe Stemme

Vandag is alles wat mooi is lelik

I
Couplet vir Kinders

Aangetrek met net-net genoeg klere.
Reg om die splits te doen vir ’n groep ooms.

II
Om die alfabet te leer.

Kinders, ongevalle wat oorhoofse styg
Lê, opgeblaasste magie, vlieg in die oog
Maer armpies ontmoet maer beentjies
Net statistiek, sonder naam – ma of pa
Terwyl Jimmy se mamma hom skool toe vat.

III
Found
(Rearranged vir die kinders vanuit Ronelda Kamfer se Noudat slapende honde)

Ek was net ’n kind
Ek was nege jaar oud
Gebore as gevolg van fok
En gemaak om op te fok

                                           Mag die nag jou goed
                                           behandel
                                           Mag die donker vir
                                           jou mooi wees

Vandag is anders as gister
Vandag is alles wat mooi is
Lelik
Ek sal net meer suip en kwater
Raak

                                           Ek knik en groet
                                           bedagsaam maar
                                           diep binne my weet
                                           ek waar ek staan.

Elke hond wat my
Sy pispaal gemaak het
Raai wat
Ek staan nog steeds

                     Êrens diep binne my
                     Weet ek
                     Waar ek
Staan

Protes

Groen dae sal kom
My gunsteling bly dié
Wat vandag was, skakerings van
Distel

Latente fase

“You tell me hold your head up, hold your head up and be strong
Cause when you fall you gotta get up, you gotta get up and move on
Tell me how the hell could you talk, how could you talk?
Cause until you walk where I walk, this is no joke”
‘Till it happens to you.
– Lady Gaga

Gruweldade weier altyd om begrawe te word.

  Hey faggot! Draai om en buk. (dis streng vir skriftelik doeleindes)

Folklore wysheid vertel van geestes wat weier om hul ewige rus in te gaan voordat hulle stories vertel word.

  Hy vat my van agter af, druk dieper en dwing meer van hom in my. Die pyn skiet deur my buik na my linkerskouer.

Nagedagtenis en die waarheid van wreedaardigheid is noodsaaklik vir die herstel van sosiale orde en vir genesing van die indiwidu.

  Ek will kots en flou word, maar ek doen
  nie. Regop gehou deur ’n gevoel
  van duiselige suspensie. Soos in die van
  drome waar ek kan vlieg wanneer ek
  vreemde posisies inneem.

Mense wat gruweldade oorleef het, vertel dikwels hul geskiedenis in ’n baie emosionele, teenstrydige en gefragmenteerde manier wat hul geloofwaardigheid ondermyn.

  warm lug my rug
  sweet. Piel. Suig
  vul my liggaam totdat daar niks van
  m-y binne is nie
  Behalwe

  Pilel

Baie min mans onthul traumatiese ervarings en die trauma beleef manifesteer as ’n simptoom. Die dialektiek van trauma gee aanleiding tot ingewikkelde, soms onbewustelike bewussynsveranderinge.

  Wanneer hy kom val ek grond toe.
  Verkrummel soos sand. My wêreld
  kom tot ’n stilstand en ek voel hoe
  my verstand my verlaat. (The bluebird in my heart – verkwyn) Hy kom terug
  van die badkamer en tel sy klere op.
  Ek beweeg nie.
  Ek lê net waar ek geval het.
  Blind.

Dissosiasie. Dit lei tot dramatiese en dikwels bizarre simptome van histerie wat Freud uitgewys het is a.g.v. verminkte kommunikasie oor die seksuele misbruik van kinders.

  Wanneer mense na my kyk
  kan hulle die seuntjie sien
  wat mishandel was in daardie
  pornografiese snitte wat agter
  my groen oë projekteer.

The Loser

Te sigbaar, met ’n indolente gesigsuitdrukking
Te lewendig, met ’n golwende keel
My naam “ék-ou!” teveel in tekste
Onbekend, onbereikbaar

’n onsuksesvolle literêre man in ’n pionier-poësie bar met hoenderkop woorde
Ek raak dronk op digters soos Ryan Pedro
en span kalwers in

Op Kakamas

Grondvrugtig

Jy is ’n visioenêre variétéarties
Onder latoenkoper ligte en drum and bass
Word die dansvloer jou skilderdoek

’n koue konnektiewe hitte ontstaan tussen tinambol oerdans en freestyle hip hop
Welluidend verwek jy ’n kleurspel van vertier-blou en eteriese-uzer op jou verfvloer

Diwali vuurwerke van rooi-violet skiet en
Skep ’n beeldediens aan Iendiese godinne wat jou dansdoek borduur met ’n oktaaf paar henna hande

Jou ritmiese Chucks en hittehakke skop stofwolke van metaal Parys-groen, atoom-nartjie oranje en bruin-neus kimono Kobicha

Kobicha
’n flikflooi skadu van bruin
Die kleur van jou vel

Ek is wit-neus Dutch-white
En ek love jou my reënboog Coloured
Ghantang

Voel

Ek staar die spieël in
Haal diep asem
Die lou water
Drip
Drip
Drip
My bors af
In die kots wasbak
Spoel spoel spoel
Ek my mond
Spoeg die laaste kom in die bak
Glip ’n R50-noot in my gatsak

Ek wag

Vroeë veertigs, Afrikaans, getroud.
Kinders? Kerkganger
Hy behou oogkontak en beduie na die heel linker stal
Hy neem my hand
“Oom”, sê ek. Die pry …
Desperaat gryp hy my tempels
druk sy lippe teen myne
Hy omhels my asof ek aan hom behoort
En soen my soos ’n ongemaklike tiener
Desperaat
Ek proe sout-trane
Hy begin snik
Snot
Hy huil en soen en huil en soen
Huil- hy sak af op sy knieë
beskaam

Haastig, bewende hande druk ’n R200 noot in my nat palm
Ek kan nie sy geld aanvaar nie
“nee dankie oom”

Ek het klaar sy seer, angs, vrees en eensaamheid ervaar.
“Jammer oom”

Die samelewing is fucked up

Obsessie

“I wish I knew how to quit you”
-Brokeback Mountain

Iewers lê jy langs kaal tiete
Met pienk tepels
Iewers tussen vere kussings
Lek jy haar binnebeen

Hier lê ek en dink aan
Jou ken en adamsappel
Hier onbekend
Voel ek die puntstoot van jou hartkamer

Iewers pluk sy aan jou dick
Sonder lube
Iewers tussen gevlekte linne
Veruil jy roem vir privaatheid

Hier skaterlag jy soos kind
Pluk die snare van jou guitar
Hier, bekend
Sing ons die classics

En praat oor jou rol in Vaselinetjie

Angs terapie

MINDFULNESS
Vir my

Is soos om deur tyd te reis
Gejaagd

Van
Gister oggend se seks.

Het ek te vinnig gekom?

Na
Vandag se verslinte selfbeeld.
Is my penis te klein?
Tot
Môreaand se blind date.
Waar ek oor en oor gaan dink aan premature ejakulasie en my klein piel

Freud het geweet.

Ruminerende gedagtes is bottomless springmielies.

My hande en voete tap soutwater
My lithium-vingers kan skaars n pen vashou
My been het al sy eie ritme gevind
My bliksemse gum guard is alweer stukkend

Stop die branderklanke
Fok die visualisering
en die asemhalingstegnieke

Gee my Valium terug.

Jjimjilbang (찜질방)

– Badhuis

Seoul, Korea.
Uitge(s)trek op ’n
Plastiek masseertafel
Woon ek my eerste
Koreaanse lyfskrop by.

’n middeljarige Koreaanse man
Geklee in ’n geweekte onderbroek
Begin skrop – soos ’n wasvrou
Die wrywing steek pynlik, warm.

Bolyf:
Nek
Skouers
Arms
Oksel ( ek giggel)
Bors
Buik

Hy plaas my in ’n
Litotomie-posisie
Neem sy skuurlap
En druk dit die in my
Linker lies

Ek stik ( in asem en woorde)
En rittel van 에로틱 한 plesier.

As jy weer vir my bid

Bid dat ek jóú Jesus
Kan ontmoet
Sodat ek vir hom kan wys
SY dood
Nie genade bring aan die gebroke nie,
Maar vergifnis vir díé wat breek
Dat dit ’n kak plan was om reg te maak
Eers ná al die skade berokken is
Dat mense steeds in die hol genaai word
Deur die partriargale kerk

#bidvirmy

Kaapstad. Mans akute psigiatriese eenheid.

“or purgatoried their torsos night after night
with dreams, with drugs with waking nightmares, alcohol and cock and endless balls”
-Howl
Alan Ginsberg

Nixon (30 – Psigose)
Naak
Slinger hy sy blinkswart voël
Oor my sponsmatrass
En merk sy gebied
Met ’n goue stroom van pis

Peter (64 – Psigose)
Hamsteraar
Steur my klokslag 2-uur soggens
Ek offer my kouse aan hom
Soos hy my snags offer aan sy God*

Kerwin (27 – Skisofreen)
Tanned coloured
Vryf sy tone snags in die
Holte van my voetsole
Teach my van die Culture
En nooi my dan vir ’n tronk-stortjie

*Peter is krom en klein, ’n pa-figuur tydens my opname en geweldig gelowig. Juis die interteks van die gedig “Ma” deur Antjie Krog.

foto: Waldo van Wyngaard

Puberaal

laaities jump ’n skokdraad
met flenter-onderbroeke

tussen skrefies
’n gebelgdheid van blouballe

eiehandig stort hulle ’n
verbeelstroom van manlikheid

tóg

in elke laaitie se palm
stof

ontploffings van fokôl

Willem

’n Stoner
met ’n baby face
en gras oë

Voortdurend
weggebêre in sy
eksklusiewe erotika-sketse vir die
moderne Afrikaner couple

Akrobatiese seksposisies
noukeurig geïllustreer met
die naïwiteit van ’n 20-jarige
virgin;
nie bekend met die
“Sit hom in en kom na twee minute”
tendens nie

’n Schizo met amper baba-boude
sagte hande
groter as my voete
wat spog met ’n alopecia ariata
baard
’n amper-man

Willem was ’n gentleman

Hy het my wakker gemaak
met drukkies
somtyds bacon
en daar was nie ’n oomblik sonder
sy arm om my skouer nie

Ek was lief vir Willem

Willem het homself met ’n tou gehang

Hulle wou hê ek moes ’n speech maak by sy funeral

Ons was lyftaal
Elmboë en knieë
Voete en hande

Ongemaklik tóg
gelukkig in die klein spasies waar ons mekaar moes akkommodeer
vir my liefde

en sy confusion.

jammer mamma

my vervaldatum gegrif op my
pilboks, drankbottel en gebruikte spuitnaald

my sterfbed ‘n tuimeltreingrafiek:
x2/a2 + y2/b2 = 1 …

sal jy my onthou in díe vervalle hospitaalklere
of
as die groenoog thula-thula wikkelwurm?

potlood in die reënboog van my identiteit

sien my
bêre my in jou sak,
kronkelklippie

jammer mamma.

Mama Africa

on the corner of Bloed and Lilian Ngoyi
she sells breast milk to hungry, blue men
for a currency
stamped with a smiling Mandela
a pipe dream of honey and milk
in a country that said
“I do” in 1994
leaving her to fight poverty
in cheap stilettos
her hips swinging to African Blues
under a jaundiced street light
beside the shebeen
where she reigns queen

her royal baby asleep in a shack
starved and cold

51 Queen Street Mosque

die lug is vol testosteroon
haar liggaam wond
van testosteroon
haar perineum geskeur

van voor na agter
het hy haar gewieg
pompende bevestiging:
ek
is
mag
terwyl rivieroë van grasgroen
dorsloop na seegroen

soos Moses se stok
gekap in die rots
tap
bloed
vanuit haar vagina
vanuit haar anus
op droë grond en vorm:

bloedmodderkoekies

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 449