Quantcast
Channel: Gedigte – Roekeloos.co.za
Viewing all articles
Browse latest Browse all 448

Gedigte van Marie Loots

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Bewustheid van jou

My masker sit gemaklik
pas soos ‘n handskoen
Stories vloei moeiteloos
om emosies weg te spoel

Maar my woorde raak steeks
as jy naby is
en ek weet
die bewustheid van jou
skuil in my oë

Ek sluit die deure dig
om jou uit te hou
my letsels toe te hou

Ek wonder hoekom jy my só raak
en ek kan jou nie vra

Ek moet baklei teen jou
want ek weet

eendag

sal dié bewustheid van jou
slegs
‘n drogbeeld
wees

Langstraat

Ek soek
al lank
na jou
tussen die blaaie
van elke boek

Volg jou op die
spoor van die skrywers
en beland in die boekwinkel
in Langstraat

Waar stofrakke vol woorde
stilweg bely
dat die vroeër jy
eens hierlangs was

Ek soek
nog steeds

na jou …

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 448

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!