Quantcast
Channel: Gedigte – Roekeloos.co.za
Viewing all articles
Browse latest Browse all 448

Portrette in my gang

$
0
0

In Dolf van Niekerk se sesde digbundel kyk hy terug op mense, dinge en gebeurtenisse wat ’n betekenisvolle rol in sy lewe gespeel het.

Die digbundel word as ’t ware ’n klein galery van skilderye wat momente in die skrywer se lewe vasvang.

Die openingsgedig “Vergange” bevat ’n sleutel: Die gedigte handel wesenlik oor daardie oomblikke wat huiwer tussen “aankoms en vertrek”, oomblikke waarin die tyd “saamvloei in die nou / se durende verlede.” Daarom dra die beroemdheid of uiterlike belangrikheid van die onderwerp nie gewig nie: Gedigte oor figure soos pous Julius II, Albert Schweitzer en Peter Blum staan naas gedigte oor die skrywer se moeder wat hy vroeg verloor het, oor sy vader, ’n stoere wildeseringboom en ’n gunsteling-posduif.

Daar is ook gedigte oor magiese oomblikke, soos ’n besondere orkesuitvoering in Tel Aviv, ’n nag by die see en ’n oesdag in die Overberg wat herinner aan ’n Van Gogh-skildery.

Dit is ’n ontroerende bundel waarin die digter nie net sin uit sy eie lewe probeer maak nie, maar ook besin oor beskawing en by monde van Bartolomeus Dias “vermoed: / Afrika duld nie vreemde goed”.

Portrette in my gang

Portrette in my gang

Portrette in my gang / Dolf van Niekerk — Protea Boekhuis, 9 Oktober 2015; 62 p. ; sagteband. — ISBN 9781485302308

Portrette in my gang,
Bettie Blom,
15 April 2016.

2


Viewing all articles
Browse latest Browse all 448

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!