Quantcast
Channel: Gedigte – Roekeloos.co.za
Viewing all articles
Browse latest Browse all 448

Uitnodiging aan alle digters om aan die 2016 McGregor Gedigtefees deel te neem

$
0
0

Die volgende McGregor Gedigtefees vind plaas vanaf 26 tot 28 Augustus 2016.

Digters (internasionaal en plaaslik, gepubliseerd en ongepubliseerd) wat graag oorweeg wil word vir deelname, word hiermee uitgenooi om ’n voorlegging in te dien vir oorweging. Ons soek veral na oorspronklike en kreatiewe aanbiedings wat waarde sal toevoeg tot ons program en ons gehore sal stimuleer en vermaak.

Riglyne vir voorleggings:
• Beskryf jou aanbieding in ongeveer 50 woorde en sluit ’n titel in.
• Maak seker dat jou aanbieding tussen 30 en 40 minute lank is.
• Die aanbieding mag in Afrikaans of Engels en selfs tweetalig wees. Ons verwelkom ook digters wat in enige ander van ons amptelike landstale optree, maar jy moet bewus wees daarvan dat ons gehore tans hoofsaaklik Afrikaans en Engels is.
• Wees innoverend en kreatief en jy is ook vry om saam met ander digters op te tree met gekombineerde aanbiedings, besprekings, onderhoude, ens.
• Stuur asb. ’n kort biografie van jouself, plus enige skakels na webtuistes, publikasies, ens.
• Voorleggings moet gestuur word aan info@mcgregorpoetryfestival.co.za / Posbus 361, McGregor 6708 / faks 086 756 0864 of per hand afgelewer word by Temenos Retreat kantoor, h/v Bree en Voortrekkerstraat, McGregor.
• Navrae: Jennifer Johnson 023 625 1908 / 084 675 1164.
• Sluitingsdatum: April 30 2016
• Indien jy nie teen Mei 20 2016 van ons gehoor het nie, beteken dit dat jou voorlegging vir insluiting in ons hoofprogram, nie suksesvol was nie. Jy is dan steeds welkom om aan een van ons oop-mikrofoon sessies tydens die fees deel te neem.
• Neem asb. kennis dat jy vir jou eie vervoer na McGregor verantwoordelik sal wees en jou eie akkommodasie moet reël. Ons het ’n groot verskeidenheid akkommodasie moontlikhede in die dorp beskikbaar en sal jou graag help met navrae of inligting.

2016 McGregor Gedigtefees

2016 McGregor Gedigtefees


Viewing all articles
Browse latest Browse all 448

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!