Quantcast
Channel: Gedigte – Roekeloos.co.za
Viewing all articles
Browse latest Browse all 448

Die bome reusagtig soos ons was

$
0
0

Hierdie verrassende debuutbundel is een van die eerlikste sienings in Afrikaans van die werklikheid van die emigrant of expat wat Suid-Afrika verlaat het, maar nog steeds worstel met identiteit in ’n nuwe omgewing.

Die kinderjare van die digter word byna deurlopend gekontrasteer met haar nuwe lewe in die buiteland. Die herinneringe is skrynend eerlik en brose familiebande word sonder skroom ondersoek. Klein besonderhede kry reusegestalte in die herinneringe van haar kinderjare en staan skerp afgeteken teen die besef van nietigheid wanneer die ek-spreker in ander kontekste beland.

Die belewenis van die grootstad Londen het soms ’n byna onwerklike en dromerige kwaliteit, asof die digteres sukkel om tot ’n vergelyk te kom met die verplaasde self. Afstand, afsondering en verlange word egter teengewerk deur vlugtige kontak met ander mense, objekte en herinneringe. Die stad met sy glas en beton word byna ook ’n persoonlikheid en word soms direk aangespreek, maar dit is veral die waarneming van die gewone lewe in teenstelling met die bekende toeristiese gesig van die stad wat uitstaan, soms morbied, onverskillig en smerig, maar dikwels ook warm en verwelkomend.

Deurgaans is daar sprake van die spreker se kamera-oog wat objektief probeer waarneem en registreer, maar die ondertoon van melancholie verseker dat die gedigte die leser nie ongeraak laat nie.

Die bome reusagtig soos ons was

Die bome reusagtig soos ons was

Van Hilda Smits se eerste gedigte het destyds by Roekeloos.co.za verskyn. Lees meer by Gedigte van Hilda Smits.

Die bome reusagtig soos ons was / Hilda Smits — Protea Boekhuis, 7 Maart 2016; 52 p. ; sagteband. — ISBN 9781485306405

Die bome reusagtig soos ons was,
Bettie Blom,
5 Mei 2016.

2


Viewing all articles
Browse latest Browse all 448

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!