Quantcast
Channel: Gedigte – Roekeloos.co.za
Viewing all 448 articles
Browse latest View live

Woorde Innituin

$
0
0

Poësie is nie net metrum en rym op papier nie, maar ’n kunsvorm wat uitdrukking vind in en uitgebeeld word op soveel meer maniere.


Met klank en kwashaal en in tale wat tegelyk ’n tuiskoms en ontwrigting kan versinnebeeld, kom verskeie temas aan die bod in dié woordspel deur Antjie Krog, Mannini Mokhothu en Gerald Clark. Dit word ook in gebaretaal belig deur Tebu Kukhali.

Die voordrag in Afrikaans, Sesotho en Engels is uit onderskeidelik die twee nuwe digbundels Mede-wete deur Antjie en A Suitcase of Lifela deur Mannini.

In die eerste gedeelte gaan Antjie gedigte voorlees wat sy uit swart tale vertaal het en Mannini gaan van haar gedigte voorlees. Hulle gaan ook saam ’n pryslied vir Mandela doen.

In die tweede deel dra Antjie van haar eie gedigte voor. In Mede-wete, Antjie se eerste bundel in agt jaar, word temas soos taal, geheue en gewete met ’n nuwe intensiteit en beleënheid hanteer. Dié gedigte laat blyk duidelik haar diep verknogtheid aan haar geboortegrond en haar volgehoue betrokkenheid by en passie vir die land se komplekse geskiedenis en samelewing. Daar is ook boeiende familieverse, verse oor die generasies vorentoe en terug waarin die stemme en gesprekke opklink wat ons elke dag hoor.

Die talentvolle Gerald Clark gaan tussendeur getoonsette gedigte van Antjie Krog en andere sing om te bewys dat die ritme van gedigte ook in lied gestalte vind.

Gerald Clark

Gerald Clark

Die kunswerke van Ilona Petzer, Annalie Odendaal, Erica Schoeman, Celeste Higgs en Mariana Zwaan kan besigtig word. Gedigte is as inspirasie gebruik vir die skep van diekunswerke.

Kom voed jou siel in die buitelug, kom luister na die pragtige klanke van musiek en die krag van woorde. Kom kyk na die skoonheid van kunswerke. Maar bowenal,kom deel in die besondere geleentheid om Antjie Krog, die ikoon van poësie, in lewende lywe te sien en hoor.

’n Ligte middagete word bedien.

Met: Antjie Krog, Mannini Mokhothu, Gerald Clark en Tebu Kukhali.
Kunswerke van Ilona Petzer, Annalie Odendaal, Erica Schoeman, Celeste Higgs en Mariana Zwaan.
Programleier: Annette Engelbrecht

Datum en tyd: Vr 3 Julie 2015 om 12:00
Plek: Suikerbossie Teetuin, Nelspruit
Tydsduur: 140 minute
Gradering: Slegs volwassenes
Kaartjieprys: R112 (ligte verversings en drinkgoed ingesluit)

Geborg deur Clemengold, wyn deur Van Loveren wyne en koffie gebord deur Ciro.

innibos 2015


vry-

$
0
0

Die titel van Gilbert Gibson se vyfde bundel verwys na die Vrystaatse ruimte waarin die digter grootgeword het en steeds woon, maar dit dui ook op die ontglippende aard van betekenis in die alledaagse lewe.

vry- word 24 Julie 2015 vrygestel.

vry- / Gilbert Gibson — Human & Rousseau, 24 Julie 2015; 96 p. ; sagteband. — ISBN 9780798170536

vry-,
Bettie Blom,
29 Mei 2015.

2

Gedigte van Babs van der Merwe

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Mei – Junie

Die koper en goud van die herfs het verbruin en vergeel.
Eersdaags staan die boomgeraamtes swart afge-ets
teen môre-mis en vroeg-aand skemering.
Bedags soek ons son, loop op die krakende lane van koper en goud,
en snags soek ons die warmte van ‘n ander lyf.

Die opbrengs van die somer-oes is meestal verteer.
Slegs droë vrugte en neute is nog getuies
van die arbeidsloon.
En bedags soek ons die son, maak die mandjies bymekaar,
terwyl ons saans die warmte van ‘n glasie sjerrie soek

Spoedig vul die lug met vlokkies waterdamp
wat met koue en wind die kuns van vlug bemeester het
en in ‘n wonder-oomblik skitter in die son.
Bedags soek ons die son, stap verwonderd in die sneeu,
en saans kruip ons vroeg-vroeg in.

Vroeg-oggend praat ons met wasem-aksente voor die mond.
Die wat kan, berei hul vlug;
in Europa het die lente aangekom.
Maar hier soek ek en jy bedags die son
tot ons saans tevrede op ons eie werf onsself bederf.

Snelwegverkeer

Die wiele sing oor die teer;
binne in my is dit skrynend seer.
My gedagtes is ‘n warboel
en ek is een groot denkelose “voel”

Dan gaan my oë oor die stad
En skielik kom die muse, vat
Die silwer linte van teer,
en vleg beelde soos so baie keer:

Ek sien van silwer linte ‘n reuse spinnerak
gevleg oor bome, pale, elke dak,
(wie hou die punte vas?)
Duisende klein kassies wat op die linte pas

spoed daarop voort –
voort tot ‘n ander oord,
iewers waar daar rykdom is,
waar drome werkliheid is.

En ek spoed willoos voort
hoop daar is ‘n poort
na kalmte, rus en vrede
met geneentheid en liefde sonder rede.

Winterwit

Mevrou, kan ek maar die baadjie kry,
lyk vir my u sal nie so koud kry
in u gestopte Alpe-jas,
daar is seker ook nog ander in u kas.

Met die baadjie kan ek donker opstaan en gaan werk.
En Sondag stof ek hom af vir die kerk.
Saans gooi ek hom oor die kleingoed
hoop hulle slaap warm en soet.

Asseblief Mevrou kyk weer,
jou stewels van leer
het nog geen klip of modder gesien
as ek maar net genoeg kon verdien …

Vir my kinders vir pap en sous
en nou en dan ‘n lekkertjie vir die Kersfeeskous
– o, die botteltjie in my agtersak –
medisyne vir die spoke op die dak.

my vriend die wind

Dis dor en uitgedroog, net ‘n dop
waar lewe moes pols en klop,
maar ek ruik die wind;
ruik die druppels van ver af my kind,
bring verkwikking saam
van plekke nou nog sonder naam.

En my oë soek in die blou:
ek wíl nie meer rou!
Maar ek hoor die wind
in die blare, oor die gras my kind,
en ek wil liewer van voor af begin
al is dit met min.

Ek groet die nuwe dag
maar hoor niemand lag;.
ek voel die wind
oor my wange streel my kind
en ek sien die wind se wuiwende hand
oor die vlaktes van my land.

Nuwe lente bring nuwe lewe,
stoot die sap in litte en lede;
en ek voel die warm wind
tintel van lentelewe my kind,
en ék is die kind en weer ‘n nooi,
jonk, vol vreugde en mooi.

dis nou dit

en voor jy nog begin
word die ure in die dag al min
omdat vooruit beplan, besin
die take tot groter beelde spin
as wat jy kan ontgin

my klerekas is vaal
terwyl die awend daal:
geen opwindende skeppings
wat herinner aan afsprake en ontmoetings
wat jou noop
om los te knoop
en uit te spring
en ongeag, eenling,
die vreemde in te loop

moenie wag nie
daar is nie tyd nie
soek die wildste knoop
die rooiste sloop
skep met naald en speld
en net ‘n bietjie geld
elke middernag visioen,
met gepaste kraal en skoen;
beelde nou nog onvermeld

my keel word dik van wellende trane
my gemoed te vol om reg te sien
ek gryp na woorde
na skel akkoorde
om emosies uit te woed
– hoe swaar is my gemoed

breek die boeie wat knel
en laat ons laatnag vertel
van alles lief en goed,
van liefdesvrugte wondersoet
en met vertel sal dit stadig ontvou
die wonders wat jy eens in jou hand kon hou.

vee dan weg die trane
draai maar toe die krane
van Bitterfontein
skink liewer ‘n glasie wyn,
‘n heildronk op die einde van pyn,
lag vir die naderende nag
dit is immers die einde van wag

maar weereens staan ek in donker op.
stilte wat spreek van ander se rus
roep my na buite
waar die mensdom se donker ruite
geheime versluier
en niemand vertel wie kuier
waar hy nie hoort nie
want niemand sê ‘n woord nie

die mis rol aan uit die noorde
(maak dit saak uit watter oorde?)
oneindig sag die beelde gesluier in reën
stilte, vrede, belofte aaneen
van saad, van vrugte en groei wat wag
van nuwe groen, teer en sag

ek laat die stilte in my groei
bly afsydig, onbemoei
asof die hele fel geweld
van liefde, pyn, lewe, dood als wat jou ontsteld
laat gryp na waarheid, sin en troos,
my nie aangaan of raak nie,
so ….. dit maak nooit weer saak nie

slaan jou hardste slag –
ek sal uit my keel uit lag –
bring die digste duisternis
ek vrees nog lank nie uiterstes
lê ek uitgestrek, neergevel –
laer kan ek nie, behalwe die hel
van hoop en hoop vergeefs nog hoop
niks behalwe pyn sal in hierdie lewe tog nog rente loop

maak dus toe die boek
met een versoek
lees maar net
maak dit bietjie pret
om iemand anders se woorde
se sielsakkoorde
‘n oomblik duidelik te hoor
en so jouself te verloor

Herinneringe

Soos kosbare pêrels ryg ons herinneringe
in waardevolle stringe.
Pêrels wil gekoester wees,
wil die warmte voel van siel en gees.
In die stilte van die nag
na die gewoel en gewerskaf van die dag,
vat ons een vir een, vryf dit blink,
kyk diep, laat al die goeie insink.
Dié een is ma – ek sien al haar gesigte –
toe sy my vermaan het, toe sy my getroos het.
Ek sien haar met die skêr, “staan stil, dat ek die mousgate groter kan sny”.
Dié een is pa – ek sien al sy monderings –
sy kortbroek en geswete tuinhoed, sy fiets en werksklere.
Ek sien hom op die sokkerveld, op die hokkieveld.
Dié een is oupa Jan – ons sit voor die kaggel.
En die een is ouma Sarie – sy is altyd daar.
Dié een is my kleinsus Heubrie –
Ek sien die krullebol – van moederskoot
tot kind, tot vrou, tot ma.
Die een is Hennie, my kinders se Godgegewe pa.
Dié pêrel vra meer as net ‘n uur of so,
soos ook my kinders en my sus se kinders.
In al die stringe pêrels – aangetroude familie,
werksvriende, skoolvriende, sportvriende en kennisse
het elke pêrel ‘n besondere plek.
Soos die tyd verbysnel het die eerste pêrel
se spoed die ander pêrels aangetrek,
word die pêrelmassa meer en meer uitgerek
tot die somtotaal verder as die sterre strek.
Breek die eerste pêrel fyn,
bly net rafels in die wind.
Was daar ooit ‘n werklikheid of was alles skyn?

2015 einde Januarie …

2015, einde Januarie
en skaars het Februarie
gesig kom wys
of Maart se winde praat al reeds van ys.
Dit voel mens saans as die son gesak het,
laat jou wonder waar jy die wintersnoesighede weggepak het.

Die nabetragting oor die somer wat so te sê verby is
het baie gehad waarvoor ek dankbaar is:
My vyeboom, groot gegroei en diep in my hart
ondanks die die voëls wat wat dit lok om my te tart,
want díe jaar was die vye genoeg,
het ek nie verniet geswoeg,
het ek die regte lote gelos,
is daar vye by die tros.

Was die boom van die Kennis van Goed en Kwaad
In die tuin van Eden sonder saad?
En indien nie – waar het dit geval?
Op watter berg of in watter dal
sou dit vrugte baar
of is elke jaar sedertdien ‘n slegte jaar.

Want God roep en ons kruip weg
te skaam en sleg
te vasgevang in skuld,
kan ons nie Sy vlekkelose redding duld.
Ons drink liewer wyn
verdoof die wete en die pyn.

Geskiedenis

Van gebeure in woorde vasgevang
is niks nog van belang
nie gevoelens van verwyt of verlang,
nie skilderkuns, beeldhou, musiek of sang.

Die een geslag bly besig
met ontdek, uitvind, oprig;
laat reuse monumente na
waarna net die met geld op hul reise sal vra.
Terwyl die armes krepeer sonder brood,
daagliks stry teen hongerdood,

Seisoene kom en gaan –
niks bly vir altyd staan.
Die ‘wonders’ van die vroegste tyd
verweer en dra die tekens van ‘n stil verwyt:
dat ons met rook en roet en suur verslyt
versnel en prematuur die mens se spore wis.

In elk geval, as al die bouers weg is,
bly daar selde iemand oor wat nog wis
waarom die besondere ou snaar
so streng uitkyk vanaf sy pilaar.
As die snaar gelukkig is,
sal niemand hul vergewis van al sy donker dade;
hom afbring na die aarde,
waar sy kaal gebeente lank reeds verblyk.

Ad Infinitum

Die aarde en alles daarop, nee, die heelal en alles daarin,
sirkuleer, transformeer, verteer, hersirkuleer tot buite beheer en begin
dan maar net weer van voor af aan
te poog om die geheime te verstaan.

Wat was jy nou net, wat sê die wet
wat wag vir jou (of is dit nog te gou);
wil jy liewer nog ‘n bietjie bly of wil jy gly
af langs ongesiene strale, versier met krale
van klinkende zirkone soos spatsels trombone.

Die plant vat uit die aarde
en lê in die grond ‘n netwerk van are
om bo teen die blou ‘n trotse raamwerk te stel
wat wind en weer trotseer en van seisoene vertel.

Droogte, reën, hael, diere, mense, peste kom en gaan,
terwyl bome stil en sonder kommentaar daar staan.
Net die jaarringe sê sonder woorde wat is meer:
swaarkry of die vreugde van son, voëlsang en veer.

Jaloers kom die mens, ontsien jare se groei en oorlewing,
stroop die woud en los nie eens ‘n enkeling.
En jy, Boom, opeens is jy net nie meer hier nie,
voel jy nie die wind in jou blare nie,
of die warmte uit die blou op jou kroon nie;
toe jy trots gestaan het, het jy dit nie waardeer nie.

En jy, Mens, jy wat nie al die jare van die boom geken het nie,
kom stroop, want jou gierigheid en wellus vra nie vrae nie.
Jy vermeerder tot die aarde kreun van die las en uitroep van die pyn.
En tog bly jy dronk van jou eiewaan, verblind deur twyfelagtige sukses se skyn.

Onder die brug

son wat op die water spikkel-flonker,
skadu’s rondom, onder bome mikke-donker,
een middag, duisend maal herroep –
seker nog tot ek op die stoep
my laaste dae slyt
met herinneringe sonder spyt

jy sal nooit weet nie
en ek sal nooit vergeet nie
of dit waarde het
en of dit gehad het
maak gelukkig nou nie meer saak nie
en sal niemand meer traak nie

Lees in die Koerant

Mev. Betroubaar van der Standvastigheid
is onlangs op 98 jaar as gevolg van ‘n siekerigheid,
in haar slaap oorlede.
Sy was een van ons eerste inwoners –
van gedrag, talent en persoonlikheid besonders –

Toe ons op snelweë begin ry het, kan jy onthou,
Was ons gemaan om in ons baan te bly, nee toegesnou:
“Is jy ‘n rondspringbok?”
So bestuur ons die lewe ook.
party wyk uit, soek die pieke, terwyl die ander op een plek spook.

Jy wil seker weet wie is reg –
Is dit hy wat elke skuif met nadenke en oorleg beplan
Of is dit hy wat wag vir die kruin van die golf,
sy spiere span en spring
ongeag waarheen die stroom hom bring.

Waarheid is, in elke oomblik kan jy net besluit
volgens dié oomblik se wysheid.
Het ek maar, dalk moes ek
dien geen doel op die lang duur,
kom net die nou versuur.

Na die lig

Minute word ongemerk ure.
Die ure word dae
waarin gister en eergister vergly.

Wanneer het dit so stil geword,
die huis so leeg
en die kamer so donker.

Hoe het ek hier gekom,
by hierdie plek van net maar wees.
Waar is my hart heen en waarheen my gees.

Soos die sap in die wingerd
saam met die maan opstoot in die takke,
so sal my siel opspring in my binneste

as ek oor Sy grootheid en genade sing,
word my treë vlug
soos ek spoed na die Lig.

Nostalgia

I sit close to where we dreamed,
where the passing of time seemed just a colour of the day,
there was so much to say, to savour, to share
and maybe the truth when we dared.

But all the pictures in my mind
were just illusions of some kind.
Your illusions and mine
simple excuses for celebrations with food and wine.

When all were done
the benefits were none
but memories to recall
when the future is a windowless wall
with no door.

Winterbome

Die somergroen van digte loof
is deur die winter totaal geroof.
Die bome staan daar kaal, elke knoets ontbloot,
staan daar oud, moedeloos, asof verstoot.
Onthou hulle die somerdrif in die are
soos van al die vervloë jare,
die sap wat uit die aarde boontoe bruis,
die wind wat deur die blare suis.
Of staan hulle maar net,
verstrengel in hul eie gedagtenet
vasgevang, onlosmaaklik tot oordenking gebind
totdat die lentewind hul vind.

Vir nou is die musiek van die voëls in hul takke grafstil.
Die koue het ‘n traagheid gebring, sonder wil
tot uitreik na nuwe hoogtes of groei,
sonder verlange na nuwe lewe se bloei.
Die oues peins en tob, versink in die stilte
van nagte se ys en daaglikse kilte.
In stille versugting staan ook die jong boompies
en smag na die loomheid van die somer langs kabbelende stroompies.

Alzheimer’s

Waar stap die ure heen
alleen, alleen, so alleen
sonder mense, sonder stemme
of geluide van voëlsang en wind –
vol van soek en nie vind.

Sou die beelde van dink en doen
so intens met vacuum versoen
dat daar geen buitelyne meer is,
geen vreugde of hartseer.
En niks gebeur weér.

Alles is een groot wollerige, wasige newel
Waarin niemand oorwin of sneuwel.
En waarin geen getuie was of meer is.
Het almal hulle dan verges,
Was alles maar skimme in die mis?

Prentjies in my kop

Straatjies in Mauritius sonder sypaadjies,
woonstelblokke soos kaste met laaitjies
waar mense in holtes en gaatjies
‘n lewe leef, elk na sy smaak en geloof
waarvoor hulle offer, hulself afsloof.

Honde, alle rasse en soorte gemeng
dwaal in die strate, op soek na iets om lewe te verleng-
dis verplig – die Hindoes glo leef en laat leef
al is hierdie hars en dop hoe skeef,
kan mens nog gebedslintjies in die bries laat beef.

By die terminus busse en mense wat wag
vir die tyd, die uur van die dag
wanneer lywe uitgeput in busbankies sink
om deur die venster te tuur sonder dink
net uitsien na die aand se eet en drink.

Die mark het vreemde groente en vrugtesoorte,
mandjies van elke denkbare grootte,
rokke, serpe, sakke (alle soorte),
borduursels, armbande, krale, ivoor
al was hier nog nooit ‘n grootoor.

Kunstig gesnyde pynappels saam met die hitte laat jou watertand
gelukkig word dit sommer verkoop uit die hand,
kan jy kies – met of sonder kerriesous-
die ou is ‘n goeie smous,
kou jy gou en sluk die koel pynappelsous.

Meeste arm huisies het dakke van beton
om later vloer te word vir nog ‘n vlak as dit kon –
want Februarie is sikloontyd
en sinke sou jy moes soek ver en wyd
na so ‘n storm en stryd.

Besoekers sien net witsand strande
bly onbewus van arbeid van ge-eelte hande
wat vir almal van verre lande
moet sorg vir ‘n bietjie plesier
en moet toegee aan hul elke gier,

Vir laas kyk ek af en sien die see, groen-blou
soos ‘n spieël onder ons oopvou.
Die eiland dryf in die golwe soos ‘n reuse juweel
waarop mense baljaar en waarom dolfyne speel
met perfekte choreografie, altyd bereid om hul skoonheid te deel.

 


 

Nuwejaar op Geluksdam

Môre is weer Nuwejaar (en Oupa Jan
verjaar).
Almal sal hier vergaar:
familie, vriende nogeens almal bymekaar.
Ouma Sarie hou die leisels met geduld en
liefde vas –
die tannies – tannie Miem, Miempie en
Tiena – moet die disse netjies pas.

Boeboe bring die droë skaapbossies van die
veld,
stook die buite-oond met toewyding en
geweld-
die Ounooi wil ‘n warm oond vir die tertjies
hê.
So nie sal die volkies les opsê.

In die koeler agter die huis onder die
bloekom
kom die gemmerbier tot wasdom.
Kinders probeer kort-kort proe
van konfyttertjies en bier, maar Boeboe
sien alles en maak betyds alarm.

Dis somer en op die plaas is dit warm,
soos dit net in die Karoo kan wees.

‘n Loomheid hang oor die veld, skaap en
bees.
Van vroeg af kom die pêrekarre by die
voorhek in,
ry windmaker by die laning peperbome in
en gooi ‘n wye draai voor die opstal.

Hartlike gegroet en gelag vul die lug.
Kinders verlekker hulle met neefs en niggies
lanklaas gesien, hardloop en gil van pure
plesier.
Aanstons moet die oudste niggies gaan
help.
Dan staan die tafels gedek,
Jy kan maar solank jou lippe aflek –
maar vandag eet die kinders eerste
(anders as by meeste familie feeste).
Die tannies bedien hulle, aartappels, vleis,
groente, beetslaai, rys
en eindelik gestoomde poeding.
Daar was trippense in, eers gekook.
As jy nie één raakgebyt het nie, het dit lank
by jou gespook.

Die grootmense sit aan met wyn by die ete.
Die kinders het al weer gaan speel met die
wete,
vandag is die verpligte middagslapie

vergete.
Tussendeur eet hulle konfyttertjies,
drink hul gemmerbier en kry by oupa
winkellekkertjies.

Laat-laat middag word die pêre weer
ingespan, die kinders geroep om te kom
groet.
Selfs na die laaste pêrekar deur die voorhek
verdwyn,
bly die gees van welwillende samesyn
soos balsem oor die opstalle en lanings
hang.
Herinneringe sal deur die jare nog getuig
van Oupa Jan en Nuwejaar op Geluksdam.

 

Hennie

Kreukels van lag by die hoeke van jou oë
onder gevlerkte wenkbrouboë.

Jou songebruinde vel verhelder deur flitse
van kerslig se blitse.
Ek kyk peinsend, betower.
Jy kyk op en verower.

Jou stil, bedaarde glimlag,
soos lente na die winterwag,
laat dit warm word in my,
maak my menswees bly.

In die donker in jou arms gevou,
koester ek my en bly vertrou
dat dit altyd so sal wees –
JY my vesting teen vrees.

Jy word my skild teen leed
wat my met liefd’ oorreed
om elke nuwe dag
met blyheid te verwag.

Ek dank die Heer vir jou
en bid dat Hy jou veilig hou.

 

Kromdraai se boeresport

By Kromdraai se boeresport
is die broekies styf en die rokkies kort.
Die lywe rooi gebrand,
speel die kinders in die sand.

Die spiere bult en lywe sweet
tussen baie lag en lekker eet.
Perde maal in die stof
tot hul langmaanhaar in die eerste skof.

Wulpse meisielywe vlug en lok
so om die beurt die bok,
tot hy rasend hyg,
oor vrou en kind maar swyg.

Die vrouens lag so uit die keel,
is min gepla met soentjies-steel.
Genoeg om stil te sit en puf,
hul susters met ‘n pouz te bluf.

As die son die aand kom sak
word alles opgepak –
ook die wellus van die dag.
Vergete is die skril gelag.

Môre dra hulle weer
“mevrou-skoene” – egte leer –
trek die rokkie oor die knie
sê nie pruim nie.

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Gedigte van Evelyn van der Merwe

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Dood se gloed

Flappend, klappend
spikkelvalkvlerke
lense vasgenael op –
niksvermoedende prooi
dan tjoepstil, blitsig
die snel wissel-aksie
sy vaartbelyn veerpyl
klief koud deur die lug

Vlymskerp kloue
soos kaak van draak
pen soogdier vas –
in veld met geweld
kragtige snawel
verskeur, verslind
vou dan netjies
om pap binnegoed
in twee piep-glasogies
weerspieël dood se gloed

Hanepootkroos (2)

Geelgroen, half oorryp
hang jy hoogdragtig
in hanepoot wingerd

Wag jy in stil geduld
vir snoeiskêr vroedvrou
om naelstring te knip

Soos uurglas leegloop
swel jy tot barstens, wyl –
soet vrugwater drup

Ovaal kinderkorrels spat
soos jy plons in die krat
so word jul versigtig
op die wa weggevat

Bitterbessie beloftes (2)

Bitterbessie beloftes
in lanings, in rye
word gepluk, gestroop
onordelik gestapel
op vuurwa van hoop

Onnet en onbeplan
in grys sakke verseël
om aan oorversadigde
emosievolle mark
woes, wild en wakker
voetstoots uit te deel

Sou jy dan ook besluit
om dit spotgoedkoop
in ontvangs te neem
weet dit -vir ‘n feit
jou totale menswees
word kaalgestroop

Rypskade

Soms word ons woes
deur lewenswind gebuig
met kronkelkrom stingel
draai ons gebukkend
elk rug op mekaar

Besigtig sorgvuldig
neonlentekleur,
wat gesig openbaar.
Word nie so geflous,
want diep daarbinne ̶
vreet wurm dalk klaar

Gee geel geurig’ roos
uit God se eie tuin
sny skerp dorings stomp
so sal jy dan ook vind
dit bring opregte troos

Sprei ’n donskombers
oor rypskade aangerig
spog nie met eie bloeisels
maar let sorgvuldig op ̶
na krom knakke en kneuse
in ander se stam en blom

Konkawe gedagte

Grysgroen oë gluur terug
uit ‘n stil-spieël-refleksie
sy merk bekende glinster,
hoor ‘n skaam, skugter lag

Staar na sagte, skewe strate
deur lewenspotlood geskets
wasem en verberg- vinnig –
vodde-flentersiel-venster

Gesamentlik deel hul mee
in vreugde, vrede en smart
as son skerp weerkaats,
word hul gevoel getart

Sy eien jou elke gedagte
deel jou grys-grou gewete
onthou toeka- herinnering
van drome reeds vergete

Leer my die kuns

Om myself te gee
nog ‘n bietjie meer
salf aan eina’s –
van gister te smeer

Leer die wag
voor my mond –
om te oordink,
slegs dan te praat

Leer my arms
om uit te reik
na flenterharte –
binne my bereik

Leer my om meer
as net lief te hê
aandagtig te luister –
na wat ander sê

Leer my lense
om prag te aanskou
afstootlike beelde –
ekstern te hou

Leer my oorskulp
om golwe te blok
kras, kru-woorde –
te bêre in hok

Leer my tog net
om myself te wees
sonder voorgee –
niks te mag vrees

Vredesvuur

dis donker, dis nag
êrens in die verte
‘n hiëna wat lag

dansende vlamme
wat knetterend knars
en druppende hars
wat plons in die as

‘n helder kampvuur
in oranje getooi
bo die sterrehemel
wat skitterkombers
na horison gooi

brulpadda gekwaak
vul die rietjiesvlei
word ritmies mooi
deur krieke begelei

moerkoffie aroma
vul die atmosfeer
en heuning druipsous
op vlakvarkrib
verleen aromatiese geur

hoe wonderbaarlik
om als te hoor en ruik
en hoe salig die vrede
in die Bosveld se buik

Refleksie skerwe

Deur konkaaf-refleksie
drog ’n spieëlbeeld –
aan haar welbekend
tog deur die splinters
van glas en skerwe
gruwelooslik geskend

Die eens porselein gelaat
nou rimpelend geplooi
litteken letsels wat dryf –
laat starende ewebeeld
met snikke en rukke
in eie spoor verstyf

Spasma balvuis tref
met dowwe donderslag
die gedrog in sy raam
soutdruppels rimpel
op ‘n enkel skerf glas
gillend weergalm haar naam

Solank ek kan

solank my menselense
onderwerpe onderskei
sal ek uitkyk op die lewe
aan noodsaaklike wy
raaksien wat die res
blindelings ontwyk
geslote ooglede so
strompelend aanstryk

solank my brein
normaal funksioneer
wil ek ander om my
lewenslesse leer
herinner aan hulle
wat minder besit
op my eie knieë
nederig vir hul bid

solank stembande
trillend vibreer
sal my twee lippe
suiwer taal formeer
om daarmee dalk
vertroosting te bied
of net onse Vader
se wil laat geskied

solank my hande
raakvat en rondtas
moet ek as my plig
mede-gelowiges
wat lewensbus verpas-
se bose gedagtes
die wyk laat neem
en positiewe denke
nie laat vervreem

solank spiere in bene
sterk breinseine kry
gaan ek voortstap
die verlede vermy
dalk die nouste –
swaarpad probeer
dit alles sal ek doen
tot Sy lof, wil en eer

Wens ek kon net

wens ek kon net
van nuuts af leer
kruip, praat, loop
kronkelpaaie stroop
wandel in geharkte lane
van menswees se hoop

wens ek kon net
wrede woorde uitwis
nie ooglopende betwis
wag voor die mond
in die wonder van –
Sy genade berus

wens ek kon net
vrede en liefde omvou
sonder diep grysgrou
van gisters se berou
ware drome aanhang
soos gom dit vasklou

wens ek kon net
kosmos loop pluk
met sagte pastelkleure
in ’n vreemde se land
met aroma van geluk
dit in my eie hare druk

wens ek kon net
sewentig keer sewe
oortredinge vergewe
want dis soos dit hoort
net huppellag en neurie
vir die kromskewe lewe

wens ek kon net
stil-stil – tog haas verdwyn
na Sy gloed wat skitterskyn
tussen berge en klowe
gemoed en siel verkwik
met God’s propvol kosblik

wens ek kon nie
talmend kerm en kla
my pad is reeds beplan
al wat ek dan nou vra
Here – nie my maar U wil-
maak net my vrese stil

Ek is maar kosmos

Saamgebondel in
geen spesifieke vorm
gerangskik in pastel
langs roes doringdraad
’n paar indringerbome
bied skadu-beskerming
oor ons wit, pers, pienk
sagte skakering

Ons neurie treurige wals
op die wieke van wind
halfpad deur skrapse
reëns, stof verslind
ons bly die natuur
se pragportret
deur Sy hand self
gesaai, neergeprent

Natuurpalet

As die vuurbal se strale
goud spikkels verskiet
word kosbaar’ ultraviolet
oor kloof en vlakte gegiet

Sonneblom bloos skaam
in hul heldergeel raam
wyl gesiggies en rose
sag wieg in die wind

Eenkant blêr ‘n verlore lam
in die stoomwolk van ‘n kraal
maar as die mis eers gaan lê
sal sy ma hom wel kom haal

So ontwaak die wonder
van God’s natuurpalet
want die lewens horlosie
tik-tik om dit snel te belet

Skenk my

Skenk my genade, geduld,
sonder strompel-struikel –
hierdie heel laaste myl
op lange lewenspad,
elk enkel tree vir tree,
in U genadebaan te gee.

Skenk my lewenslang-lense
wys my U lig vir my voet,
ook U lamp vir my pad,
ek wil waarneem, wandel,
waar U kompas my vat.

Skenk my langdurig’ lugweë
teue vol aroma-geur,
van U wonderskepping,
wees U my sielsgenoot,
skenk my vrede, genade,
onverdiend – want U is groot.

Vergewe my dit

Vergewe my onbedagsaamheid,
wanneer jy water vra –
ek slegs sand aandra.

Vergewe my selfsugtigheid –
deur son vir my te hou,
terwyl jy in donker rou.

Vergewe my onverdraagsaamheid –
as dorings in vlees steek,
my nuwe blare deurbreek.

Vergewe my onnoselheid –
in stede van plek te maak,
ek jou kroonblare kraak.

Vergewe my onbetrokkenheid –
as jy alleen eenkant staan,
ek blind is vir jou traan.

Vergewe my negatiwiteit –
oor blomtuin hoeka verlore,
deur toeka se geslote ore.

Vergewe my nie realiteit –
dat ek steeds knielend bid,
God sy Tuinhand hier spit.

Ek skryf vir jou …

Ek skryf vir jou met skulpe op die strand
onderstreep met die palm van hand,
‘n hoepelsirkel trek ek met sagte wier
en verlig dit helder met droë palmtakvuur.

Ek krap harte met ‘n tortelduif se veer
(in die bosveld) teen die stam van ‘n soetdoringboom;
met ‘n harde doring krap ek die pyltjie deur
en plak met boomgom ons foto onderaan.

Jou naam staan gespel in marmerwit spoelklip’
(in die spruit aan wal) met grassade perfek in ‘n vierkantraam;
tevrede staan ek terug om te betrag
‘wyl jou naam in my keel aangenaam vibreer.

Ek noteer met my wese
(in jou hart) liefdeskodes wat net ek en jy ken –
sodat jy dit binnekort, blitsig kan ontsyfer
en ‘n antwoord kom laat dat jy my tóg stellig ken.

Jy is my

Eerste doudruppel op roosblaar,
stewig’ anker in stormwind,
’n voortbeur wind-tentseil,
deur onweer en onheil.

Rots waarop ek vastrap,
as wankelvoete sou gly,
kus van my oggendson,
sy-sag toeweef kokon.

Tarentaalkolle in my skets,
met skitter- goud omraam,
voortdurend’ brulpadda-klets,
stewig in geheue afgeëts.

Onthou my net

As ek binnekort vergeet,
om bekende gelaat
duidelik te eien
strelend-helend’
omgee-aanraking,
soms as dreigement,
met afsku beskou.

As my eens atletiese,
ferm beenstruktuur,
goudbruin-seepglad,
vel, lyf en gelaat,
verander in skewe
kronkel padkaarte,
bruin oumakolletjies,
angstig aangluur.

As ek jare lange –
troetel-naampie,
nie kan herroep,
want met dekades,
het uitveër onverpoos,
gewis en leeggemaak,
byna elk denkbar’ groep.

As ek kopknikkend –
starend- nikssiende,
na saffier-blou oë staar,
sal jy my kreukelhand,
stewig in joune verberg,
my steeds beskerm,
teen vreemde gevaar?

Miljoene myl–mymering

Pikswart perdepote
skets halfsirkels in sand,
stomend’ neusgate vleuel,
in sy grynslag geen teuel.

Maanhare wind-wapper,
ruiter raak weer kind,
miljoene myl–mymering,
verberg in stofwolk was.

Figuur en fors-hings,
smeltend stil saam,
raak stippelklein ets,
teen die rooibalgloed.

Snel so ongestoord,
op duet tog voort,
as hul vry – vol vrede
oor horison verdwyn.

Ek wil maar net

Ek wil maar net reik –
na ontoereikend ster,
uitbundig, uitspattig,
rondomtalie om maan,
met walvis, haai, dolfyn,
formasie- rugslag-swem,
nie ‘n flenter omgee,
sou wêreld vergaan.

Ek wil maar net ruik-
aan Namakwaland-prag,
druipnat deur reënwoud,
skaars spesie soek,
vrede, vrywees, geluk,
maar nou is dit als –
in die stukkende,
wêreldweb gekoek.

Ek wil maar net luister –
na vader tyd se tik-tik,
dit stadig terugdraai,
sandkorrel-versteen,
maar gaan die maan,
se laaste lang straal,
hard en onwerklik,
my na aarde pluk?

Vir jou

Wat weinig ontsien,
om my sterk te maak,
op swewende vlerke,
van wuiwende wind,
aan elk’ wolk laat raak.
Jy verf my karige bestaan,
vol spektrum van kleur,
skenk dan die aromas,
in sagte jasmyngeur.

Wat saam struikel-stap,
daagliks hand aan hand,
huppelend, giggelend,
oor berg, koppie, rant
verskaf jy aan my,
oorweldigend’ hoop.
rede vir voortbestaan,
sorge kaalgestroop.

Wat emmers vol koester,
in sagte holte van arm,
met oë rustig geslote,
hou hartklop my warm,
slaggereed om lewensgevaar,
wyd buite bereik te hou,
wanneer jy beskermend,
streel-arm my toevou.

Vra my dit

Vra my nie
My verdraagsaamheid –
dis in ‘n put gedompel,
na ’n vreedsame land,
se helse verdeeldheid.

Vra my nie
my geduld en hoop –
dit het verlore geraak,
want ek is totaal kaal,
van menswees gestroop.

Vra my nie
my skatte wat blink –
krummels word gevreet,
neffens kerkmuis in spleet,
want die bo-wêreld stink.

Vra my wel
My vrede en geloof –
want my lewenstou,
is stewig geknoop,
in Sy Hand van Hoop,
niemand maar niemand,
kan my daarvan stroop.

Woorde akkoorde

Aanhoudende kusse,
liefderyk geplant
ooglede, wange,
sagkens in voorraad.

Soos tintel van lou lippe,
onverpoos voortbeweeg,
tap uurglas-spanning,
in enkel minute leeg.

Gedagtes, geraamtes,
blaas asemhaal wind,
as woorde akkoorde,
toe oortonnel vind.

Buite in bosveldnag,
skree sonbesie-kind,
elders opdryf-lelie,
het ‘n brulpadda –
ook sy maat gevind.

Verbale tornado

Verbale vuur sweepslag,
kloof-spleet hoof aorta,
tot organe stom protesteer,
ongeloof kom manipuleer –
doofstom, starend, vraend.

Eens sprankel-skoon stroom,
ligte bries en glaskasteel,
sprokiesverhaal drome,
word wreed van betekenis
deur woord-wind gestroop.

In die plek daarvan –
ruis en druis dof,
onstuimig’ pekel-see,
kegel ‘n tsunami,
tol-draai die tornado.

Langsaan loei leweloos –
sirene-wind in barre woestyn,
ineengekrimpte parapleeg,
moet kruipend, sukkelend,
dieper in grot beweeg.

Leef jou droom

Vang hierdie mal mot,
voor hy dwaas en blind,
sy fladdervlerke –
in kersvlam verslind.

Hang hoog halfmas,
oor gevaarlike krans,
tot die kloof se wind –
in jou kuif kom dans.

Jaag vir koggelmander,
streel sy growwe kop,
hoor die brulpaddakoor –
tot net duskant sonop.

Voel ronde rivierklippe,
jou voetsole masseer,
drink uit helder fontein –
naby die berg of meer.

Klouter aap-voet op,
in die hoogste boom,
staar na die horison –
en leef jou droom.

Ou doringboom

Wortel-anker in Bosveld,
pronk jou volkleurprag,
getooi in duisend blomme,
geelgoud-son in jou drag.

Jy bied die lawe-koelte,
op ’n warm snikheet-dag,
so herwin ons daagliks,
kosbaar’ lewenskrag.

Skurwe, donker bas,
wit doring-wapen,
drup jou eie hartseer gom –
oor ’n stam lank reeds krom.

Somer-soet liefde

Soos die sagte ritseling,
wind deur boomblare,
tokkel smeulend jou sjarme,
op my reeds teer hartsnare.

Soos diamant-glinstering,
doudruppel op blom,
weerkaats unieke boodskap,
in pupille vol gevoel getap.

Soos sekelmaan waghou,
oor sterrestelsel saans,
wieg ons in beswyming
‘n droomvanger-dans.

Soos ontelbare korrels,
styf-pers woestynsand,
flikker ons omgee-kers,
wat nimmer sal uitbrand.

Soos sappige lippe,
smagtend ontmoet,
is geluk vervolmaak –
in liefde se somer-soet.

Die lente sal kom

Son suig elk kosbaar’ druppel,
spoeg dit telkens elders uit,
soos nuut-vorm stroompie
wat uit skoongewaste –
verdorde harte spruit.
Soms drom donkergrys,
donder- stormwolk saam,
om yskoue winter-lem,
wat deur weefsel sny
maar lente sal verskyn
bloeisels sal dit beaam.

Vlammevers dans

Wanneer kersvlam kromtrek,
flikkerbeelde nadersluip
op riffels van klipmuur dans,
laat ek soutdruppel vreugde
vrylik rondomtalie ontsnap
word dit in stortreën uitgetap.

Hul word vloeiend verswelg
deur ru-vesel in vel papier,
wanneer hartseer van gister,
vandag se drome inhibeer,
soos ek starend na flou lig
diep in liefdes-kluis delf –

sag jou woorde repeteer.

Kelk-hand omgee

Sprinkel silwer sterre-stof
waar jy langsaam lui wieg
in die hol-buik van die maan
blaas ’n ligte liefdes-kus –
na waar ek wagtend staan.

Wanneer jy wenteldraai,
naas snikhete son,
gryp ‘n goudgeel straal
voeg agt grade kwik by –
vir my warm feëverhaal.

Skep ses sakke sand
by blou onstuimig’ see,
soek ‘n sierlike skulp.
As jy veilig terugkeer –
sal ek my oordrom gee.

Volg die geur en aroma
van seldsame orgidee
pluk dit sag versigtig,
bewaar dit teen jou hart
tot tyd en wyl jy self –

dit kelk- hand aan my kan gee.

Verlore seun

Vuil, vodde met stank,
nader jy gebukkend,
smeekbedel halfhartig
om ‘n aalmoes of twee.

Jong verlore seun,
skaars halfpad man,
huiwer jou lewe klaar,
deur doodsvirus –
wat in are opgaar

Waar is jou ma en pa,
wat jou haweloos laat
om hier te kom smeek
in die besige straat?

Is hul nog bewus van jou,
of het hul aan beweeg,
na virus se hellesteeg,
kyk hul slegs anderpad,
na waar rykdom hul vat?

So vries die uurglas

Wange veerlig, veilig
in handpalms gekelk,
praat oë woord’loos
want beide onthou –
tye van saamsmelt,
volkome behoort,
vry- ongebonde
sorge oorboord.

Wedersydse besef,
klankloos verstaan,
waaroor die unieke
weelde- oomblik gaan.
Herinnering kleurvol
in rooi, wit en goud
veilig diep opgesluit
in kis van geelhout

So vries die uurglas,
sandkorrels versteen,
vir etlike oomblik
vir ewig – net een.
Ritmiese hartklop
tik lewens voort
want deur Sy wil
is dit hoe dit hoort.

Met hartspante omvou

Menige male sonder tal
as ek jou ruimte binnetree,
jou met hartspante omvou –
is dit of ek skielik onthou,
dat daar distels en dorings lê,
wat been-diep kerf en brand
soos gloeiende kole vuur
en vir ewigheid bly duur
trippel ek katvoet verby,
begrawe dit diep in ‘n kelder,
want skitterpêrel wat ek koester
klap summier toe soos ’n oester.

Digtersink

Eens sterk vloeiend’ bloed,
van digtersink het verdamp,
verlore geraak tussen sterre –
en blomgeur’ se jasmynsoet.

Skêre van gister se onthou,
het geheuebank kortgeknip.
Woorde warrel woes en wild,
in ’n saamgekoekte web,
tydelik nou saamgevou.

Geluide bly hol afwesig.
stene van diepdenk-mure
wieg brokkel-broos –
as dit fyn verkrummel,
neerplof in misstof
klankloos op papier.

Styf-pas maat

Die geruis en bruis van
borrelmassa water
wat vloeiend kronkel,
laat haar stil raak, versteen
deur Sy Grootheid geboei.

Hoog bo nooi geelvink sy wyfie
om weer nes te inspekteer,
koppie skeef en tenger lyfie
beduie sy – probeer weer.

Eenkant op ’n spieëlglad’ rots
slaan koggelmander als gade
as hooggeagte, natuur se trots
blou kop omhoog, vol bravade.

Elkeen kort ‘n styf-pas maat
vink, reptiel, selfs die mens
‘n opreg, eerlike kameraad
is dit dan nie wat almal wens?

Deur jou oë

Ek sien deur jou oë
diepkraakplooie wat raak-praat,
hartkontoer ‘n heimwee padkaart,
bruin vlekkies wat storie vertel –
van ure in die son, dae vol hel.

Ek sien deur jou oë
skewe knopskouers moedeloos gehang,
rimpelhande wat eens sekuur kon vang,
voete wat skuifelend, versigtig trap
elke tree wat energiebron leegtap.

Ek sien deur jou oë
’n gees gevul met genade van Bo,
helder verstand wat nog bid en glo,
rooi ritmiese hart sonder enige smart –
hoof hemelwaarts wat Sy liefde weerkaats.

Uit ‘n boomlens

Stom staan jy – starend,
na grusame toneel
wat hom herhaaldelik
in jou skadu afspeel.

Seksueel aangerand,
agter jou rug – beide hand,
vasgebind met leerlyfband,
vrot stanksweet wat brand.

Hoor jou skrille gille!
eggo vergeefs verlore,
in vlak-graf word jy gelos,
as brommer-aasvoëlkos,
in hierdie verlate helbos.

My tenger takke treur,
boomgomtrane drup,
weer en weer en weer –
soos my stam stukkend skeur.

Jou ganse lewe lê nog voor,
tragies om dit nou te verloor,
ag Here hoeveel keer –
gaan dit nog hier gebeur?

Ek lief jou

Jou sekelmaan glimlag,
ondeund saffier-sterre,
wat polka om pupille,
bring goudgeel prag –
in eens droewige dag.

Jou piesangtros-hande,
se gebaretaal praat,
met lettergreep vingers
wat skets en beduie –
van ’n ou-ou verhaal.

My eerste

Jy het ligvoet getrippel
deur my hart se gange,
in sandput van smart,
het ons speels – saam –
die liefde loop tart.

Jy het onthou
wat my gunsteling liedjie is,
vals dan saam geneurie,
as ons op lappieskombers
saam op rivieroewer rus.

Jy het geluister
na die stem van oseaan,
waar sy weemoedig stom,
tog vreemd strelend –
haar heimwee lied golf.

Jy het geraak
aan doudruppel-trane,
met rugkant van hand
soos hul biggel oor wange –
ek my hart opnuut verpand.

Jy het geruik
aan die lente van liefde,
vroeë bloeisels gepluk,
dit dan versigtig, sag –
in hartkamer rangskik.

Dit wens ek

Ek wens jou
oneindige vry-vreugde
sodat jou barre gemoed –
transformeer na lente.

Ek wens jou
bitter smart en pyn,
om klein lewensdiamante –
grotesk vir jou te laat skyn.

Ek wens jou
hittestrale van die son,
omdat dit juis jou uitkyk –
jou houding – manipuleer.

Ek wens jou
Gods blou-beker reën,
vol trane van geluk –
as jy reënboog gewaar.

Ek wens jou net genoeg
om dag vir dag te neem,
met geen bekommernis –
berus in Skepper-seën.

Langenhoven-les

Kom nie met agterkant
na iemand anders aan,
hul mag dalkies net
verkeerd verstaan
dat jy alkant-selfkant
duplikaat vertoon.

Was daar geen winter,
sou die lieflike lente
nie aangenaam wees.
Met geen teenspoed
sou jy welvaart vrees.

Al is jy op korrekte spoor,
word jy dalk net omgery –
indien jy net daar vertoef.
Maak geen oop- deur
net onomwonde toe,
jy mag dit benodig
iewers ver vorentoe.

Ouderdom laat plooie
op eens mooie gesig,
maar plooie op die siel,
word deur die gebrek –
aan geesdrif aangerig.

Wees nie bevrees nie,
vir donker skaduwee,
want iewers daar naby,
bring dit helder lig mee.
Hou dus jou woorde,
soet en aangenaam,
jy mag binnekort net
straks self moet sluk.

Nagmerrie-brief

Vou-vir-vou versigtig oop,
adem in – ou bekend’ geur
wyl skeurwoorde dans –
word ek hard en werklik
van menswees gestroop.

Sy skryf – ek moenie treur,
haar liefde het verdwyn
en in blou nat trane-klad,
wat uit my hartkamer spat
voel ek die intense pyn.

Hoe kan dit totaal, finaal
hier op purperpers papier,
onomwonde net staan,
dat haar liefde nou taan –
weggeblaas na die maan.

My ooglede sukkel bewend oop
ek kyk stip en kus haar sagkens,
op haar slapend’ brose wang
sug met giggel verlig, want –
amper het nagmerrie vasgevang.

Hartseer illusie

Moeë maanligstraal
het jou pad flou belig,
teen jou fluweel vel,
rein soos porselein,
dit terug weerkaats
in jou stram gesig.

Kalmte het sagkens-
veerlig neergedaal,
soos son en waters
mekaar soengroet,
is jou hartseer illusie
eensklaps weggeraap.

In verbale vry-vlae
van wind weggedra
soos winter-asem
wat in mis verdwyn,
in snikhete stil-hitte –
van dorre woestyn

Hoeveel van hierdie

hoeveel keer in vergane jare
bakhand gedrink by bergstroom,
rou-voet gestap deur barre land,
bloots op esel se rug geknyp
kosmos loop pluk in niemandsland

hoeveel druppels soutsproei geproe
langs strande geskulp en seewier,
in half-son hand aan hand gestap,
herinneringe aan die tye saam
met somer en lenteharte
wat liefde alom weer beaam

hoeveel sakke sout saam gedeel
agter skaapkraalmuur op plaas,
kamtig skelm soene gesteel,
teen windpomp met kind-vermaak
speels geklim en geklouter
dan bo luister na sy kierie kraak

hoeveel ure het volmaak afgetik
wyl ons natuur en omgewing indrink
sal daardie skitter-son weer skyn?
durf ons waag om wedloop te herhaal?
of gaan die blink in dof verdwyn
gaan harde samelewing ons laat faal?

Jy is die

eensame koggelmander
wat ek versigtig gevang,
getroetel en bewaar het
sodat jy kan deel wees
van sy hartseer verhaal

aangemaakte sement
wat my hart-mure omsluit
om krake en skeure
dig toe te messel
so indringers te stuit

smaak van heuning-stroop
wat die soet binne my –
menswees-mure laat drup
as ek my sielsgeheime
sag daarin loop doop

Piet-my-vrou se roep
wat lawe-liefdesreën
oor my bestaan uitstort
as ek ver-verlangend
jou inwag op my stoep

Vyand se kind

Spookagtige waarsku-roep
skeur deur swanger stilte,
van snikhete Bosveld nag.
Iewers in donkerdiep holte
beskerm moederboom
haar kosbaar’ donsige vrag.

Knaagdiere haas-skarrel
na beskutte wegkruipplek
want hul eien die stem
van geveerde vyand,
waar naguil grootpupil
mikroskoop skandeer.

Hul besef maar alte goed
dat kom reën of wind,
honger vyand se kind,
gaan nie faal vanaand
een van hul maters
gaan in hierdie stil nag –
bitter vir sy lewe boet.

Die tuinier

Reënboogkleur-lappieskombers,
wit, oranje, geel, pienk, pers,
vertel elk hul sprokiesvers.
Grasgroen grondbedekking
met spikkels hier en daar,
deur natuur se eie verfkwas
pronk op elk’ groenblaar.

Lelies, jasmyn en katjiepiering
sprei geur in wind se wange.
Soet stuifmeelstof vlokkie-val
dartelend oor beddings rond.
Rose kelk oopbek in prag
staan soldaat-penorent,
salueer vader son wat lag.

Tuinvoëls sopraan die lente,
en bytjies dra hul volle vrag.
Tuinier skaterlag twee-tand
soos hy snoei, spit en hark
want elk lente-geboorte
aanskou hy self-skep trots
saam Skepper-speelpark.

Oseaan-skets

Krag-wind struktureer jou hemelwaarts,
sonstrale jou pieke skitter-weerkaats.
Met skuimbolmassa tol jy om en om
tot jy kalm, rustig aan jou einde kom.

Trek dan skewe voortjies deur poele.
Saggies is die sywaartse krappie- bots
as bruin spoegskuim klots teen rots.
Ritmies gekartel soos ‘n skilderhand
lê speeksel van seewier, skulpe op strand.

Verskeie enorme skip met kosbaar’ skat,
verorber, geknak, flenters-vodde gebreek,
oorblyfsels skelm in bodem-buik versteek.
jou horison ontoereikend, wasig, misterieus
deur menige bewonder, maar tog erg gevrees

Spierwit lelie

Daar het ’n spierwit lelie
regs langs ‘n rots gestaan,
almal het dit bewonder
wat daagliks daar verbygaan
skielik hoor mens die donder
die weerlig teken ‘n pad –

nou vries ieder en wonder –
sal lelie die aanslag hanteer?
Bekommernis was oorboord
want plantjie staan ongestoord
en op sy spierwit blomblaar –
skyn reëndruppels wat terugstaar

Wonder jy

Wonder jy oor noodlottige implikasie
wat dit op oorbevolkte mensdom sou hê,
as hemelkanale summier gesluit word
geen druppel reën van seën meer stort?

wonder jy oor die unieke prag
in reënboog kleure wat dans in blomme
wat skielik vaal, onaantreklik vertoon,
sal dit dan wees ons verdiende loon?

wonder jy oor die reuk van vars mis
wat stomend in krale, velde en kampe,
vroegdag stomend- warm oprys
sonder reën word spesies uitgewis

wonder jy oor die infrastruktuur
wat meer-en-deels moeder aarde bedek
hemelhoë beton-oerwoude, stapelwonings
kontrakteurs wat noodgedwonge staak, onttrek

wonder jy oor wat ons kan doen
om gebeurtenis te verhoed
kom knielend, eerbiedig neer
gee aan Hom al die eer –

wonder nie meer …

Vasgevang

Skerp snydende swaard
van berus, berou, haat –
kerf, verskeur en verweer,
kloof worteldiep en wurg
diep binne elk been en murg,
tot laaste snikke uit lyf ontsnap
in herhaalde doodsgreep wurg

Onegalig flou die hartklop
wat met ieder power pomp,
meganies bloed vry laat vloei.
Soos nagmerrie-riller rolprent –
swart-slang gedrog in hoofrol.
Hoendervleis-koue, kil vrees –
weer en weer en weer groei

Een maal nog

net een maal nog
sou ek van hulp wou wees
om haar yl haartjies sag
te blaas en mooi te krul

net een maal nog
wou ek stil-tjoepstil
op haar skoot loop sit
en saam met haar bid

net een maal nog
sou ek haar skadu volg
lief, leed met haar deel
as sy trane weg- streel

net een maal nog
wil ek haar bitter seer
op my alleen neem
sodat sy ophou ween

maar ek berus volkome
want Hy kyk na haar
elke dag en elke nag
laat Hy haar vreugde ervaar
op aarde vir haar nie beskore –
want sy sing nou in engel-kore

Hoe kon jy

Hoe word jy as held vereer?
deur menig’ oningeligte –
siende blind landgenote
wat doofstom niks wil hoor –
oor jou bitter wraak gesweer

Al hoër op die podium
rys jy skyn-geplaas
soos einde nader haas
is dit wat ons uit die Woord verstaan?
dat moord, wraak sy weg mag baan?

Sodat een enkeling
eie beuel mag blaas
triomfantelik as held
uit die stryd kan tree
al is opregte gelowiges
onnodig uit pad gevee

Hoe draai Godvresende volk
se pap-swak vuil-verstand?
om boedel straks oor te gee
in ‘n eens vreedsame land
kies oplaas die regte Held
anders gaan jy duur ontgeld

Jy was

hoe word jy as held vereer
deur menige oningeligte
wat geen niks wil hoor
oor jou wraak gesweer

al hoër op die podium word jy geplaas
soos wat jou einde nader haas
is dit wat ons uit die Woord verstaan
dat moord en wraak maar sy weg mag baan

sodat ‘n enkeling
sy eie beuel mag blaas
triomfantelik as held
uit die stryd kan tree
al is gelowiges
onnodig uit sy pad gevee

hoe draai Godvresende volk
se papswak verstand
om boedel oor te gee
in ‘n eens vreedsame land

kies oplaas die regte Held
wat jou weg vir toekoms
met sekerheid kan baan
anders gaan jy duur ontgeld

net een maal nog
sou ek haar wou help
om yl haartjies saggies
om ‘n kruller te rol

net een maal nog
sal ek tjoepstil
op haar skoot loop sit
en saam met haar bid

net een maal nog
kan ek haar skadu volg
lief en leed met haar deel
as sy my trane wegstreel

net een maal nog
wil ek haar bitterseer
op my alleen neem
sodat sy ophou ween

maar ek berus volkome
want Hy kyk na haar
elke dag en elke nag
laat Hy haar vreugde ervaar
op aarde vir haar nie beskore
maar nou sing sy in engelkore

skerp snydende swaard
van berus, berou en haat
kerf, verskeur en verweer
kloof worteldiep tot op been en murg
tot laaste snikke uit lyf ontsnap
en in sy herhaalde doodsgreep wurg

onegalige flou hartklop
wat met iedere pomp
meganies bloed vrylik laat vloei
soos nagmerrie riller rolprent
met swart gedrog in hoofrol
hoendervleis koue vrees
weer en weer laat groei

ek wonder oor noodlottige implikasies
wat dit op oorbevolkte mensdom sou hê
as hemelkanale skielik, summier gesluit word
en geen druppel reën van seën meer stort

ek wonder oor die unieke prag
in reënboog kleure wat dans in blomme
wat skielik vaal en onaantreklik vertoon
sal dit dan wees ons verdiende loon

ek wonder oor die reuk van vars mis
wat stomend in krale,velde en kampe
vroegoggend stomend warm oprys
want sonder reën word spesies uitgewis

ek wonder oor die infrastruktuur
wat reeds meerendeels moeder aarde bedek
met hemelhoë betonoerwoude en stapelwonings
kontrakteurs wat noodgedwonge staak en onttrek

ek wonder oor wat ons kan doen
om hierdie gebeurtenis te probeer verhoed
kom in knielende, eerbiedige houding neer
en gee aan Hom al die glorie en al die eer

daar het ’n spierwit lelie
regs langs ‘n rots gestaan
almal het dit bewonder
wat daagliks verbygaan
skielik hoor mens die donder
en weerlig teken’n pad

nou vries ieder en wonder
sal lelie die aanslag vat
bekommernis was oorboord
want plantjie staan ongestoord
en op sy spierwit blomblaar
skyn reëndruppels wat terugstaar

kragtige wind struktureer jou hemelwaarts
sonstrale word op jou pieke weerkaats
met skuimbolmassa tol jy om en om
tot jy kalm, rustig aan jou einde kom

waar jy skewe voortjies deur poele trek
en saggies teen sywaartse krappie bots
jou bruin spoegskuim teen rotse lek en klots
met ritmiese karteling soos ‘n skilder se hand
lê jou speeksel van seewier en skulpe op strand

jy het verskeie enorme skip met kosbaar’ skat
verorber, geknak, fyn en flenters gebreek
sonder moeite oorblyfsels in buikbodem versteek
met ‘n horison ontoereikend, wasig, misterieus
word jy deur menige bewonder, maar tog ook gevrees

reënboogkleure sprei ’n kombers
van wit, geel, pienk en pers
grasgroen grondbedekking
met spikkels hier en daar
deur natuur se eie verfkwas
sag sorgvuldig aangebring

lelies, jasmyn en katjiepiering
waai sterk geur en aroma
van soete stuifmeelstof
dartelend oor grasperk rond

rose kelk oop met prag
staan dan penorent
trots vir die son en lag
en tuinvoëls besing lente
met vrolike harmonie

tuinier skaterlag tweetand
terwyl hy snoei, spit en hark
want elke nuwe lente
aanskou hy selfgemaakte trots
van hierdie unieke speelpark

spookagtig jou waarsku- roep
wat skeur deur swanger stilte
van snikhete Bosveld nag
en iewers in donkerdiep holte
beskerm moederboom
haar kosbar’ donsige vrag

knaagdiere skarrel haastig
na beskutte wegkruipplek
want hul eien die stem
van hul geveerde vyand
waar naguil grootpupil
mikroskoop skandeer

hul besef maar alte goed
dat kom reën of wind
een van hul maters
gaan in hierdie stil nag
bitter vir sy lewe boet

my oogend, middag en aand
’n glimlag vir jou bewaar
en wanneer ons dan
herinnering liefderyk streel
saam in drome wegvaar

eensame koggelmander
wat ek versigtig gevang
getroetel en bewaar het
sodat jy kan luister
na sy hartseer verhaal

die aangemaakte sement
wat my hartmure omsluit
om krake en skeure
dig toe te messel
en indringers te stuit

die smaak van my heuningmond
as ek jou bewonderend aanstaar
en daarmee saam
die geheim van my menswees
sodat ons dit saam kan bewaar

my omgee, lief en leed
deel dit dan saam
sodat ons beide weet
en nooit ooit sal vergeet
waardeur ons vasbyt moes vreet

soos strome klots oor klippe
van vinnigvloeieinde rivier
en kronkelend deur klowe
in malende massa
oor waterval se rant stort
om as skuimende maalkolk
weer onder dowwer te word

dan rustig verder voortvloei
tussen geil groen oewerbank
selfgevormde weg vind
tot by die oopmond wag
van massiewe oseaan

so ook ons lewenswandel
oor rowwe rotse gedurig ploeter
wat skerp oor ons weë wag
hoë berge en pieke aanpak
tot ons eie afgrond bereik
wat soms onoorkombaar lyk

daar waar ons opnuut weer vind
ons pad is lank reeds uitgelê
hou ons, ons starende blind
want volg net die korrekte pad
wat jou gewaarborg onomwonde
na Sy wye Koninkryk sal vat

hoeveel keer in vergane jare
bakhand gedrink by bergstoom
rouvoet gestap deur barre land
en bloots op esel se rug geknyp
kosmos loop pluk in niemandsland

hoeveel druppels soutsproei geproe
langs strande met skulpe en seewier
en in halfson hand aan hand gestap
herinneringe aan daardie tye saam
met skitteroë en lenteharte
het liefde alom oral beaam

hoeveel sakke sout is saam gedeel
en agter kraalmuur op plaas
kamtig skelm soene gesteel
teen windpomp met kindervermaak
speels geklim en klouter
dan bo luister na sy kierie kraak

hoeveel ure het volmaak afgetik
wyl ons natuur en omgewing indrink
sal daar ‘n skitterson weer skyn
durf ons waag om wedloop te herhaal
of gaan die blink in dof verdwyn
gaan harde samelewing ons laat faal

’n maanligstraal
het jou pad belig
en teen jou vel
rein soos porselein
dit terugweerkaats
in jou stram gesig

kalmte het sagkens
veerlig neergedaal
soos son en waters
mekaar ontmoet
sielswater so rein
wat krake heel en stop
het jou hartseer illusie
vinnig weggeraap

in verbale vlae
van wind weggedra
soos winterasem
wat in lug verdwyn
in snikhete hitte
van dorre woestyn

ek vou haar brief versigtig oop
ruik aan ou bekende geur
en wyl skeurwoorde dans
word ek hard en werklik
van menswees gestroop

sy skryf ek moenie treur
haar liefde het verdwyn
en in blou nat traneklad
wat vanuit my hartkamer spat
voel ek die intense pyn

hoe kan dit totaal en finaal
hier op purperpers papier
onomwonde net staan
dat haar liefde nou taan
weggeblaas na die maan

my ooglede sukkel
ek knip en kyk stip
kus haar dan sagkens
op haar brose wang
verlig ontsnap my sug
want amper ja amper
was ek in nare nagmerrie
vir ewig vasgevang

LANGENHOVEN

kom nie met jou agterkant
na iemand anders aan
hul mag dalk net
verkeerd verstaan
dat jy alkant
dieselfde vertoon

was daar geen winter
sou lieflike lente
nie aangenaam wees
met geen teenspoed
sou welvaart onwelkom wees

al is jy op regte spoor
word jy dalk omgery
indien jy net daar sit
maak nie ‘n deur
onomwonde toe
jy mag dit dalk benodig
iewers vorentoe

ouderdom laat plooie
op eens mooie gesig
maar plooie op siel
word deur gebrek
aan geesdrif aangerig

wees nie bevrees
vir donker skaduwee
want iewers naby
bring dit lig mee

hou dus jou woorde
soet en aangenaam
jy mag dalk net
in nabye toekoms
dit self moet sluk

ek wens jou
oneindige vreugde
sodat jou barre gemoed
transformeer na lente

ek wens jou
bitter smart en pyn
om klein lewensdiamante
grotesk vir jou te laat vertoon

ek wens jou
hittestrale van die son
omdat dit juis jou uitkyk
en houding manipuleer

ek wens jou
God’s bloubeker reën
vir trane van geluk
as jy reënboog gewaar

ek wens jou net genoeg
om dag vir dag te neem
met geen bekommernis
en berusting in jou hart

JY MY EERSTE
jy het ligvoet getrippel
deur my hart se gange
en in sandput van smart
het ons speels saam
die liefde loop tart

jy het onthou
wat my gunsteling liedjie is
en dit vals saamgeneurie
as ons op lappieskombers
saam op rivieroewer rus

jy het geluister
na die stem van oseaan
waar sy weemoedig stom
tog vreemd strelend
haar heimwee lied golf

jy het geraak
aan doudruppel trane
met rugkant van jou hand
as hul oor wange biggel
en ek my hart opnuut verpand

jy het geruik
aan die lente van liefde
en vroeë bloeisels gepluk
dit dan versigtig, sag
in my hartkamer rangskik

jou sekelmaan glimlag
en ondeunde sterre
wat polka om pupille
bring goudgeel prag
in eens droewige dag

en piesangtros hande
se gebaretaal praat
met lettergreep vingers
van ’n ou-ou verhaal

word weer uitgegrou
worteldiep opgedelf
uit vergete verlede
geliaseerde beelde
word na oppervlak gehys
om glimlag te ontlok
en hartritmes
reëlmatig te rys

stom staan jy starend
na grusame toneel
wat hom herhaaldelik
in jou skadu afspeel

seksueel aangerand
agter jou rug beide hand
vasgebind met leerlyfband
en stanksweet wat brand

hoor jou skrille gille
eggo vergeefs verlore
in vlakgraf word jy gelos
as aasvoëlkos
in hierdie verlate bos

my tenger takke treur
boomgomtrane drup
weer en weer en weer
soos my stam stukkend skeur

jou ganse lewe lê nog voor
tragies om dit nou te verloor
Here hoeveel keer
gaan dit nog hier gebeur

Ek sien deur jou oë
diepkraakplooie wat raakpraat
in ‘n hartkontoer met heimwee padkaart
menig bruin vlekkies wat ‘n storie vertel
van ure in die son, dae gevul met hel

Ek sien deur jou oë
skewe knopskouers wat moedeloos hang
rimpelhande wat eens sekuur kon vang
voete wat skuifelend, versigtig trap
flou energiebron, feitlik leeggetap

Ek sien deur jou oë
’n gees gevul met genade van Bo
helder verstand wat nog bid en glo
rooi ritmiese hart sonder enige smart
silwerhoof hemelwaarts wat Sy liefde weerkaats

geruis van bruisende
borrelmassa water
wat vloei en kronkel
laat haar stilraak, versteen
word sy deur die Grootheid geboei

hoog bo nooi geelvink sy wyfie
om weereens nes te inspekteer
met koppie skeef en tenger lyfie
beduie sy hom om weer te probeer

eenkant op ’n spieëlgladde rots
slaan koggelmander alles gade
as hooggeagte en natuur se trots
blou koppie omhoog en vol bravade

elkeen kort ‘n volmaakte maat
vink, reptiel en selfs die mens
‘n opregte, eerlike kameraad
Is dit dan nie wat almal wens

eens sterk vloeiend’ bloed
van digtersink het verdamp
verlore geraak tussen sterre
en blomgeur’ se jasmynsoet

skêre van gister se onthou
het geheuebank kortgeknip
woorde warrel woes en wild
in ’n saamgekoekte web
tydelik nou saamgevou

geluide bly hol afwesig
en stene van denkmure
voel brokkelend broos
as dit fyn verkrummel
en neerplof in ’n misstof
letterloos, klankloos op papier

jy het gewandel
deur die gange van my hart
en in die sandput van smart
het ons giggelend saam
hoë lugkastele gebou

jy het onthou
die mooi herrinneringe
wat in prag volkleur staan
ingeryg soos skitterpêrels
langs ons eie wandelpad

jy het geluister
na die stem van oseaan
waar sy weemoedig stom
tog vreemd strelend
haar heimwee lied golf

jy het geraak
aan die dou van ’n blom
en sy diamantskitter
met vonkel in jou oog
aan my toevertrou

jy het geruik
aan die lente van liefde
en vroeë bloeisels gepluk
dit dan versigtig, sag
in my hare rangskik

male sonder tal
as ek jou ruimte binnetree
en jou met hartspante toevou
is dit of ek weer skielik onthou

dat daar distels en dorings lê
wat beendiep kerf en brand
soos gloeiende kole vuur
en vir ewigheid bly duur

dan trippel ek katvoet verby
en begrawe dit diep in ‘n kelder
want skitterpêrel wat ek koester
klap summier toe soos ’n oester

met gesig veilig
in handpalms gevou
praat oë woordeloos
want albei onthou
tye van eenwees
volkome behoort
vrywees ongebonde
sorge wyd oorboord

wedersydse besef
klankloos verstaan
waaroor hierdie unieke
weelde oomblik gaan
herinneringe kleurvol
in swart, wit en goud
veilig diep weggesluit
swaarmoedigheid summier
by die agterdeur uit

uurglas vries
sandkorrels vertsteen
vir hierdie oomblik
en altyd net een
met oë gesluit
en ritmiese hartklop
tik ons lewens voort
want deur Sy wil
is dit hoe dit hoor

as jy wil
kan jy al my geheime deel
my seerkry wegstreel
en my wonde kusheel

as jy wil
kan jy die horison gaan haal
ons goue toekoms bepaal
deel in my sprokiesverhaal

as jy wil
kan ons bokspring skaterlag
’n melodie komponeer in die nag
en deel in Sy wonderkrag

as jy wil
kan jy my eerste en laaste wees
deel in my diepste duistervrees
en soet geheime van my gees

as jy wil
kan ons al die bogenoemde doen
want die liefde kan versoen
en dit … is my mooie visioen

OOMBLIK VIR ALTYD
wange snoesig, knus
tussen handpalms gevou
kommunikeer pupille
sonder klankwoorde
want albei herroep
heuning herinnering
in gedagtes so soet

wedersydse besef
en woordelose verstaan
waaroor ongelooflike
stil oomblikke gaan
hartkamers se goud
en silwer drukstukke
vul skatkis van liefde
oorlopenstoe vol

vuil en met stank
nader jy gebukkend
en smeekbedel halfhartig
om ‘n aalmoes of twee

’n jong verlore seun
skaars halfpad man
huiwer jou lewe klaar
deur doodsvirus
wat in jou are opgaar

waar is jou ma en pa
wat jou haweloos laat
om hier te kom smeek
in ‘n besige straat

is hul nog bewus van jou
of het hul ook aanbeweeg
na virus se hellesteeg
of kyk hul slegs anderpad
na waar rykom hul vat

BEWAAR DIT TEEN JOU HART
sprinkel silwer sterrestof
as jy langsaam lui wieg
in die buik van die maan
en blaas ’n liefdeskus
na waar ek wagtend staan

wanneer jy wenteldraai
verby snikhete son
gryp ‘n goudgeel straal
voeg agt grade Celsius
by my warm feëverhaal

skep ses sakke sand
by die blou onstuimig’ see
en soek die mooiste skulp
want as jy veilig terugkeer
sal ek gehoor daaraan gee

volg die geur en aroma
van seldsame orgidee
pluk dit sag versigtig
en bewaar dit teen jou hart
tot tyd en wyl jy self
dit in my hande kan gevat

wanneer kersvlam kromtrek
en flikkerbeelde nadersluip
op riffels van klipmuur dans
laat ek trane van vreugde
vrylik rondomtalie ontsnap
word dit in stortreën uitgetap

hul word vloeiend verswelg
deur ru-vesel in vel papier
wanneer die hartseer van gister
vandag se drome inhibeer
soos ek starend na flou lig
diep in liefdeskluis delf
en sag jou woorde repeteer

son suig elk kosbaar’ druppel
en spoeg dit elders
waar benodig uit
soos nuutgevormde
voedsaam’ stroompie
wat uit skoongewaste
verdorde harte spruit

soms drom donkergrys
kolkend’ stormwolk saam
of snydend pynend
die yskoue winterlem
wat deur weefsel sny
maar die lente sal verskyn
en bloeisels sal beaam

soos die sagte ritseling
van wind deur boomblare
tokkel smeulend jou sjarme
aan my reeds teer hartsnare

soos diamant se glinstering
van doudruppel op blom
weerkaats unieke boodskap
in blou oë vol gevoel getap

soos die sekelmaan waghou
oor die sterrestelsel saans
so swaai ons in beswyming
as ons styf teenmekaar dans

soos ontelbare korrels
saamgepersde woestynsand
is ons intense ware liefde
wat nimmer sal uitbrand

soos twee sagte paar lippe
vurig, smagtend ontmoet
is geluk vervolmaak
in liefde se somersoet

vang hierdie mot
voor hy dwaas en blind
sy fladdervlerke
in kersvlam verslind

hang hoog halflyf
oor gevaarlike krans
tot kloof se wind
in jou kuif kom dans

jaag vir bloukopkoggelmander
en streel sy growwe kop
luister na brulpaddakoor
tot net duskant sonop

voel ronde rivierklippe
jou voetsole masseer
en drink uit helder fontein
naby die berg of meer

klouter aapvoet op
in die hoogste boom
staar na die horison
en droom jou droom

geanker in die Bosveld
pronk jou volkleurprag
en getooi in duisend blomme
die geelgoud van son in jou drag

bied jy lawende koelte
op ’n warm snikhete dag
en so herwin ons daagliks
kosbaar lewenskrag

met jou skurwe donker bas
en wit doringwapens
drup jou eie hartseer gom
oor ’n stam lank reeds krom

TANKA VIR MA
soos ‘n arend
wat vlieg teen die son
bewoon jy ‘n hemelse woning
terwyl my voete alleen
die aardse hel bewandel

Jy is meer

Jy is die doudruppel- biggel
in my vreugdebestaan
die aanvang en einde
van volkome verstaan
elk suiwer silwer-noot
op hartsnaar se kitaar –
waar jou harmonie
sag tril in ‘n simfonie

Jy is die reënboogpot
vol neon-kleurgenot
wat in sagte pastel
sy eie storie vertel
die aand-stêr se flikflooi
in silwer sterrestof getooi
elk liewe uniek-insek
met God’s kleed bedek

Jy is dit alles
en tonne meer
as wat sprokiesverhaal
ooit waag om te leer
my asem, hartklop,
lense, neus en ore
sonder jou is my –
heelal totaal verlore

Sal jy dit wees

Die aanvang en slot
in my sprokiesverhaal
‘n anker teen stormwind
en my klop-hart se punt
aan sekelmaan gebind
Eerste skitter doudruppel
wat lelie se dors kom laaf
‘n komma en verposing
In my laaste verhaal
Se slotparagraaf
Sal jy dan nou wees –
die hoof-sein na brein
wanneer ek weer
my kaartjie verloor
van die lewens-trein

Dood se gloed

Flappend, klappend
spikkel – valkvlerke
lense vasgenael op –
niksvermoedende prooi
dan tjoepstil, blitsig
die snel wissel-aksie
sy vaartbelyn veerpyl
klief koud deur die lug

Vlymskerp kloue
soos kaak van draak
pen soogdier vas –
in veld met geweld
kragtige snawel
verskeur, verslind
vou dan netjies
om pap binnegoed
in twee piep-glasogies
weerspieël dood se gloed

Hanepootkroos

Geelgroen, half oorryp
hang jy hoogdragtig
in hanepoot wingerd

Wag jy in stil geduld
vir snoeiskêr vroedvrou
om naelstring te knip

Soos uurglas leegloop
swel jy tot barstens, wyl –
soet vrugwater drup

Ovaal kinderkorrels spat
soos jy plons in die krat
so word jul versigtig
op die wa weggevat

Bitterbessie beloftes

Bitterbessie beloftes
in lanings, in rye
word gepluk, gestroop
onordelik gestapel
op vuurwa van hoop

Onnet en onbeplan
in grys sakke verseël
om aan oorversadigde
emosievolle mark
woes, wild en wakker
voetstoots uit te deel

Sou jy dan ook besluit
om dit spotgoedkoop
in ontvangs te neem
weet dit – vir ‘n feit
jou totale menswees
word kaalgestroop

Rypskade

Soms word ons woes
deur lewenswind gebuig
met kronkelkrom stingel
draai ons gebukkend
elk rug op mekaar

Besigtig sorgvuldig
neon- lentekleur,
wat gesig openbaar.
Word nie so geflous,
want diep daarbinne ̶
vreet wurm dalk klaar

Gee geel geurig roos
uit God se eie tuin
sny skerp dorings stomp
so sal jy dan ook vind
dit bring opregte troos

Sprei ’n donskombers
oor rypskade aangerig
spog nie met eie bloeisels
maar let sorgvuldig op ̶
na krom knakke en kneuse
in ander se stam en blom

Konkawe gedagte

Grysgroen oë gluur terug
uit ‘n stil-spieël-refleksie
sy merk bekende glinster,
hoor ‘n skaam, skugter lag

Staar na sagte, skewe strate
deur lewenspotlood geskets
wasem en verberg- vinnig –
vodde- flentersiel- venster

Gesamentlik deel hul mee
in vreugde, vrede en smart
as son skerp weerkaats,
word hul gevoel getart

Sy eien jou elke gedagte
deel jou grys-grou gewete
onthou toeka- herinnering
van drome reeds vergete

Leer my die kuns

Om myself te gee
nog ‘n bietjie meer
salf aan eina’s –
van gister te smeer

Leer die wag
voor my mond –
om te oordink,
slegs dan te praat

Leer my arms
om uit te reik
na flenterharte –
binne my bereik

Leer my om meer
as net lief te hê
aandagtig te luister –
na wat ander sê

Leer my lense
om prag te aanskou
afstootlike beelde –
ekstern te hou

Leer my oorskulp
om golwe te blok
kras, kru-woorde –
te bêre in hok

Leer my tog net
om myself te wees
sonder voorgee –
niks te mag vrees

Vredesvuur

dis donker, dis nag
êrens in die verte
‘n hiëna wat lag

dansende vlamme
wat knetterend knars
en druppende hars
wat plons in die as

‘n helder kampvuur
in oranje getooi
bo die sterrehemel
wat skitterkombers
na horison gooi

brulpadda gekwaak
vul die rietjiesvlei
word ritmies mooi
deur krieke begelei

moerkoffie aroma
vul die atmosfeer
en heuning druipsous
op vlakvarkrib
verleen aromatiese geur

hoe wonderbaarlik
om als te hoor en ruik
en hoe salig die vrede
in die Bosveld se buik

Refleksie skerwe

Deur konkaaf-refleksie
drog ’n spieëlbeeld –
aan haar welbekend
tog deur die splinters
van glas en skerwe
gruwelooslik geskend

Die eens porselein gelaat
nou rimpelend geplooi
litteken letsels wat dryf –
laat starende ewebeeld
met snikke en rukke
in eie spoor verstyf

Spasma balvuis tref
met dowwe donderslag
die gedrog in sy raam
soutdruppels rimpel
op ‘n enkel skerf glas
gillend weergalm haar naam

Solank ek kan

solank my menselense
onderwerpe onderskei
sal ek uitkyk op die lewe
aan noodsaaklike wy
raaksien wat die res
blindelings ontwyk
geslote ooglede so
strompelend aanstryk

solank my brein
normaal funksioneer
wil ek ander om my
lewenslesse leer
herinner aan hulle
wat minder besit
op my eie knieë
nederig vir hul bid

solank stembande
trillend vibreer
sal my twee lippe
suiwer taal formeer
om daarmee dalk
vertroosting te bied
of net onse Vader
se wil laat geskied

solank my hande
raakvat en rondtas
moet ek as my plig
mede-gelowiges
wat lewensbus verpas-
se bose gedagtes
die wyk laat neem
en positiewe denke
nie laat vervreem

solank spiere in bene
sterk breinseine kry
gaan ek voortstap
die verlede vermy
dalk die nouste, –
swaarpad probeer
dit alles sal ek doen
tot Sy lof, wil en eer

Wens ek kon net

wens ek kon net
van nuuts af leer
kruip, praat, loop
kronkelpaaie stroop
wandel in geharkte lane
van menswees se hoop

wens ek kon net
wrede woorde uitwis
nie ooglopende betwis
wag voor die mond
in die wonder van –
Sy genade berus

wens ek kon net
vrede en liefde omvou
sonder diep grysgrou
van gister se berou
ware drome aanhang
soos gom dit vasklou

wens ek kon net
kosmos loop pluk
met sagte pastelkleure
in ’n vreemde se land
met aroma van geluk
dit in my eie hare druk

wens ek kon net
sewentig keer sewe
oortredinge vergewe
want dis soos dit hoort
net huppellag en neurie
vir die krom-skewe lewe

wens ek kon net
stil-stil – tog haas verdwyn
na Sy gloed wat skitterskyn
tussen berge en klowe
gemoed en siel verkwik
met God’s propvol kosblik

wens ek kon nie
talmend kerm en kla
my pad is reeds beplan
al wat ek dan nou vra
Here – nie my maar U wil-
maak net my vrese stil

Ek is maar kosmos

Saamgebondel in
geen spesifieke vorm
gerangskik in pastel
langs roes doringdraad
’n paar indringerbome
bied skadu-beskerming
oor ons wit, pers, pienk
sagte skakering

Ons neurie treurige wals
op die wieke van wind
halfpad deur skrapse
reëns, stof verslind
ons bly die natuur
se pragportret
deur Sy hand self
gesaai, neergeprent

Natuurpalet

As die vuurbal se strale
goud spikkels verskiet
word kosbare ultraviolet
oor kloof en vlakte gegiet

Sonneblom bloos skaam
in hul heldergeel raam
wyl Gesiggies en Rose
sag wieg in die wind

Eenkant blêr ‘n verlore lam
in die stoomwolk van ‘n kraal
maar as die mis eers gaan lê
sal sy Ma hom wel kom haal

So ontwaak die wonder
van God’s natuurpalet
want die lewens horlosie
tik-tik om dit snel te belet

As die blinkster val

Ek aanskou die nag
as dit in jou oë skyn
soos die laaste strale –
jou gesig fyn omlyn

Stormloop deur die jare
tussen nooit-vergeet-goud
waar ek soekend skarrel
grou, grawe en krap

vir …

Herinnering geset in silwer
stewig tussen handpalms
saamgevoeg, gedruk en pars
uit gisters se druppende hars

In ver poele van my staar
sal kaf se soutsproei stof
soos wasem- misterie verdwyn
tot daar waar die blinkster val

Ek is net ‘n mens

Ek is net ‘n mens
met ‘n billike wens
dat gisters se distels
in doringseer spore
soos mis sal verdwyn

Ek is net ‘n mens
met ‘n broos breekhart
boepens vol omgee
maar in sy kamers
lê sakke vol smart

Ek is net ‘n mens
wat stomstil starend
jou nar borrellag volg
om elk hoek en domdraai
soos jy dit tartend uitkraai

Ek is net ‘n mens
wat ‘n wiegelied sing
knielend, biddend wonder
wat die tere toekoms
se kontoerkaart sal bring

Ek is net ‘n mens
vol goue geloof en hoop
dis hoe ek sal staande bly
want die verbale sweepslae
het my menswees gestroop

‘n Nuwe begin

In gisters se distels
dorings en lane,
lê lang vergete
splinters van trane

Vandag is die dag
wat die silwerwolk wink
op ‘n horison van more
waar geluksterre blink

‘n Neon nuwe begin
kraakvars vir jou en my
want in stegies van gisters –
sluimer beide se ly

‘n Nuwe begin van glo
dat voetspore smeltend saam
op vertroue en voorspoed
die toekomsweg sal baan

Slegs ‘n druppel

As Piet-my-vrou koggel
en Visarend dit beaam
sak die Bosveld kopknikkend
in sy prentjie-mooi raam

Neffens sy makkers se grens
in ‘n bottergeel blommejas –
waak Kameeldoringboom
met sy eie stikstof wens

Koggelmander kruip na koelte
onder ‘n stowwerige rots
wag oopbek geduldig
op die reëndruppel plons

Eenkant op ‘n massiewe klip
hurk ‘n blondekop Boerekind
haar blik heen en weer, op en neer
soekend na ‘n druppel genadereën

Aandster drome

Sag sprinkel die silwer sterrestof
oor ooglede swaar en lense reeds dof
’n spookasem vlieswolk sweef verby
wyl harlekyn sag in sekelmaan afgly

Suiderkruis staan wag soos dapper soldaat
as planete wentelbaan met mekaar praat
aandster skitter effens met leepoog flou
wyl engele dans langs Melkweg streep

In rustige aardbewoner hart met zero smart
vertel die eerste sonstraal dag se verhaal
drome verwar soms reuk, smaak en gehoor
want êrens weerklink steeds ’n paddakoor

Druppende hars van vrede

As die naglewe
skertsend koor
vuurvlamme lekkend,
knetter en knars
buig stom droë
grassaad as getuie
van ’n heelhart
wat drup met hars

As die voëlsang
spiraal na Bo
visvanger skuins
swiep na benede
salueer soldaatmiere
in gelid, kordaat
’n hart boepensvol
van innige vrede

Ek het jou seer geneem

Ek het jou hartseer en bang
toe dit sonsverduistering was
aan die vuurspu sonkant gehang
nou het dit lawa-krater disintegreer
wentel as stofdeel buite die sfeer

Ek het jou stroewe, strak glimlag
toe dit stikdonker, pikswart nag was
in renmotor se kattebak styf geprop
waaghals gejaag tot in diep mynskag
rotsstorting het dit tot poeier verkrag

ek het jou seerkry siel en wese
met die Titanic na gesigseinder vervoer
dit daar met walvisstert diep ingeroer
nodeloos om die sinkery hier te noem
een ding is gewis dis vir ewig verbloem

ek het jou skrale hoop en vertroue
veilig na my eie binnekamer geneem
intens bakhand aan my Skepper gegee
Hy het dit veel meer as verdriedubbel
Sy genade het al die seer weggevee

Ek sien deur jou oë

Ek sien deur jou oë
diepkraakplooie wat raakpraat
in ‘n hartkontoer met heimwee padkaart
menige bruin vlekkies wat ‘n storie vertel
van ure in die son, dae gevul met hel

Ek sien deur jou oë
skewe knopskouers wat moedeloos hang
rimpelhande wat eens sekuur kon vang
voete wat skuifelend, versigtig trap
flou energiebron feitlik leeggetap

Ek sien deur jou oë
’n gees gevul met genade van Bo
helder verstand wat nog bid en glo
rooi ritmiese hart sonder enige smart
silwerhoof hemelwaarts wat Sy liefde weerkaats

Ek verf jou voetspore

Ek verf jou voetspore
van gister se verlange
met hare, trane, dig toe

Aan die silwer sonkant
van statige doringboom
hang ek ons prent hoog

Soos ek stap oor spoelklippe
riffel jou mooi spieëlbeeld
roep visvanger jou naam

Kaalvoet huppelend verder
tot by die reënboog se punt
hier waar ek die nuwe jy vind

Hier waar ek

Hier waar ek
Kruidjie-roer-my-nie
onder lowergroen treurwilger
se huiltakke kamoefleer
word dit grou grafstil
hier binne my

Hier waar ek
kruisbeen mediteer
op U grastapyt drapeer
woord ek nederig my gebed
raak my gees boepens vol
en my siel verkwik

Hier waar ek
vergeet-my-nie
oor spieëlglad rivier tuur
weet ek sonder twyfel
U het die genade gestuur
my hart is vol

Jy sal my vind

In die klamtam aroma
van ’n varsploeg land
waar tortelduif-koerkind
sy maat met liriek vind

In die borrelmassa seeskuim
van magtige moederoseaan
waar dolfyne dans, walvis blaas
ek my na skatte op seebodem haas

In die kleure van skoenlappervlerk
van ‘n reënwoud vêr vêr van hier
waar spinnerakke silwersterk blink
en jy vir my deur mistigheid wink

In die gange van my hartskuur
gemessel met liefdessement
soos my gelukstraan opdam na buite,
kry jy jou naam teen wasem sielsruite

Kussing-soen

As die kussing sag jou wange soen
sal jy wegdryf soos jy altyd doen
die wind sal ’n wiegelied bly sing
vir jou soetste, mooiste drome bring

Op my regtersy, gestut op elmboog
betrag ek jou brons, gladde gelaat
my oë volg keurig kontoere van jou lyf
dis jou rustige, skelm glimlag wat praat.

LIEFDE is

Liefde is ‘n verekussing
as drome smeulend hang
soekend na die liggaam
agter skaam, skugter siel
soos spookasemwolk
in spreimis vasgevang

Hoor die getrommel
van druppeldromme
as dit oor waterval,
skerp rotse rammel
dan vir ‘n breukdeel
as fynsproei bly hang

Hoor ek jou stem
ritmies en strelend
soos lang skadu’s
oor somerswolke hang
bring dit my koelte
sag, liefdevol, helend

Mag die sproeiwind
jou roesbruin blare
in nietigheid verwaai
sodat jy met deernis
in jou blou verdrinkoë
my hartstaal raakraai

Ek voel vanaand
verskriklik vêr
van hitte, van son
en lied van die see
maar jou nabyheid
verdrink ons heimwee

Liefdes sintuie

Ek voel jou
om ruwe rante van rots
as stormsterk skuimwaters
daaraan kom lek en klots

Ek ruik jou
in kosmos langs roesdoringdraad
as hul deuntjie-neurend saamwieg
weet ek dis jy wat daar praat

Ek hoor jou
in visarend-magiese koningskree
as hy vryval- tol en veerpyl duik
glo ek hy wil liefdeskode afgee

Ek sien jou
in elk Skepperskets perfek gemaak
as dit skildery- hang aan atmosfeer
bid ek vir liefde ook so volmaak

Sig-sag van verlore liefde

Vêr-vêr in ’n roesbruin woestyn
met sig-sag kinkel kartels
op wind-erosie se kruin
dryfsand- sink
twee rye dieptrap spore

’n Halfmens verberg in skaamte
met enkel-lyf ledemaat gestrem
loer met sy nek gekrom
skalks, skaam deur geel blom
na liefde se oopgraf geraamte

Eenkant op ’n sonbrand klip
staar woestyn salamander stip
terwyl hy wisselaksie pote ruil
trippelend fynsand trap
as hy oor sy verlore liefde huil

Skilderdoek van die lewe

As die vleiloerie
vir kwêvoël koel koggel
trap slinkse jakkals
in mak meerkat se gat
akkedis verloor sy stert
in skermutseling met slang
dis reënskree piet-my-vrou
wat onnatuurlik, onderstebo
aan suikerbekkie-soetbottel
kruis-oog, bedwelmd hang

Is ons lewens nie ook
holderstebolder, omgedolwe
deur strikke en strepe
van onnatuurlike lewe
of skets en skrabbel ons self
’n abstrakte, onverstaanbare prent
met kleure in kontras versteurd
op lewe se skewe skildersdoek
keer ons onomwonde dan self
’n Skepper-kleurwiel vas in ’n hoek

Skroefdraad perfek

Ons is net ’n fyndraad skroef
in die lewe se moergroef
maar as die roes windpomp
vry met wind ronddraai
sal ons vir die skewe wêreld
ge-olie, laggend waai

Gee my jou als en bietjie meer
ek sal jou harstaal blitsig leer
pluk dan die son se goue straal
ek sal vir jou aandster loop haal
soos dag na nag transformeer
sal skroef en moer saam verweer

Tere genadereën

As ons tere liefde
draaikolk in ’n wolk
vol Skepper se reënwasem
rondomtalie, tornadodraai
dit weer loodswaar neer
afwaarts met swaartekrag
in ‘n tonnel – ‘n genadeskag

Saggies vlokkie dit dan
in silwer sterre-sprinkel
oor wagtende wesens
met goudharte gevul
want so loop ons vore vol
as ons Sy genadereën voel
word ons binnekant skoongespoel

 

Evelyn van der Merwe

Evelyn van der Merwe

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Gedigte van Seugnette Erasmus

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

pyn

eensame pyn ken geen woorde
teleurstelling lê voor
waarde van vriendskap is verlore
kan ek die seer soos eie vel aantrek
so verdof my oë se glans
ons vriendskap het geen balans
vertroue is skaars
lewe met lag, haha
wat ‘n grap

belofte

so dink mens aan gister
die blomme met al die bye so in harmonie en hardwerkend
mens vergeet van als wat mooi is as mens vertrap word
vertroue moet verdien word
maak nie saak of jy ouer word,
solank ek die bome, blomme en die voëls kan hoor,
elke oggend is ‘n geskenk van bo

vat een om ander te sien

my ore sing, van almal se geskinder
wys my wie van julle is volmaak,
wys my wie van julle is volmaak,
ons almal kan kla die lewe is swaar!
die lewe is nie die fout,
die mense maak dit naar
vertroue en geduld
hardloop soos die wild
niemand kan dit maak
almal praat asof ek nie daar is nie,
word daar nie gesien, of word dit verdien?
slegsê, sieksê, vat een om ander te sien

In Candle light

In candle light, so far away
I hear the voices, calling my name,
sounds, waterfalls, and butterfly’s
while I await my perfect sky
pretty shows everything,
I’ll just go wonder off
for never ever to be seen …

Standing alone

Love is warm and kind
I give it body, soul and mind,
not to waste, not to fear,
guide me when I’m anywhere.
For where ever I am,
I’ll always be standing alone

A friend you lost

I’d like to let you know, how you made me feel
when i met you, i thought you were a great person,
kind, loving, harmless, passionate, caring …
I was disappointed to find things I never saw, the first day I met you.
your mask of loving kindness don’t fase me
the act of caring but having hidden agendas
you praise and compliment me, but I can see.
why do you do this to a good friend like me

I, Myself

You see me, you claim to know me.
The one, Myself, who am I?
Do they really know the feelings,
that I hide and is forgotten inside?
Trying to run, to separate myself from
the pain and bitter memories, creeping and
ripping my inner soul …
Knowing, yes only what you know,
but not off all the dark creatures that feeds off my soul.

Why aren’t you there

The sound of rain, on the ground
The tear drops of all sorrow, really now!
Does anyone know the struggle?
The struggle to be myself, me and I?
Every day’s struggle with feelings, insecurity, and
reality, it stings like a hot summer sun ray stings,
so it stings my heart.
My mind is burning like flames from hell,
Burning my soul up, alive.
My shadow is missing,
looking and searching, for me, myself and I
my mirror image not even wanting to be me,
why don’t I love and accept me?
Who am I really … if not me?

An art

To be, is an art
not to fall into a trap,
is to be open minded
love is an experience
to give and not to expect.
it is hard and sometimes sad
for human consciousness isn’t so well connected
they feel love, not experience it, for they see it as a word
to be, is to be strong, and feel free to love all day long,

Panther

Like a panther I am,
sharp but I don’t show
For my laziness shows to much for your liking
Hearing, seeing, everything
hiding out of reach
come to close my paws
claws be put to the test
not knowing how strong or weak I am,
wagging my tail, maybe friendly I am
I am deep, far away beyond your reach
I am a Panther dark, deep, you always
seek what you can’t see …
I go deep in the woods, wondering all alone
natural and so free
so complicated
that’s me!

Perfect moonlight

wondering I perfect moonlight
my shadow and me,
something in my way
Happiness I seek
longing for love,
attention I need.
all these obstacles in my way of happiness –
may they go far away from me. …

Life is life

life is life, and love is an art
to be alone is hard, to love and not loved back,
is a slow painful death …
A subtle silent kill, from those who don’t feel,
selfish, insensitive, bragging – all in fear
of loosing out
missing out on something?
disappointment, courage.
need strength to carry on,
to live to grow
It is the hardest thing in life, happiness
And to stay standing strong

Moth

In candle light, so close but yet so far
almost here where everything is ok
until the wind comes blowing the candle light away
came in, and grabbed everything
running around laughing
No more No more
light as a feather, I’m not
go do hop scotch, don’t be like a moth …

how to trust

How confusing it can be, lies misery
deceit, greed, glitz and glimmer
something most people seek
illusion of life is all you see
a soap like seen on TV
playing games and all for yourself to gain,
so cruel, cold, heartless, intensions so impure,
stepping on another when they are poor,
how do I trust after I have endured

learn to except

when the day has past, and it’s time to go to rest
do you think about your best?
as you and your lover stands next to each other
does it feel beter than it would feel with another?
love is beautiful and soft, it makes you speechless and your toes curl.
its a bitter sweat and you have to be discreet
every day, they make love a simple game, but its no game.
I wish happiness and love to all, not to waist but to hold
when you experience love, nurture it, it is your to own
when you feel it the most to need, it’s when you are alone
It’s a gift you can give, and you can receive, learn to except,
trust and be happy

All alone

I don’t feel alive, my heart fees dark, cold and torn apart
sitting all alone, the corner of the wall as my vriend …
salty warm tears running down my face as everything
flashes in front of my eyes and emotions running wild …
sweaty bloody palms, a blade on the floor, what have I done.
my knees are weak, I need some help …
I’m to weak to scream, pins and needles I feel on my scalp,
warm stream of blood running down my legs, on the floor
I am scared for I am getting drowsy, my mouth is dry
no one to listen, now its to late what have a done

Seugnette Erasmus

Seugnette Erasmus


My excuse I made for you, my mom

[to Tersia Pieterse (Loretz) died 25/12/2003]

so soft and warm to hug, your gentle touch like ferry dust
brushing all pain away, for a moment everything feels perfect,
like no one can come in-between..
yet, mostly you forget you loved me with no regret
all sadness a big burden of gift and so many sorry lonely tears,
you wanting to brake away from all the misery and sorrow
yet you don’t know how and where to go, and grab a child
to protect your broken heart that never had a chance to heal,
the militias gossip about me, mom how do you cope with it?
knowing you made it up, the price – you stay in the flock …
Not acknowledging, building self-esteem and not wanting me, showed
your degree of nonexistent self-esteem, and you that wasn’t a full you
Yourself … no real connection we had, but mom i tried to understand
you have never been mine, and aren’t being blamed and you weren’t right or
wrong, for it’s a long long time been ago …
I lived in thinking you hate me and don’t want me, yet you just did not know how to brake free
from the grips of your flock, of disappointment,
mommy love is all we need, I will give it freely

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Beautiful in die Paarl

$
0
0

Gert Vlok Nel is ‘n mite, ‘n randfiguur, ‘n legende wat ironies genoeg, waarskynlik baie hoër geag word in Europese literêre en musikale kringe as in sy eie land. Hierdie troebadoer, digter en musikant is gebore in Calvinia en het groot geword in Beaufort-Wes as een van 8 kinders. Hy het die lewe al ervaar in al sy “vlakke” … as student op Stellenbosch, as spoorwegklerk in Bellville, as toergids in die Kasteel, as sekuriteitswag op ‘n kampus, as busker op straathoeke en as ikoon voor uitverkoopte gehore in van Suid Afrika, Nederland en België se voorste teaters.

In 1993 het hy sy debuut digbundel Om te lewe is onnatuurlik gepubliseer, en in 1995 het dit die Ingrid Jonker Prys verower. In 1995 word sy vertoning Om Beaufort-Wes se beautiful woorde te verlaat beskryf as een van die beste shows ooit op die fees. In 1998 verkyn sy CD met dieselfde naam met liedjies soos “Rivier”, “Beautiful in Beaufort-Wes” en “Waarom ek roep na jou vanaand”. Hierdie laaste liedjie het gehandel oor die dood van Koos du Plessis, ‘n groot invloed in sy lewe. Die liedjie “Beautiful in Beaufort-Wes” is al deur meer as 15 sangers opgeneem.

In 2006 het die Hollandse regisseur Walter Stokmann ’n dokumentêre TV program gemaak Beautiful in Beaufort-Wes met die dorp en Gert Vlok-Nel as die fokus. Binne ‘n week het meer as 4000 van sy albums daar verkoop en sedertdien tree hy gereeld in die lae lande op.

Party mense beskryf Gert as ‘n swerwende troebadoer met ‘n kitaar … Suid-Afrika se antwoord op Bob Dylan en Tom Waits. Sy uitkyk op die alledaagse lewe is soms radikaal anders as gewone mense s’n … en dis juis sy vermoë om “verbloemde waarhede” met eenvoudige, treffende taal oor te dra, wat mense so diep raak.

Vrydag 10 Julie 2015, 20h00, Ou Meulteater, Paarl
Kaartjies: R120
Bespreek by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za

Gedigte van Willem Borstlap

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

INHAAL

Donkerswart klik-klak-klok
neusklanke se verf
tot die koek-koek luidkeels
vingerwys na die pikswart uur
onwelriekend kramp die kwas
heen en weer en deur
bo-oor die gewitte siel
draai die prikkelwiel
deur die versoekgat so pap
van hoek tot kant
bedek in houtskoolgeur
uit jou slaksleepboek
open nuut ‘n monsterhoofstuk

DIS TYD

Wanneer omkyk opnames terugspeel
outobiografieë uitwys indeel
dagboeke geheime bereik
bepeinsinge ver kyk
bewe wysvingers
deur globaal
verby nasionaal
rondom alombekendes
onder-deur bo-oor bloedverwant
binne-in wiel-draai-besef
ontwaak wakker-tref
vanuit suidekant
ook oos
wes
en noord
diep my drie vingers
bevestig deur God se Woord
binne oopmaakterugwys se geskiedenisboek
bladsy vir bladsy omblaai voort
ontvou die rousakdoek
troueloos berug
dis tyd
keer terug
prikkel Godsbeleid
luidkeels, los die vasskop
klik-klak-klop, klink die besoeking
grimmig, spoedig, onvermydelik op gallop
blindheid nooit jou roeping
stil wees en vertrou
geduld behou
dis tyd

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

#VSKunstefees Filmverse

$
0
0

In hierdie produksie van die ATKV, in samewerking met Diek Grobler, is ’n reeks kort animasiefilms geskep wat geïnspireer is deur ’n seleksie van 12 Afrikaanse gedigte.

Klassieke gedigte, asook die werk van kontemporêre digters, word gebruik word om ’n “visuele bloemlesing” saam te stel waarin ‘n dialoog tussen woord en beeld geskep word. Elke animasiefilm het sy eie klankbaan waarop die gedig onder andere voorgelees word. Die DVD-vertoning word vergesel van ’n uitstalling van plakkate van elk van die twaalf animasiefilms.

Regie: Diek Grobler

Genre: Woordkuns
Taal: Afrikaans
Kaartjies: Gratis
Plek: ATKV-Van der Merwe Scholtz-saal, teologiese klaskamer nr. 33, Bloemfontein
Datum: tot 18 Julie

Vrystaat Kunstefees 2015

Filmverse,
Roekeloos,
13 Julie 2015.

2


#VSKunstefees Ligvanger die rolprent

$
0
0

Ligvanger is ’n tweeluik: ’n kunsuitstalling van foto’s deur Chris van Niekerk op aluminium gedruk (eksamenlokaal 7), asook ’n film van foto’s, musiek en woordkuns.

Die werk is ’n soeke na en ’n ontginning van lig, en ondersoek die wisselwerking tussen lig en donker en die invloed wat dit op ons emosionele en kognitiewe wese het.

Regie: Chris van Niekerk
Teks: Tessa Louw

Genre: Kuns
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 50 minute
Kaartjies: R90
Plek: OFM-Albert Wessels-ouditorium, Bloemfontein
Datum: 16 – 18 Julie

Vrystaat Kunstefees 2015

Ligvanger die rolprent ,
Roekeloos,
13 Julie 2015.

2

#VSKunstefees Mokete poetry explosion

$
0
0

’n Tweedaagse toonvenster vir poësietalent – 18 plaaslike en twee nasionale digters.

Die vertoning sal poësie kombineer met inheemse klanke en dans.

Fasiliteerder: Charmaine Kolwane Mrwebi

Genre: Woordkuns
Taal: SeSotho, Setswana, Isizulu, Engels
Tydsduur: 2 uur
Kaartjies: R50
Plek: kykNET-Repteater , Bloemfontein
Datum: 16 & 18 Julie

Vrystaat Kunstefees 2015

Mokete poetry explosion,
Roekeloos,
14 Julie 2015.

2

Gedigte van Michelle Coombes

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

‘n Nag in die bosveld

knetter en klap
‘n kampvuur op ‘n ysige nag
ritsel en knars huiwerig naderend
blink oë loer lafhartig wagtend
die donker lag senuweeagtig
koggel en grou eggo bloeddorstig
hygend diep intimiderend
verskuil in duister beveel maanhaar koning
onderdane tot die slagveld
soos donderskote klap hoewe angstig windaf
luidrugtig vlugtend van katvoet sluipend

die natuur rep ‘n uitgerekte gil
koningin en haar trawante verklaar stryd
brullend stormend sierlik
finaal bulk ‘n moeder haar laaste liefde
verlaat ‘n kalfie klein
sal sy nie sy horings sien toring tot spiese
donderend verlatend die redding van haar kind
sug sy haar laaste asem
kraak en skeur en breek
maanhare rooi besmeer met skuld en honger en lus
wywe en welpe afwagtend honger en moeg
lafaards agter sleepgat lamsak huiwer en draai
moeitelose broksels nie te versmaai

Walswind

goudstringe dans ritmies saam
‘n wals vir my en jou
‘n dans vir als wat ons nog wou

swierend swaai die stele van die veld
vat my hand dan trap ons saam
roep die wind jou naam

soos een beweeg hul drie op vier
heimwee sing die melodie
dit het geen einde nie

suis die ritme deur die goud
jou hand my stuur
en ek weet ek stry teen ‘n muur

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Ingrid Jonker Wêreldwyd

$
0
0

Die multimedia-vertoning Ingrid Jonker Wêreldwyd bevat ‘n rykdom van visuele en ander materiaal wat die internasionale trefkrag van Ingrid Jonker en haar werk illustreer.

Dit sluit oa in: uittreksels uit dokumentêre video’s, gesprekke met André Brink, Jan Rabie, Marjorie Wallace, W.A. de Klerk, Jana Cilliers; musiek-video’s van bekendes soos Chris Chameleon, Laurika Rauch, Helena Hettema, Hollandse en Belgiese sangers, ook Stefans Grové; voorlesings van gedigte deur Antjie Krog, Ingrid Jonker self, vertalings in Spaans, Zoeloe, Portugees, Pools, selfs Albanies; ballet en drama, kunswerke en unieke foto’s.

Ingrid Jonker se naam weerklink van Kaapstad tot Vancouver, Amsterdam, Hong Kong, Beijing, van Leuven tot Coimbra, Sicilië tot Zimbabwe, Miami, Istanbul, Moskou, St. Petersburg. Athene, Los Angeles, Texas, New York, Zurich, Poznán in Pole, Tirana in Albanië … Hierdie multimedia program bring hulde aan Ingrid Jonker van oral oor die wêreld.

Ingrid is vanjaar in Julie 50 jaar gelede oorlede. Na afloop van die program sal daar ‘n bespreking wees en die publiek kan vrae vra aan die kenners. Sy het op ‘n jong leeftyd gesterf maar diep spore nagelaat.

Samesteller: Petrovna Metelerkamp

Genre: Multimedia
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 50 minute
Kaartjies: R80
Plek: Burgersentrum, Hermanus
Datum: Vrydag 7 Augustus 2015, 18:00

Kalfiefees 2015

Ingrid Jonker

Ingrid Jonker

Ingrid Jonker Wêreldwyd,
Roekeloos,
20 Julie 2015.

2

Diana oor Saartjie

DJ Opperman Versamelde poësie

$
0
0

Versamelde poësie is oorspronklik in 1987 gepubliseer en bevat al DJ Opperman se digbundels wat oor ’n tydperk van byna dertig jaar verskyn het: Heilige beeste, Negester oor Ninevé, Joernaal van Jorik, Engel uit die klip, Blom en baaierd, Dolosse, Kuns-mis, Edms. Bpk. en Komas uit ’n bamboesstok.

In sy negetal digbundels het hy ’n poëtika tot ontplooiing gebring wat byna onoortroffe is in Afrikaans.

DJ Opperman Versamelde poësie word op 25 Oktober 2015 vrygestel.

DJ Opperman Versamelde poësie / DJ Opperman — Tafelberg, 25 Oktober 2015; 624 p. ; sagteband. — ISBN 9780624075868

DJ Opperman Versamelde poësie,
Bettie Blom,
8 Augustus 2015.

2

Brommer in die sop

$
0
0

Limerieke deur Philip de Vos getoonset deur Albie Louw met pianis Tertia Visser-Downie.

Bespreek by Joëlene Hitchcock on 023 230 0203 / jhitchcock@distell.co.za

Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R100
Plek: De Oude Drostdy, Tulbagh
Datum: 13h00 12 September 2015

Tulbagh Spring Arts Festival 2015

Brommer in die sop,
Roekeloos,
11 Augustus 2015.

2


Koop-‘n-Afrikaanse-boek-dag – met afslag

$
0
0

Afrikaanssprekendes wat op soek is na ‘n afslag wanneer hul dié Vrydag vanaar se Koop-‘n-Afrikaanse-boek-dag ondersteun word aangemoedig om na takealot.com, Suid-Afrika se voorste e-handelaar, te gaan. Alle Afrikaanse boeke sal vir 24 uur dié komende Vrydag teen ‘n verdere 15% afslag verkoop word wanneer die koeponkode Vriend-van-Afrikaans gebruik word.


Marlise Bosman, Afrikaanse boeke-aankoper by takealot.com, sê die Afrikaanse gemeenskap is lank al groot kopers by die e-handelaar. “Ons het juis in Mei ‘n nuwe Afrikaanse Winkel op ons webwerf geskep, waar Afrikaanse kopers al die nuutste Afrikaanse boeke, CDs en DVDs vinnig kan opspoor. Ons sien al lank hoe ons Afrikaanse kliënte nuwe Afrikaanse boeke sommer vinnig opraap. Skrywers soos Deon Meyer bly populêr, maar dit is ook boeke soos Boer Kry ‘n Vrou, wat baie mense as die Afrikaanse weergawe van die gewilde 50 Shades-boeke sien, wat groot verkopers is. Kookboeke bly die gewildste, met Prof Tim Noakes se Die Kosrevolusie wat veral in aanvraag bly.”

Die jaarlikse Koop-‘n-Afrikaanse-boekdag is in 2005 deur die Vriende van Afrikaans van stapel gestuur maar word nou ook onder meer deur die Afrikaanse Taalraad bevorder. Dit word elke jaar op die 14de Augustus gevier, ook terloops die stigtingsdag van die eerste Afrikaanse Taalbeweging in die Paarl in 1875.

Bosman sê daar is ook ‘n sterk tendens na bewustheid (mindfulness), met boeke soos Die Kreatiewe Inkleurboek vir Grootmense wat al in sy derde uitgawe is en steeds goed verkoop. “Daar is ‘n duidelike tendens na gesonder leefstyle onder ons Afrikaanse kopers, met boeke soos dié asook Low Carb is Lekker, Suikervry en Kry Daai Lyf wat gereeld onder die topverkopers getel word.”

Volgens takealot is die volgende boeke die topverkopers onder die Afrikaanse gemeenskap:

Kamphoer

Kamphoer

Kookboeke
1. Die Kosrevolusie deur Prof Tim Noakes
2. Low Carb is Lekker deur Inè Reynierse
3. Karoo Kombuis deur Sydda Essop

Fiksie
1. Ikarus deur Deon Meyer
2. Boer Kry ‘n Vrou deur Jan van Staden
3. Kamphoer deur Francois Smith

Nie-fiksie
1. Alles Oor Hekel 1 deur Karen Arendorff
2. Alles Oor Hekel 2 deur Karen Arendorff
3. 150 Stories deur Nataniël

McGregor Gedigtefees

$
0
0

Die dorpie McGregor naby Robertson in die Wes-Kaap, maak vanjaar gereed vir die derde McGregor Gedigtefees, 27-30 Augustus. Dit is weereens ‘n goeie en vol program met ‘n wye verskeidenheid om van te kies. Een van die hoogtepunte by die fees is die lesing deur Prof Louise Viljoen Saterdagoggend in die NG Kerk. Ander name sluit onder andere in Ian McCallum, Antjie Krog, John Maytham, Adam Small, Lara Kirsten, Patricia Schönstein, Petra Müller, Gert Vlok Nel om net ‘n paar te noem.


Billy Kennedy, stigter van die McGregor Gedigtefees, sê hy voel geeërd om van ons land se groot digters op vanjaar se program te hê. Hy voeg by” Ons is ook opgewonde oor jong opkomende, talentvolle digters wat hul werk gaan voorlees.” Wees op die uitkyk vir name wat onder andere insluit Ansa Smit, Sisca Julies, Khadija Tracey Heger and Genna Gardini. Ons tema is “Growing Poetry” omdat ons daarna streef om ‘n platform daar te stel vir belowende talent. Die nuwe Mentorskap-program inisieer ‘n opwindende nuwe projek “Growing Poets” waarmee ons hoop om jong skrywers met talent wat nie altyd die geleentheid het nie te identifiseer en aan hulle leiding, onderrig en ondersteuning te bied. Ons bied ook ‘n oop gedigte kompetisie aan om elkeen die geleentheid te gee om betrokke te wees.

Die lokale is weer die unieke Wahnfried Konsertsaal, die asemrowende tuine by Temenos, Edna Fourie Kunsgalery en ook ons pragtige NG Kerk. Vanjaar is daar ook ‘n paar nuwe en interessante venues – die D’Amfiteater en die historiese ou Munisipale kantore wat vir die duur van die fees ‘herdoop’ is – De Akker . Dit is hier war die Randprogramme aangebied word. Ons venues is almal binne loopafstand van mekaar, snoesig toegerus met gemaklike sitplekke en warm kaggelvure.‘n Warm hartlike geleentheid vir die liefhebbers van Poësie.

Kennedy se passie vir poësie was die inspirasie om in 2013 ‘n fees aan te bied Hy onthou hoe hy as jong kind op sy ouma se skoot getel is en sy haar gunsteling gedigte voorgelees het. Dit het sy droom geword om nie net erkenning aan digters te gee vir die grootse verrykende diverse wyse waarop hulle lewens verryk het nie, maar ook om die kuns te bevorder. Hy verduidelik “Soveel mense staan afsydig teenoor poësie. Dit het soms te doen met hoe dit aan ons bekendgestel en geleer is. Ek weet nie, miskien moes ons ‘n moeilike vraag beantwoord oor ‘n gedig wat ons nie ten volle verstaan nie of iemand, byvoorbeeld ‘n onderwyser wat voorkeur gee aan ‘n gedig en dan uit te vind ons het dit nie verstaan nie of dit geniet. Ervarings soos hierdie kan ‘n mens onseker laat teenoor poësie. Deur die eeue tot vandag is poësie nogsteeds ‘n manier waarop mense taal gebruik om liefde, haat, oorlog, geloof, onderdrukking,vreugde, hartseer, seks en die dood beter te verstaan. Dit kan ons inspireer om voluit te lewe. Die potentiaal is groot. Werklik groot”

Kulture wat nie erkenning gee aan hul digters nie verloor hulle wese en raak stom. In die samelewing hou bevooroordeeling en onverdraagsaamheid die psige gevange. Poësie bied vryheid en inspireer jou gedagtes en gee jou verbeelding vrye teuels. Poësie bied ‘n taal en uitlaatklep aan die hart en siel. In baie opsigte het dit ‘n reddingsboei geword soos ons meer en meer verstrengel in die oorlading van tegnologie en inligting. Die McGregor Gedigtefees fokus hoofsaaklik op poësie en is nie ‘n breë literêre fees nie. Gedigte moedig ons aan om ‘n kopskuif te maak na ‘n dieper sin van ons onderlinge en die bewustheid van die broosheid en waarde van ons dieper hoop en drome, sowel as ons natuurlike hulpbronne.

Ansa Smit

Ansa Smit

VYF REDES HOEKOM JY BY DIE MCGREGOR GEDIGTEFEES MOET WEES

Hier is vyf redes waarom jy moet net nie hierdie baie spesiale geleentheid misloop nie.

1. Die Poësie
Die fees is die enigste van sy soort in Suid-Afrika – toegewy aan die antieke vorm van poësie. ‘n Geleentheid waar Top digters van Suid-Afrika saam met jong opkomende digters ‘n verskeidenheid aan besoekers bied. Luister na die groot Antjie Krog, en ontdek ook die spesiale nuwe talent onder andere Ansa Smit. Meer as 50 digters gaan hul beste kom aanbied.

2. Die Dorp
McGregor is ‘n spesiale plek, ‘n vallei suid-wes van Robertson, met geen deurpad word jy omvou deur berge en die beste natuurskoon. Die dorp het ‘n verskeidenheid historiese huise wat selfs die mees verveelde hom aan sal verlustig. Wingerde wat die dorp omring bring ‘n spesiale mistiek, wat jy geredelik ervaar wanneer jy daar aankom.

3. Die Mense
Die dorp word bewoon deur ‘n diverse en eksentrieke mengsel. Kunstenaars vryf skouers met ambagsmanne. Boere geniet ‘n glasie wyn saam met die filosowe. Loodgieters is gelukkig om brood te breek met die digters. Die dorp se blaasorkes masjeer gelukkig op en neer in die hoofstraat. Oor die naweek van die fees, gaan gedigte liefhebbers omhels word deur die gasvryheid van inwoners. Die mense hier is spesiaal.

4. Die Passie
Gedigte gaan oor passie, en oor die naweek sal jy dit ondervind. Jy sal tot trane gedryf word. Emosies van opgewek tot woede. Jy sal lag en liefhê. Jy sal die passie van die digters ervaar en jou daarin verlustig.

5. Die Plesier en Vreugde
Aan die einde van jou verblyf sal jy weet dat jy ‘n wonderlike tyd in ‘n magiese McGregor gehad het. Koester hierdie vreugde!

As jy daar buite is en jy voel om nie net jouself uit te druk nie maar ook om jou vaardigheid as ‘n skrywer ‘n geleentheid te bied is hierdie nou jou kans. Skryf ‘n gedig en stuur dit dan aan ons. Of kom saam na die McGregor Poetry Festival en luister na ‘n groot digters – en word geïnspireer deur hulle. ‘n Wonderlike geleentheid wag vir jou.

McGregor Gedigtefees program >>

(foto Claire Thomson)

Antjie Krog: Monsters en Fairies

$
0
0

Poetry reading in Afrikaans and English – vir diegene nog jonk van gees.

Met: Antjie Krog

Genre: Voorlesing
Taal: Afrikaans & English
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjies: GRATIS
Plek: NG Kerksaal, McGregor
Datum: 11h00, 28 Augustus 2015

McGregor Gedigtefees 2015

Antjie Krog: Monsters en Fairies,
Roekeloos,
19 Augustus 2015.

2

Floris Brown: Ster wat Skyn

$
0
0

Kom luister na die digter, sanger en liedjieskrywer Floris Brown met die bekendstelling van sy jongste digbundel Nagstil – ‘n skyfie aanbieding en sang.

Met: Floris Brown

Genre: Multimedia & sang
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 50 minute
Kaartjies: R50
Plek: Wahnfried, McGregor
Datum: 14h00, 28 Augustus 2015

McGregor Gedigtefees 2015

Floris Brown: Ster wat Skyn,
Roekeloos,
19 Augustus 2015.

2

Koos van der Merwe: Daar waar rympies vandaan kom

$
0
0

Waar word gedigte gaan haal?

Die bêreplekke is gewoonlik daar waar die hart diep voel. Waar gejubel en getreur word. Waar verwondering en verwonding is. In daardie oomblikke van diep voel is dit asof die digter sy gedig hoor op ‘n plek waar dit reeds bestaan.

Koos van der Merwe peins en sing en neem jou saam na daardie geheimsinnige plekke waarheen die hart reis om gedigte te gaan haal.

Hoofsaaklik Afrikaans met ’n paar Engelse gedigte as bonus.

Met: Koos van der Merwe

Genre: Voorlesing & sang
Taal: Afrikaans & English
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 50 minute
Kaartjies: R50
Plek: Caritas, McGregor
Datum: 09h030, 29 Augustus 2015

McGregor Gedigtefees 2015

Koos van der Merwe: Daar waar rympies vandaan kom,
Roekeloos,
20 Augustus 2015.

2

Viewing all 448 articles
Browse latest View live