Quantcast
Channel: Gedigte – Roekeloos.co.za
Viewing all 448 articles
Browse latest View live

Gedigte van Linda du Plessis

$
0
0

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Voetspore in die sand

Vandag kyk ek terug
oor die sand op die strand
op my
v         voetspore in die sand
   o        oor golwe duinings branders
e         ek en jy dans droomverlore kaalvoet onder die maan
   t        tel skulpies op
s         sonbaai op die strand en het
   p        pret met vakansietyd
o         ons oë begeer vakansie op verbygaande skepe
  r        rol bloedrooi gebrand ons handdoeke op
e         en gaan kyk uit die ligtoring terug
na van gister en toeka gelede se voetspore op die strand

kaalvoetspore so sag soos satyn in die sand
sommiges dof as die branders dit wegvee op die strand

spore wat loodswaar trap deur kruise gelaai
op my skouers en te diep en nie toegewaai

slinger diep en lang tree heen en weer en draai af
selfs met ligtorings se waarskuwing op seestrome waarop ek sou loop of draf

soveel kere menigtal vreemde lewensskepe se see-spore wat ek tel
waar ander my op seerkry afgooi branderry sou vergesel

fyntjies spoortjies trippel drie-in-een
kleinkinders aan my hand vir my geleen

sleepspore waar ek hondmoeg en gedaan
myself op my moeilike lewenspad baan

growwe 4×4 spore op verbode strand by die klipsteiltes hoog na bo
afdraandes waar ek vir krag van Bo sou glo

dink ek is alleen, maar my voetspore wat skielik stop en vervang
word deur onsigbares in tye wanneer seestorms woed en donkerwolke hang

dan sien ek dis die geestelik spore deur God nagelaat
maar ook my seermaak/geneesspore in ander se lewens deur woord en daad

en as ek baie mooi kyk sien ek ek was nooit alleen
die Heilige Gees se voetspore altyd daar om my te vergesel met sy Genadeseën

nou kyk na voor maar ook na bo in my sandvoetspore na Jesus se genadespoor
om daarin te volg en nooit Hom as my Ligtoring my Hemelbestemming sal verloor

foto: Linda du Plessis

‘n Liedjie vir jou

Ek wil vir jou ‘n liedjie dig
‘n liedjie vol van verlange gevul
waar ons soos van ouds tesaam
om die kampvuur saam sou droom
Ek wil vir jou ‘n melodie skryf
gevleg vol van herinnerings
waarvan net ek en jy sou weet
onthou wat ons nooit sal vergeet

‘n Liedjie wat op my tong vlinder
in die vlug die wye wêreld in
oor die see en oseane berg en dale
en voete vind by jou diepste hartskamer in

Ek wil vir jou nou note skryf
kolletjies op wit en swart lyne
waar my liefde vir jou op sal sweef
hemelse akkoorde gekomponeer
om vir jou te sing van my liefde vir jou
pêrels goud en diamante net vir jou
koester ek van ons twee tesaam

‘n Liedjie wat op my tong vlinder
in die vlug die wye wêreld in
oor die see en oseane berg en dale
en voete vind by jou diepste hartskamer in

Ek tokkel nou die liedjie op my kitaar
my stem vol liefde en heimwee na jou
op arendsvlerke styg dit die hoogtes op
vlieg elke woord en elke noot tot by jou
my liedjie vol liefde passie eens gevind
jy dit in engelhande vasgryp
om dit in jou hartskamer vas te knoop

‘n Liedjie wat op my tong vlinder
in die vlug die wye wêreld in
oor die see en oseane berg en dale
en voete vind by jou diepste hartskamer in

‘n Liedjie wat op my tong vlinder
in die vlug die wye wêreld in
oor die see en oseane berg en dale
en voete vind by jou diepste hartskamer in

U is my pottebakker en ek die klei

“God is die Pottebakker en ek die klei
Sy hande meng die klei met perfektheid
tot wie Hy met liefde en sorg brei
met geen haas en presiese afmetings en met sy tyd
sit Hy by die pottebakkerswiel en vorm my spesiaal
bak my tot die volmaaktheid tot kruik so geniaal

Vir jare vul die lewe my met lewenservaring
vloei liefde en omgee wat my moederskoot bring
druppel al die vrug van die gees van vreugde en vrede
bedagsaamheid geduld goedhartigheid en gebede
en staan ek as kruik soms onbeskermd teen wind en weer
kan niks hartseer teleurstelling gebrokenheid traandruppels keer

Uit my skink ek my omgee gawes van om te deel
vloei daar saggies sonder ophou strome van liefde so veel
en as dit leeg begin raak hoef ek dit nie op te vul of vol te maak
want die Pottebakker voorsien met oorvloed as dit opraak
aan GELOOF, HOOP, LIEFDE, vertroue, lewenslus, entoesiasme en deursetting
en ek as kruik ‘n verskil en waardering in ander se kruiklewens kan bring

Dan kom die onafwendbare storms van die lewe
en fyn barsies vinger oor my kruikskoonheid bo ander verhewe
krakies dit om my skatte wat ek versamel het deur die jare se kans
en sonder beskerming sonder keer sonder balans
met die stampe en stote wat ek verduur het dit so skielik
val … na benede … onvoorsiens … in een oomblik

die kruik het by die fontein van die hoogtepunt van lewe
geval en met fondament, handvatsel en rondings gespat in skerwe
bymekaar geskraap elke fyn stukkies en aanmekaar probeer gom
maar gate, fyn en growwe krake en onvolmaak het my kruik uitgekom
lig het orals deurgeskyn en water het uit elke gaatjie gedrup-vloei
en wanhoop, ongeloof, twyfel en teleurstelling het stilweg aanhou groei …

maar die Pottebakker het my nie vergeet toe ek gebreek en in skerwe lê
Hy het my eie-ek-selfheelmaak saggies weer gebreek het soos Hy dit wou hê
met liefdevolle hande het die Kruik van die Lewe my skerwe geneem
en my opgetel, een vir een en stukkie vir stukkie perfek ingepas
die mooiste mosaïek perfek bo-oor sonder krakies my aardse kruik
weer herstel wat Hy nou deur Hom vir Hom op aarde as geestelike kruik gebruik
en ek as deel van die kruik ‘n verskil in ander se lewenskruike kan bring
om uit eer en dankbaarheid saam met ander vir Hom en lof- en dankliedere kan sing

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.


Naked Word Festival 2017

Gedig van Nadine Human

$
0
0

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Nadine Human is ag jaar gelede oorlede in ’n motorongeluk, 45 dae voor haar troue.

Haar ma, Jakkie Human, het hierdie gedig tussen haar besittings gekry.

ongetiteld

Al die pyn en al die smart
Elke mens het ‘n gebroke hart
Al dink jy nie so nie
Iewers is iets seer en stukkend

Dit is so stukkend
Soos ‘n spieël wat val en breek
Daai stukke, dit is hoe stukkend
Van ons se harte is
Soms vat dit tyd om die pyn en seer
Te verwerk en weer heel te maak
Jou hart kan heel gemaak word net soos die spieël

Jy plak dit weer reg maar die krake
En merke sal altyd daar bly

Partykeer kan dit nie genees of reggemaak word nie.

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Flennie die Snare

$
0
0

Bantom hom so
En flennie die snare
Ek is verlief op die kind
Die son slaan vuur uit die sweetvoshare
Ek is verlief op die kind

– Boerneef, “Voshaarnooi” getoonset deur Louis van Rensburg

Hierdie (nou reeds welbekende) woorde verskyn in 1959 in een van Boerneef se gedigte in sy tweede bundel Ghaap en kambro. In 1986 skep Louis van Rensburg die ikoniese lied “Voshaarnooi” deur drie van Boerneef se gedigte te kombineer en te toonset. “Voshaarnooi” word gebruik as ‘n temalied vir die televisiereeks Ballade vir ‘n Enkeling. Boerneef was skrywer, digter, leksikograaf en akademikus, en laat ‘n skatkis van prosa en poësie agter na sy afsterwe op 2 Julie 1967. En nou, 50 jaar na sy dood, word Boerneef vereer in woord en klank in die produksie Flennie die Snare by die Innibos Laeveldse Nasionale Kunstefees, vanaf 5 tot 8 Julie in die Nelspruit Hoërskool-ouditorium met ‘n sterbelaaaide rolverdeling en kreatiewe span. Chris Chameleon, Anna Davel, Johny Klein en Daniella Deysel deel die verhoog met Jaconell Mouton (musikale regisseur), Mauritz Lotz en Riaan van Rensburg. Frans Swart het die teks geskryf en hanteer ook die regie.

Boerneef, die skrywersnaam van Izak Wilhelmus van der Merwe, is op 11 Mei 1897 op Boplaas in Ceres se Koue Bokkeveld gebore. Hy het in Ceres skoolgegaan en later aan die Universiteit van Kaapstad studeer, waar hy ‘n meestersgraad en ‘n B.Ed.-graad voltooi het. Na sy studies het hy hom as onderwyser aan die Suid-Afrikaanse Kollege Hoërskool bekwaam. In die dertigerjare is hy een van die leidende figure in die Kaapse letterkundige kringe, wat ook N.P. van Wyk Louw, W.E.G. Louw, Hettie Smit, F.J. le Roux en J. du P. Scholtz insluit. Hy is in 1936 ’n stigterslid van die Vereniging vir die Vrye Boek, wat onder meer Hettie Smit se Sy kom met die sekelmaan en Van Wyk Louw se Die halwe kring publiseer. Boerneef se eerste skryftaak (onder sy regte naam) was om saam met professor D.B. Bosman (en later ook L.W. Hiemstra) ’n Tweetalige Woordeboek vir Engels en Afrikaans saam te stel, wat dan ook die standaardwerk op hierdie gebied word (eerste uitgawe in 1936 en daarna telkens hersien en aangevul). Tussen 1922 en 1961 was hy ‘n dosent en later ‘n professor in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Kaapstad. Boerneef was ‘n woordkunstenaar wat taal soos ‘n instrument hanteer het, en ontvang hy in 1963 postuum die Hertzog-prys vir poësie.

Sy eerste bundel kortverhale of sketse is Boplaas, waarin hy stories vertel oor sy jeugherinneringe van sy kontrei en ook die legendariese Dirk Ligter aan ’n breër publiek bekendstel. Die lewe op ’n plaas in vergange jare word in sy voorspoed en teenspoed geteken, met die plaaswerkers en plaasdiere as belangrike karakters. Hy word beskou as ‘n fyn prosaïs en die beste onder die Afrikaanse skrywers wat “klein-realisme” of “fantasie-realisme” gelewer het. Hierdie skrywers het hulself buite die groter lewensproblematiek gestel, en hul blik gevestig op volkstipes, eenvoudige lui, kleindorpse lewe en die noue lewenskringe daarvan.

Hoewel Boerneef hom aanvanklik op die prosa toespits, slaan hy later oor na die poësie, eers met ’n paar gedigte in die verhalebundel Teen die helling en later met volwaardige digbundels. Sy volksverse bring vernuwing in die digkuns weens die aardsheid en moderniteit daarvan. Die musikaliteit en ritme is veral kenmerkend van sy gedigte. Dit is juis hierdie musikaliteit van sy poësie wat onder andere die komponis Pieter de Villiers geinspireer het om heelwat van Boerneef se bekendste gedigte te toonset, waaronder “Die berggans het ‘n veer laat val” en “Aandblom is ‘n witblom”. Dit was ‘n belangrike toevoeging tot die repertoire van die Afrikaanse lieder, en ‘n gunsteling van die wêreldbekende Suid-Afrikaanse sopraan Mimi Coertse. In Flennie die Snare word heelwat van die ouer Boerneef toonsettings gehoor soos Die Berggans het ‘n veer laat val en Voshaarnooi, maar ook splinternuwe opwindende toonsettings deur Rudolph Pretorius, Anna Davel, Chris Chameleon en Stef Bos.

Frans Swart is die regisseur en ook skrywer en verwerker van Flennie die Snare. Hy is ‘n Boerneef-liefhebber en het reeds dertig jaar gelede ‘n Boerneef-produksie saam met die PATSO-toneelspelers aangepak. “Flennie die Snare is baie persoonlik vir my. Juffrou Aletta Gericke van die ADK was my mentor en het my al baie vroeg in my lewe bekend gestel aan die wonderwêreld van Boerneef. Daardie woorde wat klank en musiek word. Kyk man, ons moes Boerneef vir juffrou Aletta doen tot dit by ons ore uitkom. Ironies genoeg, toe ek my eie Dramaskool jare gelede gehad het, moes die dramastudente ook Boerneef doen tot dit by hulle ore uitkom.” Frans lag lekker en sê Flennie die Snare het eintlik net gewag om te gebeur. “Dit moes gebeur! Een dag gesels ek met Philna Scholtz van die Innibos Kunstefees, wat net so lief is vir poësie soos ek is en ek sê dis nou tyd vir ‘n Boerneef-produksie. Net daar sê Philna toe – maar kom ons doen Boerneef. Ons hier by Innibos gaan jou help om Flennie die Snare op die planke kry! En so is Flennie gebore”.

Swart is baie opgewonde oor die rolverdeling. “Alles het net in plek geval. Ek wou so graag vir Chris Chameleon gehad het om in Flennie op te tree. Nie net as sanger nie, maar ook as akteur. Chris het onmiddellik ja gesê en hy bring ‘n ongelooflike kreatiwiteit na die produksie toe. Anna Davel het ‘n ongelooflike stemkwaliteit, maar sy is ook ‘n besonders talentvolle aktrise. Anna bring daardie nostalgiese musikaliteit, sy sing en speel toneel. Johny Klein is akteur van formaat en ons het hom in die diepkant ingegooi, want in hierdie produksie gaan jy ook vir Johny hoor sing. Danielle Deysel is ook sangeres en aktrise en Daniella bring veral Boerneef se speelsheid na die produksie.”

Wat kan gehore te wagte wees? Frans antwoord entoesiasties! “Pret en nogmaals pret. Baie mooi sang en musiek, toneel, poësie, lekkerlag komedie en baie hartseer drama en nostalgie. Hope daarvan. Jy weet Boerneef was ‘n volksdigter en ‘n volksskrywer. Hy het oor alledaagse mense en dinge geskryf. Hy het ook geskryf soos die mense die Taal gepraat het daar in die Koue Bokkeveld. Hy het hom ook min gesteur aan wat die letterkundiges van die tyd oor sy werk gesê het. Hy het geskryf oor dit wat vir hom lekker en mooi was. Ek spot altyd en sê hy was eintlik soos die Lefra van daardie tyd se letterkunde! Eerlik, maar lekker kommersieel! Mense moenie ‘n swaar letterkundige affêre verwag nie – Flennie die Snare is lig en loslit en Boerneef se woorde steeds so vol klanke en musiek soos altyd! En ek kan ook ‘n geheimpie uitlap – die orkes speel ook toneel. So as jy altyd vir Jaconell Mouton, Mauritz Lotz en Riaan van Rensburg as akteurs wou sien, mag jy nie Flennie die Snare misloop nie.”

Musikale regisseur Jaconell Mouton is op Citrusdal gebore en het grootgeword op ‘n pragtige lemoenplaas met ‘n uitsig op die Sederbergberge; Boerneef se wêreld. Sy het op die ouderdom van vier jaar op gehoor begin klavier speel, en het op agt jaar geleer hoe om musiek te lees en met haar klassieke begin opleiding begin. Na skool het sy aan die destydse Pretoria Technikon, nou beter bekend as die Tshwane Universiteit van Tegnologie, Jazz studeer en word vandag beskou as een van Suid-Afrika se top musikale regisseurs. Haar werk sluit lewendige optredes, albums, DVD’s en TV-werk in. Jaconell is veral bekend as deel van die Musiekfabriek op televisie se Noot vir Noot.

Regisseur en skrywer, Frans Swart is reeds die afgelope 38 jaar baie aktief in Suid-Afrika se vermaaklikheidswêreld. Hy begin sy loopbaan as TV-kameram by die SAUK waar hy dan ook heelwat kinderreekse vir televisie skryf. Hy publiseer sy eerste kinderboek, Blouvlam die Draak op die ouderdom van 22. Hy maak ‘n draai in die Skakel- en Bemarkingswese, maar sy eerste liefde bly die teater en word hy aangestel as die Direkteur van die Springs Stadsteater. Vir die afgelope vyftien jaar is Frans die Besturende Direkteur van Lefra Produksies. Hy doen onder andere die regie van Liewe Heksie, My Man se Vrou se Man, My Man se Lyk se Tas, My Boetie se Sussie se Ou, Daa’ Gaat die Bruid en My Man se Skelmpie se Skelmpie se Vrou wat hom die titel van Klugkoning van Suid-Afrika gee. Hy het vanjaar ook die regie waargeneem van Dalene Matthee se Fiela se Kind.

Chris Chameleon – vernuwend, prolifiek en eindeloos kreatief, het bekend geraak in Suid-Afrika, asook oorsee, as ‘n musikale fenomeen. Met ‘n eiesoortige styl, bekoorlike verhoogpersoonlikheid en ‘n reputasie om gehore met sy vier-oktaafstem en stemtoertjies te betower, het sy uitsonderlike talent hom uitstekende resensies en vele toekennings besorg oor die afgelope 27 jaar. Toekennings sluit drie Suid-Afrikaanse Musiektoekennings (SAMA’s) en ‘n Erepenning van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns in. Na sy suksesse tussen 1990 en 1995 met sy eerste orkes, die eklektiese Blue Chameleon, het Chris Chameleon in 1997 die orkes Boo! gestig, ‘n musikale drietal wat in die tussentyd ‘n wêreldwye kultusaanhang verwerf het. Toe Boo! se medegroeplede besluit het om ander heenkome te soek in 2004, het Chris Chameleon sy vlerke gesprei deur sy Afrikaanse en Suid-Afrikaanse herkoms te ondersoek. Hy het die hoog-aangeskrewe album Ek Herhaal Jou uitgereik – verwerkings van die poësie van die ikoniese digter uit die Sestigerjare, Ingrid Jonker. Verskeie albums en DVD-vrystellings volg en in April vanjaar het Chris sy nuutste album Jy en Ek en Ek en Jy vrygestel.

Met ‘n kombinasie van haar soel stem, sielvolle optredes en pragtige liedjies wat sy skryf, fassineer die veelsydige Anna Davel al vir twee dekades haar gehore. Dit het in 1997 begin toe sy as die algehele wenner van die jaarlikse ATKV Crescendo-kompetisie aangewys is met haar eie komposisie Viooltjies, wat haar gevestig het as sanger, liedjieskrywer en kunstenaar insluit. Die liedjie het ‘n merkwaardige indruk gemaak met sy tema van huishoudelike geweld. Sy het haar diploma in Ligte Musiek en Jazz by die Tshwane Universiteit van Tegnologie in 1998 verwerf, en het in dieselfde jaar by die gewilde Cutt Glass aangesluit, waar sy lid was tot 2003, waarna haar sololoopbaan vlam gevat het, en het sy sedertien nege albums en ‘n DVD uitgereik, en talle musiekproduksies vir teater en feeste die lig laat sien.

Toe die teatergode wink, was Johny Klein gereed om te antwoord en sedertien laat hy geregtigheid geskied aan enige rol wat na sy kant toe kom. Johny is ‘n trotse boorling van Groblershoop in die Noord–Kaap. Terwyl die geleenthede in ‘n klein dorpie maar skraps is, het hy nog altyd geweet dat hy sy roeping moet vervul. Na sy formele opleiding by die Tshwane Universiteit van Tegnologie, het die gesoute aktrise en teater-ghoeroe, Ilse Klink, hom onder haar vlerk geneem en verder help slyp aan sy talente. Johny is op sy beste voor ‘n stampvol gehoor en het hy ondermeer uitgeblink as die nimlike Mnr. Pret wat skoolkinders landwyd in vervoering het. Een van sy heel grootste drome is bewaarheid toe hy die rol in Fiela se Kind losgeslaan het en saam Shaleen Surtie-Richards die verhoog deel. Johny is ook onlangs gehoor in RSG se boekvoorlesings en sy stem word dikwels in radiostories gehoor.

Daniella Deysel is gebore en getoë in die verruklike Namibië, en het sy haar skeikunde, aardrykskunde en biologie handboeke ingeruil vir grimering, die verhoog en die ligte! Sy het haar BA Drama graad in 2011 aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. In 2012 is sy die stem van Ingrid Jonker op die DVD Klank van jou oë, ‘n opname van ‘n uitvoering van werk van Jonker deur Chris Chameleon. Die jaar daarna werk sy weer saam met Chris aan Herleef, waar sy die agtergrondstem verskaf. Die samewerking word voortgesit en in 2014 sien die album Posduif die lig, wat oorspronklik net toonsettings van Daniella se gedigte was en gedurende die opname proses in ‘n duet-album verander het.

Mauritz Lotz is ‘n bekroonde kitaarspeler, gerespekteerde vervaardiger en komponis. Sy werk kan op meer as 4 000 opnames gehoor word. Met ‘n loopbaan wat oor die 30 jaar strek, het hierdie gevierde kunstenaar vir hom sy regmatige plek in die Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenis verdien.

Riaan van Rensburg is deel van een van Suid-Afrika se mees geliefde musikale families, die enigste seun van Johan van Rensburg en Rina Hugo. Volgens Riaan was musiek sy passie vir so lank as wat hy kan onthou. Sy ouers het vroeg reeds hierdie passie raak gesien en aangemoedig, en het Riaan in 1980 op die ouderdom van net vier jaar oud op sy eerste televisie-optrede gehad. Ironies genoeg was Frans Swart kameraman op daardie program waar die kleine Riaan die dromme so gemoker het. Riaan is ook deel van Noot vir Noot se Musiekfabriek vir meer as 30 seisoene.

Bespreek nou by Computicket. O ja, die Ligstraalsusters van Calitzdorp kom ook optree! Besprekings kan gedoen word by Computicket 0861 915 8000 of by enige tak van Computicket. Ook op die webtuiste www.computicket.com Groepe meer as 10, kry lekker afslag – skakel vir Monica by (011) 815 3000.

Gedigte van Damiam Vincent Henry

$
0
0

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

anatomie van die hart

‘n Man se stryd is teen homself, en                                                                                                                                        baie sal dit nie verstaan
                                                                                                                    ons dra ons harte op die mou

                                                                ons liefde steek ons in die soem.

Jou grootste vyand is jouself, en                                                                                                                                        almal weet hoe ons bestaan;

                                                                                                                           baie wat die hart van hou,

                                                                 “hopeloos romanties” is jy genoem.

sentimentaliteit van trane

Trane
O my trane,
hart treur uit
neus bly loop.
Ek bid vir haar,
met al my mag.
Maar niemand!
sal my ooit kan troos,
soos Jesus;
met sy wonders
hy’s bewus!
van hierdie kruis.
Trane
O my trane
jy’s ‘n voorbeeld
van die konflik
in my lewe,
hart so vol
so beswaard;
definisie
van my seer
en van meer,
ek kan glimlag
maar ek treur
jy is met my
elke dag.
O my traan!
jy’s so …
vallend soos ‘n blaar;
wat so eensaam val in herfs,
soos ‘n ster in die nag
als deur jou
wie my forseer.
Trane
O my trane,
dra my hart nou
op my mou!
en die wêreld sien my pyn terwyl ek huil …
almal kyk;
voel jou saggies op my wange
rol so sag…
ook so seer;
jy wys my wie ek is… vresend vir my hand
ek kan dit nie meer verdra! oë is rooi
soos ‘n waatlemoen van binne.
Sê my hoe ek hier beland? Met my hart in openbaar
en ek swem tussen gevaar, maar jy val
op my vel.
soos is slang in ‘n veld Vinnig!
soos die wind se spoor.
Trane
O my trane
Moet nie my verlaat,
ek voel sleg
want ek’s verkeerd
om jou van my oë
weg te hou.
Glo my as ek sê
dat ek is jammer,
met ‘n hart wat jou verlaat het,
vir ‘n bottel snêt!
wat my verander het.
Stadig
het ek jou versmoor,
toe jy wou val
het ek gekeer.
Toe neem emosies wraak.
Ek voel alleen.
Ek lê in pyn,
sê my waar gaan ek nou heen!
Jy’s al een wie my pyn kon sing.

©Damiam Vincent Henry

God is God

Die duiwel het geluister
toe ek bid na my Vader.
Baie kwaad
bietjie jaloers, begin praat
terwyl ek bid vir my susters.
Hy was lastig,
want hy weet my God is almagtig!
Hy was onrustig,
my oë gefokus op die lig!
Maar hy lag terwyl ek pleit
en hy begin kners; verander van rooi na pers,
“asof hy in gekleurd was met kryt.”

Die duiwel het gefluister
toe ek roem oor my Vader.
Sleg gepraat
het duiwel van my broers,
ek moes God verlaat,
maar my Vader is baie jaloers!
Hoe sou ek dit aan God kan doen?
Nadat hy my elke dag sy kind noem;
Als onder hemel behoort aan die Vader!
Hoe kan ek my sig van hom verwyder?
Sê gou vir my!
Hoe sal ek ooit teen dit kan stry-
God is God; nie mens nie.

©Damiam Vincent Henry

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Gedigte van Bianca van Vuuren

$
0
0

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Ek word wakker

(Vir Gareth)

Ek word wakker
en terwyl die buitelyne
van jou lyf
my hande hul
gierige genot gun
wonder ek:
Is my oë regtig oop
of het die droom nou eers begin?

10 Junie 2017

Sy yl mos maar so deesdae

Kokaien, kodeien en opiaat
mengeldrank met ‘n frank nasmaak
goddelose, genadelose, gewetenlose (g)ek

Skrywersblok – ‘n Liefdesgedig

Waar die woorde voorheen
ongemerk aanhoudend
deur depressiewe donker dae
aanhou loop het
en aaneen geskribbel en gekrap en gedronkverdiet het oor papier
(Wie het ooit gedink dit sou ‘n seen wees op daardie betrokke bedonderde tyd?)
literatonies volmaak agtermekaar gaan sit het
(Waarvan die hart van vol was
het die papier van oorgeloop)
skitter hul nou in onverklaarbare afwesigheid
kruip weg tussen tweedehandse boeke en maaltye vir twee
uitgegooi met die skottelgoedwater
verdwyn in die stof in die hoeke in die huis
My woorde het my laat los
en moes plek vir ander dinge maak
(Waarvan die hart van vol is
loop my lewe nou van oor)

geskenk

Here, hy skryf
so mooi vir my
en ek weet nie
of ek sal kan byhou nie
want dit wat ek vir hom voel
is verby taal
verhewe bo woord en lied
ek kan hom slegs die geskenk van my liefde bied

03/05/06

Manies

Engel
ek skryf ‘n maniese gedig vanaand
op soek na bewyse van jou bestaan
want ek mis jou
iets vreesliks
terwyl ek na my dubbelbed staar
wat groot soos ‘n monster in jou afwesigheid word
daar waar jy net noudiedag
nog speels met my gelag en gevry het
Tot die hoeke van die kamer
weet jy is nie hier nie
en ek druk my gesig in jou kussing
Dis onmenslik stil vanaand
net die geraas van motors buite
die wereld BEWEEG
terwyl hier in my kamer op die tweede vloer
die lewe, tot jou terugkoms, stil gaan staan
stagneer
Ek probeer
glo my, ek probeer
om dinge te doen wat ek gewoonlik interessant vind
maar niks is van nut
en al wat my deur die nagte bring
is jou gesig, liefde, rondrol en bid

03/05/06

Dom

my lief
dit is koud en
ek probeer vir jou
dig maar my
brein haak
haak vas
vas
want jou liefde
slaan my stom
dom dom
dom ek raak
my woorde te klein
hopelik eendag sal
ek ‘n boek kan
skryf oor liefde
en wense
en drome
wat waar word
maar vir eers
sal ek die feite aanvaar
terwyl ek in jou afwesigheid
domverlore vir die mure staar

24/04/2006

Kolk

Ek skryf jou in
om jou uit te kan skryf
want hier sal ek moet uit
want in die aande
amen ek jou in
al om my bed in
al om my hart in
en in die oggende
god jy my uit
al uit jou bed uit
al uit jou hart uit

En hier sal ek moet uitkom
want ek sukkel om te verstaan
dat jy, jou glimlag en jou lyf net bestaan
tussen sewe en elf elke Donderdagaand
al om my bed om
al om my hart om

Bianca van Vuuren

01/02/2006

Eerste probeerslag

Ek sit en staan op
staan op en gaan sit
terwyl ek ‘n gedig
vir jou probeer vind
As my woorde maar net
reel vir reël
strofe vir strofe
volmaak ge-orden in hul lyne wou bly staan
perfek wou rym en allitereer
en selfs (vir ekstra effek)
so nou en dan assoneer
sal ek dalk kan sê
presies wat ek hoop om te sê
sonder dat jy weet
wat tussen die lyne lê
sonder dat jy dink
dat ek te veel van jou wil hê

Maar hierdie tyd elke dag
is daar net kakofonie in my kop
en kruip my hart se woorde
nog verder in my hart se dop

27/02/2006

Ry D op ‘n Donderdagaand

Jy vat aan my hand
en my hart
(en die wêreld)
stop
vir ‘n minuut
terwyl sterre in die hoeke
van my mond verskiet

12/03/2006

Gekruisde Lyne

Ek rondomtalie op jou woorde
tot ek dronk word in my kop
en op die gras gaan lê
omdat sterre voor my oë verskyn
want ek hou van jou
ten spyte van experience
ten spyte van wat die lewe
mens oor liefde leer
omdat jy met drome
en my kop kan toor
omdat jy met onwrikbare geloof
ook soos ek in die onmoontlike glo
ek hou van jou
soos dit duidelik uit my aksies blyk
omdat jy vir my mooier as ‘n mens word
elke keer wanneer
ek in jou rigting kyk

12/03/2006

Bloed

Vir jou wil ek die heeldag rym
laat my gedagtes soos engele
voor jou verskyn
en saggies op jou skoot neerdaal
Ek’s useless vanaand
want ek mis jou
woorde alleen wat nie

wat nie WAT nie?!

Jy is my elke gedig se laaste reël –
absoluut essensieel.

19/03/2006

Gevaarlik

My mond en hart trek
afkeurend ondertoe
oor hierdie teleurstellende
situasie waar ek myself alleen
in my kamer bevind
(hier is te veel lee ruimte rondom my)
want Die Gevaarlike Chris R.
is nie hier nie
Omdat tyd en spasie
geen relevansie
meer het in die moment
waar lyf en siel
een word
maar na die Groot Oomblik
weier om twee te word
weier om te skei
aanhou een bly
selfs nadat
Die Gevaarlike Chris R.
in sy kar klim en ry

26/03/2006

Geskenk

Here, hy skryf
so mooi vir my
en ek weet nie
of ek sal kan byhou nie
want dit wat ek vir hom voel
is verby taal
verhewe bo woord en lied
ek kan hom slegs die geskenk van my liefde bied

3/5/2006

Vir jou, Joe

Skei uit
en los my uit
jou oë maak elke keer van my
‘n swaap
en jy weet dit
waar jy vanaand
met my honderdrandnoot
‘n nuwe tert verlei
En dit moet my nie meer traak
met wie jy jou lyf en bed deel nie
Ek wonder net:
Is sy jou advertensie?
Joe se wonderkuur vir impotensie

reaksie op Vir jou, Joe

Abrakadabra

Vanaand is my hart so seer
ek is weer alleen
en deur die bloed wat ons bind
weet ek jy weet Ek sê vir jou dankie
vanaand
dat jy altyd vir my plek maak
en ek wil jammer sê
dat ek nie altyd pas nie
dat ek soms jou hartseer ignoreer
omdat ek nie kan toor nie
want as ek kon
sou ek alles wegtoor wegtoor wegtoor
Ek en jy abrakadabra die aande om
Dankie dat jy
my
seerste, grootset geheim
in jou seninghande vashou
en uit die reën hou
Al weet ek nie hoe jy dit doen nie
Dankie dat jy
my daardie aand gevang het
toe ek by die trappe van die lewe afval
Ek is jammer dat my woorde
partykeer so grof en kort is
Verstaan asseblief (asseblief)
as ek nou vir jou sê
ek verstaan

Vir Weynandt

Jy is my engel ter beter oorde
Jy is my bewys dat God bestaan
Jou skaterlag is my bybelvers
wat my deur donker nagte bring
Jou stem my reddingsbaadjie
as die stormwater van die lewe
in my huis sou indring
Joe oe bring my tot bedaring
Jou woorde is ‘n kussing vir my kop
Jou handewerke slaan my asem weg
Alles wat jy altyd doen, is altyd reg
Verskoon my klein woorde:
Geen woordeboek, ensiklopedie of menslike beskrywenis
sal ooit met
akkuraatheid
kan beskryf
die wonderwerk wat jy is.

2004

Eendag as ek famous is

En eendag as ek famous is
verander ek my naam
en snuif kokaïene
saam met skrywers en akteurs
Ek sal lag oor die lewe so eenvoudig is
Dalk skenk ek nog ‘n beurs
aan ‘n agttienjarige met talent
en laat hom in my sonkamer studeer
terwyl ek hom die feite van die lewe leer
Ek sal my geheime deel met elke akademikus
en professore vry by konferensies
Ek sal op klaviere lê in my onderklere
Sjampanje drink vir ontbyt
Saam met moffies dans
in stilettos en fishnets
en elke ander vrou ‘n tert noem
Ek sal masturbeer
fantaseer
en orgasmeer
met die opsie om te aborteer
indien dinge sou gevaarlik raak
eendag
eendag as ek famous is

Dali-drome

Ek bou drome op sy ruggraat
en ‘n huis op sy skouers
Ek dans die aand om op sy maag
Ek skryf gedigte op sy kuite
en slaap in die holte van sy hand
Hardloop deur sy hare
soos deur lang grasse in die veld
Ek maak hom my cliche
van trou en kinders kry
van love everlasting
van first dates
tot soul mates
En hy?
Hy is ‘n realis
‘n sinikus
‘n doemprofeet teen alles wat romanties is
maar in my Dali-drome
kom hy altyd terug
en dan bou ek (weer) my drome op sy rug

Bedoel om te wees

En as dit dan so bedoel is om te wees
soos die verskietende ster daardie aand
vir jou bevestig het
sou ons miskien dan nie mekaar
in ´n koffiekroeg raakloop
in die boekwinkel ontmoet
dieselfde kunswerk in ´n galery bewonder
mekaar op die vliegtuig sien as ons altwee oppad is na dieselfde ver land
As dit dan so bedoel is
Maar vanaf die eerste en laaste keer
wat ek jou ontmoet het
drink ek my koffie alleen
deel ek my boeke met myself
loop soos ´n dooie in galerye en museums rond
soek ek jou gesig om die hoeke
en nou ek sit alleen in die lug
Ek is teleurgestel:
jy het dan gese dis bedoel om te wees

#MyElsiesrivier

Gedigte van Stef

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

v r i e s

dié oomblik
naelstring

g-e-k-n-i-p

y
s

asem
in
die
dood

liefde

a l l e e n
nou

sielloos

die laataand
vang my in
sy
wip …

hy
grou
in
my
en
gryp –

– ek
pyn
en
verloor

– ek
pyn
en
verloor

– sielloos –

‘n einde

donker net

jou
bestaan
net
welkome
skadus
rondom
my –

– jou
afkeur
pyn
skadus
diep
in
my
hart

verlei – verlore

ek
laat
jou
altyd
toe
in
elke
uithoek
van
my
hart

jy
misbruik
elke
geleentheid
om
my
hart
finaal
te
verwoes

treur

verwyder
my
hart
voor
ek
begrawe
word –

vergeet
van
my
lyf

en

huil
rondom
my
hart

bloei

dié wonde
is
dieper
as my hart
se verstaan

die rooi trane
klad
geen
verdriet
verstaan

sny

seer

tyd

my hart is in ‘n

swart

gewaad;

dit

f    l    i    kk  e       r

pyn
blinknat

Lot

ek glip deur jou vingers …
‘n laaste omdraai
‘n laaste seer kyk

Lot se groet is my oë
soutpilaar –
‘n ewige wond
seer glimlag –
verwytende blik

somerseer

(wag vir my daar)

soen my
liggies
op my voorkop
voor
ek
gaan

ek
(wie ken ooit die ek?)
hoop dis
pynloos –
sag

weg –
van die
seer
hier

mag die
brandende vuur
verkoel en
verlig –
vry

dans

my hartkamers vou
eensaam
oop

jy
het altyd my hartkamers
beskerm –

die blomkelke is nou
afgeskil;
ek
het jou laat gaan …

hy was méér vir jou

(ek leer weer om my
eie hart te stut)

vergete is die lentereuk –
blommedans

laaste kyk

(met ‘n goue staf in gedagte)

die weensee het gister
finaal
opgedroog.
die pad lê nou oop na die beloofde
– b e v r y d i n g –
dit was alles in jou vorentoe kyk –
‘n doellose verbykyk;

vir my is dit
nou
vorentoe
vier

n o o i t

my hart is
‘n spelonk:
koud
en
nat
van die
trane
dis die –
ontnugtering –
dat
jy
verby
my
kies
verby
my
droom

sang

die vorm van jou lyf
sing liedjies –

as jy gaan …
as jy gaan …

onthou net my hande
as
laaste melodie –

ek … verdwaal

waar in die wêreld is jy?
my oë soek na jou –
sal ek jou ooit? met my oë kan
tas?

– wolk van verbeelding –

groen gly uit my oë
wanneer ek stip na jou staar –
my wêreld verkleur
en jy word reënboog

jou aanraking is
méér
as enige
volkleurdroom

– groen gewaarwording –

jou gestalte word ‘n reus –
tafelberg is in jou hart –

al wil my oë jou aanhou volg,
skei my hartkamers

jou –

die seebries word hartseer herhaal:

in die seelug is ons saam
in die seelug is ons saam

;jou beeld verflou,

ek

verdwaal …

siembamba

ek sus
jou
in my arms
todat jy slaap;

ek skrik
my
daagliks
spookwit!

:jy gaan
stadig
dood
in my
skoot

nagvuur

my
hart
brand
–        –
binne

ek trek ‘n kring om die pyn!
of
trek die pyn ‘n kring om
my?

ek rig op
jou

of?

= sneller
sekuur

spatsels seer;

hartbloed

– bly –

‘n eensame
nagwaak

venster

(spieël in my hand)

deur die waas van
hartseer
vou my hande
ligweg
liefdesgebare
na
jou
uit

my gedagtes
hou
jou
styf
vas

innig?

jou
beeld
bly
in
‘n
leë
raam

alleenheid

jou wurggreep
bring
pyn
ontydig
na
my
binnehart

– ek bly
soekend na
jou
vlees
en
warmte –

ontnuger!

altyd
alleen
agtergelaat
met
‘n
koue
hart

droom

ek mis jou …
al sê ek vir ander –
anders
die hartseer herinner
my
daagliks aan
jou

al steek ek jou
weg,
vind
jy
my
altyd
weer

die oseaan
in my oë
biggel
golfies
seer

aanraak

mag ek nooit wéér so lief word vir jou
nie
en ek wéér by ‘n kruispad staan
alleen
nie
ek het al hierdie pad gestap vir
jou
my gevoelens raak jou heeltyd nader
deur jou kon ek weer liefkry
jy is hier naby my;

tog kan ek jou nie
raak
nie

ek kon nie meer praat nie –
nie toe nie
nie nou nie

praat nou
met my
in my afwesigheid

sê alles in silwer
sê alles of swyg –

stilte

ek kan nie meer praat nie –
nie nou nie
nie toe nie

vlug

wens ek kon vlug …

wolke, vou om my neer
gryp my hart en maak my lig …
laat ek sweef

wind,
laat ek vlieg
laat ek sweef:

verplaas my
hart
laat ek weer
sien

laat die druppels
was

maak my hart
skoon

– laat ek vry wees

gloei

raak my tog liggies aan
elektries
laat jou lig my nou
verblind

sing tog in my oor en
streel
my nou met jou stem
somerson

hou tog my sagte siel
gevange
nou in jou wysheid
lewenslig

skulphand

jy was ‘n blink pêrel in my
hand
ek kon jou eens vashou –
bewonder
selfs koester

nou het jy gegroei –

duisende vlinders vlieg
blink
uit die oog

ek het jou laat gaan: seepbel

skulphart
skulptraan
skulphand

niks

geskryf

jou woorde is ‘n poskaart –

ek

jou hande was tóé vlindervlerke
jou oë het tóé doudruppels geskyn
jou hart het tóé gloeiwarm geklop

ek sou glo die pad wees
waarlangs
jy loop

woorde was tóé varkblomme
woorde is nou dorings

roete: regdeur my hart

posduif
duifloos
hartloos

liefde,
jy

hartstilte

vanaand loop trane
stil
teen my borskas
af

pyn is swart

nou net die leegheid –
niks om te sê nie

onsigbare hande weef ‘n vangnet:
engelraak

sonder naam

ek wou jou naam sê,
maar jou naam is vergete
net in ‘n vae beswyming
kon ek jou beeld nog onthou –
nou
uitgekerf uit my geheue.

ongetiteld

diep en koud is die see
tussen
ons
tyd het die hart verdroog:
duiwe is vlerkloos
arms waai sonder hande
winde geluidloos
spieëls is dof –
die water het opgedroog

vry

410 dae gelede
411 dae gelede
412 da …
!Windows alarm!
“program te oud”

verhouding verby

sisteem crash …

wens ek kon alle data
delete
Ctrl Alt Del

vergeet

skerm skitterblink
kleur sein
venster
vry
2014

nagreis

‘n einde?

my ore lê vasgepen,
Gulliver

ek wil jou
naam
nóóit
weer   uitroep nié
nóóit
weer   hoor    nié
nóóit
weer             nié

my bed is ‘n kluisenaar
‘n klipplaat

my hart gestrand
my trane droë golwe

geen r e d d i n g s w e r k
nie

net die dun gebreekte glas
gespan
oor my bed se vier
mure
bly
oor

‘n begin?

hart

vertoef jy by my versplinterde deur …
sal jou klop die krete hoor
van my opgeskeurde hart

jou binnekoms sal bely:

géén helder spektrum van lig
géén handklop-voetklap
géén liggloei kopgebaar
géén lyfdraai nie

slegs ‘n afwys vandaar –

‘n vingerwys kaart:
‘n swaard wat harte verdeel
tot ‘n laaste versplintering

alleenhart

ontmoeting?

(‘n see van letters)

ek:
ontmoet deur virtuele lyne:
‘n skugter lag?
‘n sku gebaar?
nou net ‘n ewige getik –
sou dit ‘n hartklop warm
afweer?

hy:
onsigbare bande word gesmee deur die lug;
nou die lugleegte
verdryf deur die
koue seelug …

… s E e Va n lE t T er S

ongetiteld

jy wink my nader
jy hou my vas in jou arms wat golf
ek hoor jou breek
jy lok my voetjie vir voetjie
jou koue geheimenis binne
jy neurie my nog nader

sal ek jou ooit diep in Neptunes se skatkis vind?

dis ‘n koue omhelsing –
‘n kring van ewige verbintenis …

donker trane

sagte vingers
hartseer hale
traankontoere
jy wat lê …
ek wat lê …
versugting
sal ons vingers ooit weer
kruis?
druppels:
swart
druppels:
droog

duisterdans

eers net ‘n sirkeldans
toe ‘n donkerdans
draaidans
draaidans
en
nou net ‘n jakkalsdans

myne

my hande is duiwe
waarmee ek
jou lendene
balsem
my oë is sagte vlerke
wat kruise span van ware
liefde
dit is dan wanneer
ek
besef
jy
is nou myne

ongetiteld

ek
hy
jy
rondomtaliedraai
rondomtaliedraai
drieankerbaai
trippeldraai
jy
hy
ek

ongetiteld

ek voel die
dood
klop
in my lyf
net ‘n ligte
vaagweg
geklop …
ek loop ‘n sirkel rondom jou …
bewonder jou oë
jou mooiheid
‘n ewige sirkel van onthou
jou oë bly blou
soos koel mere

ongetiteld

alles is skoongewas deur die reën
maar ‘n treurdag vir my …
ons liefdesirkel is nie beskore nie –
al is dit gespan in goue draadjies
nou is dit net ‘n helder herinnering van uitreik en ontvang
‘n geslote mond
‘n dooie lyfgevoel
ek staan verwese in ‘n kring van verlange …
my oë bly soek na jou gestalte –
die fors figuur

ongetiteld

ek staan verwese en
wag
‘n definitiewe antwoord verwag
jou gestalte fors
moet nou vervaag in ‘n beswyming van
‘n gistergeluk

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes [by] roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.


Plaas en werf

Uittogboek

$
0
0

Uittogboek – ’n bundel wat van fyn vakmanskap, tematiese en stilistiese verskeidenheid en intellektuele diepgang getuig – is ’n hoogtepunt in die digter Johan Myburg se oeuvre.

Temas soos die doodsbesef, die mens se verganklikheid en die optekening van laaste dinge word op subtiele en sensitiewe wyse benader en met ironie en humor deurspek.

Die samebindende gegewe van die bundel is die Romeinse keiser Hadrianus (76–138 n.C.), en die bundel open met sy bekende sterfgedig in Latyn en Myburg se trefsekere vertaling daarvan in Afrikaans.

Myburg bewys homself met hierdie publikasie as ’n digter wat nie slegs formele verse nie, maar ook vrye verse en langer prosagedigte kan skryf wat die leser op verskeie vlakke uitdaag, gevange hou en betower.

Binne die bestek van drie digbundels het Johan Myburg hom gevestig as een van die mees gerekende digters in die Afrikaanse digkuns; in hoofsaak omrede elke publikasie van hom van ʼn fyn vakmanskap getuig wat nie net sy eie nie, maar die totale digkuns verruim. Hy debuteer met Vlugskrif (1984). Sy volgende bundel, Kontrafak (1994) word met die Eugène Marais-prys bekroon. In 2008 verskyn die indrukwekkende Kamermusiek; ʼn bundel waar die kamer die sentrale ruimte is waarbinne handeling afspeel.

Benewens digter is Myburg ook ’n joernalis en kunskritikus. Hy woon en werk in Johannesburg, het filosofie, sielkunde en teologie gestudeer en is tans besig met nagraadse studie in visuele kunste.

Uittogboek / Johan Myburg — Protea Boekhuis, 15 Mei 2017; sagteband. — ISBN 9781485307761

Uittogboek

3

Amy Jephta: My werk, my stem

Gedigte in McGregor 2017

$
0
0

Alle paaie lei binnekort weer na die mooie plattelandse dorpie McGregor, vir alle liefhebbers van die woordkuns. Die vyfde jaarlikse Gedigte in McGregor naweek vind vanjaar vanaf 25 – 27 Augustus 2017 plaas. Vanjaar is daar meer as 90 aanbiedinge en die program sorg vir `n heerlike mengelmoes van bekende, asook nuwe, vars jong stemme in Afrikaans, Engels en Xhosa.

Digters wat van hul werke gaan deel sluit Koos Kombuis, Ashley Dowds, Pieter Fourie, Johan Myburg, Nic de Jager, Kobus Moolman, Lungiswa Nyatyowa, Lerato Sibanda, Philip de Vos, Diana Ferrus, Daniel Hugo, Lara Kirsten, Fanie Olivier, Koos van der Merwe, Mavis Vermaak, Wendy Woodward, Hermien de Vos en vele meer in. Vir `n volledige lys van al die betrokke digters gaan na: http://mcgregorpoetryfestival.co.za/2017-poets/

Billy Kennedy, eienaar van Temenos en stigter van die Gedigte in McGregor naweek sê dat gedigte `n belangrike rol in ons lewens speel: “Ek glo dit is so noodsaaklik soos vars lug. Iemand het eens geskryf dat baie van die geweld en sielkundige probleme in ons samelewing waarskynlik te danke is aan die gebrek aan poësie. Bevooroordeling is altyd eensydig. Poësie maak gedagtes oop. Poësie is uitdagend; dit kan ons hervorm en herskep. Dit geen ons dieper insig en bewustheid van mekaar en hoe ons almal in gees verbind is. Dit doen vir die gees wat joga vir die liggaam doen.”

Kennedy sê dit was `n maklike taak om `n tema vir vanjaar se Gedigte in McGregor naweek te kies: ‘Hartsgebonde’. Hy sê: “Baie van wat ons die afgelope paar jaar as `n kommittee uitgerig het, met die hulp van die wonderlike digters wat ons van die begin af ondersteun het, is uit die hart gebore. Ons het nou NWO status en al ons fondse word eerstens aangewend om Gedigte in McGregor te laat groei, maar ook om verskeie gemeenskapsprojekte in McGregor te ondersteun. Gedigte in McGregor verwelkom nie net bekroonde en gepubliseerde digters nie, maar ook jong, onontdekte talent.”

McGregor is die perfekte dorpie vir die viering van digkuns. Die lokale is loopafstand van mekaar en die plattelandse sjarme van die dorp dra by tot `n unieke ervaring.

As deel van die Gedigte in McGregor naweek, gaan die MAC projek ook `n spesiale skoledag-program op Vrydag 25 Augustus aanbied. Meer as 800 leerlinge van verskeie skole in die omgewing sal die geleentheid bywoon. Die Kaapse kunstenaar Ha Man! sal saam met Joke Debaere `n konsert van musiek, drama en gedigte aanbied. Die Afrikaanse groep Ruk! gaan ook deur die loop van die oggend optree.

Gedigte-kompetisie: Ons het verlede jaar inskrywings van oor die hele land ontvang en ons nooi jul weer uit om vir vanjaar se Gedigte-kompetisie in te skryf. Hierdie jaar se tema is “Poësie as hartskos.” Alle inskrywings moet hierdie tema reflekteer. Die kompetisie is oop vir ongepubliseerde digters en daar is twee kategorieë:

Oop kategorie vir volwassenes: Die prysgeld vir wenner is R5 000.00
Skole kategorie (oop vir leerders graad 7 tot 12): die wenner kry `n splinternuwe iPad.

Inskrywings kan per epos gestuur word na: mcgpoets@gmail.com voor 30 Julie 2017. Vir meer inligting en reëls gaan na www.poetryinmcgregor.co.za

Daar is ook vanjaar weer `n aanbieding van die gewilde ‘Open Mic’ sessies. Hierdie sessies word gelei deur Hugh Hodge (http://hahodge.blogspot.co.za/p/about-me.html). Enige iemand wat graag sy/haar gedigte wil voordra is welkom. Almal is welkom om dit by te woon. Geen kaartjies of besprekings is nodig vir die “Open Mic” sessies nie.

Kaartjies beskikbaar by Computicket vanaf middel Julie.

Lara Kirsten

Lara Kirsten

foto en kunswerk: Edna Fourie/ Dani`s Photos

Gedigte van Tania Olsson

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

SIT OP DAK KYK UIT OOR SOVEEL SINKE IN DIE KLEURE VAN DIE TORTELDUIF GEGRYS BEWOLK MISLUK TOG MOOISTE FOKKEN UITSIG EN DIE KOP VLIEG OOR DIE SKOORSTENE EN SKOTTELS SKOPPELMAAI MET KLEINTJIE-VOëLTJIES WAT OP TV-MONUMENTE SIT JA EWIG ENIG OERDIERE WAT VEER GEHOUE HOU DIE WESENS VAN DIE WETE DAT GESTRES JOU VINNIG DOOD MAAK Lê NOU VLERK GESPAN OOR TEERPAD MAAK SY GLIMLAG PERMANENT GEVERF IN ROOI EN BANDAFDRUK MET ROTSKUNS-LYNE INGETATOOEëR IN WANG HERINNERING VAN DAARDIE DAG OOMBLIKLIK PERMANENT DAAR BLY VEREWIG IN DIE SPIEëL DíE KYK VAN JOU WAT NOOIT UIT MY VIR MY VERLAAT NIE SIT GELUK NOU OP SOOS BRIL

X

my liefde
ry op
storm
kom galop en
dra my hart dra
vere in sy linkersak
gekoester teen
die wind en
weer
herhaaldelik die
towerkuns
met botter op
sy brood gesmeer
my oë
konfyt van vy
vir my
en pannekoek
wyl druppels by
die glas
afrol die water
in die nessies
lê die plassies
op die droë grond
wat dans met wiele
sing die kore
aard en water
ek en
jy die spat en drup
langs geute af
en iewers
in die vêrte
grom my maag en
dra die donderknal
’n boodskap van
wat liefde
maak die weer
’n keerkring
om my mond
die dink nou lyne
in my wang
my vel ’n rekord
van my pad
en almal sien
as ek jou dink
dieselfde as
wat weerlig op ’n
strand kan los ek
ken die plek
van waar
dit kom na
vore as die son
weer skyn
die nat weer droog
die lag weer pyn
ek wens
dit vloed ek wens
dat elke ding verdrink as moet
solank ek
ewig
in die wolke
seëninge kan staan
die reën
die reën
ek het jou lief

X

mosterdsaad op
tong lek nou
die plek
agter my oor
praat uitsluitlik
hou omhelsend
vas
gebonde aan jou
vlees die stukkies
van jou wat
geroes vermom
die waarheid in my
sien die woord
wat skepping bied
aandagtiglik jou oë
jou kyk in myne
sien vrywillig hoe
jou swaard gaan lyk
jou kis die
pakkie van jou lyf
die tronk gebou
om weg te hou
te bly van
ware stem van
ligte in die strate
ek
sal wag hier
al verlate
bloei my liefde
deur my neus die
kleur eenselwig
met my hande
trek nou strepe
teen die muur
voorspel die berge
wat geklim moet
word

X

luister met ’n spits-oor
dink die lyne deur die techo drink
die nabyklanke in soos tee
ek sien jou vinger in die lug
druk punte in die atmosfeer
grimeer klein glimlaggies
langs naakte lip vir
musiekgod dans
die swaai van lid
en knik van kop ek
voel die note deur my trek
dink terug aan jonger dae
toe ek fietse nog gery het
in my kortbroek oor die veld
en speel met dooie stok gekyk
hoe dinge terug
na oorsprong gaan
soos toe ek moes besluit
hoe om die pad te volg die
klanke van my dieper-sien
ek hoor skryf
elke ene neer

X

Tania Olsson

Tania Olsson

vir ons, ’n dag-op-dag verbintenis
’n naat
’n nuwe broek gesny en skoene
onder nuwe bed en nuwe sterre
ons is saam,
deur gate en die onverwagse
ons
en in die oggende
verstaan
dat elke aand is dood sonder mekaar
dat
elke sonsopkoms blaai strate onder brug
en maatjies sonder woorde
is mos nie veronderstel om so te maak nie
vat my hand op die regte plekke
altyd
ekke smeek nie
ekke vra nie,
weet net
ons is
regtig egtig op die regte plek

Tania Olsson

Tania Olsson

maak
of niks gebeur nie
niks bestaan
nie regtig in
my bors nie dra
my hande in
jou sak ek dra
jou hande op
my skouers lam
van kruk moet speel
van bokssak nate
oopgebars soos
ekke swakker
soveel perskes in
die reën te veel
te vinnig te
verskoningsryk
te grys te af
te naby
te gemaklik
heel
te mal om sin te maak
ek mis
ek bewe in
die donker uur
vir jou
gesit op kas
heilige rak die plek
waar haat verdamp
verdwyn die vrees
die byt
ek wag dit uit
die liefde ál
wat in my
dwaal die spasie
tussen
ek en
jy

Tania Olsson skets

Tania Olsson

statig by die trappe af die deur verby begrafnis van my diepe kwaad die einde van my diepe my.
die asem oor my lippe maak nou dou hier op jou wimpers en die reuk bo-op jou voorkop ryg jou deur my brein verby.
ek weet van hoe jy nou maak ek het jare lank gespeel ek kyk van vêr af al hoe breek my hart my moed verstand en siel.
die skone waarheid ongelukkig lyk nou meer en meer soos mis en al hoe nader dit bekyk word al hoe vinniger verdwyn die stukkies water van gevoelens wat so hang-hang in die lug.

Tania Olsson

Tania Olsson

verstaan jouself
met arm op been
houvas aan
dieselfde rak
verdraai jou lyf
spirale in
my lewer en
my niere in
gesteek met mes
verbrand met
sigaret
die gate val so
in my in
ek praat met
brandmerk krap
aan rowe bloei
in geel en pers
en groen ek
dra jou gluur nes
diamant nou in
my sak bereken
nou dat al wat
ekke is vir jou is
as diep onder
binne jou oond verskroei
in aandpak
voor jou deur ek
sien nie meer
die wonder in jou
nie die kers
wat in die venster
hoort te sit nie
net die
donker dae uitgelê
vir my
nou sonder
traan voor alles
wat jy
dink jy ek sal
ooit
jou hoor as
al wat myse ore sien
is wat jy niemand
wys
nie

Mis.

ek sit nog steeds en dink
aan jouse hare
klosse goud en silwer in die son,
soos jy jou kar verby
polisiemanne ry
ek voel nog steeds
hoe jouse asem in my nek kom
slaap, en steeds hoe diep jou
hart binne my hart kom lê
en proe nog steeds
die sout van jouse vel,
van jouse sweterige vel
en lig
vul daagliks nog die longe
van die vrou wat klaar aan
god beloofd is
aaneenhoudend
nes die ruitveërs
in die donker vieruur middagreën
en hoor
hoe alles in my skree
vir jou
om net een keer
nog meer
net langs my
aan die slaap te raak
.

dese hoek
geskik vir viking blondgespikkel
met die afrika se middelson
hieronder in die kelder waar
sy ouers hom gelos het
vir die aasvoëls
en die mure en die kinders
om te koggel en beskinder
rondom witbeklede nagmaaltafels
plekke
waar die mannetjies mekaar
met messe eerder leeg sal tap
voor enigeen
van hulle woorde oor haar
ooit publieke lig sal sien
want
koninginne mag mos nie
so maklik by
gekom mag word nie
syse beeld in water is
bemin deur hyse self
nie daar
is modder in dai put se opbrengs
krappe in dai een se kop
.

Die volgende is sewe.in.een

1.
draai om en om in blare
met die pyp
wat in jou hande hang
stap rustig deur die
strate van die weste van
die land, hoor plek-plek
honde blaf
vir my soos ekke
blikkies skop
en sade trap tot
binne-in die rooigrond in
en bakstene gepak
gemak verorber in die rand se swak
want, manne moet mos kinders voer en almal
moet mos besig wees
daar waai ’n kind vir my deur hek
met veertig jare aan sy blad
en ek waai terug
met liedjies in my kop oor
hoeveel van ons meer geluk
kan kug as ander
?

2.
en in my sole
een vir een die teer ontmoet
begin die diepstes in my bors
te asem vir ’n nuwe kans
’n nuwe mens te wees is vir my pad
en in my siel verstrooi
en duisend stukkies blinkertjies
sweef saggies deur die wolke neer
gesit in jouse skoot
vir alles
wat ek jou beloof
het jare lank vir my gesoek
deur strate flou
belig met siek bloekompale
wat al heeltemal te lank probeer
om jou
te wys wie ekke is
jou blinde
mol
.

3.
en
daardie ander kant van paaie
staar my aan
met oop oog
en oop hand
en toe
meshand agter sy rug
staan hart vierkantig in sy skoene
waar hy my bestaar
met ‘lekrifisering om sy bors
lat niemand naby kom nie
nie eers die posman nie of
die ou met die koerante nie
daar
sit hy nou met hope van die goeters
wat niemand meer wil lees nie
onder ’n boom
op die groen
gras
.

4.
en prentjies van jou lyne
sing in my
en in my geheue
ek’t pikswart klere aan
en rooi hare gehad
toe ek laas so met iemand
in my kop gespeel het deur oor die aarde
sing my stem en
dans my voete hierdie bannelingskap
in pepskoene
met net die klankbaan van my
veldtog vir nuwe afrikaans
wat kaapse winde dwarsdeur harte waai
en trane wegwaai
vir die res van tyd
en niemand
sal weer ooit ’n hark hoef hark nie
oor my tuin nie
ek
sal self my blomme plant
en self
my eie mure bou
.

5.
en sagte voëlsang
dra die min wat van my oor is
oor die besige strate
waar die karre fokkol omgee oor ’n voetganger nie
huppel
liggies oor die klippe
by die randsteen op en af
waar jy bly met jou uitsig
oor my heelal
en al die stof
wat alles in my bymekaarskraap
toegegooi met grys komberse
van die tyd
want in my in
klop eeue lange liefde
al word ek vandag met kar getrap
en my weet niks
van niks af nie
.

6.
en onder die home
staan maatjies sigarette stook en vat
aan mekaar se bene
daar
waar hulle dink dat niemand sien nie
net
die twee op die trappies
wat alleen sit en praat
oor die sterre
hulle’s reg om so mos weg te kruip
want daar
het nou al twee keer nou
polisiekar gefokkof in die pad af
sonder om te stop
dat hulle eintlik
in hul skoolklere sit en kak aanjaag
gelukkig
maak ’n man ’n vuur
net duskant waar die groepie
kuier so
dat niemand worry oor die rook nie
en ek rus
’n bietjie op die muurtjie
langs die parkiegras
en dink
aan of ek ooit weer so met jou kan praat
.

7.
verbeel jouself
dat drome in die werklikheid
geval het dat
realiteit is net wat ons dit sien
en dat
jy altyd in die regte plekke is
verbeel
dat niks is kak nie
niks
is fucked nie
alles is net wat dit is
soos dit moet wees
altyd
al is die kinders dik en
ouers vrot
al loop die honde op jou kop al
dra my al wat jy besit
in checkers-sakke op jou rug
en slaap jy
net waar jy gaan val
daar’s niks
meet oor nie
niks verloor nie
al wat ons kan doen
met hierdie lywe wat mag voel
is voel
en seker maak
dat jy net na jouself kan kyk
.

boer in die sloot. WWI

hy sit in sy graf en skryf vir sy
ma en huil en trane rol in sy keel
af rou gebrand met mosterdsaad wat
almal hier se voet binne gate onder
bome langs die koringvelde in die
woude diep begrawe in die lug en
dink aan warm bene wit
die kleur van tande eens van oë
nie meer want modder muf sy
hare en sy toonnaels tussen planke
in die modderpoele wat getrap
word deur die voete van sy broers
se bloed en god se seën en hou
sy ma se foto in sy linkerhand
in regteroor kanonne in die agter
grond en bid en bid en dink aan
sy ma se hare en die reuk van
haar sagte vel haar wit melk
vel die kleur die hunker na
skoon plekke wat ruik soos bloeisels
en soos appelkose en die
reuk van warm aande soos hy sit
en wag in sy graf in die gat
in die grond met die doringdraad
om en die yster van die bloed
en die vrot en die dood

elke keer

ek droom jou gesig
ek droom die lyne
in jou gesig
ek droom die kante van
jou wenkbroue en ek
droom die sterrevelde om jou oë
op jou gesig
ek droom jou stem en
jou hare en jou hande en
die spiere in jou kieste
en jou gesig
ek droom jou elke nag
en dag
en elke keer as my wimpers vlieg
en dit hou nie op nie
jou gesig
in my drome
nie

sirene

op die sideline met ‘n byline staan die man met blou skoene dra sy hart op sy gewrig verbrand met naaste in die kas onder die trappe met ‘n kussing in die bad

in oggende van onverkende paaie staan sy langs die tas wat langs die man op die grond lê by die busstop waar die volgende rit sy hart sal wegdra in die bus waarvoor hy wag in die pad in die middel

daar in die swart rivier met die wit en rooi klippe daar in die middagson kyk sy uit oor die water na waar hy wag en praat hard sodat die klanke tot in die middel kan kom en sodat hy kan hoor dat wiele gou op pad is om die golwe vir hom groot te maak dat hy verdrink in diesel

met haar luidsprekerstem in die golwe kyk hy stip na voor en staar die toekoms in die oë en dra homself op aan gode wat die water dan in klip verander en die trane van verlange nou in sand draai in die hoeke van sy gesig

kom terug skree sy oor rotse kom weer terug na die oewer toe waar tone saggies oor die oppervlaktes gly en blomme in die modder huise skep vir skepsels van die klei

gaan weg hoor hy want water raas en maak haar stem stop inn die wasem en verdraai haar sinne so dat al die liefde kan gebruik word as sy messe om die laaste toue van haar hare af te sny dat hy kan dood kan gaan in vrede sonder iemand wat die strand daarna weer sout kan maak

dra lig

ringe binne ringe soos my kop die patrone van my denke nou bekyk van in my oë af en die kleure in my draai gedraai met kraletjies en blinkers en gaan aan en om gaan deur my voorkop en my neus

en dink ek nou vir self myself kyk op nie in nie op by bome op in take in waar nessies in die nagte warm dons reg om my wange trek en op na muis op vlerk en kyk hoe duik die wesens in die aandlig in en dink aan hoe die waarheid slegs ‘n spieëlbeeld van die wêreld deur my kleure is

dra lig binne jou wimpers sien die pers en blou en groengeel ligte in jou bloed en voel hoe klop jou pad binne jou are kyk hoe vaar jouself die lewe in en teken die patrone op die klippe in die koelte voel die verf onder jou hande vryf die roes sag in jou wonde in

vaar weg in ope vlaktes in vaarwel aan al jou tasse en bagasie vat net moed en liefde saam dra lig dra swael op jou gewrigte los herhaal werk op die wit papiere uitgepak in hopies om die bed wat jy nou agter laat langs al jou trane en jou spoeg

deur Tania Olsson

deur Tania Olsson

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za. Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Andries Bezuidenhout: My storie, my stem

Gedigte-kompetisie vir ongepubliseerde digters

$
0
0

Saam met vanjaar se Gedigte in McGregor is daar weer ’n gedigte-kompetisie vir ongepubliseerde digters.

Hierdie jaar se tema is “Poësie as hartskos.” Alle inskrywings moet hierdie tema reflekteer.

Die kompetisie is oop vir ongepubliseerde digters en daar is twee kategorieë:
Oop kategorie vir volwassenes: Die prysgeld vir wenner is R5 000.00
Skole kategorie (oop vir leerders graad 7 tot 12): die wenner kry `n splinternuwe iPad.

Nota: Engelse gedigte kan ook ingeskryf word. Die tema “Poetry against Poverty.”

Inskrywings kan per epos gestuur word na: mcgpoets@gmail.com voor 30 Julie 2017. Vir meer inligting en reëls gaan na www.poetryinmcgregor.co.za

foto en kunswerk: Edna Fourie / Dani`s Photos


Gedigte van Babs van der Merwe

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Yearning

The fountain that once gushed
prolific words,
which spoke of love and lust,
is now giving
only trickles of care,
clogged by reason and discipline.

How I long for you to show
the purpose of your love,
to show the way
that I may say
I’ll wait, I’ll stay
within the circle of our love.

Suddenly I know
this is not the first time
I have to choose:
to gamble
or to build on rock
with iron and brick.

Was the last choice right,
did I win the fight?
Still you fill my heart with song,
make my senses long
for the warm embrace,
my eyes to feast upon your face,

to see the passion in your eyes,
those eyes that do not tell me lies,
when the floods of love break free,
for all the world to see.
I hold your love lightly in my hand
afraid lest it should run like sand

leaving only space and loneliness.

Perfect Circle

Just as a rose,
by any other name,
is still a rose,
just as I know
that the impossible
can never change
into the possible,
so I know,
for every minute
of every day
that you are away
from home,
from loving arms
and caring hands,
some part of you
curls up and slowly dies.

Still, like the grass
that rush green
at every drop,
so you will rejuvenate
at a single loving smile,
with every chance caress,
every word of love,
till once more you bloom and glow.

Luna, Luna

On the carpet of my secret place
my lover lies, his face
so still, so white
in the shimmering light,
as through the black of night
the moon her path retrace.

A path she traced for many years,
creating love, mystery and fears.
Could she see, remember, know
what goes on below,
what would she bestow,
damnation, praise or tears?

For now, she keeps the confidence
of every discreet/indiscreet incidence,
hides her face not in disgust,
pretends not to be just,
sees not love or lust,
just bathes all in magic iridescence.

She heard King Solomon’s love song,
seen many a wrong,
still she starts eternally her tour
with splendour,
with savour,
making believe that love could last as long.

But, in the light of day we know
that what at night we sow
often wither and die,
leaving us to long and sigh
while relentlessly we try
to make the ashes glow.

And After?

Look once more in the morning light
at all the shadows of the night,
all the games we play,
all the words we say,
without thinking,
slowly sinking
into slush and slime
never taking time,
to pause,
to know the cause
of all our discontent.

Ad infinitum

Die aarde en alles daarop, nee, die heelal en alles daarin
sirkuleer, transformer, verteer, hersirkuleer tot buite beheer en begin
dan maar net weer van voor af aan
te poog om die geheime te verstaan.

Wat was jy nou net, wat sê die wet
wat wag vir jou (of is dit nog te gou);
wil jy liewer nog ‘n bietjie bly of wil jy gly
af langs ongesiene strale, versier met krale
van klinkende zirkone soos spatsels trombone.

Die plant vat uit die aarde
en lê in die grond ‘n netwerk van are
om bo teen die blou ‘n trotse raamwerk te stel
wat wind en weer trotseer en van seisoene vertel.

Droogte, reën, hael, diere, mense, peste kom en gaan,
terwyl bome stil en sonder kommentaar daar staan.
Net die jaarringe sê sonder woorde wat is meer:
swaarkry of die vreugde van son, voëlsang en veer.

Jaloers kom die mens, ontsien jare se groei en oorlewing,
stroop die woud en los nie eens ‘n enkeling.
En jy, Boom, opeens is jy net nie meer hier nie
voel jy nie die wind in jou blare nie,
of die warmte uit die blou op jou kroonblare nie;
toe jy trots gestaan het, het jy dit nie waardeer nie.

En jy, Mens, jy wat nie al die jare van die boom geken het nie,
kom stroop, want jou gierigheid en wellus vra nie vrae nie.
Jy vermeerder tot die aarde kreun van die las en uitroep van die pyn.
En tog bly jy dronk van jou eiewaan, verblind deur twyfelagtige suksesse se skyn.

Filosofeer

Jy loop op paaie oraloor;
soms volg jy ‘n enkel spoor,
dan loop jy net
en kyk hoe vou die net
soms oop
voor dit almal stroop,
opvang, uitskud op ‘n plek
waar net maar weer die ruimtes strek.

Soms stap jy flink
terwyl jy dink
nuwe vêrgesigte wink;
dan weer kan jy net maar hink,
sleep jy moeisaam voort
wagtend op ‘n nuwe poort
aldeur net rakelings vlegtend
met ander deurmekaar,
en moet jy telkens weet
alleenbrood is al te eet.

Ons dwaal maar aldeur rond
en soms vir ‘n sekond
sien ons ‘n vêrgesig
waarop ons al ons kragte rig.
Totdat dit weer vervaag
in newels, laag op laag
en alles nogeens aangaan, deurmekaar,
oormekaar, gans onklaar
vir ewig onverklaar
dog vir altyd daar.

Ek het probeer, meer as een keer,
sonder dat ek leer.
En ek wonder wat is dit wat my dwing
om elke keer van voor af te begin –
Die binnestryd tussen “ongeag”, minder te wees
en die moontlike “sonder trots” te wees,
is altyd daar
en voor ek my gewaar
kies ek sowaar weer my trots;
tot ek hard soos ‘n rots
— my eie koue monument –
opstaan, omdraai om vorentoe, nog ‘n ent,
aanstruikel na die laaste lyn.

Arbeid adel

Wat het van Arbeid Adel geword
In die mammon-afgrond neergestort
Nou praat ons van ‘n gewone arbeider
As ons mens is, is ons gewoon
skep ons ongewone dinge.

Werk jy met jou hande
Is daar weinig bande
Met die boekgeleerdes
Maar weinig weet die geleerdes
Van jou vindingryke oplossings.

Die boekgeleerdes weet van materiaal
Weet waar om die standaarde te haal
Maar kyk dikwels verby die hande
Wat jou van vlakte tot strande
Veilig en geborge hou.

Een klein versie

Een klein versie
in die lig van ‘n kersie
net vir jou geskryf
vir al die lag en lief en leef
en aanhou dryf
om aan te hou en uit te hou!

Jy ‘n man, ek die ewige vrou –
soek net koestering sonder ophou.
Geloof in ‘n toekoms wat wag
maak die horison goud en rosig sag.
Vergete is die sleur van elke dag,
die boosheid van die nag.

Sleur is beur en beur, skouer aan die wiel
tot moegheid indring tot in die siel.
Moegheid wat die kleur uit die more kom haal,
want moegheid is elke dag dieselfde, egaal,
sonder hoogtes, sonder vlaktes,
selfs sonder klagtes.

Jy herinner my met een sonskyn glimlag
aan die man wat voor die preekstoel wag
met hare soos ek dit wou hê –
skoongewas (met natuurlike golf) wat vanself reg lê.
Dit spreek van liefde, geduld en respek,
die liefde wat alles glo en foute bedek.

Love

Love is not like water – or is it?
Does it always take the easy course,
flowing from the source
wherever it may.
Never does it stay.
Some taste a while,
Sparkle, smile.
Some drink deep, thoroughly, use it.
But often when you try to hold it fast,
it never lasts –
leaves only sediment
of dreams and sentiment.

Commitment?

While some of us are joining the meeting,
others are quietly deleting
all rules and regulations,
not manning their stations.
But when confronted,
they were “never updated”,
know not where they came from,
neither where to read or learn from.

How extremely odd sir,
that it was never needed to push or prod,
to make you home to go,
and is it not so,
you never watch the clock when you first arrive
lest it speaks of your guilt?

Hagebuttenthee

Ich mach eine bissl Hagebuttenthee,
denk’ an dir mit soviel Weh!
Warum bist du hingegangen
mich hinter gelassen?
Ich hātte noch soviel Liebe gegibt,
soviel Liebesorgen gemacht.
Ich weine heute
wie das Regen aussen, seh nicht Leute,
nur fremden Menschen schnell vorbei
(sie können auch Geisten sei!)

Es tut mir soviel Leid
Ich bin so weit
von alles was wir geteilt haben,
von alles was wir gehofft haben.
Aber am Ende muss Mann glauben
der liebe Gott sind zu ertrauen.

Menseregte

Jy, mens is deur God geskape –
jou regte?
om God te ken
met Hom in die paradys te wandel
wanneer die dag verby is,
die aandskemering daal.
Maar dit was nie genoeg nie
nie toe nie, en steeds is jy soekend.

Onthou jy jou verbod –
die boom waarvan jy die vrugte nie mog eet nie.
Jy het liewer na jou vrou geluister
en haar aanhitser was die duister.
Jou loon, verwydering van God.

Buite die paradys moet jy swoeg en sweet,
word jy aan aan jou dade gemeet.
Kry jy ‘n nuwe illusie –
‘reg’ op ‘n dak ondanks jou oorsprong uit die stof van die tuin,
‘reg’ op gesondheid terwyl jy jou vergryp aan twak en wyn,
‘reg’ op privaatheid terwyl jy jou lewe op die net met almal deel,
‘reg’ op veiligheid terwyl jy op die rand van die afgrond speel.

Moet ek aangaan
of sal jy voor die spieël gaan staan,
en onbevooroordeeld besluit of wat jy sien
geregtig is op enigiets of selfs iets verdien.

Woensdag, 08 Februarie 2017

Genade is genoeg

Soms klop ons aan ‘n deur
sonder dat iets gebeur
slegs die eggo van die klop
kom praat en hou nie op
om te vertel jy was te laat.

Te laat om die woorde op jou hart
soos krale uit te ryg en al die smart
wat jy veroorsaak het
en al die kwetsende pyle wat jy afgeskiet het,
te salf, terug te roep, met liefde te bedek.

Klop terwyl die huiseienaar nog na jou verlang,
uitsien na jou woorde en jou sang,
jou nog wil innooi,
met jou wil maaltyd hou en met koninklike purper en rooi
jou tafel wil tooi; of wag tot die gasheer die oorskiet by die deur uitgooi.

Want genade is genoeg.

Fokuspunte

Pokkelkind, sit op ouma se skoot.
(Waar is ma?)
Oom Johannes se ‘Vetsak’,
tant Kowie en kinders se ‘Mallies’.
(Waar is ma?)
Ouma Sarie is konstant en trou.

Lokkieskind is toe al die tyd ‘slim’!
Sy is stout, maar sussie is soet.
(Waar is ma?)
Sussie is siek, bly in die huis.
Jy lees te veel – boonop grootmens boeke!
(Waar is ma?)

Ouma boelie, maar ou Gemmer verstaan,
hy vroetel sy neus onder jou arm,
gee nie om, waai sy stert en troos.
(Waar is ma?)
Nuwe huis, nuwe skool.
Word groot, pas vir klein sus op.

By die skool is erkenning en prestasie.
Harde werk, min skoolwerk en baie droom.
(Waar is ma?)
Ma is altyd daar.
Herinner aan Sy gesag en wat ons verskuldig is.
Sy droom ook, werk hard.

Meisiekind, vlug van voet,
snel die lewe tegemoet.
Ma is nog daar.
Wysheid van Bo balanseer die skaal,
trek ‘n streep deur foute,
bou ‘n dankbare verhaal.

Tuin van Herinnering

     1. Wil vir my ‘n tuin plant –
Waar ek as die skadu’s daal
vir oulaas in die laaste lig van die dag kan dwaal.
Waar ek kan sien hoe die son vroeg in die more op die kim verskyn,
die skadu’s en drogbeelde laat verdwyn.
Waar ek op die middaguur ‘n glasie kan klink,
in my gedagte die toekoms kan sien wink.
Waar ek ‘n vuurtjie kan maak brand,
waar ek kan skep met klip en sand.

     2. Wil vir my ‘n tuin plant –
vir Hennie katjiepiering en fuchsias,
vir ouma Drien jakobregop en nemesias,
vir oupa Pietie aronskelke,
vir my pa groenboontjies, rose en angeliere,
vir my ma ‘n hele akkertjie van aandblomme uit die Karoo,
vir Danie aarbeie en rose
en vir Heubrie ‘n koning protea.

     3. Wil vir my ‘n tuin plant –
waar die hele klomp inwoners van my hart en land
saam kan praat en lag

tot lank na middernag.
Vir die Bulle Baberton se madeliefies.
Vir Pieter plant ek koorsbome (by die see as dit kan),
vir Lynnette alles pienk en ‘n enkelvoudige roos,
vir Henk groente van elke soort en ‘n half dosyn doringbome,
vir Drienie ‘n palet – alles deurmekaar
soos vir ‘n kunstenaar.
Vra vir Flip om alles uit te meet
sodat daar geen reguit rye is,
plant vir Gerda vlas
daarmee weef sy en knoop toutjies vas.

     4. Wil vir my ‘n tuin plant –
Maak ‘n hoekie vir sommer net sit
met ‘n stoel en tafel wat met die son versit.
Sorg vir ‘n boom waarin seuntjies kan klim.
Maak ‘n donker kol met digte struike
wat verbeeldingsvlugte uitlok.
Steek ‘n paar kabouters en paddastoele oral weg.
Hang windklokkies sodat feetjies kan dans.
Verf slagspreuke en laat almal onthou
jou hande laat jou drome en gedagtes ontvou.

Opstaanritueel

Dis nog donker.
Tiegher, die superwors is wakker –
kan hoor hy krap sy pens.
Staan op en vou myself oop tot my hele 1,6 m.
Badkamer toe – dis koud.
Tik die alarmkode in.
Tiegher weet reeds wat volg
spoed die donker gang in en wag by die voordeur.
Laat vir Tiegher uit, wat pyl-uit-‘n-boog
om die bure se kat te betrap.
Kombuis toe – ketel aan, buitelig af.
Koffie in die beker
pille uit die kas om my kanse te verbeter.
Tiegher is terug.
Voordeur toe, hang die sleutel op.
Terug kombuis toe – brood in die rooster.
Smeer en kaas uit die yskas en ‘n worsie vir Tiegher.
Ketel kook – kookwater op die koffiekorrels
Water in die ketel bedaar – nie meer borrels –
soos gister se ontsteltenis
wat deur die nag weggepak is.
Mikrogolf die kaas op die brood.
Drink die koffie, eet die kaasbrood met Tiegher op my skoot.

Mienie blaf in die studeerkamer
Ongewoon; sy slaap so laat as wat sy kan.
Is daar iemand by studeerkamer se buitedeur?
Nou blaf beide honde.
Opsie een – sluit die deur na die studeerkamer –
Nie ‘n opsie nie.
‘n deur wat jy toegemaak het
maak moeiliker oop as wat dit toemaak was,
verberg die bedreiging
laat toe dat die spook ongetem agter die deur groei
los jou met hande en voete geboei.

Opsie twee – bewapen jouself
al is die met peper of spuit en bak uit die kas gedelf.
My opsie soos so baie keer al
pak die bul by die horings, konfronteer.
En dit werk, soos so baie keer.
Daar is niks, het myself ure se bang gewonder gespaar.

Verlange

My siel smag na skoonheid,
na die onbekende, die vreemdheid,
van duisende ander se vervulde drome
vergestalt in nuwe woorde, klanke en tone.

My honger gees vergaan
terwyl die mensdom langsaan
onbewus gedurig kom en gaan;
onbewus dat hul ure slaan.

Gedagtes spoed vooruit na beelde,
plekke, mense, sonder een verveelde
uur of dag, sonder moeg word,
sonder kwaad of oud of vet word.

Om net maar weer my eie beeld te sien
Met al die wonde welverdien,
van te min slaap, te veel eet
te veel handel sonder weet.

Sal ek kom by die plek,
die punt net vir my gemerk,
waar ek sal weet, dit is waar
ek van nou af alles wil ervaar?

Versugting

Ek wil, ek wil
dat alles stil
en egaal,
sonder prag en praal,
vir altyd aangaan
net is en aangaan,
sonder iemand wat ophou,
of iemand wat weggaan.

Weet jy hoe lank is nooit?
Nooit weer hoor,
nooit weer sien
is vir altyd verlang.

Ek sien ‘n venster in ‘n muur.
Dis oop vir net een uur.
Buite is dit lig.
Die waarheid,
verlede, hede en toekoms
helder en aaneen alom:
vir jou, vir my,
vir elkeen wat wil bly.

Goeie môre

In die venster sit my lappieskat,
sluimer nog ‘n rukkie liefste skat.
Rooier word die skemer elke uur –
nog ‘n slukkie koffie wyl ek deur die venster tuur.

Stilte oraloor, ook in my.
Kon dit heeldag maar so bly.
So rustig, so bevry
van lieg, van veg en stry.

Dink nie nou al aan die leë ure
of laatnag se dooie vure –
drink liefs die goudgeel sonlig in
en laat die dag se fees begin.

Ewigheid

Na Sy beeld het Hy ons geskape –
so diep het ons geval
net Hy kon ‘n plan uitwerk
om ons uit te red.

Ek wonder, As Adam erken het,
en om vergifnis gevra het,
in plaas van die vrou te blameer
en Eva erken het,
in plaas van die slang te nomineer …

Erken ons genoeg ons wandade?
Gryp ons genoeg Genade?
Of maak ons handelinge
Sy grote gawe oorbodig,
omdat ons dink dit was onnodig.

Bepeins met elke Kersfees die wonder van Sy Genade.
Saai deur heel die jaar van liefde en geneentheid sade
en groot sal die oes wees,
werklike rede vir vrolikheid en fees
ryk aan die vrugte van die Gees.

Seuns

Klein handjies gryp na alles
(ogies blink en mondjie lag) –
Gryp na goggas, lekkers, sonvlekkies en vlinders.
Die wêreld is ‘n skatkis.

Ma moet eers die sakke skud
voor sy troetel en druk
sodat sprinkaan en duisendpoot
kan ontsnap van ‘n gewisse dood.

My kind, my trots,
in nood ‘n rots,
so dapper voor gevaar
en tog so weerloos voor die hart se swaar.

Soveel onverwagte wysheid,
soveel onverskrokkenheid,
is jy deur Genade toegedeel.
Standvastigheid en vlyt is jou reel.

Soos ‘n eik wat sy lafenis wyd sprei,
versorg jy;
jou planne is vindingryk
en onmoontlik om te vergelyk.

Vir die hulpelose het jy deernis
en respek vir alles en elkeen wat respek verdien.
Klein handjies gryp na alles
(ogies blink en mondjie lag) –
Gryp na goggas, lekkers, sonvlekkies en vlinders.
Die wêreld is ‘n skatkis.

Ma moet eers die sakke skud
voor sy troetel en druk
sodat sprinkaan en duisendpoot
kan ontsnap van ‘n gewisse dood.

My kind, my trots,
in nood ‘n rots,
so dapper voor gevaar
en tog so weerloos voor die hart se swaar.

Soveel onverwagte wysheid,
soveel onverskrokkenheid,
is jy deur Genade toegedeel.
Standvastigheid en vlyt is jou reel.

Soos ‘n eik wat sy lafenis wyd sprei,
versorg jy;
jou planne is vindingryk
en onmoontlik om te vergelyk.

Vir die hulpelose het jy deernis
en respek vir alles en elkeen wat respek verdien.

Die Muse is terug

En in die middel van die nag,
voor hierdie laaste dag,
skryf ek weer, vloei die woorde
uit die hart se akkoorde:
kyk, ‘n tydperk loop ten einde.

So gepas, Julie met sy trui en jas
word opgevou, in die kas gepas.
Om die draai wag Augustus met sy wind,
om al die spinnerakke wat hy vind
weg te waai, met beloftes vas te bind.

In September, mooi September ontwaak die velde weer,
kom nuwe lewe so nuwe -groen, so teer,
bruis die lewensap, borrel uit –
sing, speel op harp en luit!
En in Oktober, mý Oktober,
kan ek nogeens wen, verower,
die liefde laat blom
tot hemelse vervulling, wasdom,
gaan ek in my heiligdom.

My heiligdom, van liefde, van geluk,
teer gedagtes, vrugte ryp gepluk,
waar ek ongehinder lank vertoef
waar ek soms, deur onthou bedroef,
die glorie van gister beproef.

Ek soek jou in die hele huis:
noudat jy weg is, is ek nêrens meer tuis!
Ek mis jou die hele dag
en erger nog in die nag.
Elke paadjie wat ek loop,
bring herinnering en krap die wonde oop.
In gedagte konsulteer ek nog elke ding,
alles wat ek doen ter herinnering
van jou waardering, kritiek of hekeling.

Herfs

Die koue kom kruip saggies in die dae in.
Soggens wil mens nog ‘n bietjie lê, en drink die warm koffie gretig in.
Die dae is goud en koper soos ‘n laaste uitbundge spandabelheid
Voor die grou en grys van wintertyd.
Soms in die middag voel ek nog die somer op my vel,
laat die loomheid nog die wellus swel.
Wellus vir die lewe,
onverbloemde hartstog vir die hede,
elke oomblik nog ‘n pêrel in die snoer
van Godgegewe dae meegevoer.

Ongemerk, ongemerk kom die donker nader
(of is dit die lig wat stadig kwyn) wyl ons vergader
en vir oulaas hulde bring
aan hulle wat nou met engele sing.

As jy my wil ken

Eet my soos ek ‘n croissant eet –
sonder botter of konfyt
skil die lagies een vir een af
laat dit smelt in die mond.
Doen dit alles tydsaam – sonder haas.
Moenie te veel dink nie.

Drink my soos ‘n glas goeie rooi wyn –
maak skaars jou lippe telkens nat,
voel die fluweel op jou tong,
dink nie nou al aan die leë glas.
Geniet elke drupel
eer die druif se offerande in die pars.

Stap saam met my deur die veld
en vergeet van geld en geweld,
voel die wind deur jou hare,
ruik die soet geel doringboombloeisels.
Laat die stilte deur jou spoel,
sodat Hy jou kan herinner aan jou doel.

Kom sit saam met my om die vuur,
vergeet van elke leë ongebruikte uur.
Pak uit die pêrels van die verlede,
koester dit soos kosbaarhede.
Smee ‘n hegte band van onthou
van liefde en trou.

Sit saam met my op die rotse by die see
staar ure lank na die ewige golwing,
ruik die see,
hoor die meeue,
weet as ons eers weg is
sal hulle nog hier wees.

Opsomming

Hy was ook maar net ‘n bedelaar –
vir ‘n bietjie liefde,
‘n bietjie aandag.
Hy het so baie gegee en so min gekry –
was almal dan so blind?

So ondankbaar soos ‘n kind –
en is dit goed of sleg?
Dankbaarheid kan ‘n ewige las word,
lei tot ontkenning van eie-ek en vermoë.
Drome lê aan skerwe –
die kinders wat hom nie ag,
sit vir sy dood en wag –
gaan alles erwe.

Al die drome en visioene
verdwene in miljoene
mislukkings en laste
kom soos donder uit die bloute
om te kwets, te pynig.

Alleen die liefde bly nog,
regverdig steeds al die bedrog,
van suggesties, van verwyt –
groei ten spyte van tyd,
afstand, haatspraak en nyd.
Om geen drome meer te hê,
is om te sê
al my planne is vergestalt –
of om te weet
ander sal jou meet
aan al die half/ongedane take
wat soos vroeggebore sate
vir altyd op voleinding wag –
die onbeantwoorde vraag
van elke dag en nag:
Wil jy nog,
En indien wel, wat nog?

Nou beskik diegene vir wie jy niks wou gee –
Weet hulle ooit waarom die noodlot dit so bepaal? – weet enigiemand?
Sien jy dit? Weet jy dit?
Wat sou jy anders doen? – wens ek weet!

So lankal het jy reeds gekyk, gesê,
So het menige groot boom
reeds al sy drome uitgedroom,
wat doen ons as die drome uitgedroom is?

Waar jy eens die heerser was,
klim geraamtes uit die kas,
en baie wat nie naby was,
was nou skielik só in pas
met wat jy wou en wie jy was –
hulle was nooit in jou klas!
Jy het jou kodes self geskryf
vir hierdie kort verblyf.

Die huis is nie my huis nie –
Ek is nie langer tuis nie,
Net maar ‘n laslapvrou
wat gehoop het wat sy wou.

Nuwe Jaar, ou begin?

Deel 1

In Januarie kom ons tuis, kom ons tot rus
is die vure van van die feesseisoen geblus.
Kom ons stadig maar seker tot oortuiging
alles wat oënskynlik ongeewenaard sonderling
voorgekom het was glad nie ongewoon nie
het nie eers belofte vir die toekoms getoon nie.

Begin Februarie met reklame vir die volgende seisoen,
reklame vir liefde uit te leef met hier en daar ‘n soen,
‘n skelm drukkie of twee – dit is immers die seisoen –
vergeet gerieflik dat eenmaal gedoen
sal sorg vir baie stille berou,
vir wroeging oor verraad en ontrou.

Oudword

Woorde vloei of storm deur my kop.
Ek neig na links na regs, is skoon raadop
met hierdie lelike uitgediende dop.
Van wat eens gesog, gevier en begeerlik was
is slegs spookbeelde oor.

Rykdom is herinnering aan al die sorgelose dae
voluit aangegryp, geleef en deurgebring.
Vergete is die seer, die onbeholpe hunkering
na reënboogbeelde illusies van skoonheid, prag en praal.

Maar as onthou sou ophou
is die hede net ‘n leë kou,
klinies skoon,
met die minimum gesondheidsvoeding
gesonde sit, staan, gaan en bly,
met gereelde introspeksie,
om elke element wat dalk
die egaal gang versteur
voor te keer.

Dekadensie

Skink nog wyn
Vergeet die pyn
Drink nog ‘n paar pille
Word doof vir die gille

Môre is nog so ver
As die slaglam se blêr
Wie sal volgende jaar nog weet
as ons kies om te vergeet.

Helder vure
donker ure
draai en spoed
terwyl die vlamme woed.

Yl gesigte draai en swaai
terwyl hekse lag en kraai
oor deurmekaar gedagtes
van vrees en klagtes.

Die nag is een lang marteling
waarin duiwels dans en sing,
die sinne tot waansin aanblaas
met hartstog en geraas.

Jesus Christus

Geweld en donker nag
Bring vir ‘n wêreld wat wag
‘n Kind so teer, so sag,
teen wie se krag die satansmag
geen teenstand het.

Soos gister is vandag,
so is môre en elke dag
van toe af tot nou
mits jy Hom vertrou
met jou lewe, jou al.

In ‘n sterbesaaide gewelf
het ‘n heerlikheid verskyn, ‘n teken –
so baie het gesien
en het nie geglo nie.

Politiek het toe al vir party
die werklikheid verbloem.
Onskuldig soos ‘n kind
waardig soos ‘n koning
het Hy Sy lot gedra.

Kyk na jouself.
Hou jy van jou?
Was dit als verniet?
Sê jy vir Hom
“Ek volg” of is jy stom?

Vryheid

Jy is vry,
vry van tyd se tol,
vry van ‘n verpligte rol,
vry van soek
vry van wag
vry van bedel vir ‘n lag.

As jy nie weet jy is arm nie,
is jy nie noodwendig ryk nie.
En soms
is jy ryk en weet dit nie.
En later weet jy
dat jy ryk was.
Weet jy jy het dit nie waardeer,
dit het jou niks geleer.

Ek is nie vry nie.
Nie vry van tyd se spore,
In ‘n vaste rol verlore,
Immer aan’t soek:
wagtend,
bedelend,
vir goedkeuring en
vir koestering,
vir ‘n bietjie liefde.

Toe ek nie geweet het nie
het ek nie gesien nie.
My rede
het my in die steek gelaat;
tot ek deur die sluier
kyk en weet,
jy het klaar geweeg,
klaar gemeet.

En eindelik word alles stil,
is die sirkel heel.

Ek wil hier uit

Tyd het my ingesluk,
verlede weggeruk
toekoms teruggepluk –
daar is net nou
in die newels wat om my vou.

Ek wil hier uit.
Kyk nie net na buite deur die ruit,
maar na die horisonne ver vooruit.
Waar vergestalting wag
met die aanbreek van elke nuwe dag.

En as ek wil, dan kan ek,
kan ek soos die boeremense trek na elke plek,
kan ek verower verder as waar my visie strek,
want met my God spring ek oor ‘n muur
loop ek deur die vuur.

Gedagtespronge

9 tot 5
Niks gebeur voor nege
selfs nie nederlaag of sege.
Na nege is alles peperduur
sy dit per kilo of per uur.
Hoewel die kliënt No. 1 is
het hy geen beheer en is
hy slegs No.1 as dit geleë is
so bly ek en jy ons vergis.
Ons laat die kasregister sing
maar kan niemand dwing
om na ons pype te dans.
Ons bly die voog van die goue-eier gans.

Sin Van Die Lewe
Waar bly die reën
wanneer kom die seen?
Om te kyk hoe plant en dier krepeer
maak almal seer.
Droogte, geweld, aftakeling oral in die land.
Wat is die verband
tussen goed en sleg,
verkeerd en reg?
Dit reën oor almal.
Niemand is te rats om te val.

Prente teen die muur

My mense is nou prente teen die muur –
Die meubels, honde, blomme
praat soos die stoof, nie terug nie.
Net die wind gee die fotos lewe,
as die vensters en deure oop is.
Maar nou is dit winter.
Ek hou die deure en vensters toe
want ‘global warming’ het my oorgeslaan.
My mense is net prente teen die muur.

Van dag tot dag

In elke oggendstond
bruis die lewe in my mond.
Soos vonkelwyn
die nuwe lig en sonneskyn.
Jou hare ragfyn
soos satyn
op my kussing,
teen my wang.

Stadig word die werk die dag
se elikser en krag.
Elke nuwe eis
word nog ‘n nommer op my lys.
Deur die middag knoop
ek toutjies vas en loop
die uur vooruit wanneer
ek tuis die pas makeer.

Die aanduur skemer sag:
‘n voorspel tot die nag.
Swaarder word in lyf en lit
die loomheid en voldoening
van welgedane take.
Betyds bring brood, kaas en rooiwyn
verligting van die pyn,
lê die rooiwyn op my tong,

roomryk, vol:
simfonie van goeie lewe.

I Know I am still here

How do I know I am still here –
Come wind, come sun, come rain
I am never without pain.
Pain betrays the truth – you still have shoulders
you still have knees and elbows
and yes ankles and feet.
And do not forget when you eat
you know that even that gut is still there.

Thanks to God for reminding me that all of it is by His Grace.

Skeppingspiraal

Wanneer is genoeg, genoeg –
of kom genoeg gerieflik na moeg.
Wie sal aanhou en uithou en aanhou
selfs wanneer die slot toneel ontvou,
en môre sonder waarborg is,
of sonder ligpunt is.

Die lewe spiraal wanneer ons berus.
Natuurlik, wetenskaplik, onbewus
van die bepalende patroon –
het Archimedes, Fermat of Theodorus – ofskoon
deurdag, gemotiveer en gepubliseer
steeds van mekaar verskil, en het nie ‘n finale reel neergelê.

Elke lewe wat ontstaan is ‘n middelpunt wat ‘n spiraal begin.
Goddelike skepping, spiraal na buite, boontoe, die ewigheid in.

Doodloopstraat

Elke dorp het ‘n doodloopstraat
waarvan al die mense praat,
met ‘n vreemde huis
waarom die bome ontoeganklik suis;
tog kyk iemand uit
en weet
almal het vergeet
van mense in ‘n doodloopstraat,
van wie almal praat.

Elkeen draai soms in ‘n doodloopstraat
waarvan al die mense praat,
willens en wetens, sonder visie op die toekoms,
sonder hoop op uitkoms,
om net te dwaal.
Terwyl die ure draal,
diep te teug van bittersoet genot
wat in die mond kom vrot –
genot van ‘n doodloopstraat
waarvan almal praat.

Die doodloopstraat,
waarvan almal praat,
is nie net praat nie,
nie net nog ‘n straat nie.
want niemand weet verseker
hoe hierdie beker
in hierdie hand,
by hierdie mond beland,
weet maar dis ‘n doodloopstraat
waaroor jy liewer nie wil praat.

Die doodloopstraat,
waarvan almal praat:
vergetelheid in agterstraat gekoop
gewete toe en oë oop,
oop vir sinsgenot
uit die Farao’s pot.
Die ligte lankal uit,
Satan soek sy buit
in die doodloopstraat
waarvan almal praat.

Balans

Is dit wat balans is –
party van ons wat salig onbewus is
en die ander wat bewustelik probeer
slaggate vol emosie te negeer.
Jan is gou met ‘n hou
en voel verplig om te snou
terwyl Koos gedwee die ander wang keer
al was die hou nog so seer.

Is balans dan nie noodwendig in die enkeling
maar eerder noodsaaklik in die versameling.
Die bewustes hou die versameling in stand
terwyl die onbewustes selfs hul siel verpand
om altyd die beste, slimste te wees
sonder enige nabetragting van die gees
waarin hul immer kompeteer,
of hoeveel hul op ander teer.

Madiba drome word werklikheid?

Drome word werklikheid
en word in ‘n deeltjie van die tyd
‘n vae herinnering,
deur ‘n nuwe werklikheid verdring.

Wat sal ek wens?
– dun is die grens
tussen vreugde en pyn,
tussen eg en skyn.
Hoe onverstaanbaar
en moeilik te aanvaar
alles wat die lewe gee:
vir ‘n dag of twee
net voorspoed en geluk,
dan weer eindelose druk
van aanhou en uithou,
van opstaan en weer begin bou.

As jy ophou en stil sit
dan is dit
vir altyd verby
sal jy nooit weer terugkry,
jou siel, jou wil,
word dit vir altyd stil.
En die wind waai,
en jy, jy saai,
en sal nooit weer maai.

Maar as jy opstaan,
sal dit aangaan
en jy sal saai
en jy en ander sal maai.

Mei – Junie

Die koper en goud van die herfs het verbruin en vergeel.
Eersdaags staan die boomgeraamtes swart afge-ets
teen môre-mis en vroeg-aand skemering.
Bedags soek ons son, loop op die krakende lane van koper en goud,
en snags soek ons die warmte van ‘n ander lyf.

Die opbrengs van die somer-oes is meestal verteer.
Slegs droë vrugte en neute is nog getuies
van die arbeidsloon.
En bedags soek ons die son, maak die mandjies bymekaar,
terwyl ons saans die warmte van ‘n glasie sjerrie soek

Spoedig vul die lug met vlokkies waterdamp
wat met koue en wind die kuns van vlug bemeester het
en in ‘n wonder-oomblik skitter in die son.
Bedags soek ons die son, stap verwonderd in die sneeu,
en saans kruip ons vroeg-vroeg in.

Vroeg-oggend praat ons met wasem-aksente voor die mond.
Die wat kan, berei hul vlug;
in Europa het die lente aangekom.
Maar hier soek ek en jy bedags die son
tot ons saans tevrede op ons eie werf onsself bederf.

Snelwegverkeer

Die wiele sing oor die teer;
binne in my is dit skrynend seer.
My gedagtes is ‘n warboel
en ek is een groot denkelose “voel”

Dan gaan my oë oor die stad
En skielik kom die muse, vat
Die silwer linte van teer,
en vleg beelde soos so baie keer:

Ek sien van silwer linte ‘n reuse spinnerak
gevleg oor bome, pale, elke dak,
(wie hou die punte vas?)
Duisende klein kassies wat op die linte pas

spoed daarop voort –
voort tot ‘n ander oord,
iewers waar daar rykdom is,
waar drome werkliheid is.

En ek spoed willoos voort
hoop daar is ‘n poort
na kalmte, rus en vrede
met geneentheid en liefde sonder rede.

Winterwit

Mevrou, kan ek maar die baadjie kry,
lyk vir my u sal nie so koud kry
in u gestopte Alpe-jas,
daar is seker ook nog ander in u kas.

Met die baadjie kan ek donker opstaan en gaan werk.
En Sondag stof ek hom af vir die kerk.
Saans gooi ek hom oor die kleingoed
hoop hulle slaap warm en soet.

Asseblief Mevrou kyk weer,
jou stewels van leer
het nog geen klip of modder gesien
as ek maar net genoeg kon verdien …

Vir my kinders vir pap en sous
en nou en dan ‘n lekkertjie vir die Kersfeeskous
– o, die botteltjie in my agtersak –
medisyne vir die spoke op die dak.

my vriend die wind

Dis dor en uitgedroog, net ‘n dop
waar lewe moes pols en klop,
maar ek ruik die wind;
ruik die druppels van ver af my kind,
bring verkwikking saam
van plekke nou nog sonder naam.

En my oë soek in die blou:
ek wíl nie meer rou!
Maar ek hoor die wind
in die blare, oor die gras my kind,
en ek wil liewer van voor af begin
al is dit met min.

Ek groet die nuwe dag
maar hoor niemand lag;.
ek voel die wind
oor my wange streel my kind
en ek sien die wind se wuiwende hand
oor die vlaktes van my land.

Nuwe lente bring nuwe lewe,
stoot die sap in litte en lede;
en ek voel die warm wind
tintel van lentelewe my kind,
en ék is die kind en weer ‘n nooi,
jonk, vol vreugde en mooi.

dis nou dit

en voor jy nog begin
word die ure in die dag al min
omdat vooruit beplan, besin
die take tot groter beelde spin
as wat jy kan ontgin

my klerekas is vaal
terwyl die awend daal:
geen opwindende skeppings
wat herinner aan afsprake en ontmoetings
wat jou noop
om los te knoop
en uit te spring
en ongeag, eenling,
die vreemde in te loop

moenie wag nie
daar is nie tyd nie
soek die wildste knoop
die rooiste sloop
skep met naald en speld
en net ‘n bietjie geld
elke middernag visioen,
met gepaste kraal en skoen;
beelde nou nog onvermeld

my keel word dik van wellende trane
my gemoed te vol om reg te sien
ek gryp na woorde
na skel akkoorde
om emosies uit te woed
– hoe swaar is my gemoed

breek die boeie wat knel
en laat ons laatnag vertel
van alles lief en goed,
van liefdesvrugte wondersoet
en met vertel sal dit stadig ontvou
die wonders wat jy eens in jou hand kon hou.

vee dan weg die trane
draai maar toe die krane
van Bitterfontein
skink liewer ‘n glasie wyn,
‘n heildronk op die einde van pyn,
lag vir die naderende nag
dit is immers die einde van wag

maar weereens staan ek in donker op.
stilte wat spreek van ander se rus
roep my na buite
waar die mensdom se donker ruite
geheime versluier
en niemand vertel wie kuier
waar hy nie hoort nie
want niemand sê ‘n woord nie

die mis rol aan uit die noorde
(maak dit saak uit watter oorde?)
oneindig sag die beelde gesluier in reën
stilte, vrede, belofte aaneen
van saad, van vrugte en groei wat wag
van nuwe groen, teer en sag

ek laat die stilte in my groei
bly afsydig, onbemoei
asof die hele fel geweld
van liefde, pyn, lewe, dood als wat jou ontsteld
laat gryp na waarheid, sin en troos,
my nie aangaan of raak nie,
so ….. dit maak nooit weer saak nie

slaan jou hardste slag –
ek sal uit my keel uit lag –
bring die digste duisternis
ek vrees nog lank nie uiterstes
lê ek uitgestrek, neergevel –
laer kan ek nie, behalwe die hel
van hoop en hoop vergeefs nog hoop
niks behalwe pyn sal in hierdie lewe tog nog rente loop

maak dus toe die boek
met een versoek
lees maar net
maak dit bietjie pret
om iemand anders se woorde
se sielsakkoorde
‘n oomblik duidelik te hoor
en so jouself te verloor

Herinneringe

Soos kosbare pêrels ryg ons herinneringe
in waardevolle stringe.
Pêrels wil gekoester wees,
wil die warmte voel van siel en gees.
In die stilte van die nag
na die gewoel en gewerskaf van die dag,
vat ons een vir een, vryf dit blink,
kyk diep, laat al die goeie insink.
Dié een is ma – ek sien al haar gesigte –
toe sy my vermaan het, toe sy my getroos het.
Ek sien haar met die skêr, “staan stil, dat ek die mousgate groter kan sny”.
Dié een is pa – ek sien al sy monderings –
sy kortbroek en geswete tuinhoed, sy fiets en werksklere.
Ek sien hom op die sokkerveld, op die hokkieveld.
Dié een is oupa Jan – ons sit voor die kaggel.
En die een is ouma Sarie – sy is altyd daar.
Dié een is my kleinsus Heubrie –
Ek sien die krullebol – van moederskoot
tot kind, tot vrou, tot ma.
Die een is Hennie, my kinders se Godgegewe pa.
Dié pêrel vra meer as net ‘n uur of so,
soos ook my kinders en my sus se kinders.
In al die stringe pêrels – aangetroude familie,
werksvriende, skoolvriende, sportvriende en kennisse
het elke pêrel ‘n besondere plek.
Soos die tyd verbysnel het die eerste pêrel
se spoed die ander pêrels aangetrek,
word die pêrelmassa meer en meer uitgerek
tot die somtotaal verder as die sterre strek.
Breek die eerste pêrel fyn,
bly net rafels in die wind.
Was daar ooit ‘n werklikheid of was alles skyn?

2015 einde Januarie …

2015, einde Januarie
en skaars het Februarie
gesig kom wys
of Maart se winde praat al reeds van ys.
Dit voel mens saans as die son gesak het,
laat jou wonder waar jy die wintersnoesighede weggepak het.

Die nabetragting oor die somer wat so te sê verby is
het baie gehad waarvoor ek dankbaar is:
My vyeboom, groot gegroei en diep in my hart
ondanks die die voëls wat wat dit lok om my te tart,
want díe jaar was die vye genoeg,
het ek nie verniet geswoeg,
het ek die regte lote gelos,
is daar vye by die tros.

Was die boom van die Kennis van Goed en Kwaad
In die tuin van Eden sonder saad?
En indien nie – waar het dit geval?
Op watter berg of in watter dal
sou dit vrugte baar
of is elke jaar sedertdien ‘n slegte jaar.

Want God roep en ons kruip weg
te skaam en sleg
te vasgevang in skuld,
kan ons nie Sy vlekkelose redding duld.
Ons drink liewer wyn
verdoof die wete en die pyn.

Geskiedenis

Van gebeure in woorde vasgevang
is niks nog van belang
nie gevoelens van verwyt of verlang,
nie skilderkuns, beeldhou, musiek of sang.

Die een geslag bly besig
met ontdek, uitvind, oprig;
laat reuse monumente na
waarna net die met geld op hul reise sal vra.
Terwyl die armes krepeer sonder brood,
daagliks stry teen hongerdood,

Seisoene kom en gaan –
niks bly vir altyd staan.
Die ‘wonders’ van die vroegste tyd
verweer en dra die tekens van ‘n stil verwyt:
dat ons met rook en roet en suur verslyt
versnel en prematuur die mens se spore wis.

In elk geval, as al die bouers weg is,
bly daar selde iemand oor wat nog wis
waarom die besondere ou snaar
so streng uitkyk vanaf sy pilaar.
As die snaar gelukkig is,
sal niemand hul vergewis van al sy donker dade;
hom afbring na die aarde,
waar sy kaal gebeente lank reeds verblyk.

Ad Infinitum

Die aarde en alles daarop, nee, die heelal en alles daarin,
sirkuleer, transformeer, verteer, hersirkuleer tot buite beheer en begin
dan maar net weer van voor af aan
te poog om die geheime te verstaan.

Wat was jy nou net, wat sê die wet
wat wag vir jou (of is dit nog te gou);
wil jy liewer nog ‘n bietjie bly of wil jy gly
af langs ongesiene strale, versier met krale
van klinkende zirkone soos spatsels trombone.

Die plant vat uit die aarde
en lê in die grond ‘n netwerk van are
om bo teen die blou ‘n trotse raamwerk te stel
wat wind en weer trotseer en van seisoene vertel.

Droogte, reën, hael, diere, mense, peste kom en gaan,
terwyl bome stil en sonder kommentaar daar staan.
Net die jaarringe sê sonder woorde wat is meer:
swaarkry of die vreugde van son, voëlsang en veer.

Jaloers kom die mens, ontsien jare se groei en oorlewing,
stroop die woud en los nie eens ‘n enkeling.
En jy, Boom, opeens is jy net nie meer hier nie,
voel jy nie die wind in jou blare nie,
of die warmte uit die blou op jou kroon nie;
toe jy trots gestaan het, het jy dit nie waardeer nie.

En jy, Mens, jy wat nie al die jare van die boom geken het nie,
kom stroop, want jou gierigheid en wellus vra nie vrae nie.
Jy vermeerder tot die aarde kreun van die las en uitroep van die pyn.
En tog bly jy dronk van jou eiewaan, verblind deur twyfelagtige sukses se skyn.

Onder die brug

son wat op die water spikkel-flonker,
skadu’s rondom, onder bome mikke-donker,
een middag, duisend maal herroep –
seker nog tot ek op die stoep
my laaste dae slyt
met herinneringe sonder spyt

jy sal nooit weet nie
en ek sal nooit vergeet nie
of dit waarde het
en of dit gehad het
maak gelukkig nou nie meer saak nie
en sal niemand meer traak nie

Lees in die Koerant

Mev. Betroubaar van der Standvastigheid
is onlangs op 98 jaar as gevolg van ‘n siekerigheid,
in haar slaap oorlede.
Sy was een van ons eerste inwoners –
van gedrag, talent en persoonlikheid besonders –

Toe ons op snelweë begin ry het, kan jy onthou,
Was ons gemaan om in ons baan te bly, nee toegesnou:
“Is jy ‘n rondspringbok?”
So bestuur ons die lewe ook.
party wyk uit, soek die pieke, terwyl die ander op een plek spook.

Jy wil seker weet wie is reg –
Is dit hy wat elke skuif met nadenke en oorleg beplan
Of is dit hy wat wag vir die kruin van die golf,
sy spiere span en spring
ongeag waarheen die stroom hom bring.

Waarheid is, in elke oomblik kan jy net besluit
volgens dié oomblik se wysheid.
Het ek maar, dalk moes ek
dien geen doel op die lang duur,
kom net die nou versuur.

Na die lig

Minute word ongemerk ure.
Die ure word dae
waarin gister en eergister vergly.

Wanneer het dit so stil geword,
die huis so leeg
en die kamer so donker.

Hoe het ek hier gekom,
by hierdie plek van net maar wees.
Waar is my hart heen en waarheen my gees.

Soos die sap in die wingerd
saam met die maan opstoot in die takke,
so sal my siel opspring in my binneste

as ek oor Sy grootheid en genade sing,
word my treë vlug
soos ek spoed na die Lig.

Nostalgia

I sit close to where we dreamed,
where the passing of time seemed just a colour of the day,
there was so much to say, to savour, to share
and maybe the truth when we dared.

But all the pictures in my mind
were just illusions of some kind.
Your illusions and mine
simple excuses for celebrations with food and wine.

When all were done
the benefits were none
but memories to recall
when the future is a windowless wall
with no door.

Winterbome

Die somergroen van digte loof
is deur die winter totaal geroof.
Die bome staan daar kaal, elke knoets ontbloot,
staan daar oud, moedeloos, asof verstoot.
Onthou hulle die somerdrif in die are
soos van al die vervloë jare,
die sap wat uit die aarde boontoe bruis,
die wind wat deur die blare suis.
Of staan hulle maar net,
verstrengel in hul eie gedagtenet
vasgevang, onlosmaaklik tot oordenking gebind
totdat die lentewind hul vind.

Vir nou is die musiek van die voëls in hul takke grafstil.
Die koue het ‘n traagheid gebring, sonder wil
tot uitreik na nuwe hoogtes of groei,
sonder verlange na nuwe lewe se bloei.
Die oues peins en tob, versink in die stilte
van nagte se ys en daaglikse kilte.
In stille versugting staan ook die jong boompies
en smag na die loomheid van die somer langs kabbelende stroompies.

Alzheimer’s

Waar stap die ure heen
alleen, alleen, so alleen
sonder mense, sonder stemme
of geluide van voëlsang en wind –
vol van soek en nie vind.

Sou die beelde van dink en doen
so intens met vacuum versoen
dat daar geen buitelyne meer is,
geen vreugde of hartseer.
En niks gebeur weér.

Alles is een groot wollerige, wasige newel
Waarin niemand oorwin of sneuwel.
En waarin geen getuie was of meer is.
Het almal hulle dan verges,
Was alles maar skimme in die mis?

Prentjies in my kop

Straatjies in Mauritius sonder sypaadjies,
woonstelblokke soos kaste met laaitjies
waar mense in holtes en gaatjies
‘n lewe leef, elk na sy smaak en geloof
waarvoor hulle offer, hulself afsloof.

Honde, alle rasse en soorte gemeng
dwaal in die strate, op soek na iets om lewe te verleng-
dis verplig – die Hindoes glo leef en laat leef
al is hierdie hars en dop hoe skeef,
kan mens nog gebedslintjies in die bries laat beef.

By die terminus busse en mense wat wag
vir die tyd, die uur van die dag
wanneer lywe uitgeput in busbankies sink
om deur die venster te tuur sonder dink
net uitsien na die aand se eet en drink.

Die mark het vreemde groente en vrugtesoorte,
mandjies van elke denkbare grootte,
rokke, serpe, sakke (alle soorte),
borduursels, armbande, krale, ivoor
al was hier nog nooit ‘n grootoor.

Kunstig gesnyde pynappels saam met die hitte laat jou watertand
gelukkig word dit sommer verkoop uit die hand,
kan jy kies – met of sonder kerriesous-
die ou is ‘n goeie smous,
kou jy gou en sluk die koel pynappelsous.

Meeste arm huisies het dakke van beton
om later vloer te word vir nog ‘n vlak as dit kon –
want Februarie is sikloontyd
en sinke sou jy moes soek ver en wyd
na so ‘n storm en stryd.

Besoekers sien net witsand strande
bly onbewus van arbeid van ge-eelte hande
wat vir almal van verre lande
moet sorg vir ‘n bietjie plesier
en moet toegee aan hul elke gier,

Vir laas kyk ek af en sien die see, groen-blou
soos ‘n spieël onder ons oopvou.
Die eiland dryf in die golwe soos ‘n reuse juweel
waarop mense baljaar en waarom dolfyne speel
met perfekte choreografie, altyd bereid om hul skoonheid te deel.

Nuwejaar op Geluksdam

Môre is weer Nuwejaar (en Oupa Jan
verjaar).
Almal sal hier vergaar:
familie, vriende nogeens almal bymekaar.
Ouma Sarie hou die leisels met geduld en
liefde vas –
die tannies – tannie Miem, Miempie en
Tiena – moet die disse netjies pas.

Boeboe bring die droë skaapbossies van die
veld,
stook die buite-oond met toewyding en
geweld-
die Ounooi wil ‘n warm oond vir die tertjies
hê.
So nie sal die volkies les opsê.

In die koeler agter die huis onder die
bloekom
kom die gemmerbier tot wasdom.
Kinders probeer kort-kort proe
van konfyttertjies en bier, maar Boeboe
sien alles en maak betyds alarm.

Dis somer en op die plaas is dit warm,
soos dit net in die Karoo kan wees.

‘n Loomheid hang oor die veld, skaap en
bees.
Van vroeg af kom die pêrekarre by die
voorhek in,
ry windmaker by die laning peperbome in
en gooi ‘n wye draai voor die opstal.

Hartlike gegroet en gelag vul die lug.
Kinders verlekker hulle met neefs en niggies
lanklaas gesien, hardloop en gil van pure
plesier.
Aanstons moet die oudste niggies gaan
help.
Dan staan die tafels gedek,
Jy kan maar solank jou lippe aflek –
maar vandag eet die kinders eerste
(anders as by meeste familie feeste).
Die tannies bedien hulle, aartappels, vleis,
groente, beetslaai, rys
en eindelik gestoomde poeding.
Daar was trippense in, eers gekook.
As jy nie één raakgebyt het nie, het dit lank
by jou gespook.

Die grootmense sit aan met wyn by die ete.
Die kinders het al weer gaan speel met die
wete,
vandag is die verpligte middagslapie

vergete.
Tussendeur eet hulle konfyttertjies,
drink hul gemmerbier en kry by oupa
winkellekkertjies.

Laat-laat middag word die pêre weer
ingespan, die kinders geroep om te kom
groet.
Selfs na die laaste pêrekar deur die voorhek
verdwyn,
bly die gees van welwillende samesyn
soos balsem oor die opstalle en lanings
hang.
Herinneringe sal deur die jare nog getuig
van Oupa Jan en Nuwejaar op Geluksdam.

 

Hennie

Kreukels van lag by die hoeke van jou oë
onder gevlerkte wenkbrouboë.

Jou songebruinde vel verhelder deur flitse
van kerslig se blitse.
Ek kyk peinsend, betower.
Jy kyk op en verower.

Jou stil, bedaarde glimlag,
soos lente na die winterwag,
laat dit warm word in my,
maak my menswees bly.

In die donker in jou arms gevou,
koester ek my en bly vertrou
dat dit altyd so sal wees –
JY my vesting teen vrees.

Jy word my skild teen leed
wat my met liefd’ oorreed
om elke nuwe dag
met blyheid te verwag.

Ek dank die Heer vir jou
en bid dat Hy jou veilig hou.

 

Kromdraai se boeresport

By Kromdraai se boeresport
is die broekies styf en die rokkies kort.
Die lywe rooi gebrand,
speel die kinders in die sand.

Die spiere bult en lywe sweet
tussen baie lag en lekker eet.
Perde maal in die stof
tot hul langmaanhaar in die eerste skof.

Wulpse meisielywe vlug en lok
so om die beurt die bok,
tot hy rasend hyg,
oor vrou en kind maar swyg.

Die vrouens lag so uit die keel,
is min gepla met soentjies-steel.
Genoeg om stil te sit en puf,
hul susters met ‘n pouz te bluf.

As die son die aand kom sak
word alles opgepak –
ook die wellus van die dag.
Vergete is die skril gelag.

Môre dra hulle weer
“mevrou-skoene” – egte leer –
trek die rokkie oor die knie
sê nie pruim nie.

Babs van der Merwe

Babs van der Merwe

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Gedigte van Gene Crow

$
0
0

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Lindie tussen waterlelies

Anderkant die riete waar naaldekokers sing.
Lê ‘n spierwit engel, met ‘n goue ring.
Potblou lippies waar larwes kringe draai.
Hulle sê haar naam was Lindie, of dalk was dit Maraai.

Haar oë het eens geskitter.
Soos sonskyn op die dam.
Nou twee glas albasters.
Soos dit die dood bekwaam.

Haar vel is nou gekreukel.
Soos ongestrykte klere.
Tussen waterlelies en babers.
Sink sy weg benede.

Gene Crow © 2016

Opsoek na spoke

Ek was opsoek na jou gesig onder rotse op die bodem van die see.
Opsoek na soetheid van jou troos wat my vrae sal antwoord gee.

Nee,
jy was nie daar nie,
ek was totaal en al alleen.

Onder duine in die wreedste woestyn
waar al wat loop en leef weg kwyn,
waar die warm sand my knieë verbrand het ek na jou geroep,
tevergeefs jou hart gesoek.

Jy was ook nie daar nie.
Nie in gees of vlees of haar nie.
Ek was steeds alleen.

Toe wolke kraak soos ‘n okkerneut,
my amper versuip in God se sweet,
het ek gesmag na jou my anker,
my verlossing, my genesing van my kanker.

Nee,
Ek het jou nie daar gewaar nie,
ek was so alleen.

Toe my voete jou weer vind,
het ek gehuil soos die koudste wind en saggies op jou graf gaan lê.

My wange nat soos rose in die dou.

Gene Crow © 2017

Die vis se drome

Diep onder golwe van die onderbewussyn,
spartel daar ‘n vis aan ‘n lyn.
Heen en weer tot sy bek oop skeur.
Blind van woede,
siek van seer.
Visserman is lankal dood,
oë weggepik deur kraaie.
Bebloede arms hang oorboord,
weggevreet deur haaie.

Onder golwe van die onderbewussyn,
ruk die vis heen en weer aan die lyn.
Vas besluit om weg te swem,
om saam te sing met die see se stem.
Wyl die maanlig skyn op die pikswart water,
vreet die vis die lyn en swem al nader.
Hy droom om te vlieg,
soos ‘n uil in die nag;
om sterre te steel en saam die maanblom te lag.

Gene Crow ©
2017

Gedigte van Rowena Koopman

$
0
0

Osse mense

I reckon it’s a good place to start
Om oo die condition van my volk te praat
Ko os begin byrie veliede,
Wa die ripple effects van nou beginnit …

Die wit man van ouds choose vi hom
die green lush high places
Die bruin man kry die ooskiet
Os word gestoot na die arid dry spaces

Die wit man vat groot areas grond
Os kry net ’n dwelling,
Nie ees grond vi ’n hond om op te strondt

Dêm, die cherry oppie koek
Ek willie vloek
issie flêtse
Osse mense is nou sardientjies, op hoepies
Later vorm hulle groepies

Bendes stiek nou kop yt
Geweld ruk nou hand yt
Bloodflow en violence
is ’n daily occurrence

Elke dag lê hie ’n lyk
dan word hy nou soe bekyk
deu jonk en oud gelyk
Osse kinnes is al use an die exposure
My nasie kry ’n seizure
vannie beslyte vannie veliede

Adam sê die Here het geskommel
ennie dice het vi os vekeed geval
Dais ma al

I say os is wa os is
deu strategic planning
Ennie prognosis?
’n Progressive decline inni mental storyline
van osse mense.

Foto: Stan Winer, circa 1974-1975, Distrik Ses, Universiteit van Kaapstad Biblioteke Spesiale Versamelings

Foto: Stan Winer, circa 1974-1975, Distrik Ses, Universiteit van Kaapstad Biblioteke Spesiale Versamelings

Gedigte van Anzé Bezuidenhout

$
0
0

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Papier bloeisels

gevlerkte teks stoei in my
breek deur grendels
en drup genadig na benede
skrýf leë papier tot sand

waar woorde lomp val
in smart en ook oopbeklag
openbaar my binnekant
wat om erkenning veg

kwesbaar lê ek
met modderhande betas
deur roetes van my binnetrane
tree jy deur my woestynland

waar die son ongenadiglik brand;
uit vier windstreke sweef
tirades wat legkaarte
tot nuwe bloeisels breek

op papier

© Anzé Bezuidenhout

In grysepulwer

amber skadu’s flits in jou oë
waar jy rug gedraai na my toe staan
verklaar jy ‘n slagveld op ‘n blanko bladsy
sny grafiet maer erts waar jy toe-oë
my woorde steel en slukverteer
word n lewe nuut in Godspraak
met lood gegrys, gebaar
uit die bas van olifanthout
vir behoud van talekuns

hou die natuurwet van liefde
jou in ysterkettings en bind jou jukke
met tronkdeure wat in loodgrys reën
deur woordvreugde word jou verdriet ontmasker
in die tempel-lanings wat deur jou oë bloei
en vryheid fladder deur die vlaktes van jou siel
en ek jou verjaag uit die spasie
waar hart en kop en hande
soos ‘n keramis, graffito’s in gryspulwer
teen die ééns witflets skilder

wysheid en inkspraak word die harnas van jou behoud
waar die son na jou waarheid gryp,
dit aan die goue woordstrale hang
en jy, jy vry van doolhofverbannings swerf
in die grys môrestond herrys die goue middaguur
wat aan my verstand vleuels verskaf
my denke nakend op papier kom verf

as skadu’s sterf kry my woorde ‘n voetpad deur my hart
van mitiese tydgleuwe en sommer oor niks
ek begin lewe en is daar is groei
waar jy volkome op die ritme van my asem leef

© Anzé Bezuidenhout

Kruispad

oor die dooier
van gemufte brood
se skewe grafieklyn
breek die muwwe brokke
van my nagmaal

D A N

uit die skemerskadu’s
tree ‘n begeerte na hoop
om ook hierdie kruispad
heelvoet te kan loop;
oor geroeste doringdraad
en oor hak en steek;
prewelend, kouend
en slukkend
met kíés:
sal ek lag of verstik

© Anzé Bezuidenhout

Skenk jy …

skenk, ja gee daagliks
mildelik troos;
mirre goud en
diamant uit die skatkis
van jou binnekant

salf my met jou bekoring
in koring se bronstige geel
stuur jou reddende boodskap
in rooi, helder soos die son

sprei jou vlerke deur engellig
heilig dan veersag die brakwater
van ons onseker tye met
die roer van jou hand
genees die siek
wat soos wurms vreet
deur ons brose gees

herstel so die wind se seer
wat wonde oopwaai
en waarheid verdraai
skenk, ja gee daagliks
mildelik troos; mirre goud
en ‘n diamant

© Anzé Bezuidenhout

Ligkaatser

as ek bidblind broos deur emosies kolk
en die son kartelbreek oor verskanste horison
tuimel onthou nes ‘n ylwind se sing-sing
soos verskeurde lanferlappe met jubelsange
oor die bontstiltes van my hart se kyk

waar verse soms soos ‘n ou-ooi gaan lê
kronkel jy my toe in ‘n trooskombers
met verskillende kwaste van helder pers
dan word jou skadu ‘n vagevuur wat binne my stoei
die refleksie van my denke word om jou gebou;
en oor die stom-oewers van my praat
blaar jy lowergroen om my sinne

want

J Y

is die ligkaatser
van my diepste wese
waar ek my werklikheid
druppel vir druppel in jou kyk
in minnewoorde sien blom

© Anzé Bezuidenhout

Gekerkerde kristal

sand palet saffraan in eb en vloed
en jy, waarom het jy in jou wegstap my lag vol
gate geloop en my drome langs die pad verkoop
nou lê ek getronk (soos ‘n vergete songodin)
gekerker in kristal en wag om die son te groet
in my oë dwarrel ‘n leë gesmeek na jou
sodat ek my dors in jou wees kan les
fladderende gevoelens tortel in die kluisterglas
brandend dog weerloos lê my smagting opgedam
terwyl my vingers, reeds stukkend
deur glas gesny, na uitkoms grou
weggespoel, verlore staan ek dan
droomverlore tussen dooie gras terwyl ek
smagtend in vingerverf met geel skakerings
oor traantralies lyne trek met iewers versteek
‘n bitter blou en ‘n d i e p e onthou

© Anzé Bezuidenhout

Koue vuur

tyd se koue vuur brand
deur die gange van my
treurende siel wat na
die aarde smag terwyl
klanklose hosannas
deur die alfabet spoed

© Anzé Bezuidenhout

In die hart van Korinte

ons liefde is vasgenaelstring
by die dieper lees van Korinte
daar waar genade immer
dorstong na nog meer wil lek

jou omgee maak blink
natspoorpaadjies
soos ‘n slak se spoor
en dit is in die hak
van die Wag-‘n-bietjie-bos
waar ons liefde dan vasklou

daar onder die Mopanie
op die eentonige note
van die sonbesie se sang
word die troebadoer
(diep binne jou)
se lied getoonset

dan in die flouflikkervuurvlieg
se skitter lig
drup jou gebede vir ons
met klanke van reën
op ‘n dorre somersdag
daar iewers in die
hart van Korinte

© Anzé Bezuidenhout

My ghantang

My reis het in jou lyf begin
daar waar die tortelwoorde
van jou sagkyk en trekke
van jou mond
omgang plant
in sagte aalmoes-grond.

Minnedigte sonder tal
word in jou bloed ontgin
want jy’s my einde en
ook weer my nuwe begin;
my mallemeule
wat rondomtalie spin.

Jý ja jy’s die ghantang
van my binnekant wat
onbeskroomd maanligstrale
vir my vang om dit met die
donsgeel van ‘n soetdoring
tot ere-kranse
in my hare vleg.

© Anzé Bezuidenhout

My pruttel woorde

Pruttel liefhê-letters
soos dryfhout uit my hart
nes ‘n hemelse lullaby;
versamel dit nektar
deur skrefiewimpers,
want in jou beelt’nis
het ek my vrede gevind.

In die warm klanke
van jou hartstaal
gekaart soos druppende note
uit ‘n basviool,
wat die Melkweg roekeloos
nét vir my inkatrol.

Ek verdwaal in die
lagkreukels om jou oë,
ek dryf in jou muskusreuk
wat soos rivierbane deur my psige
kronkel in mosaïek van dieprooi.

Jou hartklop staan in duet
en ek bid dat die son sy tree maskeer
vir tyd om stil te staan…

D A N

by aanskoue van hierdie geluk,
het ‘n glimlag (van puur genot)
aan God se mondhoek gepluk.

© Anzé Bezuidenhout

Ligkaatser

Jou skadu
is die vagevuur
wat binne
my gloei
die refleksie
van my denke
word om jou gebou;
J Y
die ligkaatser
van my diepste wese
waar ek my
werklikheid
in jou oë
druppel vir druppel
in minnewoorde
sien blom.

© Anzé Bezuidenhout

My gebede(m)uur

Iewers in die verre
Jerusalem staan ek
gesluierd (ook denkbeeldig)
op kreukel-knieë
biddend voor hierdie
ó so vreemde
gebedemuur.

Gebedsnotas orals in
gebarste stene gedruk,
hartsbedes van suiwer
geluk, maar ook trane
uit die wese geruk
wat die muur as
verskuilde graffiti versier.

Smekend om te mag lewe
na die heilige gebod, liefde
tot my naaste
en my Almagtige God.

Ware ligfakkel in
elke donker uur. Dis
die rede vir my
lewensduur.

© Anzé Bezuidenhout

My labirint (Dwaaltuin)

Spartel my ontroeringe
soos ‘n fynbos-verlange
wat deur my labirint
tot ‘n voltooide sirkel
waarin ek ongeveinsste
liefde vind.

Verwonderheid wat
uit blomverdorde-kokon
tot skoenlapperskoonheid
bloei in lewegewende
nektar van die liefdeson.

Fladderende emosies
wat ewigdeur eb en vloed
in jou oë se vurige gloed
kom kolk soos lawavure
deur my bloed.

© Anzé Bezuidenhout

Koue vuur

tyd se koue vuur brand
deur die gange van my
treurende siel wat na
die aarde smag terwyl
klanklose hosannas
deur die alfabet spoed

© Anzé Bezuidenhout

Arabiese lente – Haikoe

lewe sielesmart
Arabiese lentebloed
deurdrenk die erfgrond

© Anzé Bezuidenhout

My boekanier

op die wieke van ‘n boekanierskip
is my liefde deur jou gekaap
daagliks hang flenter emosies aan die mas
vleg lint en brokaat ragfyn deur my gedagtelyn
wapper jou ruwe seerower dors
op elke asemteug wat klop-klop
in die holte van my bors

op soet klanke van ‘n vroetelwind
wat dwelm en bottelnek trek en dan
skuilte soek in die kuiltjie van my nek
word jou liefde bely in die mooiste neurie-klank
wat sag vlindervlerk in die skulp van my hoor
en guitig oor my vel hoender trek

teen jou bolyf wil ek my honger en dors les
nagmaal met genadebrood breek en wyn skink
in die amber van die son wat perske oor die dag
terwyl ons wegvaar oor die oseaan wat wink
net ek en jy met jou boekanier hart

© Anzé Bezuidenhout

Jou dade het die Woord opnuut vertaal

toe alles woes en leeg was
het jou wese in die takke
van die boom van
kennis van goed en kwaad
(daar waar die Gerubs waak)
gaan lê
jou liefde vir my geoffer
in heilige offerbakke met die
geur van jasmyn en kleur
van die mooiste robyn
in die vloed van jou oë het
jy die see vir my oopgeskeur
my gedra op die vlerke
van ‘n spierwit duif
in teerheid vul jy my
met die soetheid van
manna en ‘n dagoud kwartel
soos n goeie herder
gee jy aan my rus
van vermoeienis
as my mure val soos die
van Jerigo en jy
jy my met ‘n rooi koord
van verkrummeling red
daar waar jy vir my
wysheidstempels bou
in teerheid my met brood
en wyn bedien loop my beker oor
op die Golgotaheuwels
van menswees het jy die kruis
staangemaak met die opskrif
vir almal om te lees
my Mannin – my Eva
en het jou dade die Woord
opnuut vertaal

© Anzé Bezuidenhout

In die hart van Korinte

ons liefde is vasgenaelstring
by die dieper lees van Korinte
daar waar genade immer
dorstong na nog meer wil lek

jou omgee maak blink
natspoorpaadjies
soos ‘n slak se spoor
en dit is in die hak
van die Wag-‘n-bietjie-bos
waar ons liefde dan vasklou

daar onder die Mopanie
op die eentonige note
van die sonbesie se sang
word die troebadoer
(diep binne jou)
se lied getoonset

dan in die flouflikkervuurvlieg
se skitter lig
drup jou gebede vir ons
met klanke van reën
op ‘n dorre somersdag
daar iewers in die
hart van Korinte

© Anzé Bezuidenhout

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Gedigte van Stefan Heyns

$
0
0

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Glas-hart

Waar is jy nou?
Die wankelrige vloerplank,
Die geraas van die water wat onder spoel,
En ek staar af by die afgrond.

Die donker en die water roep my,
Die pyn van verlies en die gebroke drome wat eens was. En ek moet my skuld dra al kan my skouers dit nie meer hou nie.

My nerwe is deurgeskuur tot op die senuwee en elke trap en elke steek is rou. Dit sny deur my vleis en kerf groewe en woorde in my gebeendere.

Ek verstaar my aan die letsels, almal wat ek oor die jare bymekaargemaak het. Al die seer wat weer geheel het maar nooit sal verdwyn nie.

Soos ’n swartsak waai ek op ‘n koue dag in Augustus, meningloos en moedeloos, rigtingloos en waardeloos. Ek dwarrel rond, maar daar is geen plek vir my nie, daar is geen veiligheid nie, geen hawe nie, geen plek waar ek hoort nie.

Jou nikswerd, jou selfsugtige stuk ding wat jy weggooi soos ‘n verrotte stuk vleis, om verteer te word deur die roofdiere en organismes wat my weer tot stof sal maak. En daar sal ek verdwyn, soos ek reeds in jou oë verdwyn het.

Ek het alles gegee wat ek het om te gee, ek het alles gedoen wat ek kon. Nou sit ek met die skerwe van my glas-hart in my hande. Ek druk die skerwe tot die bloed by my arms afloop.

Ek skree so hard ek kan , maar niemand wil my hoor nie. Ek staan in ‘n propvol kamer en ek is deursigtig, vir almal, veral vir jou.

Dit steek deur my soos ‘n honderd dolke, en ek is alleen. Ek is naar van die pyn en ek stap die donker straat alleen, alleen.

Die skerwe van my glas-hart weerkaats skarlaken-rooi in die straatlig en ek tel te vergeefs die stukkies op, ek probeer te vergeefs dit weer aanmekaar las. En jy stap verby en kyk die ander rigting in.

Die merke van die verlede is steeds op my polse gegraveer en dit versier soos ‘n kunstenaar ‘n verfdoek. Elke dag ‘n byvoeging tot my bestaande meesterstuk.

Ek is alleen, altyd alleen. Ek vertrou en verbrand, ek hoop en ek word teleurgestel.

Ek gee my oor aan sigarette, drank en seks, maar niks kan die gat in my siel stop nie. Niks kan gat wat jy oopgeruk het vul nie. Ek is gedaan.

Ek is fucked-up en ek weet dit. En ek weet dit al vir jare. Die gat in my siel verwoes en verwyt, verteer en verswelg alles wat goed is, alles wat rein is, alles wat jy is.

Die trane dans oor my wange, maar jy sal dit nooit sien nie, nooit my geskree hoor nie, nooit die letsels op my sien nie. Ek hou dit vir myself. Dis myne.

Rooikop Hatfield girl

Ek het vergeet wie jy is,
wie jy was,
en waarom jy my hart uit my bors laat klop het.
Waarom ek elke skynbaar ewigdurende oomblik verduur het,
tot jy weer by my is.

Op sigself ‘n boek met bladsye geskeur, uitgeruk, opgefrommel.
Hergebruikte weggooi-papier om die logika van die lewe te verstaan.
Eindelose aande sit ons deur, ‘n ewigheid, maar in ‘n oogwink verby,
tot ek weer by jou is.

En tussen die deurmekaarspul vind ek en vind jy, ons.

Ek wou jou heelmaak al was ek self nie heel nie.
Ek wou jou beskerm teen alles wat jou laat ruk in die nag,
alles wat jou wou, wou inhaal van voorheen.

Een kyk het ek geweet van die seer, stukkend, verraai en verwerp.
Van die rou wonde wat jy krap net om te weet jy kan nog voel.
Woorde was onnodig,
ek het geweet wat jy bedoel.

En jy verdien dit nie.
Jy, van álle mense.

Jy pronk, soos die verleidelikste meisie,
met jou rooi hare, perfekte gesig en bloedrooi lipstiek.
Loop met selfvertroue en jy besit alles.
Hatfield is in slow motion en almal stop en kyk nét na jou.
En jy kan nie minder ‘n fok voel oor wat hulle dink nie.

Jy stal jou lyf uit soos ‘n winkelvensterpop … maar dis waar dit eindig.
Kyk maar, maar dis waar dit stop.

Jy dans asof jy jouself verloor.
Dis net jy en niemand maak saak nie.
En ek bewonder die beeldskone vertoning,
almal in die beknopte Chili’s verdwyn. En ek is betower.
Hals oor kop.

Dis net jy onder die ligte, klank en rookwalms en alles in jou skree kliphard,
‘n moedelose kreet wat jy nie kan verwoord nie.
Tog verstaan ek jou lyf se taal. Ek bewonder jou.

My gesig het lankal nie meer gevoel nie,
ek praat meer kak as wat nodig is,
ek rook soos ‘n skoorsteen, dans op tafels,
praat met vreemdelinge soos ou vriende.

En ek val vir jou.
Elke dag,
meer en meer.

Laat aande en vroeë oggende,
want tyd is net ‘n konsep.
MacDonalds want alles anders is toe,
180 op die snelweg met jou Corsa,
Fokofpolisiekar speel oorverdowend.

Die lirieke ongemaklik-naby aan ons albei se waarheid,
en ons jaag na nêrens.
Maar ons jaag saam.

Skree jou longe uit en probeer van die pyn ontslae raak
jy leer my om te lewe.
Om te voel, om te vertrou,
om te laat gaan.

Die beste aand-oggende van my lewe, want ek was saam met jou.

Jy definieer “amazing”.
En elke kyk in jou oë laat my hart sink,
want wat maak my anders as almal?
Wat maak my so special dat ek jou kan kry?

Jy het my geleer wat hart-seer is,
nie geweet ek kan iemand so mis dat dit seermaak nie.
En dan sien ek jou weer,
ek is weerloos.

Mal beskryf nie hoe ek oor jou voel nie,
Eensaam beskryf nie jou afwesigheid nie.
Meer die afwesigheid van atmosfeer.
Ek versmoor sonder jou.

Ek het jare al versmoor, en dit nooit eers geweet nie.
Ek’t my probleme probeer versuip, maar kon dit nie vergeet nie.
Ek’t gesoek na liefde, en dit nie gekry nie.
Ek sou nie kon nie, wat dit was nie jy nie.

Jy sal vir altyd my rooikop Hatfield girl bly,
wat dans tot die son opkom.
Die onbeskryflik mooiste meisie,
is myne, en fok alleen weet hoekom …

My hart klop vir jou.

Viewing all 448 articles
Browse latest View live