Quantcast
Channel: Gedigte – Roekeloos.co.za
Viewing all 448 articles
Browse latest View live

Die aarde is ‘n eierblou ark

$
0
0

In Susan Smith se eerste bundel, in die afwesigheid van sin, het reeds ’n hele aantal gedigte oor die omgewing verskyn.

In dié nuwe bundel word die omgewingsgesprek voortgesit. Die gedigte handel egter nie oor bewaringsvraagstukke nie, maar oor die mens se verhouding tot die aarde en die lewende wesens daarop.

Soos die titel aandui, word die aarde gesien as ’n soort vaartuig wat deur die heelal reis. Dit is ook die boot waarmee die mens op sy lewensreis vaar deur verskillende waters.

Plante, veral bome, is verwysingspunte op hierdie reis. Die woorde van die digter is instrumente wat die vaart moontlik maak, dit beskryf en die bedreigde lewendes help bewaar.

Die aarde is ‘n eierblou ark / Susan Smith — Protea Boekhuis, 20 Oktober 2016; sagteband. — ISBN 9781485307167

Die aarde is ‘n eierblou ark,
Bettie Blom,
12 Februarie 2016.

3


Konnexi

$
0
0

Luna Paige bring hierdie nuwe musiekteaterproduksie na die Woordfees 2017. Saam met haar op die verhoog is bekroonde multi-instrumentalis en komponis Pops Mohamed en bekroonde baskitaarspeler, vervaardiger en komponis, Schalk Joubert.

Vier stories oor vier mense, wat op een of ander wyse afgesluit of afgesonder voel van ander en by tye ook, van hulself. In hierdie stories word mense gedwing om die konneksies wat hulle aan ander verbind te herken. Hul ervaringe help hulle om weer konneksie te vind met dit wat belangrik is. Hierdie stories word vertel met behulp van gedigte, prosa, musiek en animasiekuns deur Charles Badenhorst.

Musikale begeleiding sluit klavier, kitaar, baskitaar, stemme en ‘n verskeidenheid van interessante Afrika instrumente soos bespeel deur die bekwame Pops Mohamed, in.

Konnexi is ‘n audio-visuele reis deur die lewens van doodgewone Suid-Afrikaners.

* Debuut *

Met: Steffie le Roux, Werner Ferreira & Mauritz Lotz

Genre: Musiek
Taal: Afrikaans

Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur 10 minute
Kaartjies: R110
Plek: Roots Intiem, Potchefstroom
Datum: 4 Okt 16:00 | 5 Okt 19:00 | 7 Okt 10:00 | 8 Okt 16:00

Woordfees 2017


Konnexi


Konnexi


2.5

Konnexi poster

Konnexi

Gedigte van Babs van der Merwe

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Menseregte

Jy, mens is deur God geskape –
jou regte?
om God te ken
met Hom in die paradys te wandel
wanneer die dag verby is,
die aandskemering daal.
Maar dit was nie genoeg nie
nie toe nie, en steeds is jy soekend.

Onthou jy jou verbod –
die boom waarvan jy die vrugte nie mog eet nie.
Jy het liewer na jou vrou geluister
en haar aanhitser was die duister.
Jou loon, verwydering van God.

Buite die paradys moet jy swoeg en sweet,
word jy aan aan jou dade gemeet.
Kry jy ‘n nuwe illusie –
‘reg’ op ‘n dak ondanks jou oorsprong uit die stof van die tuin,
‘reg’ op gesondheid terwyl jy jou vergryp aan twak en wyn,
‘reg’ op privaatheid terwyl jy jou lewe op die net met almal deel,
‘reg’ op veiligheid terwyl jy op die rand van die afgrond speel.

Moet ek aangaan
of sal jy voor die spieël gaan staan,
en onbevooroordeeld besluit of wat jy sien
geregtig is op enigiets of selfs iets verdien.

Woensdag, 08 Februarie 2017

Genade is genoeg

Soms klop ons aan ‘n deur
sonder dat iets gebeur
slegs die eggo van die klop
kom praat en hou nie op
om te vertel jy was te laat.

Te laat om die woorde op jou hart
soos krale uit te ryg en al die smart
wat jy veroorsaak het
en al die kwetsende pyle wat jy afgeskiet het,
te salf, terug te roep, met liefde te bedek.

Klop terwyl die huiseienaar nog na jou verlang,
uitsien na jou woorde en jou sang,
jou nog wil innooi,
met jou wil maaltyd hou en met koninklike purper en rooi
jou tafel wil tooi; of wag tot die gasheer die oorskiet by die deur uitgooi.

Want genade is genoeg.

Fokuspunte

Pokkelkind, sit op ouma se skoot.
(Waar is ma?)
Oom Johannes se ‘Vetsak’,
tant Kowie en kinders se ‘Mallies’.
(Waar is ma?)
Ouma Sarie is konstant en trou.

Lokkieskind is toe al die tyd ‘slim’!
Sy is stout, maar sussie is soet.
(Waar is ma?)
Sussie is siek, bly in die huis.
Jy lees te veel – boonop grootmens boeke!
(Waar is ma?)

Ouma boelie, maar ou Gemmer verstaan,
hy vroetel sy neus onder jou arm,
gee nie om, waai sy stert en troos.
(Waar is ma?)
Nuwe huis, nuwe skool.
Word groot, pas vir klein sus op.

By die skool is erkenning en prestasie.
Harde werk, min skoolwerk en baie droom.
(Waar is ma?)
Ma is altyd daar.
Herinner aan Sy gesag en wat ons verskuldig is.
Sy droom ook, werk hard.

Meisiekind, vlug van voet,
snel die lewe tegemoet.
Ma is nog daar.
Wysheid van Bo balanseer die skaal,
trek ‘n streep deur foute,
bou ‘n dankbare verhaal.

Tuin van Herinnering

     1. Wil vir my ‘n tuin plant –
Waar ek as die skadu’s daal
vir oulaas in die laaste lig van die dag kan dwaal.
Waar ek kan sien hoe die son vroeg in die more op die kim verskyn,
die skadu’s en drogbeelde laat verdwyn.
Waar ek op die middaguur ‘n glasie kan klink,
in my gedagte die toekoms kan sien wink.
Waar ek ‘n vuurtjie kan maak brand,
waar ek kan skep met klip en sand.

     2. Wil vir my ‘n tuin plant –
vir Hennie katjiepiering en fuchsias,
vir ouma Drien jakobregop en nemesias,
vir oupa Pietie aronskelke,
vir my pa groenboontjies, rose en angeliere,
vir my ma ‘n hele akkertjie van aandblomme uit die Karoo,
vir Danie aarbeie en rose
en vir Heubrie ‘n koning protea.

     3. Wil vir my ‘n tuin plant –
waar die hele klomp inwoners van my hart en land
saam kan praat en lag

tot lank na middernag.
Vir die Bulle Baberton se madeliefies.
Vir Pieter plant ek koorsbome (by die see as dit kan),
vir Lynnette alles pienk en ‘n enkelvoudige roos,
vir Henk groente van elke soort en ‘n half dosyn doringbome,
vir Drienie ‘n palet – alles deurmekaar
soos vir ‘n kunstenaar.
Vra vir Flip om alles uit te meet
sodat daar geen reguit rye is,
plant vir Gerda vlas
daarmee weef sy en knoop toutjies vas.

     4. Wil vir my ‘n tuin plant –
Maak ‘n hoekie vir sommer net sit
met ‘n stoel en tafel wat met die son versit.
Sorg vir ‘n boom waarin seuntjies kan klim.
Maak ‘n donker kol met digte struike
wat verbeeldingsvlugte uitlok.
Steek ‘n paar kabouters en paddastoele oral weg.
Hang windklokkies sodat feetjies kan dans.
Verf slagspreuke en laat almal onthou
jou hande laat jou drome en gedagtes ontvou.

Opstaanritueel

Dis nog donker.
Tiegher, die superwors is wakker –
kan hoor hy krap sy pens.
Staan op en vou myself oop tot my hele 1,6 m.
Badkamer toe – dis koud.
Tik die alarmkode in.
Tiegher weet reeds wat volg
spoed die donker gang in en wag by die voordeur.
Laat vir Tiegher uit, wat pyl-uit-‘n-boog
om die bure se kat te betrap.
Kombuis toe – ketel aan, buitelig af.
Koffie in die beker
pille uit die kas om my kanse te verbeter.
Tiegher is terug.
Voordeur toe, hang die sleutel op.
Terug kombuis toe – brood in die rooster.
Smeer en kaas uit die yskas en ‘n worsie vir Tiegher.
Ketel kook – kookwater op die koffiekorrels
Water in die ketel bedaar – nie meer borrels –
soos gister se ontsteltenis
wat deur die nag weggepak is.
Mikrogolf die kaas op die brood.
Drink die koffie, eet die kaasbrood met Tiegher op my skoot.

Mienie blaf in die studeerkamer
Ongewoon; sy slaap so laat as wat sy kan.
Is daar iemand by studeerkamer se buitedeur?
Nou blaf beide honde.
Opsie een – sluit die deur na die studeerkamer –
Nie ‘n opsie nie.
‘n deur wat jy toegemaak het
maak moeiliker oop as wat dit toemaak was,
verberg die bedreiging
laat toe dat die spook ongetem agter die deur groei
los jou met hande en voete geboei.

Opsie twee – bewapen jouself
al is die met peper of spuit en bak uit die kas gedelf.
My opsie soos so baie keer al
pak die bul by die horings, konfronteer.
En dit werk, soos so baie keer.
Daar is niks, het myself ure se bang gewonder gespaar.

Verlange

My siel smag na skoonheid,
na die onbekende, die vreemdheid,
van duisende ander se vervulde drome
vergestalt in nuwe woorde, klanke en tone.

My honger gees vergaan
terwyl die mensdom langsaan
onbewus gedurig kom en gaan;
onbewus dat hul ure slaan.

Gedagtes spoed vooruit na beelde,
plekke, mense, sonder een verveelde
uur of dag, sonder moeg word,
sonder kwaad of oud of vet word.

Om net maar weer my eie beeld te sien
Met al die wonde welverdien,
van te min slaap, te veel eet
te veel handel sonder weet.

Sal ek kom by die plek,
die punt net vir my gemerk,
waar ek sal weet, dit is waar
ek van nou af alles wil ervaar?

Versugting

Ek wil, ek wil
dat alles stil
en egaal,
sonder prag en praal,
vir altyd aangaan
net is en aangaan,
sonder iemand wat ophou,
of iemand wat weggaan.

Weet jy hoe lank is nooit?
Nooit weer hoor,
nooit weer sien
is vir altyd verlang.

Ek sien ‘n venster in ‘n muur.
Dis oop vir net een uur.
Buite is dit lig.
Die waarheid,
verlede, hede en toekoms
helder en aaneen alom:
vir jou, vir my,
vir elkeen wat wil bly.

Goeie môre

In die venster sit my lappieskat,
sluimer nog ‘n rukkie liefste skat.
Rooier word die skemer elke uur –
nog ‘n slukkie koffie wyl ek deur die venster tuur.

Stilte oraloor, ook in my.
Kon dit heeldag maar so bly.
So rustig, so bevry
van lieg, van veg en stry.

Dink nie nou al aan die leë ure
of laatnag se dooie vure –
drink liefs die goudgeel sonlig in
en laat die dag se fees begin.

Ewigheid

Na Sy beeld het Hy ons geskape –
so diep het ons geval
net Hy kon ‘n plan uitwerk
om ons uit te red.

Ek wonder, As Adam erken het,
en om vergifnis gevra het,
in plaas van die vrou te blameer
en Eva erken het,
in plaas van die slang te nomineer …

Erken ons genoeg ons wandade?
Gryp ons genoeg Genade?
Of maak ons handelinge
Sy grote gawe oorbodig,
omdat ons dink dit was onnodig.

Bepeins met elke Kersfees die wonder van Sy Genade.
Saai deur heel die jaar van liefde en geneentheid sade
en groot sal die oes wees,
werklike rede vir vrolikheid en fees
ryk aan die vrugte van die Gees.

Seuns

Klein handjies gryp na alles
(ogies blink en mondjie lag) –
Gryp na goggas, lekkers, sonvlekkies en vlinders.
Die wêreld is ‘n skatkis.

Ma moet eers die sakke skud
voor sy troetel en druk
sodat sprinkaan en duisendpoot
kan ontsnap van ‘n gewisse dood.

My kind, my trots,
in nood ‘n rots,
so dapper voor gevaar
en tog so weerloos voor die hart se swaar.

Soveel onverwagte wysheid,
soveel onverskrokkenheid,
is jy deur Genade toegedeel.
Standvastigheid en vlyt is jou reel.

Soos ‘n eik wat sy lafenis wyd sprei,
versorg jy;
jou planne is vindingryk
en onmoontlik om te vergelyk.

Vir die hulpelose het jy deernis
en respek vir alles en elkeen wat respek verdien.
Klein handjies gryp na alles
(ogies blink en mondjie lag) –
Gryp na goggas, lekkers, sonvlekkies en vlinders.
Die wêreld is ‘n skatkis.

Ma moet eers die sakke skud
voor sy troetel en druk
sodat sprinkaan en duisendpoot
kan ontsnap van ‘n gewisse dood.

My kind, my trots,
in nood ‘n rots,
so dapper voor gevaar
en tog so weerloos voor die hart se swaar.

Soveel onverwagte wysheid,
soveel onverskrokkenheid,
is jy deur Genade toegedeel.
Standvastigheid en vlyt is jou reel.

Soos ‘n eik wat sy lafenis wyd sprei,
versorg jy;
jou planne is vindingryk
en onmoontlik om te vergelyk.

Vir die hulpelose het jy deernis
en respek vir alles en elkeen wat respek verdien.

Die Muse is terug

En in die middel van die nag,
voor hierdie laaste dag,
skryf ek weer, vloei die woorde
uit die hart se akkoorde:
kyk, ‘n tydperk loop ten einde.

So gepas, Julie met sy trui en jas
word opgevou, in die kas gepas.
Om die draai wag Augustus met sy wind,
om al die spinnerakke wat hy vind
weg te waai, met beloftes vas te bind.

In September, mooi September ontwaak die velde weer,
kom nuwe lewe so nuwe -groen, so teer,
bruis die lewensap, borrel uit –
sing, speel op harp en luit!
En in Oktober, mý Oktober,
kan ek nogeens wen, verower,
die liefde laat blom
tot hemelse vervulling, wasdom,
gaan ek in my heiligdom.

My heiligdom, van liefde, van geluk,
teer gedagtes, vrugte ryp gepluk,
waar ek ongehinder lank vertoef
waar ek soms, deur onthou bedroef,
die glorie van gister beproef.

Ek soek jou in die hele huis:
noudat jy weg is, is ek nêrens meer tuis!
Ek mis jou die hele dag
en erger nog in die nag.
Elke paadjie wat ek loop,
bring herinnering en krap die wonde oop.
In gedagte konsulteer ek nog elke ding,
alles wat ek doen ter herinnering
van jou waardering, kritiek of hekeling.

Herfs

Die koue kom kruip saggies in die dae in.
Soggens wil mens nog ‘n bietjie lê, en drink die warm koffie gretig in.
Die dae is goud en koper soos ‘n laaste uitbundge spandabelheid
Voor die grou en grys van wintertyd.
Soms in die middag voel ek nog die somer op my vel,
laat die loomheid nog die wellus swel.
Wellus vir die lewe,
onverbloemde hartstog vir die hede,
elke oomblik nog ‘n pêrel in die snoer
van Godgegewe dae meegevoer.

Ongemerk, ongemerk kom die donker nader
(of is dit die lig wat stadig kwyn) wyl ons vergader
en vir oulaas hulde bring
aan hulle wat nou met engele sing.

As jy my wil ken

Eet my soos ek ‘n croissant eet –
sonder botter of konfyt
skil die lagies een vir een af
laat dit smelt in die mond.
Doen dit alles tydsaam – sonder haas.
Moenie te veel dink nie.

Drink my soos ‘n glas goeie rooi wyn –
maak skaars jou lippe telkens nat,
voel die fluweel op jou tong,
dink nie nou al aan die leë glas.
Geniet elke drupel
eer die druif se offerande in die pars.

Stap saam met my deur die veld
en vergeet van geld en geweld,
voel die wind deur jou hare,
ruik die soet geel doringboombloeisels.
Laat die stilte deur jou spoel,
sodat Hy jou kan herinner aan jou doel.

Kom sit saam met my om die vuur,
vergeet van elke leë ongebruikte uur.
Pak uit die pêrels van die verlede,
koester dit soos kosbaarhede.
Smee ‘n hegte band van onthou
van liefde en trou.

Sit saam met my op die rotse by die see
staar ure lank na die ewige golwing,
ruik die see,
hoor die meeue,
weet as ons eers weg is
sal hulle nog hier wees.

Opsomming

Hy was ook maar net ‘n bedelaar –
vir ‘n bietjie liefde,
‘n bietjie aandag.
Hy het so baie gegee en so min gekry –
was almal dan so blind?

So ondankbaar soos ‘n kind –
en is dit goed of sleg?
Dankbaarheid kan ‘n ewige las word,
lei tot ontkenning van eie-ek en vermoë.
Drome lê aan skerwe –
die kinders wat hom nie ag,
sit vir sy dood en wag –
gaan alles erwe.

Al die drome en visioene
verdwene in miljoene
mislukkings en laste
kom soos donder uit die bloute
om te kwets, te pynig.

Alleen die liefde bly nog,
regverdig steeds al die bedrog,
van suggesties, van verwyt –
groei ten spyte van tyd,
afstand, haatspraak en nyd.
Om geen drome meer te hê,
is om te sê
al my planne is vergestalt –
of om te weet
ander sal jou meet
aan al die half/ongedane take
wat soos vroeggebore sate
vir altyd op voleinding wag –
die onbeantwoorde vraag
van elke dag en nag:
Wil jy nog,
En indien wel, wat nog?

Nou beskik diegene vir wie jy niks wou gee –
Weet hulle ooit waarom die noodlot dit so bepaal? – weet enigiemand?
Sien jy dit? Weet jy dit?
Wat sou jy anders doen? – wens ek weet!

So lankal het jy reeds gekyk, gesê,
So het menige groot boom
reeds al sy drome uitgedroom,
wat doen ons as die drome uitgedroom is?

Waar jy eens die heerser was,
klim geraamtes uit die kas,
en baie wat nie naby was,
was nou skielik só in pas
met wat jy wou en wie jy was –
hulle was nooit in jou klas!
Jy het jou kodes self geskryf
vir hierdie kort verblyf.

Die huis is nie my huis nie –
Ek is nie langer tuis nie,
Net maar ‘n laslapvrou
wat gehoop het wat sy wou.

Nuwe Jaar, ou begin?

Deel 1

In Januarie kom ons tuis, kom ons tot rus
is die vure van van die feesseisoen geblus.
Kom ons stadig maar seker tot oortuiging
alles wat oënskynlik ongeewenaard sonderling
voorgekom het was glad nie ongewoon nie
het nie eers belofte vir die toekoms getoon nie.

Begin Februarie met reklame vir die volgende seisoen,
reklame vir liefde uit te leef met hier en daar ‘n soen,
‘n skelm drukkie of twee – dit is immers die seisoen –
vergeet gerieflik dat eenmaal gedoen
sal sorg vir baie stille berou,
vir wroeging oor verraad en ontrou.

Oudword

Woorde vloei of storm deur my kop.
Ek neig na links na regs, is skoon raadop
met hierdie lelike uitgediende dop.
Van wat eens gesog, gevier en begeerlik was
is slegs spookbeelde oor.

Rykdom is herinnering aan al die sorgelose dae
voluit aangegryp, geleef en deurgebring.
Vergete is die seer, die onbeholpe hunkering
na reënboogbeelde illusies van skoonheid, prag en praal.

Maar as onthou sou ophou
is die hede net ‘n leë kou,
klinies skoon,
met die minimum gesondheidsvoeding
gesonde sit, staan, gaan en bly,
met gereelde introspeksie,
om elke element wat dalk
die egaal gang versteur
voor te keer.

Dekadensie

Skink nog wyn
Vergeet die pyn
Drink nog ‘n paar pille
Word doof vir die gille

Môre is nog so ver
As die slaglam se blêr
Wie sal volgende jaar nog weet
as ons kies om te vergeet.

Helder vure
donker ure
draai en spoed
terwyl die vlamme woed.

Yl gesigte draai en swaai
terwyl hekse lag en kraai
oor deurmekaar gedagtes
van vrees en klagtes.

Die nag is een lang marteling
waarin duiwels dans en sing,
die sinne tot waansin aanblaas
met hartstog en geraas.

Jesus Christus

Geweld en donker nag
Bring vir ‘n wêreld wat wag
‘n Kind so teer, so sag,
teen wie se krag die satansmag
geen teenstand het.

Soos gister is vandag,
so is môre en elke dag
van toe af tot nou
mits jy Hom vertrou
met jou lewe, jou al.

In ‘n sterbesaaide gewelf
het ‘n heerlikheid verskyn, ‘n teken –
so baie het gesien
en het nie geglo nie.

Politiek het toe al vir party
die werklikheid verbloem.
Onskuldig soos ‘n kind
waardig soos ‘n koning
het Hy Sy lot gedra.

Kyk na jouself.
Hou jy van jou?
Was dit als verniet?
Sê jy vir Hom
“Ek volg” of is jy stom?

Vryheid

Jy is vry,
vry van tyd se tol,
vry van ‘n verpligte rol,
vry van soek
vry van wag
vry van bedel vir ‘n lag.

As jy nie weet jy is arm nie,
is jy nie noodwendig ryk nie.
En soms
is jy ryk en weet dit nie.
En later weet jy
dat jy ryk was.
Weet jy jy het dit nie waardeer,
dit het jou niks geleer.

Ek is nie vry nie.
Nie vry van tyd se spore,
In ‘n vaste rol verlore,
Immer aan’t soek:
wagtend,
bedelend,
vir goedkeuring en
vir koestering,
vir ‘n bietjie liefde.

Toe ek nie geweet het nie
het ek nie gesien nie.
My rede
het my in die steek gelaat;
tot ek deur die sluier
kyk en weet,
jy het klaar geweeg,
klaar gemeet.

En eindelik word alles stil,
is die sirkel heel.

Ek wil hier uit

Tyd het my ingesluk,
verlede weggeruk
toekoms teruggepluk –
daar is net nou
in die newels wat om my vou.

Ek wil hier uit.
Kyk nie net na buite deur die ruit,
maar na die horisonne ver vooruit.
Waar vergestalting wag
met die aanbreek van elke nuwe dag.

En as ek wil, dan kan ek,
kan ek soos die boeremense trek na elke plek,
kan ek verower verder as waar my visie strek,
want met my God spring ek oor ‘n muur
loop ek deur die vuur.

Gedagtespronge

9 tot 5
Niks gebeur voor nege
selfs nie nederlaag of sege.
Na nege is alles peperduur
sy dit per kilo of per uur.
Hoewel die kliënt No. 1 is
het hy geen beheer en is
hy slegs No.1 as dit geleë is
so bly ek en jy ons vergis.
Ons laat die kasregister sing
maar kan niemand dwing
om na ons pype te dans.
Ons bly die voog van die goue-eier gans.

Sin Van Die Lewe
Waar bly die reën
wanneer kom die seen?
Om te kyk hoe plant en dier krepeer
maak almal seer.
Droogte, geweld, aftakeling oral in die land.
Wat is die verband
tussen goed en sleg,
verkeerd en reg?
Dit reën oor almal.
Niemand is te rats om te val.

Prente teen die muur

My mense is nou prente teen die muur –
Die meubels, honde, blomme
praat soos die stoof, nie terug nie.
Net die wind gee die fotos lewe,
as die vensters en deure oop is.
Maar nou is dit winter.
Ek hou die deure en vensters toe
want ‘global warming’ het my oorgeslaan.
My mense is net prente teen die muur.

Van dag tot dag

In elke oggendstond
bruis die lewe in my mond.
Soos vonkelwyn
die nuwe lig en sonneskyn.
Jou hare ragfyn
soos satyn
op my kussing,
teen my wang.

Stadig word die werk die dag
se elikser en krag.
Elke nuwe eis
word nog ‘n nommer op my lys.
Deur die middag knoop
ek toutjies vas en loop
die uur vooruit wanneer
ek tuis die pas makeer.

Die aanduur skemer sag:
‘n voorspel tot die nag.
Swaarder word in lyf en lit
die loomheid en voldoening
van welgedane take.
Betyds bring brood, kaas en rooiwyn
verligting van die pyn,
lê die rooiwyn op my tong,

roomryk, vol:
simfonie van goeie lewe.

I Know I am still here

How do I know I am still here –
Come wind, come sun, come rain
I am never without pain.
Pain betrays the truth – you still have shoulders
you still have knees and elbows
and yes ankles and feet.
And do not forget when you eat
you know that even that gut is still there.

Thanks to God for reminding me that all of it is by His Grace.

Skeppingspiraal

Wanneer is genoeg, genoeg –
of kom genoeg gerieflik na moeg.
Wie sal aanhou en uithou en aanhou
selfs wanneer die slot toneel ontvou,
en môre sonder waarborg is,
of sonder ligpunt is.

Die lewe spiraal wanneer ons berus.
Natuurlik, wetenskaplik, onbewus
van die bepalende patroon –
het Archimedes, Fermat of Theodorus – ofskoon
deurdag, gemotiveer en gepubliseer
steeds van mekaar verskil, en het nie ‘n finale reel neergelê.

Elke lewe wat ontstaan is ‘n middelpunt wat ‘n spiraal begin.
Goddelike skepping, spiraal na buite, boontoe, die ewigheid in.

Doodloopstraat

Elke dorp het ‘n doodloopstraat
waarvan al die mense praat,
met ‘n vreemde huis
waarom die bome ontoeganklik suis;
tog kyk iemand uit
en weet
almal het vergeet
van mense in ‘n doodloopstraat,
van wie almal praat.

Elkeen draai soms in ‘n doodloopstraat
waarvan al die mense praat,
willens en wetens, sonder visie op die toekoms,
sonder hoop op uitkoms,
om net te dwaal.
Terwyl die ure draal,
diep te teug van bittersoet genot
wat in die mond kom vrot –
genot van ‘n doodloopstraat
waarvan almal praat.

Die doodloopstraat,
waarvan almal praat,
is nie net praat nie,
nie net nog ‘n straat nie.
want niemand weet verseker
hoe hierdie beker
in hierdie hand,
by hierdie mond beland,
weet maar dis ‘n doodloopstraat
waaroor jy liewer nie wil praat.

Die doodloopstraat,
waarvan almal praat:
vergetelheid in agterstraat gekoop
gewete toe en oë oop,
oop vir sinsgenot
uit die Farao’s pot.
Die ligte lankal uit,
Satan soek sy buit
in die doodloopstraat
waarvan almal praat.

Balans

Is dit wat balans is –
party van ons wat salig onbewus is
en die ander wat bewustelik probeer
slaggate vol emosie te negeer.
Jan is gou met ‘n hou
en voel verplig om te snou
terwyl Koos gedwee die ander wang keer
al was die hou nog so seer.

Is balans dan nie noodwendig in die enkeling
maar eerder noodsaaklik in die versameling.
Die bewustes hou die versameling in stand
terwyl die onbewustes selfs hul siel verpand
om altyd die beste, slimste te wees
sonder enige nabetragting van die gees
waarin hul immer kompeteer,
of hoeveel hul op ander teer.

Madiba drome word werklikheid?

Drome word werklikheid
en word in ‘n deeltjie van die tyd
‘n vae herinnering,
deur ‘n nuwe werklikheid verdring.

Wat sal ek wens?
– dun is die grens
tussen vreugde en pyn,
tussen eg en skyn.
Hoe onverstaanbaar
en moeilik te aanvaar
alles wat die lewe gee:
vir ‘n dag of twee
net voorspoed en geluk,
dan weer eindelose druk
van aanhou en uithou,
van opstaan en weer begin bou.

As jy ophou en stil sit
dan is dit
vir altyd verby
sal jy nooit weer terugkry,
jou siel, jou wil,
word dit vir altyd stil.
En die wind waai,
en jy, jy saai,
en sal nooit weer maai.

Maar as jy opstaan,
sal dit aangaan
en jy sal saai
en jy en ander sal maai.

Mei – Junie

Die koper en goud van die herfs het verbruin en vergeel.
Eersdaags staan die boomgeraamtes swart afge-ets
teen môre-mis en vroeg-aand skemering.
Bedags soek ons son, loop op die krakende lane van koper en goud,
en snags soek ons die warmte van ‘n ander lyf.

Die opbrengs van die somer-oes is meestal verteer.
Slegs droë vrugte en neute is nog getuies
van die arbeidsloon.
En bedags soek ons die son, maak die mandjies bymekaar,
terwyl ons saans die warmte van ‘n glasie sjerrie soek

Spoedig vul die lug met vlokkies waterdamp
wat met koue en wind die kuns van vlug bemeester het
en in ‘n wonder-oomblik skitter in die son.
Bedags soek ons die son, stap verwonderd in die sneeu,
en saans kruip ons vroeg-vroeg in.

Vroeg-oggend praat ons met wasem-aksente voor die mond.
Die wat kan, berei hul vlug;
in Europa het die lente aangekom.
Maar hier soek ek en jy bedags die son
tot ons saans tevrede op ons eie werf onsself bederf.

Snelwegverkeer

Die wiele sing oor die teer;
binne in my is dit skrynend seer.
My gedagtes is ‘n warboel
en ek is een groot denkelose “voel”

Dan gaan my oë oor die stad
En skielik kom die muse, vat
Die silwer linte van teer,
en vleg beelde soos so baie keer:

Ek sien van silwer linte ‘n reuse spinnerak
gevleg oor bome, pale, elke dak,
(wie hou die punte vas?)
Duisende klein kassies wat op die linte pas

spoed daarop voort –
voort tot ‘n ander oord,
iewers waar daar rykdom is,
waar drome werkliheid is.

En ek spoed willoos voort
hoop daar is ‘n poort
na kalmte, rus en vrede
met geneentheid en liefde sonder rede.

Winterwit

Mevrou, kan ek maar die baadjie kry,
lyk vir my u sal nie so koud kry
in u gestopte Alpe-jas,
daar is seker ook nog ander in u kas.

Met die baadjie kan ek donker opstaan en gaan werk.
En Sondag stof ek hom af vir die kerk.
Saans gooi ek hom oor die kleingoed
hoop hulle slaap warm en soet.

Asseblief Mevrou kyk weer,
jou stewels van leer
het nog geen klip of modder gesien
as ek maar net genoeg kon verdien …

Vir my kinders vir pap en sous
en nou en dan ‘n lekkertjie vir die Kersfeeskous
– o, die botteltjie in my agtersak –
medisyne vir die spoke op die dak.

my vriend die wind

Dis dor en uitgedroog, net ‘n dop
waar lewe moes pols en klop,
maar ek ruik die wind;
ruik die druppels van ver af my kind,
bring verkwikking saam
van plekke nou nog sonder naam.

En my oë soek in die blou:
ek wíl nie meer rou!
Maar ek hoor die wind
in die blare, oor die gras my kind,
en ek wil liewer van voor af begin
al is dit met min.

Ek groet die nuwe dag
maar hoor niemand lag;.
ek voel die wind
oor my wange streel my kind
en ek sien die wind se wuiwende hand
oor die vlaktes van my land.

Nuwe lente bring nuwe lewe,
stoot die sap in litte en lede;
en ek voel die warm wind
tintel van lentelewe my kind,
en ék is die kind en weer ‘n nooi,
jonk, vol vreugde en mooi.

dis nou dit

en voor jy nog begin
word die ure in die dag al min
omdat vooruit beplan, besin
die take tot groter beelde spin
as wat jy kan ontgin

my klerekas is vaal
terwyl die awend daal:
geen opwindende skeppings
wat herinner aan afsprake en ontmoetings
wat jou noop
om los te knoop
en uit te spring
en ongeag, eenling,
die vreemde in te loop

moenie wag nie
daar is nie tyd nie
soek die wildste knoop
die rooiste sloop
skep met naald en speld
en net ‘n bietjie geld
elke middernag visioen,
met gepaste kraal en skoen;
beelde nou nog onvermeld

my keel word dik van wellende trane
my gemoed te vol om reg te sien
ek gryp na woorde
na skel akkoorde
om emosies uit te woed
– hoe swaar is my gemoed

breek die boeie wat knel
en laat ons laatnag vertel
van alles lief en goed,
van liefdesvrugte wondersoet
en met vertel sal dit stadig ontvou
die wonders wat jy eens in jou hand kon hou.

vee dan weg die trane
draai maar toe die krane
van Bitterfontein
skink liewer ‘n glasie wyn,
‘n heildronk op die einde van pyn,
lag vir die naderende nag
dit is immers die einde van wag

maar weereens staan ek in donker op.
stilte wat spreek van ander se rus
roep my na buite
waar die mensdom se donker ruite
geheime versluier
en niemand vertel wie kuier
waar hy nie hoort nie
want niemand sê ‘n woord nie

die mis rol aan uit die noorde
(maak dit saak uit watter oorde?)
oneindig sag die beelde gesluier in reën
stilte, vrede, belofte aaneen
van saad, van vrugte en groei wat wag
van nuwe groen, teer en sag

ek laat die stilte in my groei
bly afsydig, onbemoei
asof die hele fel geweld
van liefde, pyn, lewe, dood als wat jou ontsteld
laat gryp na waarheid, sin en troos,
my nie aangaan of raak nie,
so ….. dit maak nooit weer saak nie

slaan jou hardste slag –
ek sal uit my keel uit lag –
bring die digste duisternis
ek vrees nog lank nie uiterstes
lê ek uitgestrek, neergevel –
laer kan ek nie, behalwe die hel
van hoop en hoop vergeefs nog hoop
niks behalwe pyn sal in hierdie lewe tog nog rente loop

maak dus toe die boek
met een versoek
lees maar net
maak dit bietjie pret
om iemand anders se woorde
se sielsakkoorde
‘n oomblik duidelik te hoor
en so jouself te verloor

Herinneringe

Soos kosbare pêrels ryg ons herinneringe
in waardevolle stringe.
Pêrels wil gekoester wees,
wil die warmte voel van siel en gees.
In die stilte van die nag
na die gewoel en gewerskaf van die dag,
vat ons een vir een, vryf dit blink,
kyk diep, laat al die goeie insink.
Dié een is ma – ek sien al haar gesigte –
toe sy my vermaan het, toe sy my getroos het.
Ek sien haar met die skêr, “staan stil, dat ek die mousgate groter kan sny”.
Dié een is pa – ek sien al sy monderings –
sy kortbroek en geswete tuinhoed, sy fiets en werksklere.
Ek sien hom op die sokkerveld, op die hokkieveld.
Dié een is oupa Jan – ons sit voor die kaggel.
En die een is ouma Sarie – sy is altyd daar.
Dié een is my kleinsus Heubrie –
Ek sien die krullebol – van moederskoot
tot kind, tot vrou, tot ma.
Die een is Hennie, my kinders se Godgegewe pa.
Dié pêrel vra meer as net ‘n uur of so,
soos ook my kinders en my sus se kinders.
In al die stringe pêrels – aangetroude familie,
werksvriende, skoolvriende, sportvriende en kennisse
het elke pêrel ‘n besondere plek.
Soos die tyd verbysnel het die eerste pêrel
se spoed die ander pêrels aangetrek,
word die pêrelmassa meer en meer uitgerek
tot die somtotaal verder as die sterre strek.
Breek die eerste pêrel fyn,
bly net rafels in die wind.
Was daar ooit ‘n werklikheid of was alles skyn?

2015 einde Januarie …

2015, einde Januarie
en skaars het Februarie
gesig kom wys
of Maart se winde praat al reeds van ys.
Dit voel mens saans as die son gesak het,
laat jou wonder waar jy die wintersnoesighede weggepak het.

Die nabetragting oor die somer wat so te sê verby is
het baie gehad waarvoor ek dankbaar is:
My vyeboom, groot gegroei en diep in my hart
ondanks die die voëls wat wat dit lok om my te tart,
want díe jaar was die vye genoeg,
het ek nie verniet geswoeg,
het ek die regte lote gelos,
is daar vye by die tros.

Was die boom van die Kennis van Goed en Kwaad
In die tuin van Eden sonder saad?
En indien nie – waar het dit geval?
Op watter berg of in watter dal
sou dit vrugte baar
of is elke jaar sedertdien ‘n slegte jaar.

Want God roep en ons kruip weg
te skaam en sleg
te vasgevang in skuld,
kan ons nie Sy vlekkelose redding duld.
Ons drink liewer wyn
verdoof die wete en die pyn.

Geskiedenis

Van gebeure in woorde vasgevang
is niks nog van belang
nie gevoelens van verwyt of verlang,
nie skilderkuns, beeldhou, musiek of sang.

Die een geslag bly besig
met ontdek, uitvind, oprig;
laat reuse monumente na
waarna net die met geld op hul reise sal vra.
Terwyl die armes krepeer sonder brood,
daagliks stry teen hongerdood,

Seisoene kom en gaan –
niks bly vir altyd staan.
Die ‘wonders’ van die vroegste tyd
verweer en dra die tekens van ‘n stil verwyt:
dat ons met rook en roet en suur verslyt
versnel en prematuur die mens se spore wis.

In elk geval, as al die bouers weg is,
bly daar selde iemand oor wat nog wis
waarom die besondere ou snaar
so streng uitkyk vanaf sy pilaar.
As die snaar gelukkig is,
sal niemand hul vergewis van al sy donker dade;
hom afbring na die aarde,
waar sy kaal gebeente lank reeds verblyk.

Ad Infinitum

Die aarde en alles daarop, nee, die heelal en alles daarin,
sirkuleer, transformeer, verteer, hersirkuleer tot buite beheer en begin
dan maar net weer van voor af aan
te poog om die geheime te verstaan.

Wat was jy nou net, wat sê die wet
wat wag vir jou (of is dit nog te gou);
wil jy liewer nog ‘n bietjie bly of wil jy gly
af langs ongesiene strale, versier met krale
van klinkende zirkone soos spatsels trombone.

Die plant vat uit die aarde
en lê in die grond ‘n netwerk van are
om bo teen die blou ‘n trotse raamwerk te stel
wat wind en weer trotseer en van seisoene vertel.

Droogte, reën, hael, diere, mense, peste kom en gaan,
terwyl bome stil en sonder kommentaar daar staan.
Net die jaarringe sê sonder woorde wat is meer:
swaarkry of die vreugde van son, voëlsang en veer.

Jaloers kom die mens, ontsien jare se groei en oorlewing,
stroop die woud en los nie eens ‘n enkeling.
En jy, Boom, opeens is jy net nie meer hier nie,
voel jy nie die wind in jou blare nie,
of die warmte uit die blou op jou kroon nie;
toe jy trots gestaan het, het jy dit nie waardeer nie.

En jy, Mens, jy wat nie al die jare van die boom geken het nie,
kom stroop, want jou gierigheid en wellus vra nie vrae nie.
Jy vermeerder tot die aarde kreun van die las en uitroep van die pyn.
En tog bly jy dronk van jou eiewaan, verblind deur twyfelagtige sukses se skyn.

Onder die brug

son wat op die water spikkel-flonker,
skadu’s rondom, onder bome mikke-donker,
een middag, duisend maal herroep –
seker nog tot ek op die stoep
my laaste dae slyt
met herinneringe sonder spyt

jy sal nooit weet nie
en ek sal nooit vergeet nie
of dit waarde het
en of dit gehad het
maak gelukkig nou nie meer saak nie
en sal niemand meer traak nie

Lees in die Koerant

Mev. Betroubaar van der Standvastigheid
is onlangs op 98 jaar as gevolg van ‘n siekerigheid,
in haar slaap oorlede.
Sy was een van ons eerste inwoners –
van gedrag, talent en persoonlikheid besonders –

Toe ons op snelweë begin ry het, kan jy onthou,
Was ons gemaan om in ons baan te bly, nee toegesnou:
“Is jy ‘n rondspringbok?”
So bestuur ons die lewe ook.
party wyk uit, soek die pieke, terwyl die ander op een plek spook.

Jy wil seker weet wie is reg –
Is dit hy wat elke skuif met nadenke en oorleg beplan
Of is dit hy wat wag vir die kruin van die golf,
sy spiere span en spring
ongeag waarheen die stroom hom bring.

Waarheid is, in elke oomblik kan jy net besluit
volgens dié oomblik se wysheid.
Het ek maar, dalk moes ek
dien geen doel op die lang duur,
kom net die nou versuur.

Na die lig

Minute word ongemerk ure.
Die ure word dae
waarin gister en eergister vergly.

Wanneer het dit so stil geword,
die huis so leeg
en die kamer so donker.

Hoe het ek hier gekom,
by hierdie plek van net maar wees.
Waar is my hart heen en waarheen my gees.

Soos die sap in die wingerd
saam met die maan opstoot in die takke,
so sal my siel opspring in my binneste

as ek oor Sy grootheid en genade sing,
word my treë vlug
soos ek spoed na die Lig.

Nostalgia

I sit close to where we dreamed,
where the passing of time seemed just a colour of the day,
there was so much to say, to savour, to share
and maybe the truth when we dared.

But all the pictures in my mind
were just illusions of some kind.
Your illusions and mine
simple excuses for celebrations with food and wine.

When all were done
the benefits were none
but memories to recall
when the future is a windowless wall
with no door.

Winterbome

Die somergroen van digte loof
is deur die winter totaal geroof.
Die bome staan daar kaal, elke knoets ontbloot,
staan daar oud, moedeloos, asof verstoot.
Onthou hulle die somerdrif in die are
soos van al die vervloë jare,
die sap wat uit die aarde boontoe bruis,
die wind wat deur die blare suis.
Of staan hulle maar net,
verstrengel in hul eie gedagtenet
vasgevang, onlosmaaklik tot oordenking gebind
totdat die lentewind hul vind.

Vir nou is die musiek van die voëls in hul takke grafstil.
Die koue het ‘n traagheid gebring, sonder wil
tot uitreik na nuwe hoogtes of groei,
sonder verlange na nuwe lewe se bloei.
Die oues peins en tob, versink in die stilte
van nagte se ys en daaglikse kilte.
In stille versugting staan ook die jong boompies
en smag na die loomheid van die somer langs kabbelende stroompies.

Alzheimer’s

Waar stap die ure heen
alleen, alleen, so alleen
sonder mense, sonder stemme
of geluide van voëlsang en wind –
vol van soek en nie vind.

Sou die beelde van dink en doen
so intens met vacuum versoen
dat daar geen buitelyne meer is,
geen vreugde of hartseer.
En niks gebeur weér.

Alles is een groot wollerige, wasige newel
Waarin niemand oorwin of sneuwel.
En waarin geen getuie was of meer is.
Het almal hulle dan verges,
Was alles maar skimme in die mis?

Prentjies in my kop

Straatjies in Mauritius sonder sypaadjies,
woonstelblokke soos kaste met laaitjies
waar mense in holtes en gaatjies
‘n lewe leef, elk na sy smaak en geloof
waarvoor hulle offer, hulself afsloof.

Honde, alle rasse en soorte gemeng
dwaal in die strate, op soek na iets om lewe te verleng-
dis verplig – die Hindoes glo leef en laat leef
al is hierdie hars en dop hoe skeef,
kan mens nog gebedslintjies in die bries laat beef.

By die terminus busse en mense wat wag
vir die tyd, die uur van die dag
wanneer lywe uitgeput in busbankies sink
om deur die venster te tuur sonder dink
net uitsien na die aand se eet en drink.

Die mark het vreemde groente en vrugtesoorte,
mandjies van elke denkbare grootte,
rokke, serpe, sakke (alle soorte),
borduursels, armbande, krale, ivoor
al was hier nog nooit ‘n grootoor.

Kunstig gesnyde pynappels saam met die hitte laat jou watertand
gelukkig word dit sommer verkoop uit die hand,
kan jy kies – met of sonder kerriesous-
die ou is ‘n goeie smous,
kou jy gou en sluk die koel pynappelsous.

Meeste arm huisies het dakke van beton
om later vloer te word vir nog ‘n vlak as dit kon –
want Februarie is sikloontyd
en sinke sou jy moes soek ver en wyd
na so ‘n storm en stryd.

Besoekers sien net witsand strande
bly onbewus van arbeid van ge-eelte hande
wat vir almal van verre lande
moet sorg vir ‘n bietjie plesier
en moet toegee aan hul elke gier,

Vir laas kyk ek af en sien die see, groen-blou
soos ‘n spieël onder ons oopvou.
Die eiland dryf in die golwe soos ‘n reuse juweel
waarop mense baljaar en waarom dolfyne speel
met perfekte choreografie, altyd bereid om hul skoonheid te deel.

Nuwejaar op Geluksdam

Môre is weer Nuwejaar (en Oupa Jan
verjaar).
Almal sal hier vergaar:
familie, vriende nogeens almal bymekaar.
Ouma Sarie hou die leisels met geduld en
liefde vas –
die tannies – tannie Miem, Miempie en
Tiena – moet die disse netjies pas.

Boeboe bring die droë skaapbossies van die
veld,
stook die buite-oond met toewyding en
geweld-
die Ounooi wil ‘n warm oond vir die tertjies
hê.
So nie sal die volkies les opsê.

In die koeler agter die huis onder die
bloekom
kom die gemmerbier tot wasdom.
Kinders probeer kort-kort proe
van konfyttertjies en bier, maar Boeboe
sien alles en maak betyds alarm.

Dis somer en op die plaas is dit warm,
soos dit net in die Karoo kan wees.

‘n Loomheid hang oor die veld, skaap en
bees.
Van vroeg af kom die pêrekarre by die
voorhek in,
ry windmaker by die laning peperbome in
en gooi ‘n wye draai voor die opstal.

Hartlike gegroet en gelag vul die lug.
Kinders verlekker hulle met neefs en niggies
lanklaas gesien, hardloop en gil van pure
plesier.
Aanstons moet die oudste niggies gaan
help.
Dan staan die tafels gedek,
Jy kan maar solank jou lippe aflek –
maar vandag eet die kinders eerste
(anders as by meeste familie feeste).
Die tannies bedien hulle, aartappels, vleis,
groente, beetslaai, rys
en eindelik gestoomde poeding.
Daar was trippense in, eers gekook.
As jy nie één raakgebyt het nie, het dit lank
by jou gespook.

Die grootmense sit aan met wyn by die ete.
Die kinders het al weer gaan speel met die
wete,
vandag is die verpligte middagslapie

vergete.
Tussendeur eet hulle konfyttertjies,
drink hul gemmerbier en kry by oupa
winkellekkertjies.

Laat-laat middag word die pêre weer
ingespan, die kinders geroep om te kom
groet.
Selfs na die laaste pêrekar deur die voorhek
verdwyn,
bly die gees van welwillende samesyn
soos balsem oor die opstalle en lanings
hang.
Herinneringe sal deur die jare nog getuig
van Oupa Jan en Nuwejaar op Geluksdam.

 

Hennie

Kreukels van lag by die hoeke van jou oë
onder gevlerkte wenkbrouboë.

Jou songebruinde vel verhelder deur flitse
van kerslig se blitse.
Ek kyk peinsend, betower.
Jy kyk op en verower.

Jou stil, bedaarde glimlag,
soos lente na die winterwag,
laat dit warm word in my,
maak my menswees bly.

In die donker in jou arms gevou,
koester ek my en bly vertrou
dat dit altyd so sal wees –
JY my vesting teen vrees.

Jy word my skild teen leed
wat my met liefd’ oorreed
om elke nuwe dag
met blyheid te verwag.

Ek dank die Heer vir jou
en bid dat Hy jou veilig hou.

 

Kromdraai se boeresport

By Kromdraai se boeresport
is die broekies styf en die rokkies kort.
Die lywe rooi gebrand,
speel die kinders in die sand.

Die spiere bult en lywe sweet
tussen baie lag en lekker eet.
Perde maal in die stof
tot hul langmaanhaar in die eerste skof.

Wulpse meisielywe vlug en lok
so om die beurt die bok,
tot hy rasend hyg,
oor vrou en kind maar swyg.

Die vrouens lag so uit die keel,
is min gepla met soentjies-steel.
Genoeg om stil te sit en puf,
hul susters met ‘n pouz te bluf.

As die son die aand kom sak
word alles opgepak –
ook die wellus van die dag.
Vergete is die skril gelag.

Môre dra hulle weer
“mevrou-skoene” – egte leer –
trek die rokkie oor die knie
sê nie pruim nie.

Babs van der Merwe

Babs van der Merwe

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Gedigte van Tania Olsson

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Tania Olsson

Tania Olsson

—–

verstaan jouself
met arm op been
houvas aan
dieselfde rak
verdraai jou lyf
spirale in
my lewer en
my niere in
gesteek met mes
verbrand met
sigaret
die gate val so
in my in
ek praat met
brandmerk krap
aan rowe bloei
in geel en pers
en groen ek
dra jou gluur nes
diamant nou in
my sak bereken
nou dat al wat
ekke is vir jou is
as diep onder
binne jou oond verskroei
in aandpak
voor jou deur ek
sien nie meer
die wonder in jou
nie die kers
wat in die venster
hoort te sit nie
net die
donker dae uitgelê
vir my
nou sonder
traan voor alles
wat jy
dink jy ek sal
ooit
jou hoor as
al wat myse ore sien
is wat jy niemand
wys
nie

Mis.

ek sit nog steeds en dink
aan jouse hare
klosse goud en silwer in die son,
soos jy jou kar verby
polisiemanne ry
ek voel nog steeds
hoe jouse asem in my nek kom
slaap, en steeds hoe diep jou
hart binne my hart kom lê
en proe nog steeds
die sout van jouse vel,
van jouse sweterige vel
en lig
vul daagliks nog die longe
van die vrou wat klaar aan
god beloofd is
aaneenhoudend
nes die ruitveërs
in die donker vieruur middagreën
en hoor
hoe alles in my skree
vir jou
om net een keer
nog meer
net langs my
aan die slaap te raak
.

dese hoek
geskik vir viking blondgespikkel
met die afrika se middelson
hieronder in die kelder waar
sy ouers hom gelos het
vir die aasvoëls
en die mure en die kinders
om te koggel en beskinder
rondom witbeklede nagmaaltafels
plekke
waar die mannetjies mekaar
met messe eerder leeg sal tap
voor enigeen
van hulle woorde oor haar
ooit publieke lig sal sien
want
koninginne mag mos nie
so maklik by
gekom mag word nie
syse beeld in water is
bemin deur hyse self
nie daar
is modder in dai put se opbrengs
krappe in dai een se kop
.

Die volgende is sewe.in.een

1.
draai om en om in blare
met die pyp
wat in jou hande hang
stap rustig deur die
strate van die weste van
die land, hoor plek-plek
honde blaf
vir my soos ekke
blikkies skop
en sade trap tot
binne-in die rooigrond in
en bakstene gepak
gemak verorber in die rand se swak
want, manne moet mos kinders voer en almal
moet mos besig wees
daar waai ’n kind vir my deur hek
met veertig jare aan sy blad
en ek waai terug
met liedjies in my kop oor
hoeveel van ons meer geluk
kan kug as ander
?

2.
en in my sole
een vir een die teer ontmoet
begin die diepstes in my bors
te asem vir ’n nuwe kans
’n nuwe mens te wees is vir my pad
en in my siel verstrooi
en duisend stukkies blinkertjies
sweef saggies deur die wolke neer
gesit in jouse skoot
vir alles
wat ek jou beloof
het jare lank vir my gesoek
deur strate flou
belig met siek bloekompale
wat al heeltemal te lank probeer
om jou
te wys wie ekke is
jou blinde
mol
.

3.
en
daardie ander kant van paaie
staar my aan
met oop oog
en oop hand
en toe
meshand agter sy rug
staan hart vierkantig in sy skoene
waar hy my bestaar
met ‘lekrifisering om sy bors
lat niemand naby kom nie
nie eers die posman nie of
die ou met die koerante nie
daar
sit hy nou met hope van die goeters
wat niemand meer wil lees nie
onder ’n boom
op die groen
gras
.

4.
en prentjies van jou lyne
sing in my
en in my geheue
ek’t pikswart klere aan
en rooi hare gehad
toe ek laas so met iemand
in my kop gespeel het deur oor die aarde
sing my stem en
dans my voete hierdie bannelingskap
in pepskoene
met net die klankbaan van my
veldtog vir nuwe afrikaans
wat kaapse winde dwarsdeur harte waai
en trane wegwaai
vir die res van tyd
en niemand
sal weer ooit ’n hark hoef hark nie
oor my tuin nie
ek
sal self my blomme plant
en self
my eie mure bou
.

5.
en sagte voëlsang
dra die min wat van my oor is
oor die besige strate
waar die karre fokkol omgee oor ’n voetganger nie
huppel
liggies oor die klippe
by die randsteen op en af
waar jy bly met jou uitsig
oor my heelal
en al die stof
wat alles in my bymekaarskraap
toegegooi met grys komberse
van die tyd
want in my in
klop eeue lange liefde
al word ek vandag met kar getrap
en my weet niks
van niks af nie
.

6.
en onder die home
staan maatjies sigarette stook en vat
aan mekaar se bene
daar
waar hulle dink dat niemand sien nie
net
die twee op die trappies
wat alleen sit en praat
oor die sterre
hulle’s reg om so mos weg te kruip
want daar
het nou al twee keer nou
polisiekar gefokkof in die pad af
sonder om te stop
dat hulle eintlik
in hul skoolklere sit en kak aanjaag
gelukkig
maak ’n man ’n vuur
net duskant waar die groepie
kuier so
dat niemand worry oor die rook nie
en ek rus
’n bietjie op die muurtjie
langs die parkiegras
en dink
aan of ek ooit weer so met jou kan praat
.

7.
verbeel jouself
dat drome in die werklikheid
geval het dat
realiteit is net wat ons dit sien
en dat
jy altyd in die regte plekke is
verbeel
dat niks is kak nie
niks
is fucked nie
alles is net wat dit is
soos dit moet wees
altyd
al is die kinders dik en
ouers vrot
al loop die honde op jou kop al
dra my al wat jy besit
in checkers-sakke op jou rug
en slaap jy
net waar jy gaan val
daar’s niks
meet oor nie
niks verloor nie
al wat ons kan doen
met hierdie lywe wat mag voel
is voel
en seker maak
dat jy net na jouself kan kyk
.

boer in die sloot. WWI

hy sit in sy graf en skryf vir sy
ma en huil en trane rol in sy keel
af rou gebrand met mosterdsaad wat
almal hier se voet binne gate onder
bome langs die koringvelde in die
woude diep begrawe in die lug en
dink aan warm bene wit
die kleur van tande eens van oë
nie meer want modder muf sy
hare en sy toonnaels tussen planke
in die modderpoele wat getrap
word deur die voete van sy broers
se bloed en god se seën en hou
sy ma se foto in sy linkerhand
in regteroor kanonne in die agter
grond en bid en bid en dink aan
sy ma se hare en die reuk van
haar sagte vel haar wit melk
vel die kleur die hunker na
skoon plekke wat ruik soos bloeisels
en soos appelkose en die
reuk van warm aande soos hy sit
en wag in sy graf in die gat
in die grond met die doringdraad
om en die yster van die bloed
en die vrot en die dood

elke keer

ek droom jou gesig
ek droom die lyne
in jou gesig
ek droom die kante van
jou wenkbroue en ek
droom die sterrevelde om jou oë
op jou gesig
ek droom jou stem en
jou hare en jou hande en
die spiere in jou kieste
en jou gesig
ek droom jou elke nag
en dag
en elke keer as my wimpers vlieg
en dit hou nie op nie
jou gesig
in my drome
nie

sirene

op die sideline met ‘n byline staan die man met blou skoene dra sy hart op sy gewrig verbrand met naaste in die kas onder die trappe met ‘n kussing in die bad

in oggende van onverkende paaie staan sy langs die tas wat langs die man op die grond lê by die busstop waar die volgende rit sy hart sal wegdra in die bus waarvoor hy wag in die pad in die middel

daar in die swart rivier met die wit en rooi klippe daar in die middagson kyk sy uit oor die water na waar hy wag en praat hard sodat die klanke tot in die middel kan kom en sodat hy kan hoor dat wiele gou op pad is om die golwe vir hom groot te maak dat hy verdrink in diesel

met haar luidsprekerstem in die golwe kyk hy stip na voor en staar die toekoms in die oë en dra homself op aan gode wat die water dan in klip verander en die trane van verlange nou in sand draai in die hoeke van sy gesig

kom terug skree sy oor rotse kom weer terug na die oewer toe waar tone saggies oor die oppervlaktes gly en blomme in die modder huise skep vir skepsels van die klei

gaan weg hoor hy want water raas en maak haar stem stop inn die wasem en verdraai haar sinne so dat al die liefde kan gebruik word as sy messe om die laaste toue van haar hare af te sny dat hy kan dood kan gaan in vrede sonder iemand wat die strand daarna weer sout kan maak

dra lig

ringe binne ringe soos my kop die patrone van my denke nou bekyk van in my oë af en die kleure in my draai gedraai met kraletjies en blinkers en gaan aan en om gaan deur my voorkop en my neus

en dink ek nou vir self myself kyk op nie in nie op by bome op in take in waar nessies in die nagte warm dons reg om my wange trek en op na muis op vlerk en kyk hoe duik die wesens in die aandlig in en dink aan hoe die waarheid slegs ‘n spieëlbeeld van die wêreld deur my kleure is

dra lig binne jou wimpers sien die pers en blou en groengeel ligte in jou bloed en voel hoe klop jou pad binne jou are kyk hoe vaar jouself die lewe in en teken die patrone op die klippe in die koelte voel die verf onder jou hande vryf die roes sag in jou wonde in

vaar weg in ope vlaktes in vaarwel aan al jou tasse en bagasie vat net moed en liefde saam dra lig dra swael op jou gewrigte los herhaal werk op die wit papiere uitgepak in hopies om die bed wat jy nou agter laat langs al jou trane en jou spoeg

deur Tania Olsson

deur Tania Olsson

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Maria: ’n studie in segmente

$
0
0

Dié vernuwende produksie span teater, tegnologie, visuele kuns, klank, digkuns, beweging en taal (Afrikaans, Engels en Spaans) in en spreek universele temas – identiteit, seksualiteit, geslag/gender, filosofie, oerinstinkte en vroulikheid – aan.

Met: Anoecha Krüger en Liezel Swartz

Regisseur: Rozanne Vos

Teks: Rozanne Vos
Klankbaan: Ruan Vos
Pianis: Charlie Rust
Choreografie: Ina Winterich en ROSJAK
Vervaardiger: ROSJAK

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: 13 –
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R100 | R120 by die deur
Plek: Hoërskool Cloetesville, Stellenbosch
Datum: 7 Maart 15:00, 8 Maart 20:30, 11 Maart 13:00

Woordfees 2017


Maria: ’n studie in segmente

Maria: ’n studie in segmente


3

Korreltjie Kantel

$
0
0

Drie onverwagse musiekgroepe kom bymekaar om Ingrid Jonker se liefdesgedigte te verwerk en opnuut weer te gee.

Hierdie gedigte word verweef met dramatiese en musikale vertolkings van André P Brink en Ingrid Jonker se liefdesbriewe aan mekaar in die 60iger jare. ‘n Hartroerende en intieme weergee van verlange, verbodenheid, vernietiging en die vreeslose verrukking van die liefde.

Die produksie toer tans landwyd, na die vrystelling van die CD onlangs.

Hier is ‘n paar datums:

15 & 16 Maart – Musiekskuur @ Parkview Barnyard, Menlyn, Pretoria
18h30 vir 20h00
Parkview Centre, h/v Garsfonteinweg & Netcarestraat, Moreleta Park
R130
012 368 1555 / www.barnyardtheatres.co.za

17 Maart – Ruby’s Restaurant, Parys
18h00 vir 20h00
2 Van Collerstraat, Parys by Egweni
R150
056 811 5080

18 Maart – Barnyard Vereeniging
18h00 vir 20h00
72 Genl. Hertzoglaan, Peacehaven, Vereeniging
R120
www.barnyardvereeniging.co.za / (016) 454 8388

24 Maart, Miss Ruby’s @ Die Schuur, Drostdy Museum, Swellendam
19h00 vir 19h30
Swellengrebelstraat
R130
082 448 8166

Met Luna Paige, Nick Turner & Jamie Jupiter.

Korreltjie Kantel

Korreltjie Kantel

Onder dieselfde dak

$
0
0

Dié musiekblyspel in versformaat sal jou laat lag en huil.

Marthie het een van Leatitia se gedigte getoonset en albei is agter die mikrofoon met Leatitia as Mathilda, wie se Afrikaaps die gedigte behoorlik tot hulle reg laat kom. Afrikaans is die gemene deler vir dié vroue uit twee verskillende kultuuragtergronde.

Met: Marthie Nel Hauptfleisch en Leatitia Solomons

Genre: Musiekblyspel
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R100 | R120 by die deur
Plek: Weltevreden Aansit, Stellenbosch
Datum: 10 Maart 13:00, 11 Maart 10:00

Woordfees 2017


Onder dieselfde dak

Onder dieselfde dak


3

Nuwe antoniem woordeboek

$
0
0

Talle gebruikers het reeds ons nuwe lys met Afrikaanse antonieme uitgesnuffel.

As jy vergeet het: ’n Antoniem is ’n woord met min of meer die teenoorgestelde betekenis as ’n ander.

Die lys van antonieme word gereeld bygewerk, so as jy nie iets kry nie, gebruik gewoon ons soekgids vir die woord saam met “antoniem” en sodoende sal dit outomaties gelys word vir aandag.

Afrikaanse antonieme

Sien ook:

Afrikaanse sinonieme (Afrikaans)

Afrikaanse Woordelys (Afrikaans)

Intensiewe vorme (Afrikaans)

Rekenaarwoordeboek (Engels / Afrikaans)

Roekelose Woordeboek (Engels / Afrikaans)


Gedigte van Alida Marais

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

O suster van my!

lig jou voete uit gister se gruwelike puin
en roet wat jou verwoed ingebrand
laat leef asof jy verduurde as is!
sprei jou dubbelgeveerde
skouers bólangs waar jy kleur kry
in die houvas van die son!
want jy verdien om somer-deurspoeld
te staan en te vermeerder in lig
& Lig jou oë
soos oopgehorte vensters
en sien! sien hoe jy buite die status quo
van Opgetelde staan want ek sién jou!
en ek weet van jou soos ek weet van myself
en om hemelsnaam hou op!
óp met die kulkuns van jou gekerfde lag
want ek sien jou pyn en weet van jou
agter elke gegletserde kyk
ek weet want ek was daar toe jy breek!
ek was daar in jou gister
toe patriargale omhelsings jou misgekoester ‘t
en jou voete nie vinnig genoeg
‘n skoot kon inadem nie!
ek was daar toe Siembamba seerder was
as ‘n lied
in die drankdeurdrenkte gange van tyd en plek
en ek was daar!
daar toe jou verstaan van liefhê
tot verwrong geskaad is
daardie Eerstelief wat jou hart
soos ‘n riet gebreek het
ek was dáár!
daar toe jy ‘n flikkering van ‘n Ma word
die één wat op water kon loop
en nou op kraakgrond staan
want jou kinders het van jou hart vergeet
en jou beste was nie goed genoeg nie
ek was daar toe alles tot stilstand kom
en een laaste wink
jou Ma geword ‘t
soos
‘n niet
ek was daar toe jy moes leer van dood
en die dag toe dae ophou skyn het
ja ek weet van jou
en ook hoe die geweerloop van tyd
jou dae aan sekondes meet
tot in die onderste laag van jou gees
want die vlees het lank reeds afgewyk
van koel briese en godsalige nagte
van sweet
ek weet
ek weet ja!
dat jy roubande oor jou hart moet trek
om deur nog ‘n dag te kom
al bid jy
al bid jy
al bid jy
van die hand na die mond
soos een wat die minste verdien
en ek sien! ek sien hoe jy klippe kou
terwyl jou vingers die vaardigheid van sag moet in
ek is daar
as die son sak soos ‘n nag sonder sterre
want ek wéét van jou!
en ek ín jou soos bloed van my bloed
want my hart pols-pols-pols
die bitter nadraai
van omkeerbare onverstaanbare
arms vol seer soos joune
en my voete watertrap
in onvergenoegde seë
tot ek jou anker
in my hier en noú

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Gedigte van Evelyn van der Merwe

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Evelyn van der Merwe se bundel Dans van die vlammevers is nou beskikbaar by Amazon.com.

Drie dekade ketting

Drie dekade ketting
se kil klingel grafstil
verrotte voet geamputeer
sonder emosie, sonder gil

Eenkant op ‘n geroeste stapel
waar geen lewend’ gees beweeg
daar by die die voete van die Heer –
lê dit eensaam stil en erodeer

Bitterbessie beloftes

Bitterbessie grys beloftes
in ’n laning in ’n ry
word gepluk, gestroop
ongeorden gestapel
op vuurwa van hoop

Onnet – onbeplan
in grys sakke verseël
om aan oorversadig
emosievolle mark
wild en wakker
voetstoots uit te deel

Sou jy dan besluit
om dit spotgoedkoop
in ontvangs te neem
weet maar vir ‘n feit
jou totale menswees
word kaalgestroop

Bekoring

Ek sien en ontleed
die boodskap in jou oog
sonder enkel klank
wat oor lippe breek
voel hitte uitstraling
van jou bors en buik
lank voordat jou vingers
strelend my wange stryk
hoor die ritmiese klop
van jou hart in my oor
dis net hier waar ek tred
met die samelewing verloor

Goue genade geluide

Heimwee van verre verlange
sing weemoedslied in duet
om hoeke, op wieke van wind
fluit sag met harsteer geblaas
deur stegies, strate en gange

Vreugde- dans volmaak inpas
huppel – lag uitbundig te hard
rondomtalie kaalvoet – nat
as Liewe Jesus reëndruppels
op rooi plaaspad spattend plas

Dankbaarheid vyfgang- trippel
in reguit horisontaal sonstreep
want die aanvoel van ultraviolet
geskenk deur dierbar’ vader son
laat liggaam, gees vrolik huppel

Goue geluide van Sy genade
word wyd en syd luid weergalm
elk dier, boom, wese en plant
slaan majestueuse skilderprent
van Hoërhand stil- stom gade

Minnelied in die Berg

In ’n koel-lawend bergpoel
hoog teen die berg se hang
rangskik ek goue liefdeskrale
in lowergroen mos vasgevang
groot-oog waterskilpad
loer uit verweerde skuit
as palmtak se minnelied
ons na vêr droom verskiet

Meganies retireer deur
magies-waterval sproeireën
waar hand, hart, honger lippe
mekaar vleg-strengelvind
skoenlapper in Skepperkleure
meesterlik uniek gekwas
fladder-vlieg, flikflooi speels
met lawwe naaldekoker-kind

Visarend stagneer halfweg
deur swiep-vryval-aksie
gewaar waterval toneel
en deel in hoof attraksie
takbokke huppel-trippel
ritmiese horing-tanga
as Waterlelie mallemeule
walsend sirkelkring bring

Bergvarings buig laag
as stil- waardeer ovasie
en figure amalgameer
wyl natuur luid apploudeer
as suiwer water, volmaak
liefde en elk’ unieke dier
voor Sy skepping-oog
rondomtalie seëvier

Net ‘n wens

Ruisende gebruis,
van borrelmassa water,
wat vloeiend kronkel,
laat haar stil raak, versteen,

Hoog- bo nooi geelvink sy wyfie,
om nes weer te inspekteer,
met koppie skeef, tenger lyfie,
beduie sy hom – probeer maar weer.

Eenkant op ’n spieëlglad rots,
slaan koggelmander alles gade,
as hooggeagte- natuur se trots,
blou koppie omhoog, vol bravade.

Elkeen kort ‘n volmaakte maat,
vink, reptiel en selfs die mens,
‘n opregte, eerlike kameraad,
is dit dan nie wat almal wens?

Reën-lelie

Hartseer wieg jou kelk in die wind
wreed deur voëlsnawels verslind
deur reuse omring wat bo jou troon
verhoed kosbar’ sonstraal op jou kroon

Wagtend op die uur van tien
om dierbar’ son se strale te sien
stammetjie beur swaar na bo vol pyn
amper middeldeur, vinnig aan’t kwyn

Hierdie seisoen is gedoem vir my
aanval enorm van natuur en by
met blare geskeur, druppende gom
vaal en verlep die kleur van my blom

Kelkblare omhels stuifmeel en vrug
stammetjie knak met hoorbare sug
my tyd is verby – ek kon my nie skaar
so ondergrond wag vir volgende jaar

Kaalnaeler

Dit was ‘n wyle in die verlede gewees,
Toe kefferbrak nie sy bek kon hou
In my soete slaap het hy my kom steur
En voor ek my mooi kom kry, sit ek agterna
In Adams gewaad uit by die deur.

Eers na bykans vier bloke vêr,
Met mense wat gil en toeters wat blêr,
Kom ek tot ware skok ontnugtering.
Probeer toe bedek so al wat ek kan.
Maar dit was nie ‘n geslaagde plan

So breek ek die 200 meter rekord.
Want ek nael in helder beligte hoofstraat af,
en met weinig om my lendene gegord.
Dit was nou vir jou ‘n hengse petalje
Ek haal uitasem die huis – sonder medalje.

Bitterboet skatte

Soos stofdele tornadodraai,
aan die Skedelkus se punt,
Is dit dodelike skerpioen,
wat tussen spierwit beendere,
sy lewensmaat loop vind.

Geroeste kantel skeepswrak,
halfmas begrawe in sand,
verberg sy bitterboet skatte,
deur erosie van al die jare,
wreed aan sy wande verpand.

Kraai en aasvoël sirkel bo,
met pupille starend verbaas,
asof hul niks hiervan kan glo,
want tussen spierwit skelette –
pronk ‘n tekort aan maaier-aas.

Die een se dood

Met jou horisontaal,
glad, pienkstreeplyf,
wydsper gapende bek,
beur jy onverpoosd voort,
skubbe lank reeds vodde,
soos jy swem vir ‘n plek.

Stroom-op bly jy spartel,
met jou einde na in sig,
waar water nie meer kartel,
jy wyfie-eiers moet bevrug,
witpens nou hemelwaarts,
dis water onder die brug.

Maar op die oewer oorkant –
kreun meneer van ‘n beer,
reeds trommeldik gevreet,
smagtend na meer en meer,
want sy tyd het aangebreek,
om rustig te loop hiberneer.

Onpaar skoene

Daar was twee rye spore,
langs Bloubergstrand geëts,
en wie dit daar getrap het,
sou swaeltjies oor kon klets.

Die wolke, winde, water,
het skemer wag gehou,
maar toe het see se bruinspoegskuim,
dit seewier toegevou.

Met sonop die verrassing,
want kyk daar teen die rots,
het twee kleur onpaar skoene,
oorkruis met mekaar gebots.

Sandkorrels versteen

Die woorde was weereens,
soos woelende marmotte,
wat luid labirinties,
in grou gedagtes doolgang.

Siende blind, horende doof,
het konkawe handpalms,
oorskulp met mening bedek,
so klanke terug weerkaats.

In ‘n geestesoog wals,
dolgelukkig’ dansfigure,
onder maanlig op die strand,
wyl oseaan hul apploudeer.

Gedagtes rol rustig, ritmies,
as uurglas sandkorrels versteen,
wieg haar boot na horison,
waar sterre en vrede wink.

Skitterlig wink

In ‘n silwer rivierstroom,
tussen eggo-kranse en klowe,
het sy haar hart in mos gevou,
wyl rooivinke ritmies in riete wieg.

Daar waar spookasem wolke kolk –
staan sy kelkhand, palms na Bo,
om genade en vrede aft e smeek,
die kettings van glisters los te breek.

Haar spieëlbeeld weerkaats,
op kartels van die water,
en dis eers (wat soos eeue voel) later,
dat sy volkome berusting vind.

Wanneer gees sweef na waterval,
waarsku eggo’s vanuit die krans,
haar siel is vry soos sy sag-sink,
as Sy skitterlig haar naderwink.

Skommel-sirkel-siklus

Op koue kronkel ysterspoor,
vol roes en woes erodeer,
rol gister- waens hoeka verlore,
se wankel wiele eens weer.

By die eerste aandoen stasie,
wag daar staande ovasie,
met polka-kol rokke in rooi,
helder lipstiffie , wig-haak getooi.

So flits stasies van vêr verlede,
in oogwink onge-orden verby,
heildronke en luide lawaai,
wuif sy vol emosie koebaai.

Die skommel sirkel het siklus voltooi,
deur herinneringe van toeka se mooi,
hoekom kon sy nie maar trein verpas,
nou klou sy verbete aan more-drome vas.

Ai die Waagmoed

Daar het ‘n kleine skilpad,
waggel-waggel aangestap,
waar monsterwiele daagliks,
massiewe swart spore trap.

Hier moet hy dan binnekort oor,
sy waagmoed op die proef stel,
want vandag wil hy haar bekoor,
omdat sy miljoene punte tel.

Die swaarste toets is eerste meter,
dan wegkruip in dop, met intrek-kop,
moed hou, van hier word dinge beter,
geduldig wag tot monsterlawaai stop.

Met nuwe krag bereik hy halfpadlyn,
witstreep brand pootjies met hittepyn,
dan durf hy aan – laaste meter gevaar,
oorkant die pad – kan hy haar gewaar.

Iets bots skrams hard teen sy dop,
en vyf rolle vêrder kon hy eers stop,
met pote wat spartel in sy halfmaan rug,
staar hy hulpeloos na hemelblou lug.

Deur die gras beur sy tot binne bereik,
en draai hom vinnig terug op sy buik,
hul nekkies vryf liefderyk teenmekaar,
as hul met kraalogies na mekaar staar.

Verflenter

Met jou ou flenter-vodde hoed,
oë stokstyf starend na niks,
diep-kerf plooi vergete glisters,
slegs ‘n hand wat bedelend bewe,
hoe kan jy so mors met jou lewe?

Die steeg en karton as jou woning,
daar’s vir jou geen ander plek,
hoeveel lange, koue winters,
lê jy hier plat, vuil uitgestrek?
met kankervlekke oor jou lyf.

Niksseggend, taai-strak gesig,
word neus aan repiesmou gevee,
is dit hoe mens boedel oorgee?
Voete haas snel- stil verby,
te trots of besig om jou uit te vra,
kan ons kos of ‘n geldjie bydra?

So gaan jou lewe ongestoord voort,
jou belange, gawes, siel oorboord,
een ding sou ek graag wou weet –
was jy dalk ‘n dokter, prokureur
almiskien ‘n springbok atleet?

Die goudson hou wag

Tussen distels en dorings
het sy ligvoet getrap
want die lewe se sweepslag
het ritmies bly klap

Die silwer rivierstroom
kon geen lafenis bied
want galbitter marawater
is oor haar stilsiel gegiet

Half versuip struikel
oor bakhand spoelklippe
wat as brood moes dien
vir honger barslippe

Olyflyster se roep
eggo onhoorbaar êrens
waar sy sleepvoet skuifel
na iewers tog ook nêrens

Maar die goudson hou wag
as sy mompelend strompel
trots, fier orent probeer beur
met ’n verwronge dwanglag

Kies die regte Held

hoe word jy as held vereer
deur menige oningeligte
wat geen niks wil hoor
oor jou wraak gesweer

al hoër op die podium word jy geplaas
soos wat jou einde nader haas
is dit wat ons uit die Woord verstaan
dat moord en wraak maar sy weg mag baan

sodat ‘n enkeling
sy eie beuel mag blaas
triomfantelik as held
uit die stryd kan tree
al is gelowiges
onnodig uit sy pad gevee

hoe draai Godvresende volk
se papswak verstand
om boedel oor te gee
in ‘n eens vreedsame land

kies oplaas die regte Held
wat jou weg vir toekoms
met sekerheid kan baan
anders gaan jy duur ontgeld

Net eenmaal nog

net een maal nog
sou ek haar wou help
om yl haartjies saggies
om ‘n kruller te rol

net een maal nog
sal ek tjoepstil
op haar skoot loop sit
en saam met haar bid

net een maal nog
kan ek haar skadu volg
lief en leed met haar deel
as sy my trane wegstreel

net een maal nog
wil ek haar bitterseer
op my alleen neem
sodat sy ophou ween

maar ek berus volkome
want Hy kyk na haar
elke dag en elke nag
laat Hy haar vreugde ervaar
op aarde vir haar nie beskore
maar nou sing sy in engelkore

Koue vrees

skerp snydende swaard
van berus, berou en haat
kerf, verskeur en verweer
kloof worteldiep tot op been en murg
tot laaste snikke uit lyf ontsnap
en in sy herhaalde doodsgreep wurg

onegalige flou hartklop
wat met iedere pomp
meganies bloed vrylik laat vloei
soos nagmerrie riller rolprent
met swart gedrog in hoofrol
hoendervleis koue vrees
weer en weer laat groei

Ek wonder net

ek wonder oor noodlottige implikasies
wat dit op oorbevolkte mensdom sou hê
as hemelkanale skielik, summier gesluit word
en geen druppel reën van seën meer stort

ek wonder oor die unieke prag
in reënboog kleure wat dans in blomme
wat skielik vaal en onaantreklik vertoon
sal dit dan wees ons verdiende loon

ek wonder oor die reuk van vars mis
wat stomend in krale,velde en kampe
vroegoggend stomend warm oprys
want sonder reën word spesies uitgewis

ek wonder oor die infrastruktuur
wat reeds meerendeels moeder aarde bedek
met hemelhoë betonoerwoude en stapelwonings
kontrakteurs wat noodgedwonge staak en onttrek

ek wonder oor wat ons kan doen
om hierdie gebeurtenis te probeer verhoed
kom in knielende, eerbiedige houding neer
en gee aan Hom al die glorie en al die eer

Spierwit Lelie

daar het ’n spierwit lelie
regs langs ‘n rots gestaan
almal het dit bewonder
wat daagliks verbygaan
skielik hoor mens die donder
en weerlig teken’n pad

nou vries ieder en wonder
sal lelie die aanslag vat
bekommernis was oorboord
want plantjie staan ongestoord
en op sy spierwit blomblaar
skyn reëndruppels wat terugstaar

Moeder Oseaan

kragtige wind struktureer jou hemelwaarts
sonstrale word op jou pieke weerkaats
met skuimbolmassa tol jy om en om
tot jy kalm, rustig aan jou einde kom

waar jy skewe voortjies deur poele trek
en saggies teen sywaartse krappie bots
jou bruin spoegskuim teen rotse lek en klots
met ritmiese karteling soos ‘n skilder se hand
lê jou speeksel van seewier en skulpe op strand

jy het verskeie enorme skip met kosbaar’ skat
verorber, geknak, fyn en flenters gebreek
sonder moeite oorblyfsels in buikbodem versteek
met ‘n horison ontoereikend, wasig, misterieus
word jy deur menige bewonder, maar tog ook gevrees

Die Tuinier

reënboogkleure sprei ’n kombers
van wit, geel, pienk en pers
grasgroen grondbedekking
met spikkels hier en daar
deur natuur se eie verfkwas
sag sorgvuldig aangebring

lelies, jasmyn en katjiepiering
waai sterk geur en aroma
van soete stuifmeelstof
dartelend oor grasperk rond

rose kelk oop met prag
staan dan penorent
trots vir die son en lag
en tuinvoëls besing lente
met vrolike harmonie

tuinier skaterlag tweetand
terwyl hy snoei, spit en hark
want elke nuwe lente
aanskou hy selfgemaakte trots
van hierdie unieke speelpark

Bittere boete

spookagtig jou waarsku- roep
wat skeur deur swanger stilte
van snikhete Bosveld nag
en iewers in donkerdiep holte
beskerm moederboom
haar kosbar’ donsige vrag

knaagdiere skarrel haastig
na beskutte wegkruipplek
want hul eien die stem
van hul geveerde vyand
waar naguil grootpupil
mikroskoop skandeer

hul besef maar alte goed
dat kom reën of wind
een van hul maters
gaan in hierdie stil nag
bitter vir sy lewe boet

Jy is dit alles

my oggend, middag en aand
’n glimlag vir jou bewaar
en wanneer ons dan
herinnering liefderyk streel
saam in drome wegvaar

eensame koggelmander
wat ek versigtig gevang
getroetel en bewaar het
sodat jy kan luister
na sy hartseer verhaal

die aangemaakte sement
wat my hartmure omsluit
om krake en skeure
dig toe te messel
en indringers te stuit

die smaak van my heuningmond
as ek jou bewonderend aanstaar
en daarmee saam
die geheim van my menswees
sodat ons dit saam kan bewaar

my omgee, lief en leed
deel dit dan saam
sodat ons beide weet
en nooit ooit sal vergeet
waardeur ons vasbyt moes vreet

Afgrond

soos strome klots oor klippe
van vinnigvloeieinde rivier
en kronkelend deur klowe
in malende massa
oor waterval se rant stort
om as skuimende maalkolk
weer onder dowwer te word

dan rustig verder voortvloei
tussen geil groen oewerbank
selfgevormde weg vind
tot by die oopmond wag
van massiewe oseaan

so ook ons lewenswandel
oor rowwe rotse gedurig ploeter
wat skerp oor ons weë wag
hoë berge en pieke aanpak
tot ons eie afgrond bereik
wat soms onoorkombaar lyk

daar waar ons opnuut weer vind
ons pad is lank reeds uitgelê
hou ons, ons starende blind
want volg net die korrekte pad
wat jou gewaarborg onomwonde
na Sy wye Koninkryk sal vat

Hoeveel van hierdie

hoeveel keer in vergane jare
bakhand gedrink by bergstoom
rouvoet gestap deur barre land
en bloots op esel se rug geknyp
kosmos loop pluk in niemandsland

hoeveel druppels soutsproei geproe
langs strande met skulpe en seewier
en in halfson hand aan hand gestap
herinneringe aan daardie tye saam
met skitteroë en lenteharte
het liefde alom oral beaam

hoeveel sakke sout is saam gedeel
en agter kraalmuur op plaas
kamtig skelm soene gesteel
teen windpomp met kindervermaak
speels geklim en klouter
dan bo luister na sy kierie kraak

hoeveel ure het volmaak afgetik
wyl ons natuur en omgewing indrink
sal daar ‘n skitterson weer skyn
durf ons waag om wedloop te herhaal
of gaan die blink in dof verdwyn
gaan harde samelewing ons laat faal

Verbale windvlae

’n maanligstraal
het jou pad belig
en teen jou vel
rein soos porselein
dit terugweerkaats
in jou stram gesig

kalmte het sagkens
veerlig neergedaal
soos son en waters
mekaar ontmoet
sielswater so rein
wat krake heel en stop
het jou hartseer illusie
vinnig weggeraap

in verbale vlae
van wind weggedra
soos winterasem
wat in lug verdwyn
in snikhete hitte
van dorre woestyn

Haar brief

ek vou haar brief versigtig oop
ruik aan ou bekende geur
en wyl skeurwoorde dans
word ek hard en werklik
van menswees gestroop

sy skryf ek moenie treur
haar liefde het verdwyn
en in blou nat traneklad
wat vanuit my hartkamer spat
voel ek die intense pyn

hoe kan dit totaal en finaal
hier op purperpers papier
onomwonde net staan
dat haar liefde nou taan
weggeblaas na die maan

my ooglede sukkel
ek knip en kyk stip
kus haar dan sagkens
op haar brose wang
verlig ontsnap my sug
want amper ja amper
was ek in nare nagmerrie
vir ewig vasgevang

Ode aan Langenhoven

kom nie met jou agterkant
na iemand anders aan
hul mag dalk net
verkeerd verstaan
dat jy alkant
dieselfde vertoon

was daar geen winter
sou lieflike lente
nie aangenaam wees
met geen teenspoed
sou welvaart onwelkom wees

al is jy op regte spoor
word jy dalk omgery
indien jy net daar sit
maak nie ‘n deur
onomwonde toe
jy mag dit dalk benodig
iewers vorentoe

ouderdom laat plooie
op eens mooie gesig
maar plooie op siel
word deur gebrek
aan geesdrif aangerig

wees nie bevrees
vir donker skaduwee
want iewers naby
bring dit lig mee

hou dus jou woorde
soet en aangenaam
jy mag dalk net
in nabye toekoms
dit self moet sluk

Ek wens jou

ek wens jou
oneindige vreugde
sodat jou barre gemoed
transformeer na lente

ek wens jou
bitter smart en pyn
om klein lewensdiamante
grotesk vir jou te laat vertoon

ek wens jou
hittestrale van die son
omdat dit juis jou uitkyk
en houding manipuleer

ek wens jou
God’s bloubeker reën
vir trane van geluk
as jy reënboog gewaar

ek wens jou net genoeg
om dag vir dag te neem
met geen bekommernis
en berusting in jou hart

Dood se gloed

Flappend, klappend
spikkelvalkvlerke
lense vasgenael op –
niksvermoedende prooi
dan tjoepstil, blitsig
die snel wissel-aksie
sy vaartbelyn veerpyl
klief koud deur die lug

Vlymskerp kloue
soos kaak van draak
pen soogdier vas –
in veld met geweld
kragtige snawel
verskeur, verslind
vou dan netjies
om pap binnegoed
in twee piep-glasogies
weerspieël dood se gloed

Hanepootkroos (2)

Geelgroen, half oorryp
hang jy hoogdragtig
in hanepoot wingerd

Wag jy in stil geduld
vir snoeiskêr vroedvrou
om naelstring te knip

Soos uurglas leegloop
swel jy tot barstens, wyl –
soet vrugwater drup

Ovaal kinderkorrels spat
soos jy plons in die krat
so word jul versigtig
op die wa weggevat

Bitterbessie beloftes (2)

Bitterbessie beloftes
in lanings, in rye
word gepluk, gestroop
onordelik gestapel
op vuurwa van hoop

Onnet en onbeplan
in grys sakke verseël
om aan oorversadigde
emosievolle mark
woes, wild en wakker
voetstoots uit te deel

Sou jy dan ook besluit
om dit spotgoedkoop
in ontvangs te neem
weet dit -vir ‘n feit
jou totale menswees
word kaalgestroop

Rypskade

Soms word ons woes
deur lewenswind gebuig
met kronkelkrom stingel
draai ons gebukkend
elk rug op mekaar

Besigtig sorgvuldig
neonlentekleur,
wat gesig openbaar.
Word nie so geflous,
want diep daarbinne ̶
vreet wurm dalk klaar

Gee geel geurig’ roos
uit God se eie tuin
sny skerp dorings stomp
so sal jy dan ook vind
dit bring opregte troos

Sprei ’n donskombers
oor rypskade aangerig
spog nie met eie bloeisels
maar let sorgvuldig op ̶
na krom knakke en kneuse
in ander se stam en blom

Konkawe gedagte

Grysgroen oë gluur terug
uit ‘n stil-spieël-refleksie
sy merk bekende glinster,
hoor ‘n skaam, skugter lag

Staar na sagte, skewe strate
deur lewenspotlood geskets
wasem en verberg- vinnig –
vodde-flentersiel-venster

Gesamentlik deel hul mee
in vreugde, vrede en smart
as son skerp weerkaats,
word hul gevoel getart

Sy eien jou elke gedagte
deel jou grys-grou gewete
onthou toeka- herinnering
van drome reeds vergete

Leer my die kuns

Om myself te gee
nog ‘n bietjie meer
salf aan eina’s –
van gister te smeer

Leer die wag
voor my mond –
om te oordink,
slegs dan te praat

Leer my arms
om uit te reik
na flenterharte –
binne my bereik

Leer my om meer
as net lief te hê
aandagtig te luister –
na wat ander sê

Leer my lense
om prag te aanskou
afstootlike beelde –
ekstern te hou

Leer my oorskulp
om golwe te blok
kras, kru-woorde –
te bêre in hok

Leer my tog net
om myself te wees
sonder voorgee –
niks te mag vrees

Vredesvuur

dis donker, dis nag
êrens in die verte
‘n hiëna wat lag

dansende vlamme
wat knetterend knars
en druppende hars
wat plons in die as

‘n helder kampvuur
in oranje getooi
bo die sterrehemel
wat skitterkombers
na horison gooi

brulpadda gekwaak
vul die rietjiesvlei
word ritmies mooi
deur krieke begelei

moerkoffie aroma
vul die atmosfeer
en heuning druipsous
op vlakvarkrib
verleen aromatiese geur

hoe wonderbaarlik
om als te hoor en ruik
en hoe salig die vrede
in die Bosveld se buik

Refleksie skerwe

Deur konkaaf-refleksie
drog ’n spieëlbeeld –
aan haar welbekend
tog deur die splinters
van glas en skerwe
gruwelooslik geskend

Die eens porselein gelaat
nou rimpelend geplooi
litteken letsels wat dryf –
laat starende ewebeeld
met snikke en rukke
in eie spoor verstyf

Spasma balvuis tref
met dowwe donderslag
die gedrog in sy raam
soutdruppels rimpel
op ‘n enkel skerf glas
gillend weergalm haar naam

Solank ek kan

solank my menselense
onderwerpe onderskei
sal ek uitkyk op die lewe
aan noodsaaklike wy
raaksien wat die res
blindelings ontwyk
geslote ooglede so
strompelend aanstryk

solank my brein
normaal funksioneer
wil ek ander om my
lewenslesse leer
herinner aan hulle
wat minder besit
op my eie knieë
nederig vir hul bid

solank stembande
trillend vibreer
sal my twee lippe
suiwer taal formeer
om daarmee dalk
vertroosting te bied
of net onse Vader
se wil laat geskied

solank my hande
raakvat en rondtas
moet ek as my plig
mede-gelowiges
wat lewensbus verpas-
se bose gedagtes
die wyk laat neem
en positiewe denke
nie laat vervreem

solank spiere in bene
sterk breinseine kry
gaan ek voortstap
die verlede vermy
dalk die nouste –
swaarpad probeer
dit alles sal ek doen
tot Sy lof, wil en eer

Wens ek kon net

wens ek kon net
van nuuts af leer
kruip, praat, loop
kronkelpaaie stroop
wandel in geharkte lane
van menswees se hoop

wens ek kon net
wrede woorde uitwis
nie ooglopende betwis
wag voor die mond
in die wonder van –
Sy genade berus

wens ek kon net
vrede en liefde omvou
sonder diep grysgrou
van gisters se berou
ware drome aanhang
soos gom dit vasklou

wens ek kon net
kosmos loop pluk
met sagte pastelkleure
in ’n vreemde se land
met aroma van geluk
dit in my eie hare druk

wens ek kon net
sewentig keer sewe
oortredinge vergewe
want dis soos dit hoort
net huppellag en neurie
vir die kromskewe lewe

wens ek kon net
stil-stil – tog haas verdwyn
na Sy gloed wat skitterskyn
tussen berge en klowe
gemoed en siel verkwik
met God’s propvol kosblik

wens ek kon nie
talmend kerm en kla
my pad is reeds beplan
al wat ek dan nou vra
Here – nie my maar U wil-
maak net my vrese stil

Ek is maar kosmos

Saamgebondel in
geen spesifieke vorm
gerangskik in pastel
langs roes doringdraad
’n paar indringerbome
bied skadu-beskerming
oor ons wit, pers, pienk
sagte skakering

Ons neurie treurige wals
op die wieke van wind
halfpad deur skrapse
reëns, stof verslind
ons bly die natuur
se pragportret
deur Sy hand self
gesaai, neergeprent

Natuurpalet

As die vuurbal se strale
goud spikkels verskiet
word kosbaar’ ultraviolet
oor kloof en vlakte gegiet

Sonneblom bloos skaam
in hul heldergeel raam
wyl gesiggies en rose
sag wieg in die wind

Eenkant blêr ‘n verlore lam
in die stoomwolk van ‘n kraal
maar as die mis eers gaan lê
sal sy ma hom wel kom haal

So ontwaak die wonder
van God’s natuurpalet
want die lewens horlosie
tik-tik om dit snel te belet

Skenk my

Skenk my genade, geduld,
sonder strompel-struikel –
hierdie heel laaste myl
op lange lewenspad,
elk enkel tree vir tree,
in U genadebaan te gee.

Skenk my lewenslang-lense
wys my U lig vir my voet,
ook U lamp vir my pad,
ek wil waarneem, wandel,
waar U kompas my vat.

Skenk my langdurig’ lugweë
teue vol aroma-geur,
van U wonderskepping,
wees U my sielsgenoot,
skenk my vrede, genade,
onverdiend – want U is groot.

Vergewe my dit

Vergewe my onbedagsaamheid,
wanneer jy water vra –
ek slegs sand aandra.

Vergewe my selfsugtigheid –
deur son vir my te hou,
terwyl jy in donker rou.

Vergewe my onverdraagsaamheid –
as dorings in vlees steek,
my nuwe blare deurbreek.

Vergewe my onnoselheid –
in stede van plek te maak,
ek jou kroonblare kraak.

Vergewe my onbetrokkenheid –
as jy alleen eenkant staan,
ek blind is vir jou traan.

Vergewe my negatiwiteit –
oor blomtuin hoeka verlore,
deur toeka se geslote ore.

Vergewe my nie realiteit –
dat ek steeds knielend bid,
God sy Tuinhand hier spit.

Ek skryf vir jou …

Ek skryf vir jou met skulpe op die strand
onderstreep met die palm van hand,
‘n hoepelsirkel trek ek met sagte wier
en verlig dit helder met droë palmtakvuur.

Ek krap harte met ‘n tortelduif se veer
(in die bosveld) teen die stam van ‘n soetdoringboom;
met ‘n harde doring krap ek die pyltjie deur
en plak met boomgom ons foto onderaan.

Jou naam staan gespel in marmerwit spoelklip’
(in die spruit aan wal) met grassade perfek in ‘n vierkantraam;
tevrede staan ek terug om te betrag
‘wyl jou naam in my keel aangenaam vibreer.

Ek noteer met my wese
(in jou hart) liefdeskodes wat net ek en jy ken –
sodat jy dit binnekort, blitsig kan ontsyfer
en ‘n antwoord kom laat dat jy my tóg stellig ken.

Jy is my

Eerste doudruppel op roosblaar,
stewig’ anker in stormwind,
’n voortbeur wind-tentseil,
deur onweer en onheil.

Rots waarop ek vastrap,
as wankelvoete sou gly,
kus van my oggendson,
sy-sag toeweef kokon.

Tarentaalkolle in my skets,
met skitter- goud omraam,
voortdurend’ brulpadda-klets,
stewig in geheue afgeëts.

Onthou my net

As ek binnekort vergeet,
om bekende gelaat
duidelik te eien
strelend-helend’
omgee-aanraking,
soms as dreigement,
met afsku beskou.

As my eens atletiese,
ferm beenstruktuur,
goudbruin-seepglad,
vel, lyf en gelaat,
verander in skewe
kronkel padkaarte,
bruin oumakolletjies,
angstig aangluur.

As ek jare lange –
troetel-naampie,
nie kan herroep,
want met dekades,
het uitveër onverpoos,
gewis en leeggemaak,
byna elk denkbar’ groep.

As ek kopknikkend –
starend- nikssiende,
na saffier-blou oë staar,
sal jy my kreukelhand,
stewig in joune verberg,
my steeds beskerm,
teen vreemde gevaar?

Miljoene myl–mymering

Pikswart perdepote
skets halfsirkels in sand,
stomend’ neusgate vleuel,
in sy grynslag geen teuel.

Maanhare wind-wapper,
ruiter raak weer kind,
miljoene myl–mymering,
verberg in stofwolk was.

Figuur en fors-hings,
smeltend stil saam,
raak stippelklein ets,
teen die rooibalgloed.

Snel so ongestoord,
op duet tog voort,
as hul vry – vol vrede
oor horison verdwyn.

Ek wil maar net

Ek wil maar net reik –
na ontoereikend ster,
uitbundig, uitspattig,
rondomtalie om maan,
met walvis, haai, dolfyn,
formasie- rugslag-swem,
nie ‘n flenter omgee,
sou wêreld vergaan.

Ek wil maar net ruik-
aan Namakwaland-prag,
druipnat deur reënwoud,
skaars spesie soek,
vrede, vrywees, geluk,
maar nou is dit als –
in die stukkende,
wêreldweb gekoek.

Ek wil maar net luister –
na vader tyd se tik-tik,
dit stadig terugdraai,
sandkorrel-versteen,
maar gaan die maan,
se laaste lang straal,
hard en onwerklik,
my na aarde pluk?

Vir jou

Wat weinig ontsien,
om my sterk te maak,
op swewende vlerke,
van wuiwende wind,
aan elk’ wolk laat raak.
Jy verf my karige bestaan,
vol spektrum van kleur,
skenk dan die aromas,
in sagte jasmyngeur.

Wat saam struikel-stap,
daagliks hand aan hand,
huppelend, giggelend,
oor berg, koppie, rant
verskaf jy aan my,
oorweldigend’ hoop.
rede vir voortbestaan,
sorge kaalgestroop.

Wat emmers vol koester,
in sagte holte van arm,
met oë rustig geslote,
hou hartklop my warm,
slaggereed om lewensgevaar,
wyd buite bereik te hou,
wanneer jy beskermend,
streel-arm my toevou.

Vra my dit

Vra my nie
My verdraagsaamheid –
dis in ‘n put gedompel,
na ’n vreedsame land,
se helse verdeeldheid.

Vra my nie
my geduld en hoop –
dit het verlore geraak,
want ek is totaal kaal,
van menswees gestroop.

Vra my nie
my skatte wat blink –
krummels word gevreet,
neffens kerkmuis in spleet,
want die bo-wêreld stink.

Vra my wel
My vrede en geloof –
want my lewenstou,
is stewig geknoop,
in Sy Hand van Hoop,
niemand maar niemand,
kan my daarvan stroop.

Woorde akkoorde

Aanhoudende kusse,
liefderyk geplant
ooglede, wange,
sagkens in voorraad.

Soos tintel van lou lippe,
onverpoos voortbeweeg,
tap uurglas-spanning,
in enkel minute leeg.

Gedagtes, geraamtes,
blaas asemhaal wind,
as woorde akkoorde,
toe oortonnel vind.

Buite in bosveldnag,
skree sonbesie-kind,
elders opdryf-lelie,
het ‘n brulpadda –
ook sy maat gevind.

Verbale tornado

Verbale vuur sweepslag,
kloof-spleet hoof aorta,
tot organe stom protesteer,
ongeloof kom manipuleer –
doofstom, starend, vraend.

Eens sprankel-skoon stroom,
ligte bries en glaskasteel,
sprokiesverhaal drome,
word wreed van betekenis
deur woord-wind gestroop.

In die plek daarvan –
ruis en druis dof,
onstuimig’ pekel-see,
kegel ‘n tsunami,
tol-draai die tornado.

Langsaan loei leweloos –
sirene-wind in barre woestyn,
ineengekrimpte parapleeg,
moet kruipend, sukkelend,
dieper in grot beweeg.

Leef jou droom

Vang hierdie mal mot,
voor hy dwaas en blind,
sy fladdervlerke –
in kersvlam verslind.

Hang hoog halfmas,
oor gevaarlike krans,
tot die kloof se wind –
in jou kuif kom dans.

Jaag vir koggelmander,
streel sy growwe kop,
hoor die brulpaddakoor –
tot net duskant sonop.

Voel ronde rivierklippe,
jou voetsole masseer,
drink uit helder fontein –
naby die berg of meer.

Klouter aap-voet op,
in die hoogste boom,
staar na die horison –
en leef jou droom.

Ou doringboom

Wortel-anker in Bosveld,
pronk jou volkleurprag,
getooi in duisend blomme,
geelgoud-son in jou drag.

Jy bied die lawe-koelte,
op ’n warm snikheet-dag,
so herwin ons daagliks,
kosbaar’ lewenskrag.

Skurwe, donker bas,
wit doring-wapen,
drup jou eie hartseer gom –
oor ’n stam lank reeds krom.

Somer-soet liefde

Soos die sagte ritseling,
wind deur boomblare,
tokkel smeulend jou sjarme,
op my reeds teer hartsnare.

Soos diamant-glinstering,
doudruppel op blom,
weerkaats unieke boodskap,
in pupille vol gevoel getap.

Soos sekelmaan waghou,
oor sterrestelsel saans,
wieg ons in beswyming
‘n droomvanger-dans.

Soos ontelbare korrels,
styf-pers woestynsand,
flikker ons omgee-kers,
wat nimmer sal uitbrand.

Soos sappige lippe,
smagtend ontmoet,
is geluk vervolmaak –
in liefde se somer-soet.

Die lente sal kom

Son suig elk kosbaar’ druppel,
spoeg dit telkens elders uit,
soos nuut-vorm stroompie
wat uit skoongewaste –
verdorde harte spruit.
Soms drom donkergrys,
donder- stormwolk saam,
om yskoue winter-lem,
wat deur weefsel sny
maar lente sal verskyn
bloeisels sal dit beaam.

Vlammevers dans

Wanneer kersvlam kromtrek,
flikkerbeelde nadersluip
op riffels van klipmuur dans,
laat ek soutdruppel vreugde
vrylik rondomtalie ontsnap
word dit in stortreën uitgetap.

Hul word vloeiend verswelg
deur ru-vesel in vel papier,
wanneer hartseer van gister,
vandag se drome inhibeer,
soos ek starend na flou lig
diep in liefdes-kluis delf –

sag jou woorde repeteer.

Kelk-hand omgee

Sprinkel silwer sterre-stof
waar jy langsaam lui wieg
in die hol-buik van die maan
blaas ’n ligte liefdes-kus –
na waar ek wagtend staan.

Wanneer jy wenteldraai,
naas snikhete son,
gryp ‘n goudgeel straal
voeg agt grade kwik by –
vir my warm feëverhaal.

Skep ses sakke sand
by blou onstuimig’ see,
soek ‘n sierlike skulp.
As jy veilig terugkeer –
sal ek my oordrom gee.

Volg die geur en aroma
van seldsame orgidee
pluk dit sag versigtig,
bewaar dit teen jou hart
tot tyd en wyl jy self –

dit kelk- hand aan my kan gee.

Verlore seun

Vuil, vodde met stank,
nader jy gebukkend,
smeekbedel halfhartig
om ‘n aalmoes of twee.

Jong verlore seun,
skaars halfpad man,
huiwer jou lewe klaar,
deur doodsvirus –
wat in are opgaar

Waar is jou ma en pa,
wat jou haweloos laat
om hier te kom smeek
in die besige straat?

Is hul nog bewus van jou,
of het hul aan beweeg,
na virus se hellesteeg,
kyk hul slegs anderpad,
na waar rykdom hul vat?

So vries die uurglas

Wange veerlig, veilig
in handpalms gekelk,
praat oë woord’loos
want beide onthou –
tye van saamsmelt,
volkome behoort,
vry- ongebonde
sorge oorboord.

Wedersydse besef,
klankloos verstaan,
waaroor die unieke
weelde- oomblik gaan.
Herinnering kleurvol
in rooi, wit en goud
veilig diep opgesluit
in kis van geelhout

So vries die uurglas,
sandkorrels versteen,
vir etlike oomblik
vir ewig – net een.
Ritmiese hartklop
tik lewens voort
want deur Sy wil
is dit hoe dit hoort.

Met hartspante omvou

Menige male sonder tal
as ek jou ruimte binnetree,
jou met hartspante omvou –
is dit of ek skielik onthou,
dat daar distels en dorings lê,
wat been-diep kerf en brand
soos gloeiende kole vuur
en vir ewigheid bly duur
trippel ek katvoet verby,
begrawe dit diep in ‘n kelder,
want skitterpêrel wat ek koester
klap summier toe soos ’n oester.

Digtersink

Eens sterk vloeiend’ bloed,
van digtersink het verdamp,
verlore geraak tussen sterre –
en blomgeur’ se jasmynsoet.

Skêre van gister se onthou,
het geheuebank kortgeknip.
Woorde warrel woes en wild,
in ’n saamgekoekte web,
tydelik nou saamgevou.

Geluide bly hol afwesig.
stene van diepdenk-mure
wieg brokkel-broos –
as dit fyn verkrummel,
neerplof in misstof
klankloos op papier.

Styf-pas maat

Die geruis en bruis van
borrelmassa water
wat vloeiend kronkel,
laat haar stil raak, versteen
deur Sy Grootheid geboei.

Hoog bo nooi geelvink sy wyfie
om weer nes te inspekteer,
koppie skeef en tenger lyfie
beduie sy – probeer weer.

Eenkant op ’n spieëlglad’ rots
slaan koggelmander als gade
as hooggeagte, natuur se trots
blou kop omhoog, vol bravade.

Elkeen kort ‘n styf-pas maat
vink, reptiel, selfs die mens
‘n opreg, eerlike kameraad
is dit dan nie wat almal wens?

Deur jou oë

Ek sien deur jou oë
diepkraakplooie wat raak-praat,
hartkontoer ‘n heimwee padkaart,
bruin vlekkies wat storie vertel –
van ure in die son, dae vol hel.

Ek sien deur jou oë
skewe knopskouers moedeloos gehang,
rimpelhande wat eens sekuur kon vang,
voete wat skuifelend, versigtig trap
elke tree wat energiebron leegtap.

Ek sien deur jou oë
’n gees gevul met genade van Bo,
helder verstand wat nog bid en glo,
rooi ritmiese hart sonder enige smart –
hoof hemelwaarts wat Sy liefde weerkaats.

Uit ‘n boomlens

Stom staan jy – starend,
na grusame toneel
wat hom herhaaldelik
in jou skadu afspeel.

Seksueel aangerand,
agter jou rug – beide hand,
vasgebind met leerlyfband,
vrot stanksweet wat brand.

Hoor jou skrille gille!
eggo vergeefs verlore,
in vlak-graf word jy gelos,
as brommer-aasvoëlkos,
in hierdie verlate helbos.

My tenger takke treur,
boomgomtrane drup,
weer en weer en weer –
soos my stam stukkend skeur.

Jou ganse lewe lê nog voor,
tragies om dit nou te verloor,
ag Here hoeveel keer –
gaan dit nog hier gebeur?

Ek lief jou

Jou sekelmaan glimlag,
ondeund saffier-sterre,
wat polka om pupille,
bring goudgeel prag –
in eens droewige dag.

Jou piesangtros-hande,
se gebaretaal praat,
met lettergreep vingers
wat skets en beduie –
van ’n ou-ou verhaal.

My eerste

Jy het ligvoet getrippel
deur my hart se gange,
in sandput van smart,
het ons speels – saam –
die liefde loop tart.

Jy het onthou
wat my gunsteling liedjie is,
vals dan saam geneurie,
as ons op lappieskombers
saam op rivieroewer rus.

Jy het geluister
na die stem van oseaan,
waar sy weemoedig stom,
tog vreemd strelend –
haar heimwee lied golf.

Jy het geraak
aan doudruppel-trane,
met rugkant van hand
soos hul biggel oor wange –
ek my hart opnuut verpand.

Jy het geruik
aan die lente van liefde,
vroeë bloeisels gepluk,
dit dan versigtig, sag –
in hartkamer rangskik.

Dit wens ek

Ek wens jou
oneindige vry-vreugde
sodat jou barre gemoed –
transformeer na lente.

Ek wens jou
bitter smart en pyn,
om klein lewensdiamante –
grotesk vir jou te laat skyn.

Ek wens jou
hittestrale van die son,
omdat dit juis jou uitkyk –
jou houding – manipuleer.

Ek wens jou
Gods blou-beker reën,
vol trane van geluk –
as jy reënboog gewaar.

Ek wens jou net genoeg
om dag vir dag te neem,
met geen bekommernis –
berus in Skepper-seën.

Langenhoven-les

Kom nie met agterkant
na iemand anders aan,
hul mag dalkies net
verkeerd verstaan
dat jy alkant-selfkant
duplikaat vertoon.

Was daar geen winter,
sou die lieflike lente
nie aangenaam wees.
Met geen teenspoed
sou jy welvaart vrees.

Al is jy op korrekte spoor,
word jy dalk net omgery –
indien jy net daar vertoef.
Maak geen oop- deur
net onomwonde toe,
jy mag dit benodig
iewers ver vorentoe.

Ouderdom laat plooie
op eens mooie gesig,
maar plooie op die siel,
word deur die gebrek –
aan geesdrif aangerig.

Wees nie bevrees nie,
vir donker skaduwee,
want iewers daar naby,
bring dit helder lig mee.
Hou dus jou woorde,
soet en aangenaam,
jy mag binnekort net
straks self moet sluk.

Nagmerrie-brief

Vou-vir-vou versigtig oop,
adem in – ou bekend’ geur
wyl skeurwoorde dans –
word ek hard en werklik
van menswees gestroop.

Sy skryf – ek moenie treur,
haar liefde het verdwyn
en in blou nat trane-klad,
wat uit my hartkamer spat
voel ek die intense pyn.

Hoe kan dit totaal, finaal
hier op purperpers papier,
onomwonde net staan,
dat haar liefde nou taan –
weggeblaas na die maan.

My ooglede sukkel bewend oop
ek kyk stip en kus haar sagkens,
op haar slapend’ brose wang
sug met giggel verlig, want –
amper het nagmerrie vasgevang.

Hartseer illusie

Moeë maanligstraal
het jou pad flou belig,
teen jou fluweel vel,
rein soos porselein,
dit terug weerkaats
in jou stram gesig.

Kalmte het sagkens-
veerlig neergedaal,
soos son en waters
mekaar soengroet,
is jou hartseer illusie
eensklaps weggeraap.

In verbale vry-vlae
van wind weggedra
soos winter-asem
wat in mis verdwyn,
in snikhete stil-hitte –
van dorre woestyn

Hoeveel van hierdie

hoeveel keer in vergane jare
bakhand gedrink by bergstroom,
rou-voet gestap deur barre land,
bloots op esel se rug geknyp
kosmos loop pluk in niemandsland

hoeveel druppels soutsproei geproe
langs strande geskulp en seewier,
in half-son hand aan hand gestap,
herinneringe aan die tye saam
met somer en lenteharte
wat liefde alom weer beaam

hoeveel sakke sout saam gedeel
agter skaapkraalmuur op plaas,
kamtig skelm soene gesteel,
teen windpomp met kind-vermaak
speels geklim en geklouter
dan bo luister na sy kierie kraak

hoeveel ure het volmaak afgetik
wyl ons natuur en omgewing indrink
sal daardie skitter-son weer skyn?
durf ons waag om wedloop te herhaal?
of gaan die blink in dof verdwyn
gaan harde samelewing ons laat faal?

Jy is die

eensame koggelmander
wat ek versigtig gevang,
getroetel en bewaar het
sodat jy kan deel wees
van sy hartseer verhaal

aangemaakte sement
wat my hart-mure omsluit
om krake en skeure
dig toe te messel
so indringers te stuit

smaak van heuning-stroop
wat die soet binne my –
menswees-mure laat drup
as ek my sielsgeheime
sag daarin loop doop

Piet-my-vrou se roep
wat lawe-liefdesreën
oor my bestaan uitstort
as ek ver-verlangend
jou inwag op my stoep

Vyand se kind

Spookagtige waarsku-roep
skeur deur swanger stilte,
van snikhete Bosveld nag.
Iewers in donkerdiep holte
beskerm moederboom
haar kosbaar’ donsige vrag.

Knaagdiere haas-skarrel
na beskutte wegkruipplek
want hul eien die stem
van geveerde vyand,
waar naguil grootpupil
mikroskoop skandeer.

Hul besef maar alte goed
dat kom reën of wind,
honger vyand se kind,
gaan nie faal vanaand
een van hul maters
gaan in hierdie stil nag –
bitter vir sy lewe boet.

Die tuinier

Reënboogkleur-lappieskombers,
wit, oranje, geel, pienk, pers,
vertel elk hul sprokiesvers.
Grasgroen grondbedekking
met spikkels hier en daar,
deur natuur se eie verfkwas
pronk op elk’ groenblaar.

Lelies, jasmyn en katjiepiering
sprei geur in wind se wange.
Soet stuifmeelstof vlokkie-val
dartelend oor beddings rond.
Rose kelk oopbek in prag
staan soldaat-penorent,
salueer vader son wat lag.

Tuinvoëls sopraan die lente,
en bytjies dra hul volle vrag.
Tuinier skaterlag twee-tand
soos hy snoei, spit en hark
want elk lente-geboorte
aanskou hy self-skep trots
saam Skepper-speelpark.

Oseaan-skets

Krag-wind struktureer jou hemelwaarts,
sonstrale jou pieke skitter-weerkaats.
Met skuimbolmassa tol jy om en om
tot jy kalm, rustig aan jou einde kom.

Trek dan skewe voortjies deur poele.
Saggies is die sywaartse krappie- bots
as bruin spoegskuim klots teen rots.
Ritmies gekartel soos ‘n skilderhand
lê speeksel van seewier, skulpe op strand.

Verskeie enorme skip met kosbaar’ skat,
verorber, geknak, flenters-vodde gebreek,
oorblyfsels skelm in bodem-buik versteek.
jou horison ontoereikend, wasig, misterieus
deur menige bewonder, maar tog erg gevrees

Spierwit lelie

Daar het ’n spierwit lelie
regs langs ‘n rots gestaan,
almal het dit bewonder
wat daagliks daar verbygaan
skielik hoor mens die donder
die weerlig teken ‘n pad –

nou vries ieder en wonder –
sal lelie die aanslag hanteer?
Bekommernis was oorboord
want plantjie staan ongestoord
en op sy spierwit blomblaar –
skyn reëndruppels wat terugstaar

Wonder jy

Wonder jy oor noodlottige implikasie
wat dit op oorbevolkte mensdom sou hê,
as hemelkanale summier gesluit word
geen druppel reën van seën meer stort?

wonder jy oor die unieke prag
in reënboog kleure wat dans in blomme
wat skielik vaal, onaantreklik vertoon,
sal dit dan wees ons verdiende loon?

wonder jy oor die reuk van vars mis
wat stomend in krale, velde en kampe,
vroegdag stomend- warm oprys
sonder reën word spesies uitgewis

wonder jy oor die infrastruktuur
wat meer-en-deels moeder aarde bedek
hemelhoë beton-oerwoude, stapelwonings
kontrakteurs wat noodgedwonge staak, onttrek

wonder jy oor wat ons kan doen
om gebeurtenis te verhoed
kom knielend, eerbiedig neer
gee aan Hom al die eer –

wonder nie meer …

Vasgevang

Skerp snydende swaard
van berus, berou, haat –
kerf, verskeur en verweer,
kloof worteldiep en wurg
diep binne elk been en murg,
tot laaste snikke uit lyf ontsnap
in herhaalde doodsgreep wurg

Onegalig flou die hartklop
wat met ieder power pomp,
meganies bloed vry laat vloei.
Soos nagmerrie-riller rolprent –
swart-slang gedrog in hoofrol.
Hoendervleis-koue, kil vrees –
weer en weer en weer groei

Een maal nog

net een maal nog
sou ek van hulp wou wees
om haar yl haartjies sag
te blaas en mooi te krul

net een maal nog
wou ek stil-tjoepstil
op haar skoot loop sit
en saam met haar bid

net een maal nog
sou ek haar skadu volg
lief, leed met haar deel
as sy trane weg- streel

net een maal nog
wil ek haar bitter seer
op my alleen neem
sodat sy ophou ween

maar ek berus volkome
want Hy kyk na haar
elke dag en elke nag
laat Hy haar vreugde ervaar
op aarde vir haar nie beskore –
want sy sing nou in engel-kore

Hoe kon jy

Hoe word jy as held vereer?
deur menig’ oningeligte –
siende blind landgenote
wat doofstom niks wil hoor –
oor jou bitter wraak gesweer

Al hoër op die podium
rys jy skyn-geplaas
soos einde nader haas
is dit wat ons uit die Woord verstaan?
dat moord, wraak sy weg mag baan?

Sodat een enkeling
eie beuel mag blaas
triomfantelik as held
uit die stryd kan tree
al is opregte gelowiges
onnodig uit pad gevee

Hoe draai Godvresende volk
se pap-swak vuil-verstand?
om boedel straks oor te gee
in ‘n eens vreedsame land
kies oplaas die regte Held
anders gaan jy duur ontgeld

Oomblik vir altyd

wange snoesig, knus
tussen handpalms gevou
kommunikeer pupille
sonder klankwoorde
want albei herroep
heuning herinnering
in gedagtes so soet

wedersydse besef
en woordelose verstaan
waaroor ongelooflike
stil oomblikke gaan
hartkamers se goud
en silwer drukstukke
vul skatkis van liefde
oorlopenstoe vol

vuil en met stank
nader jy gebukkend
en smeekbedel halfhartig
om ‘n aalmoes of twee

’n jong verlore seun
skaars halfpad man
huiwer jou lewe klaar
deur doodsvirus
wat in jou are opgaar

waar is jou ma en pa
wat jou haweloos laat
om hier te kom smeek
in ‘n besige straat

is hul nog bewus van jou
of het hul ook aanbeweeg
na virus se hellesteeg
of kyk hul slegs anderpad
na waar rykom hul vat

Bewaar dit teen jou hart

sprinkel silwer sterrestof
as jy langsaam lui wieg
in die buik van die maan
en blaas ’n liefdeskus
na waar ek wagtend staan

wanneer jy wenteldraai
verby snikhete son
gryp ‘n goudgeel straal
voeg agt grade Celsius
by my warm feëverhaal

skep ses sakke sand
by die blou onstuimig’ see
en soek die mooiste skulp
want as jy veilig terugkeer
sal ek gehoor daaraan gee

volg die geur en aroma
van seldsame orgidee
pluk dit sag versigtig
en bewaar dit teen jou hart
tot tyd en wyl jy self
dit in my hande kan gevat

wanneer kersvlam kromtrek
en flikkerbeelde nadersluip
op riffels van klipmuur dans
laat ek trane van vreugde
vrylik rondomtalie ontsnap
word dit in stortreën uitgetap

hul word vloeiend verswelg
deur ru-vesel in vel papier
wanneer die hartseer van gister
vandag se drome inhibeer
soos ek starend na flou lig
diep in liefdeskluis delf
en sag jou woorde repeteer

son suig elk kosbaar’ druppel
en spoeg dit elders
waar benodig uit
soos nuutgevormde
voedsaam’ stroompie
wat uit skoongewaste
verdorde harte spruit

soms drom donkergrys
kolkend’ stormwolk saam
of snydend pynend
die yskoue winterlem
wat deur weefsel sny
maar die lente sal verskyn
en bloeisels sal beaam

soos die sagte ritseling
van wind deur boomblare
tokkel smeulend jou sjarme
aan my reeds teer hartsnare

soos diamant se glinstering
van doudruppel op blom
weerkaats unieke boodskap
in blou oë vol gevoel getap

soos die sekelmaan waghou
oor die sterrestelsel saans
so swaai ons in beswyming
as ons styf teenmekaar dans

soos ontelbare korrels
saamgepersde woestynsand
is ons intense ware liefde
wat nimmer sal uitbrand

soos twee sagte paar lippe
vurig, smagtend ontmoet
is geluk vervolmaak
in liefde se somersoet

vang hierdie mot
voor hy dwaas en blind
sy fladdervlerke
in kersvlam verslind

hang hoog halflyf
oor gevaarlike krans
tot kloof se wind
in jou kuif kom dans

jaag vir bloukopkoggelmander
en streel sy growwe kop
luister na brulpaddakoor
tot net duskant sonop

voel ronde rivierklippe
jou voetsole masseer
en drink uit helder fontein
naby die berg of meer

klouter aapvoet op
in die hoogste boom
staar na die horison
en droom jou droom

geanker in die Bosveld
pronk jou volkleurprag
en getooi in duisend blomme
die geelgoud van son in jou drag

bied jy lawende koelte
op ’n warm snikhete dag
en so herwin ons daagliks
kosbaar lewenskrag

met jou skurwe donker bas
en wit doringwapens
drup jou eie hartseer gom
oor ’n stam lank reeds krom

Tanka vir ma

soos ‘n arend
wat vlieg teen die son
bewoon jy ‘n hemelse woning
terwyl my voete alleen
die aardse hel bewandel

Jy is meer

Jy is die doudruppel- biggel
in my vreugdebestaan
die aanvang en einde
van volkome verstaan
elk suiwer silwer-noot
op hartsnaar se kitaar –
waar jou harmonie
sag tril in ‘n simfonie

Jy is die reënboogpot
vol neon-kleurgenot
wat in sagte pastel
sy eie storie vertel
die aand-stêr se flikflooi
in silwer sterrestof getooi
elk liewe uniek-insek
met God’s kleed bedek

Jy is dit alles
en tonne meer
as wat sprokiesverhaal
ooit waag om te leer
my asem, hartklop,
lense, neus en ore
sonder jou is my –
heelal totaal verlore

Sal jy dit wees

Die aanvang en slot
in my sprokiesverhaal
‘n anker teen stormwind
en my klop-hart se punt
aan sekelmaan gebind
Eerste skitter doudruppel
wat lelie se dors kom laaf
‘n komma en verposing
In my laaste verhaal
Se slotparagraaf
Sal jy dan nou wees –
die hoof-sein na brein
wanneer ek weer
my kaartjie verloor
van die lewens-trein

Dood se gloed

Flappend, klappend
spikkel – valkvlerke
lense vasgenael op –
niksvermoedende prooi
dan tjoepstil, blitsig
die snel wissel-aksie
sy vaartbelyn veerpyl
klief koud deur die lug

Vlymskerp kloue
soos kaak van draak
pen soogdier vas –
in veld met geweld
kragtige snawel
verskeur, verslind
vou dan netjies
om pap binnegoed
in twee piep-glasogies
weerspieël dood se gloed

Hanepootkroos

Geelgroen, half oorryp
hang jy hoogdragtig
in hanepoot wingerd

Wag jy in stil geduld
vir snoeiskêr vroedvrou
om naelstring te knip

Soos uurglas leegloop
swel jy tot barstens, wyl –
soet vrugwater drup

Ovaal kinderkorrels spat
soos jy plons in die krat
so word jul versigtig
op die wa weggevat

Bitterbessie beloftes

Bitterbessie beloftes
in lanings, in rye
word gepluk, gestroop
onordelik gestapel
op vuurwa van hoop

Onnet en onbeplan
in grys sakke verseël
om aan oorversadigde
emosievolle mark
woes, wild en wakker
voetstoots uit te deel

Sou jy dan ook besluit
om dit spotgoedkoop
in ontvangs te neem
weet dit – vir ‘n feit
jou totale menswees
word kaalgestroop

Rypskade

Soms word ons woes
deur lewenswind gebuig
met kronkelkrom stingel
draai ons gebukkend
elk rug op mekaar

Besigtig sorgvuldig
neon- lentekleur,
wat gesig openbaar.
Word nie so geflous,
want diep daarbinne ̶
vreet wurm dalk klaar

Gee geel geurig roos
uit God se eie tuin
sny skerp dorings stomp
so sal jy dan ook vind
dit bring opregte troos

Sprei ’n donskombers
oor rypskade aangerig
spog nie met eie bloeisels
maar let sorgvuldig op ̶
na krom knakke en kneuse
in ander se stam en blom

Konkawe gedagte

Grysgroen oë gluur terug
uit ‘n stil-spieël-refleksie
sy merk bekende glinster,
hoor ‘n skaam, skugter lag

Staar na sagte, skewe strate
deur lewenspotlood geskets
wasem en verberg- vinnig –
vodde- flentersiel- venster

Gesamentlik deel hul mee
in vreugde, vrede en smart
as son skerp weerkaats,
word hul gevoel getart

Sy eien jou elke gedagte
deel jou grys-grou gewete
onthou toeka- herinnering
van drome reeds vergete

Leer my die kuns

Om myself te gee
nog ‘n bietjie meer
salf aan eina’s –
van gister te smeer

Leer die wag
voor my mond –
om te oordink,
slegs dan te praat

Leer my arms
om uit te reik
na flenterharte –
binne my bereik

Leer my om meer
as net lief te hê
aandagtig te luister –
na wat ander sê

Leer my lense
om prag te aanskou
afstootlike beelde –
ekstern te hou

Leer my oorskulp
om golwe te blok
kras, kru-woorde –
te bêre in hok

Leer my tog net
om myself te wees
sonder voorgee –
niks te mag vrees

Vredesvuur

dis donker, dis nag
êrens in die verte
‘n hiëna wat lag

dansende vlamme
wat knetterend knars
en druppende hars
wat plons in die as

‘n helder kampvuur
in oranje getooi
bo die sterrehemel
wat skitterkombers
na horison gooi

brulpadda gekwaak
vul die rietjiesvlei
word ritmies mooi
deur krieke begelei

moerkoffie aroma
vul die atmosfeer
en heuning druipsous
op vlakvarkrib
verleen aromatiese geur

hoe wonderbaarlik
om als te hoor en ruik
en hoe salig die vrede
in die Bosveld se buik

Refleksie skerwe

Deur konkaaf-refleksie
drog ’n spieëlbeeld –
aan haar welbekend
tog deur die splinters
van glas en skerwe
gruwelooslik geskend

Die eens porselein gelaat
nou rimpelend geplooi
litteken letsels wat dryf –
laat starende ewebeeld
met snikke en rukke
in eie spoor verstyf

Spasma balvuis tref
met dowwe donderslag
die gedrog in sy raam
soutdruppels rimpel
op ‘n enkel skerf glas
gillend weergalm haar naam

Solank ek kan

solank my menselense
onderwerpe onderskei
sal ek uitkyk op die lewe
aan noodsaaklike wy
raaksien wat die res
blindelings ontwyk
geslote ooglede so
strompelend aanstryk

solank my brein
normaal funksioneer
wil ek ander om my
lewenslesse leer
herinner aan hulle
wat minder besit
op my eie knieë
nederig vir hul bid

solank stembande
trillend vibreer
sal my twee lippe
suiwer taal formeer
om daarmee dalk
vertroosting te bied
of net onse Vader
se wil laat geskied

solank my hande
raakvat en rondtas
moet ek as my plig
mede-gelowiges
wat lewensbus verpas-
se bose gedagtes
die wyk laat neem
en positiewe denke
nie laat vervreem

solank spiere in bene
sterk breinseine kry
gaan ek voortstap
die verlede vermy
dalk die nouste, –
swaarpad probeer
dit alles sal ek doen
tot Sy lof, wil en eer

Wens ek kon net

wens ek kon net
van nuuts af leer
kruip, praat, loop
kronkelpaaie stroop
wandel in geharkte lane
van menswees se hoop

wens ek kon net
wrede woorde uitwis
nie ooglopende betwis
wag voor die mond
in die wonder van –
Sy genade berus

wens ek kon net
vrede en liefde omvou
sonder diep grysgrou
van gister se berou
ware drome aanhang
soos gom dit vasklou

wens ek kon net
kosmos loop pluk
met sagte pastelkleure
in ’n vreemde se land
met aroma van geluk
dit in my eie hare druk

wens ek kon net
sewentig keer sewe
oortredinge vergewe
want dis soos dit hoort
net huppellag en neurie
vir die krom-skewe lewe

wens ek kon net
stil-stil – tog haas verdwyn
na Sy gloed wat skitterskyn
tussen berge en klowe
gemoed en siel verkwik
met God’s propvol kosblik

wens ek kon nie
talmend kerm en kla
my pad is reeds beplan
al wat ek dan nou vra
Here – nie my maar U wil-
maak net my vrese stil

Ek is maar kosmos

Saamgebondel in
geen spesifieke vorm
gerangskik in pastel
langs roes doringdraad
’n paar indringerbome
bied skadu-beskerming
oor ons wit, pers, pienk
sagte skakering

Ons neurie treurige wals
op die wieke van wind
halfpad deur skrapse
reëns, stof verslind
ons bly die natuur
se pragportret
deur Sy hand self
gesaai, neergeprent

Natuurpalet

As die vuurbal se strale
goud spikkels verskiet
word kosbare ultraviolet
oor kloof en vlakte gegiet

Sonneblom bloos skaam
in hul heldergeel raam
wyl Gesiggies en Rose
sag wieg in die wind

Eenkant blêr ‘n verlore lam
in die stoomwolk van ‘n kraal
maar as die mis eers gaan lê
sal sy Ma hom wel kom haal

So ontwaak die wonder
van God’s natuurpalet
want die lewens horlosie
tik-tik om dit snel te belet

As die blinkster val

Ek aanskou die nag
as dit in jou oë skyn
soos die laaste strale –
jou gesig fyn omlyn

Stormloop deur die jare
tussen nooit-vergeet-goud
waar ek soekend skarrel
grou, grawe en krap

vir …

Herinnering geset in silwer
stewig tussen handpalms
saamgevoeg, gedruk en pars
uit gisters se druppende hars

In ver poele van my staar
sal kaf se soutsproei stof
soos wasem- misterie verdwyn
tot daar waar die blinkster val

Ek is net ‘n mens

Ek is net ‘n mens
met ‘n billike wens
dat gisters se distels
in doringseer spore
soos mis sal verdwyn

Ek is net ‘n mens
met ‘n broos breekhart
boepens vol omgee
maar in sy kamers
lê sakke vol smart

Ek is net ‘n mens
wat stomstil starend
jou nar borrellag volg
om elk hoek en domdraai
soos jy dit tartend uitkraai

Ek is net ‘n mens
wat ‘n wiegelied sing
knielend, biddend wonder
wat die tere toekoms
se kontoerkaart sal bring

Ek is net ‘n mens
vol goue geloof en hoop
dis hoe ek sal staande bly
want die verbale sweepslae
het my menswees gestroop

‘n Nuwe begin

In gisters se distels
dorings en lane,
lê lang vergete
splinters van trane

Vandag is die dag
wat die silwerwolk wink
op ‘n horison van more
waar geluksterre blink

‘n Neon nuwe begin
kraakvars vir jou en my
want in stegies van gisters –
sluimer beide se ly

‘n Nuwe begin van glo
dat voetspore smeltend saam
op vertroue en voorspoed
die toekomsweg sal baan

Slegs ‘n druppel

As Piet-my-vrou koggel
en Visarend dit beaam
sak die Bosveld kopknikkend
in sy prentjie-mooi raam

Neffens sy makkers se grens
in ‘n bottergeel blommejas –
waak Kameeldoringboom
met sy eie stikstof wens

Koggelmander kruip na koelte
onder ‘n stowwerige rots
wag oopbek geduldig
op die reëndruppel plons

Eenkant op ‘n massiewe klip
hurk ‘n blondekop Boerekind
haar blik heen en weer, op en neer
soekend na ‘n druppel genadereën

Aandster drome

Sag sprinkel die silwer sterrestof
oor ooglede swaar en lense reeds dof
’n spookasem vlieswolk sweef verby
wyl harlekyn sag in sekelmaan afgly

Suiderkruis staan wag soos dapper soldaat
as planete wentelbaan met mekaar praat
aandster skitter effens met leepoog flou
wyl engele dans langs Melkweg streep

In rustige aardbewoner hart met zero smart
vertel die eerste sonstraal dag se verhaal
drome verwar soms reuk, smaak en gehoor
want êrens weerklink steeds ’n paddakoor

Druppende hars van vrede

As die naglewe
skertsend koor
vuurvlamme lekkend,
knetter en knars
buig stom droë
grassaad as getuie
van ’n heelhart
wat drup met hars

As die voëlsang
spiraal na Bo
visvanger skuins
swiep na benede
salueer soldaatmiere
in gelid, kordaat
’n hart boepensvol
van innige vrede

Ek het jou seer geneem

Ek het jou hartseer en bang
toe dit sonsverduistering was
aan die vuurspu sonkant gehang
nou het dit lawa-krater disintegreer
wentel as stofdeel buite die sfeer

Ek het jou stroewe, strak glimlag
toe dit stikdonker, pikswart nag was
in renmotor se kattebak styf geprop
waaghals gejaag tot in diep mynskag
rotsstorting het dit tot poeier verkrag

ek het jou seerkry siel en wese
met die Titanic na gesigseinder vervoer
dit daar met walvisstert diep ingeroer
nodeloos om die sinkery hier te noem
een ding is gewis dis vir ewig verbloem

ek het jou skrale hoop en vertroue
veilig na my eie binnekamer geneem
intens bakhand aan my Skepper gegee
Hy het dit veel meer as verdriedubbel
Sy genade het al die seer weggevee

Ek sien deur jou oë

Ek sien deur jou oë
diepkraakplooie wat raakpraat
in ‘n hartkontoer met heimwee padkaart
menige bruin vlekkies wat ‘n storie vertel
van ure in die son, dae gevul met hel

Ek sien deur jou oë
skewe knopskouers wat moedeloos hang
rimpelhande wat eens sekuur kon vang
voete wat skuifelend, versigtig trap
flou energiebron feitlik leeggetap

Ek sien deur jou oë
’n gees gevul met genade van Bo
helder verstand wat nog bid en glo
rooi ritmiese hart sonder enige smart
silwerhoof hemelwaarts wat Sy liefde weerkaats

Ek verf jou voetspore

Ek verf jou voetspore
van gister se verlange
met hare, trane, dig toe

Aan die silwer sonkant
van statige doringboom
hang ek ons prent hoog

Soos ek stap oor spoelklippe
riffel jou mooi spieëlbeeld
roep visvanger jou naam

Kaalvoet huppelend verder
tot by die reënboog se punt
hier waar ek die nuwe jy vind

Hier waar ek

Hier waar ek
Kruidjie-roer-my-nie
onder lowergroen treurwilger
se huiltakke kamoefleer
word dit grou grafstil
hier binne my

Hier waar ek
kruisbeen mediteer
op U grastapyt drapeer
woord ek nederig my gebed
raak my gees boepens vol
en my siel verkwik

Hier waar ek
vergeet-my-nie
oor spieëlglad rivier tuur
weet ek sonder twyfel
U het die genade gestuur
my hart is vol

Jy sal my vind

In die klamtam aroma
van ’n varsploeg land
waar tortelduif-koerkind
sy maat met liriek vind

In die borrelmassa seeskuim
van magtige moederoseaan
waar dolfyne dans, walvis blaas
ek my na skatte op seebodem haas

In die kleure van skoenlappervlerk
van ‘n reënwoud vêr vêr van hier
waar spinnerakke silwersterk blink
en jy vir my deur mistigheid wink

In die gange van my hartskuur
gemessel met liefdessement
soos my gelukstraan opdam na buite,
kry jy jou naam teen wasem sielsruite

Kussing-soen

As die kussing sag jou wange soen
sal jy wegdryf soos jy altyd doen
die wind sal ’n wiegelied bly sing
vir jou soetste, mooiste drome bring

Op my regtersy, gestut op elmboog
betrag ek jou brons, gladde gelaat
my oë volg keurig kontoere van jou lyf
dis jou rustige, skelm glimlag wat praat.

LIEFDE is

Liefde is ‘n verekussing
as drome smeulend hang
soekend na die liggaam
agter skaam, skugter siel
soos spookasemwolk
in spreimis vasgevang

Hoor die getrommel
van druppeldromme
as dit oor waterval,
skerp rotse rammel
dan vir ‘n breukdeel
as fynsproei bly hang

Hoor ek jou stem
ritmies en strelend
soos lang skadu’s
oor somerswolke hang
bring dit my koelte
sag, liefdevol, helend

Mag die sproeiwind
jou roesbruin blare
in nietigheid verwaai
sodat jy met deernis
in jou blou verdrinkoë
my hartstaal raakraai

Ek voel vanaand
verskriklik vêr
van hitte, van son
en lied van die see
maar jou nabyheid
verdrink ons heimwee

Liefdes sintuie

Ek voel jou
om ruwe rante van rots
as stormsterk skuimwaters
daaraan kom lek en klots

Ek ruik jou
in kosmos langs roesdoringdraad
as hul deuntjie-neurend saamwieg
weet ek dis jy wat daar praat

Ek hoor jou
in visarend-magiese koningskree
as hy vryval- tol en veerpyl duik
glo ek hy wil liefdeskode afgee

Ek sien jou
in elk Skepperskets perfek gemaak
as dit skildery- hang aan atmosfeer
bid ek vir liefde ook so volmaak

Sig-sag van verlore liefde

Vêr-vêr in ’n roesbruin woestyn
met sig-sag kinkel kartels
op wind-erosie se kruin
dryfsand- sink
twee rye dieptrap spore

’n Halfmens verberg in skaamte
met enkel-lyf ledemaat gestrem
loer met sy nek gekrom
skalks, skaam deur geel blom
na liefde se oopgraf geraamte

Eenkant op ’n sonbrand klip
staar woestyn salamander stip
terwyl hy wisselaksie pote ruil
trippelend fynsand trap
as hy oor sy verlore liefde huil

Skilderdoek van die lewe

As die vleiloerie
vir kwêvoël koel koggel
trap slinkse jakkals
in mak meerkat se gat
akkedis verloor sy stert
in skermutseling met slang
dis reënskree piet-my-vrou
wat onnatuurlik, onderstebo
aan suikerbekkie-soetbottel
kruis-oog, bedwelmd hang

Is ons lewens nie ook
holderstebolder, omgedolwe
deur strikke en strepe
van onnatuurlike lewe
of skets en skrabbel ons self
’n abstrakte, onverstaanbare prent
met kleure in kontras versteurd
op lewe se skewe skildersdoek
keer ons onomwonde dan self
’n Skepper-kleurwiel vas in ’n hoek

Skroefdraad perfek

Ons is net ’n fyndraad skroef
in die lewe se moergroef
maar as die roes windpomp
vry met wind ronddraai
sal ons vir die skewe wêreld
ge-olie, laggend waai

Gee my jou als en bietjie meer
ek sal jou harstaal blitsig leer
pluk dan die son se goue straal
ek sal vir jou aandster loop haal
soos dag na nag transformeer
sal skroef en moer saam verweer

Tere genadereën

As ons tere liefde
draaikolk in ’n wolk
vol Skepper se reënwasem
rondomtalie, tornadodraai
dit weer loodswaar neer
afwaarts met swaartekrag
in ‘n tonnel – ‘n genadeskag

Saggies vlokkie dit dan
in silwer sterre-sprinkel
oor wagtende wesens
met goudharte gevul
want so loop ons vore vol
as ons Sy genadereën voel
word ons binnekant skoongespoel

 

Evelyn van der Merwe

Evelyn van der Merwe

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Gedigte van Barend Buitekamer

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.


 
 

Genade onbeskryflik groot ~ Smaadskrif van ‘n ex poot

 
 
desnieteenstaande not good memories vertel ek jou

maar soms is dit nodig om terloops te onthou

van die polisie kaptein wat sy gesin uitgewis het in Radiokop

en homself in sy Mercedes vergas het na ‘n laaste stewige dop

die Afrikaanse gospel kasset in sy kar se radio-kasset speler

het (toe ek daar aankom) auto rewind en oor en oor getuig van
 
 
God se liefde en genade onbeskryflik groot
 
 
die Russiese Mafia sluipmoord hit in Randparkrif

waaroor ek ‘n moerse lang toneel verklaring moes grif

man en vrou (nakend in die seksdaad) op sitkamerbank doodgemaak

in ‘n stortreën van warm lood en gloeiende koper en koue wraak

saak seker nou nog nie opgelos nie (geliasseer as onopgespoor)

want miskien was dit ‘n inside job en bewys van
 
 
God se liefde en genade onbeskryflik groot
 
 
die ou gay gentleman in Bromhof wat oor sy Yorkie se dooie liggaam nie wou dooi

het hope Somnil slaappille saam met Gilbey’s gin in sy keel afgegooi

wat duidelik nie die job gedoen het nie al was hy op die regte pad

toe gaan skiet hy homself met ‘n .38 Special in die kop in die bad

maar verdrinking was die uiteindelike oorsaak van dood

want hy was hardkoppig en die koeël het teen sy skedel vasgeslaan en teen
 
 
God se liefde en genade onbeskryflik groot
 
 
die goose in Sundowner wat ge-overdose het op ‘n verskeidenheid medikasie

haarself letterlik dood gekak het want sy wis nie verskil tussen selfmoord en purgasie

haar boyfriend verskeur deur verdriet het sy polse met ‘n Stanley mes gesny

dit was letterlik ‘n kakspul en bloedbad toe ek en Paxton hulle kry

selfs ou Tselapedi kon nie glo hoe baie bloed (en kak) daar was nie

maar dit was te laat om in enige iets te glo buiten Klipdrift en Coke en
 
 
God se liefde en genade onbeskryflik groot
 
 
geroeste panga gebreekte Lion bottelnek en Dunlop necklace moorde

elke fokken naweek by Zandspruit plakkerskamp in die noorde

dronkspul aanranding GBH verkragting bloedskande

by sjebien vergadering word besluit alle bloed is aan die witman se hande

want fok Van Riebeeck en fok die Voortrekker Monument

verbrand die mielielande kill a boer kill a farmer and remember
 
 
God se liefde en genade onbeskryflik groot
 
 
die blou-bruin liggaampies van al die pasgebore babas (en hier wyk die rym)

wat ons (ek en Kennedy et al) uit die Mzanzi memorial communal long drop

agter Johnny die Pôrra se kokkerot kafee uit kniediep kak (en pis) moes haal

oor miserabele moeders wat hul pasgeborenes soos gebruikte tampons wegmoer

want dis lekkerder om sonder stoornis by Malema se sjebien te kan suip en hoer

in plaas daarvan om kinders ‘n bietjie tiet te gee en groot maak tot eer van
 
 
God se liefde en genade onbeskryflik groot
 
 
die vier tieners wat lewendig verkool het na ‘n head on crash op Beyers Naude

lekker aand by Santini’s nagklub gewees en die drank was verniet weggegee

die reuk van gebrande mensvleis is soos vrot koffie en spek

wie moes die fokken grusame toneel bywoon en planne optrek?

wie moes daai kinders se ouers met doodsberig uit hul slaap gaan wek

Sneeufokkenwitjie? Asfokkenpoestertjie? Fokkenekpoes! (of was dit?)
 
 
God se liefde en genade onbeskryflik groot
 
 
anyway, dit is net die puntjie van ‘n ysberg van bloed en kwêt

g’n mens kan ongeskonde uit so leefstyl stap nie maar ek dink ek het

daarom dat ek uit wese van boosheid dinge van mense sien en verstaan

waarvan hulle self nie weet totdat hulle kniediep in hul eie bloed staan

ek is die Donker Boer die aarde is die Hel en die Hemel is vergete

Suid Afrika is kataklismies kranksinnig en demonies besete (van)
 
 
God se liefde en genade onbeskryflik groot
 
 
want Sy wil geskied (of is dit skiet?) dat ek elke liewe fokken dag

verby Wespark begraafplaas moet ry in kamikaze taxi verkeer

sodat Hy saggies in Sy olierige hipster baard vir my kan lag

terwyl Hy nuus vanaf lamppaal koerant posters op my kan af forseer

wat ek op SABC tell-lie-vision of Nuus 24 of Facebook probeer vermy

maar dit maak nie saak wat ek doen nie die tragedies bly my by (van)
 
 
God se liefde en genade onbeskryflik groot
 
 
elf mense in veertien dae soos diere op hul plase afgemaai

outistiese seuntjie vyf keer met Okapi mes gesteek

bejaarde swart dame met panga onthoof se lyk was genaai

dogtertjie as seksslaaf aangehou vir presies twee jaar en ‘n week

skisofreniese man het sy vrou geëet want hy’t gedink sy’s ‘n Albany brood

‘n oorlaaide minibus taxi het in Honeydew gerol en alle insittendes is op slag dood
 
 
maar God se liefde en genade is onbeskryflik groot

Suid Afrika se mense kyk rugby (of sokker) loof die Jirre en ploeter salig voort

herhaal ad nauseam ad infinitum ad Mugabe daar ver noord

ad Pieter Botha At Botha Pik Botha of selfs P.W. Botha

eerder as Jacob (Shower-kop Masjiengeweer) Zuma

en sy spiteful Ratex god van onbeskryflike liefde en genade
 
 
BEL DIE FOKKEN POLISIE!

UBUNTU IS NET ‘N ILLUSIE!

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Die vlammende fez

$
0
0

Hierdie musiekspel bevat nuutgeskrewe sowel as 300-jaaroue melodieë, vervleg met verse oor die wêreld van die Kaapse Maleiers geskryf deur I.D. du Plessis.

Bekende stories en gedigte in die produksie is onder andere Karnaval, Vreemde liefde en ook die kaalvoetseun wat groente verkoop in die reën, maar ten spyte van sy hartseer steeds vreugde ervaar.

Die Vlammende Fez is ’n produksie oor verdeeldheid en versoening. Oor hartseer en geluk. Oor medemenslikheid.

Gaan luister na die eeue oue roepstem van die muezzin in Afrikaans.

Met: Chris van Niekerk, Loukmaan Adams, Carlo Daniels, Gary Naidoo, Bianca Flanders en Liebschen Saal en ’n tradisionele Kaapse Maleier-
sanggroep

Regie: Basil Appollis

Teks en ontwerp: Lindi-Heila Smit
Musiekontwerp: Gertjie Besselsen
Koorleiding: Kurt Haupt
Komposisie en orkesleier: Gertjie Besselsen
Vervaardiger: Suidoosterfees

Genre: Kabaret
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R100
Plek: Gimsaal, Oudtshoorn
Datum: 12 April 19:30; 13 April 20:00; 14 April 09:00; 15 April 12:30

KKNK 2017


Die vlammende fez

Die vlammende fez

Die vlammende fez

Die vlammende fez


3

Gedig my snaar

$
0
0

In hierdie produksie vertolk June van Merch van die bekendste gedigte tot oorspronklike digkuns uit Du Toit se pen in haar unieke styl.

Hilandi du Toit vul die woordkuns aan met gevoelvolle kitaarimprovisasie en sing van haar oorspronklike gedigte wat liedjies geword het. Sy maak gebruik van drie verskillende kitare: ’n akoestiese staalsnaar, ’n nylonsnaar en ’n akoestiese baritonkitaar om elke gedig se afsonderlike karakter te ontsluit.

Met: June van Merch en Hilandi du Toit

Teks en musiek: Hilandi du Toit

Vervaardiger: HiMusic

Genre: Woordkuns
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: 10 –
Tydsduur: 1 uur 10 minute
Kaartjies: R110
Plek: Laerskool Wesbanksaal, Oudtshoorn
Datum: 14 April 17:00; 15 April 17:00

KKNK 2017


Gedig my snaar

Hilandi du Toit

Hilandi du Toit

Gedig my snaar


3

Gedigte van Heleen Malherbe

$
0
0

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Ek het so gedink aan jou

Ek het so gedink aan jou
die watervalle in jou oë
die oseaanblou wat skroei
deur soveel dae heen

ek het so gedink aan jou
die vlamme in jou oë
die rooi tonge wat lek
die woede wat knou

ek het so gedink aan jou
die wit wat deur wil breek
die koue ys
as jy omdraai in jou spoor

ek het so gedink aan jou
die verwoesting wat jy saai
jou tornado woord’
wat sal uitwoed
en na jou toe terugdraai

ek het so gedink aan jou …

© Heleen Malherbe

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Gedigte van Lourens Swanepoel

$
0
0

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Soos ’n wind

Vanaand is die paaie stil
Dis net die wind wat praat
Die bome doen hul eie dans
In die donker van die straat

Soms kom kuier die reuk van die see
Deur my venster van die naby Strand
Maar vanaand, vanaand is dit anders
Die reuk waai terug na die Suidekant

Lyf onder laken en kop bo kussing
Hart vol herinneringe en verlange
Maande al verby, ek het aanbeweeg
Toe nie – aan jou bly ek gevange

Was ons soos ‘n blaar
Wat sweef in die wind
Sonder rigting of plan
Aan geen tak verbind?

Was ons net ‘n gedagte
‘n Droom of idee;
Of ‘n oomblik van ‘n oomblik
Soos ‘n brander in die see?

Ek twyfel.

Ons is ‘n hardeband boek
Onvoltooid tot hoofstuk ses
Ons is ‘n ontsaglike vuur
Vasgekeer met ‘n nat-hout-pes

Ons skatkis is vol geheime
Alles weet ons van mekaar
Ons lag, ons huil, dis normaal
Ek glo ons stilte is amper klaar

Die diepte van ons vriendskap
Van gevoel en vermaak
Van sorg en van kennis
Lyk soos ‘n aardbewingskraak

Beste maat, dis jy vir altyd
Vriendin, liefde, soos geen ander
Soveel soos toe en tot vandag
Het ek jou lief, dit bly onveranderd

Maak nie saak wat gebeur
Al vernietig die wind soos nou
Daar’s niks onmoontlik vir God ons Vader
Hy herstel, moet Hom net vertrou

Winter son

Roep jy my, ou winter son?
Roep jy my uit die koue?
Jas en serp hou my nie warm
Jy weet dit goed, jou oue

Koue slaan oral waar ek gaan
Ek trek al hoe meer klere aan
Maar koue weet waar ek vergeet
Ek kan dit nie verstaan

Ek dink aan sop, ek dink aan vuur
Ek verlang na kaggel-vlamme
Ek verlang na ‘n warm somersuur
Die swem in plaasdamme

Maar somer son hou niks van my
Hy maak dat ons die heeldag ly
Water drink, te veel, te min
Sy hitte swerf deur als verby

Jy roep na my, ou winter son
Jy roep my uit die koue
Ek kom na jou met jas en serp
Omring my net jou hitte.

Op die gras, bo kombers
Lê ek, sit ek alte warm
Winter son, reg rondom my
Vlug die koue darem

Winter is klaar, dis somer tyd
Koue jy verloor die stryd
Jy was hier en nou’s jy voort
Oorsee waar jy behoort

Ek roep na jou, somer wolk
Ek roep jou uit die bloute
Die hitte raak nou hewig swaar
Ek soek ‘n bietjie koue.

(2016)

Nooit vergeet

Bruin hare, bruin oë
Glimlag van bo
Die mooiste vrou op aarde
Vol vreugde, vol waarde

Diamante en goud
‘n Kapel van hout
Hase en tulpe
Mense en stilte

Jy word nou syne
Gehoop jy is myne
Vrou van my drome
Word vir hom belowe

Kanse verby
Vergeet van my
Maar vir jou
Sal ek altyd onthou

(2016)

 

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.


Gedigte van Sophia Engelbrecht

$
0
0

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Sophia Engelbrecht

Melktert in die Hemel

dit is as ek Don Williams
hoor sing
wat herinneringe my omvou
met die reuk van jou
en ek jou sien staan
daai Craven A Menthol
wat so skuins
uit jou mond hang
terwyl jy oor jou bril
vir my loer
vingers krom
met die taal van die lewe
blaai deur jare
se seer en liefde

dan wonder ek
waar is jy nou?

Ma weet ons dink
nog altyd anders
jou stories het gegaan
oor paaie van goud
en Engelekoor
myne oor
‘n
groot
niks
maar ek kan nie help om te dink
(al is dit net vir jou onthalwe)
jy’s besig in jou nuwe huis
die Hemel se kombuis
met melktert
jamtertjies
hertzoggies
en jan smutsies
want jy bak
vir die dag
wat jou kinders
huis toe kom
terwyl jy sing:

Some broken hearts never mend,
some memories never end,
some tears will never dry;
my love for you will never die …

en ek sing saam

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Gedigte van Anzé Bezuidenhout

$
0
0

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

My ghantang

My reis het in jou lyf begin
daar waar die tortelwoorde
van jou sagkyk en trekke
van jou mond
omgang plant
in sagte aalmoes-grond.

Minnedigte sonder tal
word in jou bloed ontgin
want jy’s my einde en
ook weer my nuwe begin;
my mallemeule
wat rondomtalie spin.

Jý ja jy’s die ghantang
van my binnekant wat
onbeskroomd maanligstrale
vir my vang om dit met die
donsgeel van ‘n soetdoring
tot ere-kranse
in my hare vleg.

© Anzé Bezuidenhout

My pruttel woorde

Pruttel liefhê-letters
soos dryfhout uit my hart
nes ‘n hemelse lullaby;
versamel dit nektar
deur skrefiewimpers,
want in jou beelt’nis
het ek my vrede gevind.

In die warm klanke
van jou hartstaal
gekaart soos druppende note
uit ‘n basviool,
wat die Melkweg roekeloos
nét vir my inkatrol.

Ek verdwaal in die
lagkreukels om jou oë,
ek dryf in jou muskusreuk
wat soos rivierbane deur my psige
kronkel in mosaïek van dieprooi.

Jou hartklop staan in duet
en ek bid dat die son sy tree maskeer
vir tyd om stil te staan…

D A N

by aanskoue van hierdie geluk,
het ‘n glimlag (van puur genot)
aan God se mondhoek gepluk.

© Anzé Bezuidenhout

Ligkaatser

Jou skadu
is die vagevuur
wat binne
my gloei
die refleksie
van my denke
word om jou gebou;
J Y
die ligkaatser
van my diepste wese
waar ek my
werklikheid
in jou oë
druppel vir druppel
in minnewoorde
sien blom.

© Anzé Bezuidenhout

My gebede(m)uur

Iewers in die verre
Jerusalem staan ek
gesluierd (ook denkbeeldig)
op kreukel-knieë
biddend voor hierdie
ó so vreemde
gebedemuur.

Gebedsnotas orals in
gebarste stene gedruk,
hartsbedes van suiwer
geluk, maar ook trane
uit die wese geruk
wat die muur as
verskuilde graffiti versier.

Smekend om te mag lewe
na die heilige gebod, liefde
tot my naaste
en my Almagtige God.

Ware ligfakkel in
elke donker uur. Dis
die rede vir my
lewensduur.

© Anzé Bezuidenhout

My labirint (Dwaaltuin)

Spartel my ontroeringe
soos ‘n fynbos-verlange
wat deur my labirint
tot ‘n voltooide sirkel
waarin ek ongeveinsste
liefde vind.

Verwonderheid wat
uit blomverdorde-kokon
tot skoenlapperskoonheid
bloei in lewegewende
nektar van die liefdeson.

Fladderende emosies
wat ewigdeur eb en vloed
in jou oë se vurige gloed
kom kolk soos lawavure
deur my bloed.

© Anzé Bezuidenhout

Koue vuur

tyd se koue vuur brand
deur die gange van my
treurende siel wat na
die aarde smag terwyl
klanklose hosannas
deur die alfabet spoed

© Anzé Bezuidenhout

Arabiese lente – Haikoe

lewe sielesmart
Arabiese lentebloed
deurdrenk die erfgrond

© Anzé Bezuidenhout

My boekanier

op die wieke van ‘n boekanierskip
is my liefde deur jou gekaap
daagliks hang flenter emosies aan die mas
vleg lint en brokaat ragfyn deur my gedagtelyn
wapper jou ruwe seerower dors
op elke asemteug wat klop-klop
in die holte van my bors

op soet klanke van ‘n vroetelwind
wat dwelm en bottelnek trek en dan
skuilte soek in die kuiltjie van my nek
word jou liefde bely in die mooiste neurie-klank
wat sag vlindervlerk in die skulp van my hoor
en guitig oor my vel hoender trek

teen jou bolyf wil ek my honger en dors les
nagmaal met genadebrood breek en wyn skink
in die amber van die son wat perske oor die dag
terwyl ons wegvaar oor die oseaan wat wink
net ek en jy met jou boekanier hart

© Anzé Bezuidenhout

Jou dade het die Woord opnuut vertaal

toe alles woes en leeg was
het jou wese in die takke
van die boom van
kennis van goed en kwaad
(daar waar die Gerubs waak)
gaan lê
jou liefde vir my geoffer
in heilige offerbakke met die
geur van jasmyn en kleur
van die mooiste robyn
in die vloed van jou oë het
jy die see vir my oopgeskeur
my gedra op die vlerke
van ‘n spierwit duif
in teerheid vul jy my
met die soetheid van
manna en ‘n dagoud kwartel
soos n goeie herder
gee jy aan my rus
van vermoeienis
as my mure val soos die
van Jerigo en jy
jy my met ‘n rooi koord
van verkrummeling red
daar waar jy vir my
wysheidstempels bou
in teerheid my met brood
en wyn bedien loop my beker oor
op die Golgotaheuwels
van menswees het jy die kruis
staangemaak met die opskrif
vir almal om te lees
my Mannin – my Eva
en het jou dade die Woord
opnuut vertaal

© Anzé Bezuidenhout

In die hart van Korinte

ons liefde is vasgenaelstring
by die dieper lees van Korinte
daar waar genade immer
dorstong na nog meer wil lek

jou omgee maak blink
natspoorpaadjies
soos ‘n slak se spoor
en dit is in die hak
van die Wag-‘n-bietjie-bos
waar ons liefde dan vasklou

daar onder die Mopanie
op die eentonige note
van die sonbesie se sang
word die troebadoer
(diep binne jou)
se lied getoonset

dan in die flouflikkervuurvlieg
se skitter lig
drup jou gebede vir ons
met klanke van reën
op ‘n dorre somersdag
daar iewers in die
hart van Korinte

© Anzé Bezuidenhout

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Gedigte van Ernst Fernando dos Santos

$
0
0

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Sing vir my ‘n Koos-doep song

Skep vir my ‘n emmer son
vir die donker op my pad,
blinddoek my met liefde
vir die onweer in my hart

rol my toe in jou donskombers,
stook die kaggel met dennebolle;
maak die deur dig toe
vir die storm wat buite woed

sing vir my ‘n Koos-doep song
en laat my terugverlang,
na lang dae en winteraande
met warm melk op die stoof

bring vir my reën uit die noorde
vir die droogte in my oë,
lees vir my stories –
vir die honger in my siel.

© Ernst Fernando Dos Santos

Woorde vlam in my oë

Want soos lettergrepe
– ‘n lendelam steierwerk –
uit my mond klouter:
daarheen nie terugkeer nie,

‘n uitgebrande gloeilamp
– in die sterrehemel –
met haar laaste groet
‘n flikker in my oë word,

woorde my roep – asem
wat ruik soos hout wat brand,
vokale en konsonante hande vat –
ligdraers in die nag.

Sal ek dan psalms kerf
uit dieper diep diepte,
ook groter vuur in my hande vou
die aarde met bloed afkoel:
vir oulaas voel hoe dit is –
om mens te wees.

© Ernst Fernando dos Santos

Die hemel weet

ek is nie ʼn digter nie:
om vir ʼn oomblik God te wees
– hoër állerhoogste –
ontoereikbaar vêr

mistige klowe onder my vel
wat stiltes in asem grawe
laat my toe (vir ʼn wyle)
om gronde op my tong te proe

op die dag voor die eerste dag
het God homself omskep,
ʼn potloodpunt op skoon velle papier
en dit was aand, ook weer môre

en die hemel weet
hierdie hoofstuk is geskryf
oor die lengte en die breedte –
óópgeskryf

sou my woorde terugrol in tyd
en my geheue wasig raak
– soos spore in die sneeu –
sal ek weet: dit was goed gewees

maar as dit dan moet,
maak my ʼn herfsblaar –
álles is vlietend.

© Ernst Fernando Dos Santos

Profeet

Daar is glas en vuur in jou oë
winter in jou kyk, dood in jou hande,
yster brand diép in jou are
slaan jy, spat vonke soos sterre.

En as swart swane – soos woorde –
uit jou mond ploeter:
droom ek van strome
wat na kouer bergpasse lei.

Want daar is stilte in yswinde,
in waaigras wat my vingers vleg,
in die geel roes van ou staal.

Maar bowenal is daar stilte
in vore wat skud en skommel
óórloop na die eerste lentereën.

Ontmoet my vir oulaas
in ‘n Koorsboom woud
– wég van die gedrang –
groet my vir die laaste keer —
profeet uit die ou testament.

© Ernst Fernando dos Santos

Aucamp!

$
0
0

Slegs vir almal is kabaretmusiek in die ware sin van die woord.

Hierdie groep druk hulself uit in die lig van die Suid-Afrikaanse omstandighede van die tyd. Hulle lewer vlymskerp kommentaar oor geweld, seksuele emansipasie, sensuur en die probleme van
“ongelukskinders”.

In hierdie moderne weergawe word eeue oue kwessies opgediep en afgestof.

Hierdie kabaret is werklik: Slegs vir almal!

Met: Mr Cat & The Jackal

Teks: Hennie Aucamp

Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R120
Plek: Artscape Fluweelkamer, Kaapstad
Datum: SA. 29 APRIL 2017 (18:30 – 19:30)

Suidoosterfees 2017


Aucamp!

Mr Cat & The Jackal

Mr Cat & The Jackal



Aucamp!


3

Gedigte van Gene Crow

$
0
0

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

Die vis se drome

Diep onder golwe van die onderbewussyn,
spartel daar ‘n vis aan ‘n lyn.
Heen en weer tot sy bek oop skeur.
Blind van woede,
siek van seer.
Visserman is lankal dood,
oë weggepik deur kraaie.
Bebloede arms hang oorboord,
weggevreet deur haaie.

Onder golwe van die onderbewussyn,
ruk die vis heen en weer aan die lyn.
Vas besluit om weg te swem,
om saam te sing met die see se stem.
Wyl die maanlig skyn op die pikswart water,
vreet die vis die lyn en swem al nader.
Hy droom om te vlieg,
soos ‘n uil in die nag;
om sterre te steel en saam die maanblom te lag.

Gene Crow ©
2017

Viewing all 448 articles
Browse latest View live