Quantcast
Channel: Gedigte – Roekeloos.co.za
Viewing all articles
Browse latest Browse all 449

Leon en Rocco … en ander instrumente

$
0
0

Daar’s ’n Leon, ’n Rocco, ’n tikmasjien, ’n klavier … en ander instrumente.

Leon van Nierop en Rocco de Villiers, twee bekendes in die vermaaklikheidswêreld, doen in dié produksie wat hulle glo hulle KAN doen, wat hulle GOED kan doen, wat hulle NIE so goed kan doen nie, wat hulle WIL doen, maar ook wat hulle NIE wil doen nie … en; wat hulle nou vir die eerste keer wil waag om te doen! Dit bring ‘n lighartigheid, erns en draakstekery met mekaar na die verhoog – maar dit bly altyd vermaaklik en verrassend.

Hulle beweeg van die bekende na die onbekende (vir die gehoor, maar ook vir hulleself), en waag dit buite hul gemaksones na ongemakliker (en ongerieflike) sones. So gaan hulle op ’n reis wat wie weet waar gaan eindig!

Leon en Rocco is 5 & 6 Augustus 2016 by die Boer restaurant teater in Durbanville om 20h30.
Kaartjies kos R160 en is beskikbaar by 021 979 1911.

Leon van Nierop en Rocco de Villiers

Leon van Nierop en Rocco de Villiers


Viewing all articles
Browse latest Browse all 449