Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.
Een voet oppie grond
As jy tuis voel in jou vals hoekie – na ’n vaal muur staar.
As jy omdraai-en-vermy ’n opsie maak.
As jy sak vol oordeel op jou heup rond dra
As jy vergeet om jou spieëlbeeld te face en saam te abba-dra
As ons tyd verwyl by skurwe vuil stukkend ge-aarde mens
As ons tyd verwyl by straat hoer en ’n pleister plak
As ons gom-snuif-kaalvoet-kind vas moet druk
As ons tyd vir omgee ons weg laat kyk
Gewete gesus as ons kleingeld gryp met mense wat staar
Gewete gesus as ons kan vertel hoe regterhand linkerhand verneuk
Gewete gesus as ons met magies vol snoesig lepel lê
Gewete gesus want ons het mos gegee-sente gegee en met hartjies rein fake sondetjies Jesus se vergifnis vra
Laat die vrot lyf aroma in jou neus nes kom maak
Laat die hartklop van leed kom fladder teen jou siel
Laat jou wegkyk ’n omkyk word
Laat jou hart jou lei-tydjie te verwyl, jou week maak en jou skadu ’n ander heel maak
Blou in die lug
Die lug is soet en dis goed om die son te aanskou
Skeppershand, ferm op stram skouer voel
Wanneer die distels die asem uit jou pars
Met die verderf wat etter in jou wonde kom smeer
Die oomblikke van ver van jou Skepper verwyder voel
met die besef – jy het stil-stil weg beweeg
Sonder beskerming sit jy nou die wêreld en betrag
Verwonder of nuwe seëninge ook kan tel
Kwylend na paspoort staan ek kyk, na ’n nuwe wêreld hierna
Met ’n vergenoegdheid besef dat ons net tydelik hier vertoef
Die skuinskop skepsel opnuut maar weer vra
Sal U asseblief my die hele ent pad maar weer dra?
Die more wink met ’n nuwe sagter lila kleur
Saggies berus in skadu waar ek beskerming weer vind
Stilte my diepste wese raak-van dankbaarheid wat ontwaak
Stapel ek hopies van blydskap oor die ou blare van gister se herfs
Skuins leun-staan teen Beskermer en skurwe-bas-Bosveld-koelteboom
My vreugde soos ’n miershoop aan die stoom van namiddag se buitjie reën
Fisante skarrel, asof agter die walm van vars gereende dankbaar grond
Dank ek U – vir nog ’n asem teug geleen en vir moedskep in mildelike seën
Die mot in die kop
Politiek besmet, gebroke en verniel
Aangeplak, taai,
geëts op ons juk
Stofspoor deur gekneusde siel
PW, FW en PIK, hoeveel bloed vir jul geluk
Broeders in die bond, maatjies bymekaar
Het julle ons seuns hart se skrik kom voel?
Wyl die stank van bloed in ons koppe woel
Kuier by my, kom gesels oor leĕ oog se staar
Kom sit by my, op my koue stoep
Nimmer weer ’n dop, ek pyn nie meer
My Vader in die hemel het my geroep
Ek weet jy slaap knus, jy, sonder geweer
My dors geles, my gees vervul, dankie Heer
U het my kop gedraai, weg van die seer
Sal U die spoke weer kom keer
Gekniel roep ek hard na U! Nog ’n keer
Half seun-half man-die vreug van ’n jeug, ons ontneem –
Oorlog gespeel met wapens wat brand-alles vir julle leun
Waar’s jou seuns? Nie op die grens van my land!
Groot man oorlog op seuns-skouers geneem
Jy bad in heuning vir my bedoel
Jou gewete gesus, jou kussing knus
Wyl ek die stank uit my geheue probeer spoel
Sus my Skepper my, kom en berus
Sonop en mooi
Na my winterslaap,
bibberend en knersend seer
Ontwaak ek met skuldig oog na vergifnis son op my gelaat
Beendere krakend van swoeg-sweet gevries om my hart
Slaan ag op my kake vas geklem en my uitroep stom
Hees ysige rasper my keel verniel
Klein ys pilaartjies my visie vul
Skor en knersend by U om hulp kom smeek
Hoor U my ooit, kyk af na U skepsel seer en bleek
Uitroep sonder greep gespalk in siel wat brand
Vra en smeek ek, vir U liefdesvuur in my hart
Spoel my seer verskroeide oё met U liefdes traan
Hou my en vou my toe in skouer holte met vergifnis saam
Hoe moes ek my verlede in tydgleuf vind?
Hoekom my op yskoue gladde pad bevind?
U het oor my gewaak in spasma hart alleen gevoel
Hou die deur oop, Here hoor my! Hou die deur net oop!
Ek smag na U in wêreld rof-my lyf so seer, my oё dof
Maak my tong en lippe skoon-my uitsprake met geloof
Vul my visie met U troon in getroue liefde behou
Weet dat ek U aanbid al was ek soms ontrou
Ek’s moerig
jy skip ‘n rooi verkeerslig en vermink ‘n ma se kind
jy kom in ons huis en verwond my pa met ‘n graaf en verkrag my ma omdat jy ‘n selfoon kort.
jy gooi jou stompie in die hospitaal tuin want jou gewete en klere se stank van
gierigheid maak jou ‘n president en weeskinders land op straat en spuit gif in ‘n aar om dit makliker te maak aan almal wat voor jou kruip.
jy’t neusringe met prentjies op jou lyf en soek een in jou tong ook.
jy skop ‘n straatbrak wat druipstert jou smeek vir liefde hom ontken.
die blink kar met vensters getint skuil jy as lafaard vir die man met die plakkaat op hoek van die straat.
jou vrou en kinders oorvreet hulle aan kos van die mense wat hul haat en met pruike en skin toner met nagemaakte brands sonbril om te lyk soos die madam wat jy haat en so vals soos jou wese en doelloos bestaan.
jy vat by armes en trap op kinders wat hulle Skepper aanbid
jy is in my gesig en het deel van my lewe geword
saans kry ek nie skoon geskrop want jy klou aan my lyf soos bosluis en teer op gewete en my skoon bloed omdat jy smag na iets meer.
jy verkrag my land en steel by snotneus kind van ‘n toekoms beroof.
ek weet dis goed teen kwaad want my Bybel leer my so.
ek neem verantwoordelikheid vir dit waarop jy kots
jy steel my vreugdes skadu wyl ek my siel probeer red.
ek sien jou eendag hopelik anderkant die draad wat skei tussen goed en kwaad.
ek is moerig vandag want ek dra die sorge van alles wat jy verkrag
jy steel by die armes en bestee dit op hoere en drugs.
jy is die maak soos ek wil, wanneer ek wil en hoe ek wil
jy is die slaaf van jou eie wêreld deur jou geskep.
jy is die een wat ongebore babas vermoor en dink met hulle organe kan jou moetie dokter jou sterker en slimmer toor.
jy is die een wat dink ‘n hiernamaals is om voorvader geeste te vertrou.
vandag is ek moerig as jou donker skaduwee my sonlig verdryf
jy kom voor in elke denkbare kleur en met ‘n veragtelike geur.
gewete en empatie het jy saam met jou siel verkoop en geruil vir ‘n stuk hel wat jy soos ‘n slapgat vrees.
vandag is ek lus om jou te skilder anders dink jy dalk ek het die stryd verloor.
ek bid vir almal, maar ek wonder oor jou? Jy is reeds agter gelaat en sal dalk eendag vir altyd hier moet bly.
vandag is ek moerig, ja moerig verby omdat jy my in my trip hemel toe kom pla.
Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.