Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.
Hoe kan dit wees?
Kan naby tog so vêr wees?
Kan helder tog so donker wees?
Kan mooi tog so lelik wees?
Kan die oog en die siel terselfdetyd so misleidend wees?
Dat die siende eintlik blind is.
En die blinde eintlik die gelukkigste?
Toekoms hoop
As die dag van swoeg en sweet verby is,
as die take verrig is,
as jou lysie af gemerk is, wat bly oor?
Totale satisfaksie?
Omring dit jou teenwoordigheid of is dit steeds slegs jou toekoms hoop?
Om te lewe
Om te kyk is om te sien.
Om te luister is om te hoor.
Om te voel is om te lewe.
Om lief te hê, is om dit wat saak maak te vertroetel, te vertroos en nie te oordeel nie.
Om nie te meet nie, om nie vrae te vra nie.
Maar om net onvoorwaardelik lief te hê.
Waar die murg en been ‘n eenheid vorm en die liefde na die oppervlak stoot sodat jy dit kan ervaar.
Die spieëlbeeld van fantasie
Is dit ‘n spieëlbeeld? Of is dit ‘n fantasie?
Waaraan meet ons die pols van die lewe?
Klop die eenvoud ritmies? Of is dit ‘n fabelagtige melodie?
Is die vae hoop wat ons koester net ‘n glinstering in die oog van die dromer?
Of maak ons, ons swerwende drome ‘n realiteit in ons fantasiewêreld?
Blink die blink so skerp?
En kleur die kleur so helder?
Of fantaseer ons in ons fantasie oor hoe om ons innerlike wese tot oordadige sprokies mooie eenvoud te verwesenlik.
Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.