Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.
Gebroke siel
Hoeveel mense staan om jou.
dalk ’n siel wat skuil
dalk ’n hart wat huil
dalk al moed verloor
Hoe sal jy weet as jy jou deure sluit vir ander se smart.
Niemand dra hul donker dae.
Voetstappe maar spore loop iewers dood.
Geen liefde om hul vas te hou.
Die ritme in hul stap reeds verloor.
Hoe sal jy weet van ’n gebroke siel, wat skuil agter vensters as jy jou deure sluit.
29/9/2017
Kom soek na my
Elke dag op dieselfde pad …
’n eenrigtingpad wat na nêrens lei …
Wie gaan tog hier kom soek na my …
My hart huil nog ’n traan kom by …
’n verlore siel niemand het nog ooit kom soek na my …
Die vlam in my hart verlangend na ’n hand wat my kan lei …
’n stem wat roep na ’n verlore siel.
Op my knieë val ek neer.
Ek roep net uit hier is ek O Grote Heer.
Kom red my uit my nood.
Sodat my lewe na U toe kan terugkeer.
Wees my net genadig Grote Heer.
My eenrigtingpad word nou my vreugdespad.
Aan U al die eer.
29/9/2017
Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.