Quantcast
Channel: Gedigte – Roekeloos.co.za
Viewing all articles
Browse latest Browse all 448

Gedigte van Bernadette Barnardt

$
0
0

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

 

melkweg-godin

melkweg-godin

Skemer se nag-godin

 deur skrefies oë
 loer skemer vir ’n laaste keer,
 wik,
 wik

 lê hy eenkant toe
 onderwyl
 die maan
 misterie uitblaas

 saam blink-oog sterre,
 Strek oranje-pienk
 arms uit
 op die horison,

 die nag-godin
 gly sorgeloos
 Kaalvoet,
 op ’n betowerende melkweg,

 terwyl sy sterre
 oral op pikswart
 nag hemel hang,
 giggelend blaas sy

 verskietende sterre,
 haar nag kus aan
sjarmante skemer,
blosend pienk-oranje sy antwoord

knipoog sy laaste vaarwel
as sy arms op ster s k i t t e r e n d e
swart horison verdwyn,
haar betowerende swart satyn bedek

liefderyk ’n blink nag hemel,
eensaam sing n nagtegaal
die soete s o n n e t
van ’n liefde wat net skemer en nag godin
het.

(© Bernadette Barnardt)

Dood is blind

Speel ons
Dalk vir tyd,
Streef ons dalk
Verniet na
Hoogtes,
Wag die doodskleed
Nader as wat
Ons dink,

Wil ons
Onbeholpe
Die lewenswater
Drink
Is ons siele vloeistof
Klaar
Geskink,

Hou ons dalk
Ons siende blind
As die nag godin
Haar doodskleed
Nader wink.

Hart breek

Deur waterige oë
volg ek die buitelyne
van jou silhouette,
Hoor ek die vooroor gebaar van jou skouers,
Voel ek jou leë woorde
grillerig teen my nek,

Geslote oë hoor ek
jou oë afwykend,
Bittersoet smaak van jou leuens
hang soos dooie musieknote aan my lippe,
Deur mistige nagstond sien ek die bejammering in jou stem,

“Dis nie jy nie. Dis ek”

Sien ek jou leë beloftes
fladder in gevoellose oë,
En voel ek ontnugtering
afrol teen my wang,
Geboë hoof
hoor ek hoe jy jou rug draai,
En verskeurend voel ek
hoe jy sug
van
verlugting.

Me Soeur

(soul mate)

Another day has broken,
Painting tiny grey clouds to pink-yellow,
Perfect a sunrise it may have been,
If my soul weren’t this empty and shaken,

Cruel life can be,
Death has taken you from me,
Half of me is left,
Your haunting memory is all I kept,

Painful remembering memories,
Clawing inside me,
Ghosts of you torment me,
Whispering “follow me,
“follow me my sweet”

My heart wailing,
I am left to languish in misery,
Sorrow clawing inside me,
Bellowing for you my
Me soeur.

My love

At dusk I seek your sweet embrace,
Longing to feel your hands frame my face,
I long for the warmth of your kisses,

All that was beautiful scattered into pieces,
Your side of our bed empty,
Your presence left cold,

Warm summer inside my soul,
Turn to dying cold,
The scent of you still lingering,
I can smell you lying on your pillow,

Stricken with. Sudden loneliness,
Feeling deserted, old,
I gave you my all,
Departed of my heart,
My soul,

My love, my love,
Where did you go?

Dawn breaks and still no sleep,
Listening for your keys,
I’m going crazy so it seems,
Grief growing,
The thought of knowing,
Never are you returning.

If tomorrow never comes.

Silently I listen to you breathing,
I watch as moonlight touches your hair,
You’re peacefully dreaming,
Smiling sweetly,

If only I could explain,
All the things I’m feeling,
Your love keeps me sane,
Your smile the light of my day,

In darkness my heart aches,
My heart breaks,
Just imagining a morning without,
Your sweet face,
My darling,

What if I don’t wake to sunrise?,
I don’t get a chance to say,

Just how important you are to me,
My angel,
What if for me the sun does rise,
And you are locked in dreams,

Baby, what if tomorrow doesn’t come?
And we don’t get to tell each other,
Our lives would be empty,
Incomplete, lonely,
Without “us”,

My angel,
There just is no tomorrow

Straat Bouer

Terwyl die wind tartend aan my jas rondpluk,
En die dreigende grys wolke
Swaar hang van komende reën,
Hardloop al wat leef vir skuiling,
Almal behalwe ‘n ouerige man,

Skaars is hy sigbaar,
Sy klere vodde en verbleik deur die son,
Sy tone loer deur klaar-klaar vellies,
En sy geestes gestalte die van die strate se skaduwees,

Tydsaam en sonder Haas,
Wonder ek verbaas,
Sien ek hoe hy ‘n straathuisie
Aanmekaar slaan,
Plankies en swartsak,
Dis al wat hy vat,

Wat skuil agter daai verrimpelde gesig?
Agter sy mishandelde menswees,
Mishandel deur wind, reën,
Deur die samelewing,
Verstote
Alleen,

Niemand merk sy teenwoordigheid,
In die agtergrond van die stad se gewoel,
Bestaan hy met geen doel,

Sy bestaan is tog nie so,
Kleurloos en vaal nie,
Lagplooie diep tekens,
Van eens normale lewe,

Strate en verskuilde hoekies,
Is sy agterplaas,
Lewe die straatbouer,
Met geen
Haas.

Nagtoneel

Warm somerswind
Speel sag
Teen sweet pêrels
Op my
Vel,
liefdespols versnel
Terwyl jou Wang myne streel,

Glorieryke stilstand
Van sekondes
En tyd,
Sweef ons
Dansende
Siele reikend,
Teen nagwinde
Uit,

Nagsterre weerspieël
Verhitte passie
En
Liefdesnagtegaal
Versing ons
Nagtoneel,

Saam word
Ons een,
Saam word
Als heel,

Stukkies
Van jou,
Stukkies van my,

Liefde skilder
Uitbundig
Ons
Nagtoneel.

Déjà-vu

(vir mamma)

Gras so groen,
Lê soos ‘n kombers,
Pers jakaranda blomme,
Reën oral neer,
Sonstrale breek gebroke tussen
Bome deur,

Madeliefie lappieskombers,
Links na regs,
Natuur skoon voetpaadjie,
Pragtig geskilder,
Moeder aarde se verfkwas,

Kaalvoet stap ek voort,
Gras vou soos watte om my tone,
Déjà-vu gevoel,
Dis waar ek hoort,

Simfonie
Van voëls in koor,
Déjà-vu bekend-onbekend,

Agter jakaranda boom,
Lag en wink sy,
Helder bekende wese iewers in my geheue gewese,

Haar oë roep, roep my Nader,

Sy gryp my hand,
Lag, lag,
Hardloop ons,
Koes-koes deur madeliefies,
Haar hand voel bekend,
Haar lag voel veilig,
Déjà-vu,

Asof heuwels saam juig,
swaai ons om,
En om,
En om,

Haar gesig verstrak,
‘n Swaar traan hang troebel
Aan my Wang,

Geslote oë herroep my geheue,
“berus, aanvaar, laat my gaan”
Natuurskoon steel my lag,
Haar stem ruk,
Ruk diep in my hart,

“my poppie,”
“Berus, aanvaar, laat my gaan”
Haar helder wese dryf weg,

Déjà-vu totsiens,
Tot weersiens.

As ek na saam-tyd verlang

In soete drome,
Staar jy na my droom verlore,
Sagkens hou jy my hand vas,
Jou glimlag bittersoet vir my om te sien,

In soete drome stap jy saam my hand-aan-hand,
Daar’s geen haas in ons droomland,
‘n Oase van liefde, samesyn,
Geen “wêreld” om jou rustigheid te laat kwyn,

Op ons bootjie in kerslig,
Dryf ons op waters van sorgvrye liefdeswyn,
Herken ek jou liefdeskyk,
As romantiese maanlig helder skyn,

My lief,
Hoekom jaag ons so deur die lewe?
Eerder as om in mekaar se arms te sweef.

Myne en joune

Vroeë oggendure half wakend,
In stille gebed,
Reik my moederhart uit na jou,

Ons onsigbare band hou ons aanmekaar
Vasgeketting,
My siel reik uit na jou,
En in geestestand voel ek jou aanraking en liefde,

Verlange het soos kanker in my hart vasgegroei,
Die pyn al ‘n groot deel van my menswees,
Gedagtes van gister ingeprent in my geheue,
Soos ou foto’s teen ‘n muur,

In drome kan ek jou troos,
Vir jou vertel dat alles onder beheer is,
Dat God oor jou waak,

In drome glimlag jou oë,
Jy skaterlag soos ouds,
Kinderlike onskuld nog sigbaar,
Geen tekens van pyn en verlange,

In werklikheid en in drome,
Is my moederliefde ‘n sekerheid,
Ons aanmekaar gebind,
Jy is deel van my,
En geen bose mag kan dit
Vernietig,

Jy is myne,
En ek joune.

 

Bernadette Barnardt

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 448

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!