Quantcast
Channel: Gedigte – Roekeloos.co.za
Viewing all articles
Browse latest Browse all 448

Gedigte-skryfkompetisie: Die Klank van Water / The Sound of Water

$
0
0

Die sesde Gedigte in McGregor Fees vind vanjaar vanaf 24 tot 26 Augustus plaas. Gedigteliefhebbers wat die naweek gaan bywoon kan uitsien na voorlesings deur ‘n keur van Suid-Afrikaanse digters. Van die meer bekende digters op vanjaar se program sluit Kobus Moolman, Galeo Saintz, Douglas Reid Skinner, Patricia Schonstein, Margot Luyt, Toast Coetzer, Erns Grundling, Joan Hambidge en Lara Kirsten in.

Elke jaar is daar, as deel van die aanloop na die McGregor Gedigtefees, ‘n gedigteskryf-kompetisie om alle ongepubliseerde digters ‘n kans te gee om na vore te kom. Vanjaar se tema vir inskrywings is: “Die Klank van Water/ The Sound of Water”. Inskrywings kan in Afrikaans en Engels wees. Daar is R5000 kontant vir die eeste prys in die Volwasse kategorie en R2500 vir die wenner in die Skole -kategorie.

Die prysgeld word deur Leila Witkin geborg. Sy sê dat hierdie inisiatief deur die organiseerders van die McGregor Gedigtefees, die MAC Projek (McGregor Arts Community Project), vir haar na aan die hart lê: “Daar is soveel talent in SA om te ontgin. Dit kan vir baie aspirant digters `n heerlike hupstoot wees om in te skryf. Dis `n begin.”

Die sperdatum vir inskrywings is: 31 Mei 2018. Dit kan per epos gestuur word na mcgpoets@gmail.com of stuur dit per pos na Posbus 361, McGregor 6708 of faks na 086 756 0864. Meer inligting en kompetisiereëls: http://poetryinmcgregor.co.za/2018-poetry-competition/

Die finaliste sal teen 20 Junie aangekondig word en word dan genooi na die prysuitdeling tydens die Gedigtefees naweek 24 to 26 Augustus 2018.

Kaartjieverkope vir vanjaar se Gedigtefees open in Julie. (Computicket.) Vir akkommodasie vir die fees-naweek skakel McGregor Toerisme Kantoor: 023 625 1954.

Verlede jaar se wenners in volwasse kategorie (die eerste prys is gedeel)  Van links na regs:  wenner Elsie Maxwelltown,  Leila Witkin, die prysgeld borg, en wenner Janine Milne.

Verlede jaar se wenners in volwasse kategorie (die eerste prys is gedeel) Van links na regs: wenner Elsie Maxwelltown, Leila Witkin, die prysgeld borg, en wenner Janine Milne.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 448

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!