Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.
Spieëlbeeld van my hart
Dor woestynland leeg en kaal
Storm winde wat snags ruk en maal
Lugspieël wat op die horison verskyn
Onwerklikhede wat die hoop laat weg kwyn
Vol blase en nerfaf elke weer probeer
Geen skuiling om die sandstorms te keer
Die droewige gehuil van ‘n coyote diep in die nag
Nog ‘n alleen dag wat lank en uitgestrek vir hom wag
Doring drake verskuil in die sand
Skerpioene met angels omhoog wat steek en brand
Bang
alleen
‘n hart vol smart
Dor woestynland
Spieëlbeeld van my hart
Onbekend
Op
af
op
af
golwe spoel oor en oor
hoog … laag … hoog … laag
pyle wat die hart deurboor
skadu’s wat om hoekies skuil
geraamtes wat oorverdowend kraak
verskeurde hart wat droewig huil
figuur misvormend … alleen … naak
drogbeelde wat wegkruipertjie speel
rose wat tussen dorings verdwyn
elkeen vir homself … wie maak die reels
wie gaan as regter verskyn?
op
af
op
af
sekondes sonder minute … dae sonder end
op
af
op
af
alles onduidelik … alles so onbekend.
’n Nuwe dag
legkaart stukkies dans deur my kop
’n glimlag speel oor my lippe
sonder om te stop
’n kaggelvuurtjie steek op in my bors
’n borrelende liefdesfontein
les my dors
verby is die dae van een alleen wees
verewig saam verstrengel in liggaam en gees
verdwaalde siele het mekaar gevind
onsigbare bande wat vir ewig bind
deur storm winde het ons bly staan
hand en hand het ons saam ons weg deur die dorings gebaan
nou dat die son in sy glorie oor die horison glimlag
is dit steeds ek en jy wat saam stap na die nuwe dag.
Niks
Oneindige niks sonder begin sonder end
Bodemlose put donker geraamtes ’n liggaam geskend
Lang benerige hande wat gryp gryp na my
Kloppende hart wegkruipertjie om hul te vermy
Gedagtes van gister wat koggel en tart
Hoop verlore deur jare se smart
‘n Niemand mens onsigbaar en vaal
‘n Hart wat huil gekneus en kaal
Verlore roepe onbekende verlange
Verdroogte trane ingeets op die wange
‘n uitgewaste pop weg gegooi verniel
‘n leë dop sonder hart sonder siel
‘n Stomme gesmeek dat dit als net kan op hou
Oneindige niks sonder begin sonder end
Vrou in die spieël
‘n Wegkruip hartseer in die donker poele van die siel
Strak lyne getrek deur die lewe se yster wiel
‘n vreemdeling in die wereld se oë
‘n alleen siel met skouers geboë
Ek soek na iets iets bekends aan die vrou
‘n herinnering van iets wat ek dalk kan onthou
Nerens ‘n teken gebuig, misvorm, verniel
Wie is jy vrou? Vrou in die spieel?
My oogappel, My troetelkind, die een waarin Ek behae vind
Vir jou het Ek my Seun gestuur
Geen prys om te betaal was vir My te duur
Ek droog jou trane, heel die seer
Dwaal jy weg gaan haal Ek jou weer
In My hande koester ek liefdevol jou siel
Jy is My kind. Vrou in die spieël.
Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.